Statevertaling – Bybelstigting
Lys van priesters en Leviete.
EN dit is die 1priesters en die Leviete wat saam met 2Serubbábel, die seun van Seáltiël, en 3Jésua opgetrek het: Serája, Jeremia, Esra,
Amárja, 4Mallug, Hattus,
Segánja, Rehum, Méremot,
Iddo, Gínnetoi, Abía,
Míjamin, Maädja, Bilga,
Semája en Jójarib, Jedája,
Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.
En die Leviete was: Jésua, Bínnuï, Kádmiël, Serébja, Juda, 5Mattánja wat met sy broers die leiding by die 6kore gehad het.
En Bakbúkja en Unni, hulle broers, het by die dienste 7teenoor hulle gestaan.
En Jésua was die vader van Jójakim; en Jójakim was die vader van Éljasib, en Éljasib die vader van Jójada,
en Jójada die vader van Jónatan, en Jónatan die vader van 8Jaddúa.
En in die dae van 9Jójakim was die priesterlike 10familiehoofde: 11van Serája, Merája; van Jeremia, Hanánja;
van Esra, Mesúllam; van Amárja, Jóhanan;
van Mallugi, Jónatan; van Sebánja, Josef;
van Harim, Adna; van Mérajot, Hélkai;
van Iddo, Sagaría; van Gínneton, Mesúllam;
van Abía, Sigri; van Mínjamin, van Moádja, Píltai;
van Bilga, Sámmua; van Semája, Jónatan;
en van Jójarib, Máttenai; van Jedája, Ussi;
van Sállai, Kállai; van Amok, Heber;
van Hilkía, Hasábja; van Jedája, Netáneël.
Wat die Leviete betref — in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van 12Daríus, die Pers.
Die kinders van Levi, die familiehoofde, is opgeskrywe in die boek van die akronieke tot die dae van 13Jóhanan, die 14seun van Éljasib.
En die hoofde van die Leviete was: Hasábja, Serébja en Jésua, Kádmiël, en hulle broers was teenoor hulle om te loof en te dank volgens die bevel van Dawid, 15die man van God, 16wag naas wag:
Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die 17voorraadkamers van die poorte.
Hulle was in die dae van Jójakim, die seun van Jésua, die seun van Jósadak, en in die dae van Nehemía, die goewerneur, en van die priester Esra, die skrifgeleerde.
Inwyding van die muur van Jerusalem.
EN by die 18inwyding van die muur van Jerusalem is die Leviete uit al hulle 19woonplekke gesoek, om hulle na Jerusalem te bring ten einde die inwyding te hou met vreugde en dankliedere en met gesang, simbale, harpe en siters.
Toe het die seuns van die sangers byeengekom uit die streek rondom Jerusalem sowel as uit die 20dorpe van 21die Netofatiete,
en uit 22Bet-Gilgal en uit die buiteveld van 23Geba en 24Asmáwet, want die sangers het vir hulle dorpe rondom Jerusalem 25gebou.
En die priesters en die Leviete het hulleself 26gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig.
En ek het die owerstes van Juda bo-op die muur laat klim en twee groot kore opgestel en optogte, 27een na regs bo-op die muur na die 28Aspoort toe;
en agter hulle aan het geloop: Hosája en die helfte van die owerstes van Juda,
en Asárja, Esra en Mesúllam,
Juda en Benjamin en Semája en Jeremia,
en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
en sy broers Semája en Asáreël, Mílalai, Gílalai, Maäi, Netáneël en Juda, Hanáni, met die musiekinstrumente van 29Dawid, die 30man van God; en Esra, die skrifgeleerde, voor hulle uit.
En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste.
En die tweede koor het in 31teenoorgestelde rigting getrek, en ek met die helfte van die volk agteraan, bo-op die muur by die Bakoondtoring langs tot by die Breë Muur;
verder by die Efraimspoort langs en die Ou Poort en die Vispoort en die toring Hanáneël en die toring Hamméa tot by die Skaapspoort; en hulle het 32bly staan by die Gevangenispoort.
Toe het die twee kore in die huis van God gaan staan, en ek en die helfte van die leiers met my saam;
en die priesters Éljakim, Maäséja, Mínjamin, Migája, Eljoënai, Sagaría, Hanánja met trompette,
en Maäséja en Semája en Eleásar en Ussi en Jóhanan en Malkía en Elam en Eser. En die sangers het hulle laat hoor, en Jisrágja was die leier.
En op dié dag het hulle groot offers gebring en was vrolik; want God het hulle groot vreugde verskaf, en ook die vroue en kinders was vrolik, sodat die vreugde van Jerusalem tot ver weg gehoor is.
Herstelling van die tiendes.
EN op dié dag is manne aangestel oor die 33kamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die 34wetlike aandele volgens die landerye van 35die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want 36Juda was bly oor die priesters en die Leviete 37wat in die diens gestaan het.
En hulle het die ordening van hulle God en die 38reinigingsordening 39onderhou; 40ook die sangers en die poortwagters, volgens die bbevel van Dawid en sy seun Salomo.
Want in die dae van Dawid en 41Asaf, van die voortyd af, lê die oorsprong van die sangers en 42leiers van die lofsang en die danksegging aan God.
En die hele Israel het in die dae van Serubbábel en in die dae van Nehemía die 43aandele van die sangers en van die poortwagters gegee, na 44die eis van elke dag; en 45hulle het die 46heilige gawes afgegee aan die Leviete, en die Leviete 47aan die seuns van Aäron.
| 1 Verstaan die vernaamstes en owerstes van die priesters en Leviete; soos uit verse 7, 22-24 afgelei word.
2 Sien Esra 2:2 se kanttekening. 3 Wat hoëpriester was. |
| 4 Hy en sommige ander word in verse 14-21 anders genoem, volgens die Hebreeuse manier. |
| 5 Sien Neh. 11:17.
6 Dit is, hulle was die sangleiers wat die leiding gehad het in die sing van dank- en lofpsalms; soos in Neh. 11:17. |
| 7 Dit is, by die sangers teenwoordig, om hul diens waar te neem. Sien Neh. 11:22 se kanttekening. Sien Dawid se aanwysing oor die beurte van die sangers in 1 Kron. 25:9, ens. Op hierdie oomblik was hulle getalle egter nog min. Sien Esra 2:39 se kanttekening. |
| 8 Daar word aangeneem dat dit die hoëpriester Jaddus was, van wie Josephus skryf dat hy, toe Alexander die Grote gekom het om Jerusalem vyandelik aan te val, hom in die hoëpriesterlike gewaad buite die stad tegemoetgegaan en sy gemoed laat bedaar het. Waaruit sommige aflei dat Nehemía tot aan die einde van die Persiese monargie geleef het, en daarom hierdie geslagsregister van die opvolging van die hoëpriesters tot daardie tyd kon beskryf, aangesien daar nog nie sestig jaar verloop het nie vanaf Artaxerxes Mnemon (sommige meen dat Nehemía onder hom gedien het) tot aan die einde van die Persiese monargie en die begin van die Griekse monargie. Ander meen dat Nehemía (wat volgens hulle geleef het onder Artaxerxes Longimanus) reeds dood was, en die geslagsregister deur ’n ander man van God deur die ingewing van die Heilige Gees hier ingevoeg is, om die opvolging van die hoëpriesters in God se kerk te bewaar. |
| 9 Wat hoëpriester was ná sy vader Jésua, vers 10.
10 Dit is, die vernaamstes onder die priesters; soos in vers 1 se kanttekening aangewys is. 11 Dit is, uit Serája was Merája gebore, wat hom opgevolg het; waarom ander dit vertaal as: vir Serája, dit is, in sy plek, en so in dit wat volg. |
| 12 Hy was die laaste koning van Persië, ook Kodomannus genoem, wat deur Alexander die Grote oorwin is; waarmee die Persiese monargie tot ’n einde gekom het, omtrent die jaar 3642 ná die skepping en 329 jaar vóór Christus se menswording, volgens die berekening van sommige historici. |
| a 1 Kron. 9:10, ens. | 13 In vers 11 Jónatan genoem, die vader van Jaddúa.
14 Dit is, kleinseun. |
| 15 Sien Rig. 13:6 se kanttekening.
16 Dit is, hulle verrig hul diens in beurte, die een ná die ander, volgens die aanwysing van Dawid. Sien 1 Kronieke 25. Sien ook vers 9 en die kanttekening. |
| 17 Sien vers 44. Neh. 13:5. Net so ook 1 Kron. 26:15 se kanttekening. Hebr. Asuppim. |
| 18 Wat geskied het deur gebede, danksegginge, offers en uiterlike tekens van geestelike vreugde voor die HERE, soos volg. Vgl. Exodus 40. Númeri 7. Deut. 20:5 se kanttekening. 1 Kon. 8:63. Esra 6:17, ens. Joh. 10:22.
19 Waarheen hulle saam met ander teruggekeer het ná die groot vergadering, wat beskryf is in Nehemía 9; 10. |
| 20 Of: nedersettings. So ook in vers 29.
21 Of: van Netofati. |
| 22 Of: huis van Gilgal. Sien oor Gilgal Deut. 11:30. Jos. 5:9.
23 Sien Jos. 21:17. 24 In Neh. 7:28 staan Bet-Asmáwet. 25 Omdat alles deur die Babiloniese oorloë erg verwoes was, en sodat hulle naby kon wees vanweë hul diens. Sien Neh. 11:20, 30 se kanttekeninge. |
| 26 Vgl. Gén. 35:2 se kanttekening. Ex. 19:10, 15. Númeri 19. 2 Kron. 29:5, 15, 16, ens. Esra 6:20, 21. |
| 27 Sien vers 38 oor die ander dankseggingskoor.
28 Vgl. hierdie beskrywing van die muur met Neh. 2:13-15 en Nehemía 3, en sien die kanttekeninge daar. |
| 29 Wat deur Dawid gemaak of voorgeskryf en oorgelewer was.
30 Dit is, die profeet, soos in vers 24. |
| 31 Na die ander kant van die stad, sodat beide groepe mekaar aan die einde kon ontmoet en saam na die tempel gaan. Sien vers 40. |
| 32 Hebr. gestaan in of by die poort van bewaking, dit is, gevangenis; soos in Jer. 32:2. |
| 33 Vgl. Neh. 10:37, 38; 13:5, 12, 13.
34 Dit is, wat in die wet bepaal was. Tot die inbring hiervan het hulle hul opnuut verbind, Neh. 10:35, ens. 35 Dit is, wat rondom die stede geleë was. 36 Hebr. daar was blydskap of vrolikheid van Juda; of: die vrolikheid van Juda was oor, ens. 37 Dit is, wat hul diens vlytig en getrou waargeneem het, en daarmee só sou voortgaan, aangesien hulle tevore in die land verstrooi was deur gebrek aan onderhoud, wat die mense nou gewillig en met vreugde gebring het. Vgl. Neh. 13:10. |
| b 1 Kronieke 25. | 38 Soos in vers 30.
39 Deur te sorg dat die godsdiens in alles goed verrig mag word. Sien Lev. 8:35 se kanttekening. 40 Verstaan dat hulle ook hul beurte vlytig onderhou het. Anders: en die sangers en die poortwagters het die ordening onderhou. |
| 41 Hieronder is Heman en Jedútun ook ingereken, 1 Kron. 25:1, ens.
42 Of: leiers van die sangers en die lofsang. Dit is, sangleiers, voorsangers en opsieners, van die vernaamstes onder hulle, wat toegesien het dat die diens en al die beurte van die sangers deeglik waargeneem was, ens. Sien vers 42. Neh. 11:17. 1 Kron. 25:2, 3, 6. |
| 43 Soos in vers 44.
44 Hebr. die woord of die saak van ’n dag op sy dag. 45 Naamlik die volk, of die hele Israel. 46 Dit is, hulle het die tiendes wat daartoe geheilig was, afgesonder en aan die Leviete gegee, en daardeur was die res wat hulle oorgehou het, vir hul persoonlike gebruik ook geheilig. Sien Núm. 18:21, 26. 47 Dit is, hulle het die tiendes van die tiendes wat hulle ontvang het, afgesonder en vir die hoëpriesters gegee, volgens die wet van God. Núm. 18:26, ens. Sien ook Núm. 18:8. |