Statevertaling – Bybelstigting
Artasásta gee Nehemía verlof om Jerusalem te gaan herbou.
EN in die maand 1Nisan van die twintigste jaar van koning 2Artasásta toe daar wyn voor hom was, het 3ek die wyn opgehef en aan die koning gegee; en omdat ek nooit 4voor hom 5bedroef was nie,
het die koning my gevra: Waarom is jou aangesig so bedroef; jy is tog nie siek nie? Dit is niks anders as hartseer nie. En ek het baie 6bevrees geword
en aan die koning gesê: 7Mag die koning 8ewig lewe! Waarom sou my aangesig nie bedroef wees nie, terwyl tog die 9stad waar my vaders begrawe is, woes lê en sy poorte deur vuur verteer is?
Daarop vra die koning my: 10Wat is dan jou begeerte? En ek het tot die God van die hemel 11gebid
en aan die koning gesê: 12As die koning dit goedvind en as u dienaar 13welgevallig is in u oë, 14stuur my dan na Juda, na die stad waar my vaders begrawe lê, dat ek dit kan opbou.
Toe vra die koning my, 15terwyl die 16koningin langs hom sit: Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom? En die koning het dit 17goedgevind om my te stuur. En ek het hom ’n bepaalde 18tyd aangegee
en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind, kan hulle vir my briewe saamgee aan die goewerneurs wes van die 19Eufraat, dat hulle my laat deurtrek totdat ek in Juda kom;
en ’n brief aan Asaf, 20opsigter van die park van die koning, dat hy aan my hout lewer om die poorte van die vesting wat by die 21tempel behoort, met balke uit te lê, en vir die muur van die stad en vir die huis waar ek sal intrek. En die koning het my dit toegestaan 22volgens die goeie hand van my God oor my.
En ek het by die goewerneurs gekom wes van die Eufraat en die briewe van die koning aan hulle gegee. Ook leërowerstes en perderuiters het die koning met my saamgestuur.
Maar toe Sanbállat, die 23Horoniet, en Tobía, die Ammonitiese 24kneg, hoor dat iemand gekom het om vir die kinders van Israel iets goeds te soek, was hulle daaroor 25erg ontstemd.
En toe ek in Jerusalem kom 26en daar drie dae was,
het ek my in die nag gereedgemaak, ek en enkele manne saam met my; maar ek het aan geen mens meegedeel wat my God in my hart gegee het om vir Jerusalem te doen nie; daar was ook geen dier by my nie, behalwe die dier waar ek op gery het.
En ek het in die nag deur die 27Dalpoort uitgery en na die kant van die 28Slangfontein en na die 29Aspoort toe; en ek het die mure van Jerusalem 30besigtig wat stukkend lê, en 31sy poorte wat deur vuur verteer was.
En ek het verder gegaan na die 32Fonteinpoort en na die 33Koningsvywer. Maar daar was 34geen plek vir die dier om onder my verder te gaan nie.
Daarna het ek in die nag 35in die 36dal opgeklim en die muur 37besigtig. Toe het ek weer deur die Dalpoort ingekom en teruggegaan.
Maar die leiers het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie; want ek het tot nog toe die Jode en die priesters en die 38edeles en die leiers en die 39ander 40wat die werk moes doen, niks te kenne gegee nie.
Daarop sê ek vir hulle: Julle sien die nood waar ons in is, dat Jerusalem woes lê en sy poorte met vuur verbrand is; kom, laat ons die muur van Jerusalem opbou, dat ons nie langer ’n voorwerp van smaad kan wees nie.
En ek vertel hulle van 41die hand van my God wat goed was oor my, en ook van die woorde van die koning wat hy my gesê het. En hulle sê: Ons sal ons klaarmaak en bou! En hulle het hulle hande 42sterk gemaak vir die goeie werk.
Maar toe Sanbállat, die Horoniet, en Tobía, die Ammonitiese kneg, en Gesem, die Arabier, dit hoor, het hulle ons bespot en ons verag en gesê: Wat is dit vir ’n ding wat julle doen? Wil julle teen die koning rebelleer?
Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou; maar 43julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.
| 1 Anders Abib genoem, dit is die eerste maand, Ex. 13:4. Est. 3:7.
2 Sien Esra 6:14 se kanttekening. 3 Omdat dit nou weer sy beurt was om vir die koning sy wyn te skink. Hiermee word die rede te kenne gegee waarom Nehemía so lank gewag het om met die koning te spreek. 4 Hebr. voor sy aangesig. Dit is, telkens wanneer ek voor die koning verskyn het; maar nou (wil hy sê) was dit anders met my gesteld. 5 Hebr. kwaad; dit is hier: droewig, treurig van gelaat, en so in dit wat volg. Sien Gén. 40:7 se kanttekening. |
| 6 Uit ontsag vir die koning, want ’n mens mog nie voor die Persiese konings met tekens van rou en droefheid verskyn nie, Est. 4:2; en ook uit bekommernis oor die uitkoms van hierdie saak, wat baie gewigtig was. |
| 7 ’n Manier van gelukwensing wat in hierdie lande gebruiklik was. Sien Dan. 2:4; 3:9; 5:10; 6:22.
8 Dit is, lank. 9 Naamlik Jerusalem, wat hy op hierdie manier beskryf om sy droefheid te verskoon en die koning des te meer te beweeg. Hebr. die stad, die huis van die grafte van my vaders. |
| 10 Hebr. Waaroor is jy nou begerende?
11 Naamlik by myself, in my hart. |
| 12 Hebr. As dit by die koning goed is; so ook in vers 7. Sien Esra 5:17 se kanttekening.
13 Of: goed, aangenaam. 14 Verstaan hierby: so versoek ek. |
| 15 Anders: en die koningin, wat langs hom sit.
16 Anders: vrou, bedmaat. 17 Hebr. was goed voor die aangesig van die koning. 18 Naamlik twaalf jaar. Sien Neh. 5:14; 13:6. |
| 19 Hebr. rivier, en so ook in dit wat volg. |
| 20 Dit is, die bosopsigter. Sien 1 Kon. 5:6. Park, Hebr. pardes. Dit is, paradys, waardeur sommige die gebiede van die gebergte Líbanon tot Anti-Líbanon toe verstaan, so genoem vanweë die besondere weligheid van hierdie plek, sodat daar ook ’n nedersetting was, wat die Paradys genoem is.
21 Hebr. huis. Verstaan die huis van God, waarvan die voorhof (hier, soos sommige meen, die vesting genoem) tot hierdie tydstip toe oop gelê het. Vgl. 1 Kron. 29:1. Sien Esra 10:9 se kanttekening. 22 Soos in Esra 7:6, 9, 28, ens. |
| 23 So genoem na Horonáim, een van die vernaamste stede van die Moabiete, soos te sien is in Jes. 15:5. Jer. 48:3, 5, 34.
24 Dit is, die Persiese koning se vasal, offisier of goewerneur. Hulle was albei vyande van die Israeliete, sien 2 Sam. 8:2 en 12:31 se kanttekeninge, en hulle ampswoning was in hierdie tyd binne Samaría, soos afgelei word uit Neh. 4:2. 25 Hebr. dit was vir hulle kwaad, of dit het vir hulle kwaad voorgekom, met, of ja, ’n groot kwaad; dit is, dit het hulle met groot mishae ontstem. |
| 26 Vgl. Esra 8:32. |
| 27 Dit is, waar hierdie poort tevore was en later weer opgebou is. Sien Neh. 3:13. So ook in dit wat volg.
28 Of: Draakfontein. Hierdeur word deur sommige die fontein van die water van Silóa verstaan, wat baie stilletjies en saggies vloei, asof dit soos ’n slang seil. Sien Neh. 3:15 se kanttekening. Jes. 8:6. 29 Waardeur mense die vuilgoed uitgebring het na die spruit Kidron, soos sommige meen. 30 Om eintlik te weet wat skort, en wat daaraan gedoen kon word. So ook in vers 15. 31 Naamlik van Jerusalem. |
| 32 Waardeur ’n mens na die fontein van die water van Silóa gegaan het, soos sommige aflei uit Neh. 3:15.
33 Sien 2 Kon. 18:17; 20:20. Neh. 3:15, 16. 34 Vanweë die steenhope van die vervalle en gebreekte muur, sodat hy te voet moes gaan. |
| 35 Anders: by.
36 Die Kidrondal; sien daaroor 2 Sam. 15:23 se kanttekening. Of: die Gihondal, soos ander meen; sien daaroor 2 Kron. 32:30; 33:14. 37 Sien vers 13 se kanttekening. |
| 38 Hebr. wittes; dit is, wat wit sierlike klere gedra het, soos belangrike mense in die konings se howe. Sien Est. 8:15. So ook Neh. 5:7; 6:17; 7:5; 13:17.
39 Hebr. die oorblywende. 40 Boumeesters van die stad, of diegene wat bevel gekry het om toesig daaroor te hou, wat beheer daaroor gehad het. |
| 41 Vgl. vers 8.
42 Dit is, hulle het moed geskep om hierdie goeie en prysenswaardige werk onbeskroomd aan te pak. |
| 43 As ongelowiges en afgodedienaars van oudsher, het julle totaal geen gemeenskap met God se kerk nie, maar is vreemd daarvan, ja, haar vyande, sodat ons ons nie oor julle hoef te bekommer nie. |