Statevertaling – Bybelstigting
Gebed van Nehemía vir die kinders van Israel.
DIE 1geskiedenis van Nehemía, die seun van Hagálja. En in die maand 2Kislew van die 3twintigste jaar toe ek in die vesting 4Susan was,
het Hanáni, een van my 5broers, gekom, hy en manne uit Juda; en ek het hulle gevra na die Jode, 6die vrygeraaktes wat oorgebly het uit die gevangenskap, en na Jerusalem.
En hulle het vir my gesê: Die oorgeblewenes wat vrygekom het uit die gevangenskap daar in die 7provinsie, verkeer in groot 8ellende en in smaad, en die muur van Jerusalem lê stukkend en sy poorte is met vuur verbrand.
En toe ek hierdie woorde hoor, het ek gesit en ween, en ek het dae lank getreur; en ek het gevas en gebid voor die aangesig van die God van die hemel
en gesê: aAg, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, bwat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat 9U liefhet en u gebooie onderhou —
laat u 10oor tog opmerksaam en u 11oë oop wees, om te luister na die gebed van u kneg wat ek 12vandag voor u aangesig bid, dag en nag, vir die kinders van Israel, u knegte, terwyl ek die sondes van die kinders van Israel bely wat ons teen U gedoen het; ook ek en my familie het gesondig.
Ons het 13baie verkeerd gehandel teenoor U, en ons het die 14gebooie en insettinge en verordeninge wat U aan Moses, u kneg, beveel het, nie gehou nie.
Dink tog aan die cwoord wat U aan Moses, u kneg, 15beveel het, naamlik: As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi;
maar as julle jul tot My bekeer en my gebooie onderhou en dit doen — al was julle verjaagdes aan die einde van die hemel, dan sal Ek hulle daarvandaan versamel en hulle bring na die plek wat Ek verkies het om my Naam daar te laat woon.
Hulle is tog u knegte en u volk wat U verlos het deur u grote krag en deur u sterke hand.
Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en 16verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie 17man. Ek was naamlik skinker van die koning.
| 1 Hebr. woorde.
2 Sien Esra 10:9 se kanttekening. Volgens die heilige of kerklike jaar van die Jode was dit die negende maand; maar volgens die Chaldese tydsberekening, waar die jaar in September begin het, was dit die derde maand. 3 Van koning Artasásta, soos in Neh. 2:1. 4 Die hoofstad van Susiana, gebou (soos sommige skryf) deur Daríus Histaspes. |
| 5 Dit is, bloedverwante, of volksgenote, Jode.
6 Hebr. die ontkoming. Sien ook Esra 9:8 se kanttekening. |
| 7 Soos die land Kanaän hier genoem word, omdat dit nou onderworpe was aan die heerskappy van die Persiese monargie.
8 Hebr. in groot kwaad, dit is, ellende en treurigheid. |
| a Dan. 9:4.
b Ex. 20:6; 34:7. Núm. 14:18. Deut. 5:10. Ps. 86:15; 103:8; 145:8. |
9 Hebr. Hom liefhet en sy gebooie onderhou. |
| 10 Dit is, verhoor tog; menslikerwys van God gespreek.
11 Sien 1 Kon. 8:29 se kanttekening. 12 Dit is, op hierdie tyd. |
| 13 Hebr. Ons het met verkeerdheid of verkeerdelik gehandel; dit is, ons het totaal verderflik teen U gehandel, en ons in alle opsigte teenoor U skuldig gemaak, deur ons sondes.
14 Sien oor hierdie volgende drie woorde Deut. 5:31 se kanttekening. |
| c Deut. 4:25-27; 30:2-4. | 15 Sien Deut. 30:2-4 en die kanttekeninge. |
| 16 Hebr. gee hom tot barmhartighede of ontferminge; dit is, werk nou in die hart van die koning dat hy hom oor my en my volk ontferm, en my versoek gunstig toestaan. Sien Jer. 42:12 se kanttekening.
17 Naamlik koning Artasásta, soos die volgende woorde en die begin van die volgende hoofstuk uitwys. |