Statevertaling – Bybelstigting
Nehemía se verdere hervorminge.
OP1 dié dag is daar voor die ore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daarin het ageskrywe gestaan dat geen Ammoniet of Moabiet tot in ewigheid in die 2vergadering van God mag kom nie,
omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met 3brood en water nie, ben Bíleam teen 4hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in ’n seën verander.
En toe hulle die wet hoor, het hulle al die mense van 5gemengde bloed uit Israel afgesonder.
Maar tevore het Éljasib, die priester wat oor die 6kamers van die huis van onse God aangestel was, ’n 7verwant van Tobía,
vir 8hom ’n 9groot kamer ingerig waar hulle vroeër die spysoffer, die wierook en die gereedskappe en die tiendes van koring, mos en olie, 10die wettige aandeel van die Leviete en die sangers en die poortwagters, en 11die offergawe aan die priesters neergesit het.
Maar gedurende 12dit alles was ek nie in Jerusalem nie; want in die 13twee-en-dertigste jaar van 14Artasásta, die koning van 15Babel, het ek by die koning gekom; en 16ná verloop van tyd 17het ek verlof gevra van die koning
en na Jerusalem gekom. Toe het ek die kwaad opgemerk wat Éljasib gedoen het deur vir Tobía ’n kamer in die 18voorhowe van die huis van God in te rig.
En ek was 19erg ontstemd, sodat ek 20al die huisraad van Tobía uit die kamer buitentoe gegooi het,
21met die bevel dat hulle die kamers moes reinig; en ek het die gereedskappe van die huis van God, die spysoffer en die wierook daarin teruggebring.
Ook het ek verneem dat die 22aandele van die Leviete nie gegee is nie, sodat die Leviete en die sangers wat die 23dienswerk moes verrig, elkeen na sy grond gevlug het.
En ek het met die leiers 24getwis en gesê: Waarom is die huis van God in verwaarlosing? En ek het hulle 25bymekaar laat kom en hulle weer 26op hulle pos aangestel.
En die hele Juda het die tiendes van koring en mos en olie na die 27voorraadkamers gebring.
En 28oor die voorraadkamers het ek Selémja, die priester, en Sadok, die skrywer, en Pedája, uit die Leviete, as skatmeesters aangestel; en 29as hulp vir hulle: Hanan, die seun van Sakkur, die seun van Mattánja, omdat hulle 30vertroubaar geag is; en 31hulle moes aan hulle broers uitdeel.
32Dink 33hierom aan my, my God, en delg tog my 34liefdediens nie uit wat ek aan die huis van my God en aan die 35instellinge daarvan bewys het nie.
In dié dae het ek in Juda mense gesien wat op die sabbat die 36parskuipe trap en vragte koring, op esels gelaai, inbring, en ook wyn, druiwe en vye en allerhande vragte met goed, en dit op die sabbatdag in Jerusalem inbring; en ek het 37hulle 38gewaarsku op die dag toe hulle lewensmiddele verkoop het.
Ook die 39Tiriërs wat 40daar gewoon het, het vis en allerhande koopware ingebring en op die sabbat aan die kinders van Juda selfs in Jerusalem verkoop.
En ek het met die 41edeles van Juda getwis en vir hulle gesê: Watter verkeerde ding is dit wat julle doen, dat julle die csabbatdag ontheilig?
Het julle vaders nie so gehandel, sodat onse God oor ons en oor hierdie stad al hierdie 42onheil gebring het nie? Ja, julle 43vermeerder die 44toorngloed oor Israel deur die sabbat te ontheilig!
En sodra dit in die poorte van Jerusalem voor die sabbat 45donker was, het ek gesê dat die deure gesluit moes word; en ek het gesê dat hulle dit nie mag oopmaak tot ná die sabbat nie, en van my mense het ek by die poorte aangestel: geen vrag het op die sabbatdag mag inkom nie.
Toe het die koopmans en handelaars in allerhande koopware ’n paar keer buitekant Jerusalem vernag.
Maar ek het hulle gewaarsku en vir hulle gesê: Waarom vernag julle voor die muur? As julle dit weer doen, sal ek die hand aan julle slaan. Van dié tyd af het hulle nie meer op die sabbat gekom nie.
Verder het ek aan die Leviete gesê dat hulle hul moes reinig en kom as 46poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die 47grootheid van u 48goedertierenheid.
In dié dae het ek ook Jode gesien wat 49Asdodiese, Ammonitiese, Moabitiese vroue 50getrou het.
En van hulle kinders het 51die helfte Asdodies gepraat, of die taal van 52watter volk ook al; maar hulle 53kon geen Joods praat nie.
Daarom het ek met hulle getwis en hulle 54gevloek, en sommige van hulle 55geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: 56Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!57
dHet Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie? eAlhoewel daar onder baie nasies nie ’n koning gewees het soos hy nie en hy ’n liefling van sy God was, sodat God hom as koning aangestel het oor die hele Israel, het die vreemde vroue hom tog sonde laat doen.
58Moet ons nou van julle hoor dat julle al hierdie groot kwaad doen, om ontrou te handel teen God deur vreemde vroue te 59trou?
En 60een van die seuns van Jójada, die seun van die hoëpriester Éljasib, was ’n skoonseun van 61Sanbállat, die Horoniet; daarom het ek hom van my af weggeja.
62Dink aan hulle, my God, oor die 63bevlekking van die priesterskap en van die 64verbond met die priesterskap en met die Leviete.
So het ek hulle dan gereinig van 65al wat vreemd was, en die 66diensordeninge vir die priesters en die Leviete vasgestel, vir elkeen in sy werk,
ook vir die 67lewering van hout op vasgestelde tye en vir die eerstelinge. 68Dink aan my, my God, ten goede!
| a Deut. 23:3-5. | 1 Sommige verstaan dat dit gebeur het, nadat Nehemía die tweede maal van koning Artaxerxes teruggekeer het na Jerusalem. Sien verse 4, 6.
2 Sien Deut. 23:1 se kanttekening. |
| b Núm. 22:5. Jos. 24:9. | 3 Dit is, voedsel en drank.
4 Verstaan Israel, dit is, die volk Israel. |
| 5 Dit is, almal wat van vreemde, afgodiese, heidense volke was, en nie van Israel nie. Vgl. Neh. 9:2. |
| 6 Sien vers 9. Esra 8:29.
7 Dit is, hy was met hom bevriend of met hom verswaer, nieteenstaande dat hy ’n bittere vyand van God se volk was. Sien Neh. 6:1, 14, 17, 19, en vgl. hierna, vers 28. |
| 8 Naamlik, Tobía.
9 Deur die mure van enkele kamers af te breek, het hy vir Tobía ’n groot, ruim kamer ingerig, om sy huisraad daarin te plaas. Sien vers 8. 10 Of: die voorgeskrewe of vasgestelde aandeel van die Leviete, ens. Sien Núm. 18:24. Hebr. die bevel of gebod van die Leviete, ens., dit is, waaroor God bevel gegee het dat die mense dit aan die Leviete, ens., moes gee. 11 Dit is, die deel wat hulle aan die priesters moes gee, naamlik die tiendes van die tiendes van die Leviete, ens. Sien Núm. 18:8, 26. |
| 12 Nehemía wil sê dat alles in sy afwesigheid binne ’n kort tyd weer verval het.
13 Nadat ek twaalf jaar met die toestemming van die koning in Jerusalem was. 14 Sien Esra 6:14 se kanttekening. 15 Babel was nou onder die Persiese monargie. 16 Dit is, ná die verloop van ’n aantal dae (soos in die Hebreeus staan), of volgens ander, ná ’n volle jaar. 17 Of: is verlof aan my toegestaan. Die Hebreeuse woord sou eintlik beteken: is ek geëis, versoek of ontbied. Dit kan wees dat Nehemía, omdat hy bevrees was om weer verlof te vra, dit deur ander laat versoek het, en dat die koning hom daarop ontbied en verlof gegee het. Sonder twyfel het godvrugtige Jode Nehemía ook laat weet van die vervalle staat van die volk van God, en het sy koms ernstig versoek, ens. |
| 18 Soos in Neh. 8:17. |
| 19 Hebr. dit was ’n groot kwaad vir my; dit is (soos die Skrif elders spreek), dit was ’n groot kwaad in my oë, dit is, dit het my vreeslik ontstem.
20 Hebr. al die voorwerpe of al die gereedskap van die huis van Tobía. |
| 21 Hebr. ek het gesê; sien 2 Kron. 29:24, 27. Est. 9:25. Job 9:7, en vgl. Gén. 1:3, Jona 2:10 met die kanttekeninge. Of: ek het gesê en hulle het die kamers gereinig. So ook in vers 19. |
| 22 Dit is, die onderhoud wat die mense verplig was om aan hulle te gee volgens die wet van God; en waartoe die volk hulle met ’n eed verbind het, Neh. 10:37.
23 Naamlik van die Here, dit is, die normale godsdiens. |
| 24 Dit is, ek het hulle bestraf, hulle streng berispe; so ook in verse 17, 25.
25 Vanuit die plekke waarheen hulle gevlug het en verstrooi was. 26 Om die godsdiens, soos tevore, weer waar te neem. |
| 27 Dit is, skatkamers. Sien vers 5. |
| 28 Soos in Neh. 12:44. 1 Kron. 26:20, ens. 2 Kron. 31:12, ens.
29 Hebr. aan hul hand. 30 Vgl. Neh. 7:2. 31 Hebr. dit was op hulle; dit is, dit was hul plig, hul opdrag. |
| 32 Vgl. Gén. 8:1 se kanttekening. Hebr. 6:10. Hierna, verse 22, 31, en sien Neh. 5:19 se kanttekening.
33 Of: aangaande hierdie saak. 34 Dit is, vrome dade, soos in 2 Kron. 32:32 en 35:26 se kanttekeninge. 35 Hebr. wagte. Naamlik deur te sorg dat die godsdiens in u tempel deur elkeen, volgens sy amp, goed waargeneem sal word. Sien Núm. 3:7 se kanttekening. |
| 36 Naamlik, wynperse en olieperse.
37 Soos in vers 21. 38 Terwyl ek voor die Here betuig het dat ek dit nie meer sou duld nie. |
| 39 Dit is, wat gebore is in die beroemde stad Tirus. Sien Jos. 19:29 se kanttekening.
40 Naamlik, binne Jerusalem. |
| c Ex. 20:8. Lev. 19:30. | 41 Hebr. wittes. Sien Neh. 2:16 se kanttekening. |
| 42 Dit is, al hierdie plae en strawwe.
43 Hebr. voeg toorngloed by. 44 Naamlik, van die Here. |
| 45 Hebr. sodra die poorte skaduwee gegee het. Of: in die skadu was; dit is, teen die aand, as die son begin het om onder te gaan. |
| 46 Verstaan van die tempel, deur toesig te hou oor alles wat tot die heiliging van die sabbat gedien het, sonder om iets anders op die sabbat te doen, en in die besonder toe te sien dat geen onreine daar inkom nie. Sien Núm. 3:7. 2 Kron. 23:19.
47 Of: veelheid. 48 Of: weldadigheid. |
| 49 Dit is, heidense vroue van allerlei vreemde volke. Asdod was ’n stad en gebied van die Filistyne. Sien 1 Sam. 5:1, 2, ens.
50 Hebr. laat woon het (sien Esra 10:2 se kanttekening), nieteenstaande die reformasie wat Esra tevore verrig het, Esra 9; 10, en hul eie belofte in Neh. 10:30, wat hulle met ’n eed bevestig het. So ook in vers 27. |
| 51 Anders: half Asdodies gepraat.
52 Hebr. van volk en volk; dit is, van die een en die ander volk, elkeen soos hy by sy moeder geleer het, sodat hulle ’n verbasterde taal met ’n verbasterde godsdiens gehad het. 53 Hebr. hulle het nie Joods uitgeken, of onderskei nie. |
| 54 Naamlik, uit ywer vir geregtigheid verklaar hy dat hulle as meinedige verbondsverbrekers die vloek oor hulself gebring het, en dit verdien om verban of van God se volk afgesny te word.
55 Naamlik, tot ’n openbare straf en versmaadheid. Vgl. Deut. 25:2. 2 Sam. 10:4. 56 Hierdie eed, wat hy voor hulle uitgespreek het, moes hulle op hulself neem, sodat hulle, deur hierdie middele opgewek, hierna nie weer in so ’n gruwel sal verval nie. 57 In die Hebreeus staan ’n onvoltooide sin, wat gebruiklik was by eedswering. ’n Mens kan dit aanvul met die woorde: so sal julle vervloek wees, of: so sal God julle straf. Sien Gén. 14:23 se kanttekening. |
| d 1 Kon. 11:4.
e 1 Kon. 3:13. 2 Kron. 1:12. |
| 58 Dit is, sou ons julle dan sulke dinge toelaat – julle, wat baie meer aan die verleiding onderworpe is as die groot, wyse en deur God beminde koning Salomo?
59 Sien vers 23 se kanttekening. |
| 60 Josephus skryf dat dit Manasse was, die broer van die hoëpriester Jaddua of Jaddus, sien meer oor hom in Neh. 12:11 se kanttekening.
61 Sien Neh. 2:10 se kanttekening; Neh. 4:1; 6:1, ens. |
| 62 Soos in Neh. 6:14.
63 Terwyl hulle sulke gruwels begaan het soos voorheen vermeld is. 64 Verstaan die besondere en nadere verbond wat God met Aäron en sy nageslag, asook met die Leviete, aangaande hul heilige ampte gesluit het. |
| 65 Verstaan die heidense vroue en kinders, met die onreinheid van die heidendom wat hulle aangekleef het.
66 Soos in vers 14. |
| 67 Sien Neh. 10:34.
68 Vgl. verse 14, 22. Neh. 5:19 se kanttekening. |
Einde van die boek NEHEMÍA.