Statevertaling – Bybelstigting
EN 1op die verseëlde stukke het geteken: Nehemía, 2die goewerneur, die seun van Hagálja, en Sedekía,
3Serája, Asárja, Jeremia,
Pasgur, Amárja, Malkía,
Hattus, Sebánja, Mallug,
Harim, Méremot, Obádja,
Daniël, Gínneton, Barug,
Mesúllam, Abía, Míjamin,
Maäsja, Bílgai, Semája; dit was die 4priesters.
En die Leviete: Jésua, die seun van Asánja, Bínnuï van die seuns van Hénadad, Kádmiël,
en hulle broers: Sebánja, Hodía, Kelíta, Pelája, Hanan,
Miga, Rehob, Hasábja,
Sakkur, Serébja, Sebánja,
Hodía, Bani, Beninu.
Die 5hoofde van die volk: Parhos, Pahat-Moab, Elam, Sattu, Bani,
Bunni, Asgad, Bébai,
Adónia, Bigwai, Adin,
Ater, Hiskía, Assur,
Hodía, Hasum, Bésai,
Harif, Ánatot, Nobai,
Magpías, Mesúllam, Hesir,
Mesesábeël, Sadok, Jaddúa,
Pelátja, Hanan, Anánja,
Hoséa, Hanánja, Hassub,
Hallóhes, Pilha, Sobek,
Rehum, Hasábna, Maäséja,
en Ahía, Hanan, Anan,
Mallug, Harim, Baäna.
En die res van die 6volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die 7tempelbediendes en almal wat hulle 8afgesonder het van die volke van die lande tot die wet van God, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, almal wat enigsins kon verstaan,
het by hulle broers, die 9vername manne onder hulle, aangesluit, en hulle het onder 10eed en met beswering hulleself verplig om te wandel in die wet van God, wat deur die diens van Moses, die kneg van God, gegee is, en om te hou en te doen al die gebooie van die HERE onse Here, en sy verordeninge en sy insettinge;
averder dat ons ons dogters nie sou 11gee aan die volke van die land, en hulle dogters nie sou neem vir ons seuns nie;
en bas die volke van die land koopware en 12allerhande soorte koring bring om op die sabbatdag te verkoop, dat ons niks van hulle sou neem op die sabbat of op ’n heilige dag nie; cen dat ons in die 13sewende jaar die land braak sou laat lê en van 14elke skuldvordering afsien.
En ons het vir ons die 15verpligting aangegaan om ons ’n derde van ’n 16sikkel in die jaar op te lê vir die diens van die huis van onse God —
vir die 17toonbrode en die voortdurende 18spysoffer en die voortdurende brandoffer, die offers van die dsabbatte, van die nuwemane, vir die feestye en vir 19wygawes en vir sondoffers om vir Israel versoening te doen, en vir enige dienswerk in die huis van onse God.
En ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit 20volgens ons families op vasgestelde tye jaar vir jaar te bring na die huis van onse God om vuur te maak op die altaar van die HERE onse God soos geskrywe staan in die wet;
en om die eeerstelinge van ons 21grond en die eerstelinge van allerhande vrugtebome jaar vir jaar in die huis van die HERE te bring;
en om die 22eersgeborenes van ons seuns en ons vee, fsoos geskrywe staan in die wet, en die eersgeborenes van ons 23grootvee en ons kleinvee te bring in die huis van onse God vir die priesters wat diens doen in die huis van onse God;
gen dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons 24offergawes en van die vrugte van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in die kamers van die huis van onse God en die htiendes van ons grond vir die Leviete, 25terwyl hulle, die Leviete, die tiendes sou invorder in al ons landboustede.
En die priester, die seun van Aäron, moet by die Leviete wees as die Leviete die tiendes 26invorder, en die Leviete moet ’n itiende van die tiendes na die huis van onse God bring, in die kamers van die skathuis.
Want in die kamers moet die kinders van Israel en die kinders van Levi die offergawe van koring, mos en olie bring, 27omdat die gereedskappe van die heiligdom en die diensdoende priesters en die poortwagters en die sangers daar is; want ons wou die huis van onse God nie laat verwaarloos nie.
| 1 Hebr. Tot die verseëldes of seëls. Verstaan wat die verbond, wat aan die einde van die voorgaande hoofstuk vermeld is, namens die hele vergadering met hul seëls bevestig het.
2 Hebr. Hattirsjáta. Sien Esra 2:63 se kanttekening. |
| 3 Vgl. hierdie register met die een wat volg in Neh. 12:1, ens. |
| 4 Terwyl Nehemía (in vers 1 vermeld) nie hierby ingereken word nie, want hy was, volgens sommige se mening, nie van die stam van Levi nie. |
| 5 Vgl. Neh. 7:8, ens. Esra 2:3, ens.; 8:3, ens. |
| 6 Vgl. 2 Kron. 23:5 en Esra 2:70 se kanttekeninge.
7 Hebr. Nethínim, sien Esra 2:43 se kanttekening. 8 Soos in Neh. 9:2. |
| 9 Of: aansienlikes, grotes, wat aangestel was om hierdie verbond namens die vergadering te verseël. Sien Ps. 8:2 se kanttekening.
10 Dit is, hulle het ook tot hierdie verbond toegetree, wat bevestig was met ’n eed en ’n vervloeking van hul persoon, indien hulle hierdie verbond sou oortree. Sien Deut. 29:12, 14, 19 en vgl. Jos. 24:25. 2 Kon. 23:3. 2 Kron. 15:12. |
| a Ex. 34:16. Deut. 7:3. | 11 Naamlik deur die huwelik aan die heidene. |
| b Ex. 20:10; 34:21. Lev. 23:2, ens. Deut. 5:12-14, ens.
c Ex. 23:10. Lev. 25:2. Deut. 15:1, ens. |
12 Soos rog, tarwe, gars. Sien Gén. 42:1 se kanttekening.
13 Wat ’n vryjaar of sabbatsjaar sou wees, waarin God beveel het dat die landbou en die invordering van skulde nagelaat moes word. Sien Ex. 23:10, 11. Lev. 25:4. Deut. 15:1, 2, ens. 14 Hebr. die las of skuld van elke hand; dit is, allerlei skuld wat ons andersins geregtig was om aan te maan of in te vorder. Sien Deut. 15:2 se kanttekening. Neh. 5:7, 10. |
| 15 Of: verordeninge vasgestel, wat in die volgende beskryf word.
16 Verstaan hier ’n sikkel van die heiligdom, wat eens soveel was as die burgerlike of gemeenskaplike sikkel, naamlik omtrent elf en ’n half gram silwer (ongeveer vier daglone). Dit was ’n vrywillige bydrae vir die onderhoud van die godsdiens, wat vanweë die teenswoordige nood ingestel is. Vgl. 1 Kron. 26:26, 27. 2 Kron. 31:3. Sien oor die normale verpligte heffing Ex. 30:12, 13. |
| d Númeri 28; 29. | 17 Sien Lev. 24:6, ens. 2 Kron. 2:4; 29:18.
18 Sien Ex. 29:40. Núm. 28:5. 19 Of: heilige dinge, wat geheilig sou word as dankoffers vir die volk. |
| 20 Dit is, volgens die geslagte en die huisgesinne; om te weet hoeveel hout elkeen moet lewer vir die brand van die offers. |
| e Ex. 23:19. Lev. 19:23. | 21 Dit is, die opbrings van die land, soos rog, tarwe, gars, ens. |
| f Ex. 13:2. Núm. 3:13; 8:17. | 22 Verstaan ’n vasgestelde prys, waarmee hulle die eersgebore seuns en die onrein vee, soos perde, esels, kamele, ens. moes loskoop. Sien Ex. 13:13. Lev. 27:11-13, 26, 27.
23 Dit is, beeste en skape. |
| g Lev. 23:17. Núm. 15:19; 18:12. Deut. 18:4.
h Núm. 18:24, 25. |
24 Of: heffinge, anders: hefoffers.
25 Anders: sodat hulle, die Leviete die tiendes mag gee, naamlik aan die hoëpriester, waarvan hierna gemeld word. Hebr. die vertienendes, dit is: wat tiendes invorder of gee. Sien Gén. 28:22. Deut. 14:22; 26:12. |
| i Núm. 18:26. | 26 Of: gee, soos in die voorgaande vers en die kanttekening. |
| 27 Of: waar ook, ens. |