Statevertaling – Bybelstigting
Herbouing van die mure en poorte van Jerusalem.
EN1 2Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy 3broers, die priesters, en hulle het die 4Skaapspoort gebou; hulle het dit 5geheilig en sy deure 6ingesit; verder tot by die toring 7Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring 8Hanáneël.
En 9naas hom het die manne van Jérigo gebou; en daarnaas het Sakkur, die seun van Imri, gebou.
En die Vispoort het die seuns van 10Sénaä gebou; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels 11ingesit.
En naas hulle het Méremot, die seun van Uría, die seun van 12Hakkos, 13herstel; en 14naas hulle het Mesúllam, die seun van Berégja, die seun van Mesesábeël, herstel; en naas hulle het Sadok, die seun van Báäna, herstel.
En naas hulle het die 15Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie 16gebuig onder die 17diens van 18hulle Here nie.
En die Ou Poort het Jójada, die seun van Paséag, en Mesúllam, die seun van Besódja, herstel; hulle het dit met balke uitgelê en sy deure en sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
En naas hulle het Melátja, die Gibeoniet, en Jadon, die Meronotiet, die manne van 19Gíbeon en Mispa, herstel by die 20setel van die goewerneur van die gebied wes van die 21Eufraat.
Naas hom het Ússiël, die seun van Harhája, van die goudsmede, herstel; en naas hom het Hanánja, 22’n lid van die salfmengers, herstel; en hulle het Jerusalem 23onaangeroerd gelaat tot by die breë muur.
En naas hulle het Refája, die seun van Hur, owerste van die 24halwe distrik Jerusalem, herstel.
En naas hulle het Jedája, die seun van Harúmaf, herstel — teenoor sy huis; en naas hom het Hattus, die seun van Hasábneja, herstel.
’n 25Tweede stuk het Malkía, die seun van Harim, en Hassub, die seun van Pahat-Moab, herstel, ook die 26Bakoondtoring.
En naas hom het Sallum, die seun van 27Hallóhes, owerste van die halwe distrik Jerusalem, herstel, hy met sy dogters.
Die Dalpoort het Hanun en die inwoners van Sanóag herstel; hulle het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook duisend el aan die muur tot by die 28Aspoort.
En die Aspoort het Malkía, die seun van Regab, owerste van die distrik 29Bet-Hakkérem, herstel; hy het dit opgebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
En die Fonteinpoort het Sallum, die seun van Kol-Hosé, owerste van die distrik Mispa, herstel; hy het dit opgebou en dit oordek, en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, ook die muur van die dam van die 30waterleiding by die koning se tuin, en tot by die 31trappe wat van die Dawidstad afloop.
Ná hom het Nehemía, die seun van Asbuk, owerste van die halwe distrik Bet-Sur, tot teenoor die Dawidsgrafte herstel en tot by die 32kunstig aangelegde dam en tot by die huis van die 33helde.
Ná hom het die Leviete — Rehum, die seun van Bani, herstel; naas hom het Hasábja, die owerste van die halwe distrik Kehíla, 34vir sy distrik herstel.
Ná hom het hulle broers, Bágwai, die seun van Hénadad, die owerste van die ander halwe distrik Kehíla, herstel.
En naas hom het Eser, die seun van Jésua, die owerste van Mispa, ’n 35tweede stuk herstel teenoor die opgang na die wapenhuis, die 36Winkelhaak.
Ná hom het Barug, die seun van 37Sábbai, ’n tweede stuk 38ywerig herstel; van die Winkelhaak af tot by die huisdeur van die hoëpriester Éljasib.
Ná hom het Méremot, die seun van Uría, die seun van 39Hakkos, ’n tweede stuk herstel, van die huisdeur van Éljasib af tot by die end van Éljasib se huis.
En ná hom het die priesters, 40die manne van die Jordaanstreek, herstel.
41Ná hom het Benjamin en Hassub teenoor hulle huis herstel; ná hom het Asárja, die seun van Maäséja, die seun van Anánja, langs sy huis herstel.
Ná hom het Bínnuï, die seun van Hénadad, ’n tweede stuk herstel; van die huis van Asárja af tot by die Winkelhaak en tot by 42die Hoek.
Palal, die seun van Úsai, 43teenoor die Winkelhaak en die boonste toring wat uit die huis van die koning 44uitsteek, by die voorhof van 45bewaking; ná hom Pedája, die seun van Parhos.
En die 46tempelbediendes het gewoon op die 47Heuwel 48tot teenoor die Waterpoort, teen die ooste, en die toring wat uitsteek.
Ná hom het die 49Tekoïete ’n tweede stuk herstel, van teenoor die groot toring af wat uitsteek, tot by die Heuwel-muur.
50Bokant die Perdepoort het die priesters herstel, elkeen teenoor sy huis.
Daarnaas het Sadok, die seun van Immer, teenoor sy huis herstel; en ná hom het Semája, die seun van Segánja, die bewaker van die 51Oospoort, herstel.
Ná 52hom het Hanánja, die seun van Selémja, en Hanun, die sesde seun van Salaf, ’n 53tweede stuk herstel; daarnaas het Mesúllam, die seun van Berégja, teenoor sy kamer herstel.
Ná hom het Malkía, lid van die goudsmede, herstel tot by die huis van die tempelbediendes en die koopmans, teenoor die 54Wagpoort en tot by die bo-kamer op die Hoek.
En tussen die bo-kamer op die Hoek en die Skaapspoort het die goudsmede en die koopmans herstel.
| 1 Vgl. hierdie beskrywing van Jerusalem se omtrek en ligging met Neh. 12:31, ens.
2 Die kleinkind van Jésua, Neh. 12:10. 3 Dit is, bloedverwante, van Aäron se linie. 4 Of: Veepoort; teen die voorste deel van die tempel en word volgens sommige so genoem, omdat dit die veemark gehuisves het, om vir die gerief offerbeeste beskikbaar te hê, omdat dit in die nabye omgewing van die tempel was. Hier was ook (soos sommige meen) die vyf pilaargange van die bad Betésda, waarvan Joh. 5:2 melding maak. Sien ook vers 32. Neh. 12:39. 5 Dit is, deur gebede, offers, ens., nadat die poort gebou was en voordat dit in gebruik geneem is. Vgl. Deut. 20:5. Of: het geheilig, dit is, deur hierdie plek te verorden tot sake wat tot die tempeldiens behoort het, soos om offervee te koop en te was deur die gerief van die nabygeleë bad met vyf pilaargange (wat God ook daarom kon geseën het met die wonder van genesing, Joh. 5:4); net so ook speserye, reukwerk en die wisseling van geld, want die goudsmede en die koopmans het hier gewoon, vers 32. Anders: het geheilig, dit is, voorberei, of toegerus. Vgl. Jer. 51:27, ens. 6 Sien vers 3 se kanttekening. 7 Of: Honderdtoring, wat staan tussen die Skaapspoort en die toring Hanáneël; miskien ook so genoem omdat hierdie toring honderd el van beide af gestaan het. 8 Sien Jer. 31:38. |
| 9 Hebr. aan sy hand, dit is, langs hom; so ook in dit wat volg. |
| 10 Anders: Hassénaä.
11 Of: opgerig. Wanneer die deure in die stadspoort inderdaad opgestel en gehang is, lees daarvan Neh. 6:1; 7:1, hoewel die totale werk hier in een keer beskryf word. Tensy dat die deure wat op hierdie tydstip wel gereed was, eers later in opdrag van Nehemía ten volle gehang is. |
| 12 Of: Kos.
13 Of: versterk, verbeter, naamlik die vervalle muur; en so ook in dit wat volg. 14 Dit is, naas diegene wat in hierdie en die voorgaande vers genoem is. |
| 15 Sien 2 Sam. 14:2 se kanttekening.
16 Dit is, die grotes of aansienlikes en magtiges van Tekóa wou hulle nie buig of beskikbaar stel om hierdie werk van hul God te help bevorder nie. Hierdie onwilligheid en hoogmoed word tot hul skande deur die Heilige Gees bestraf. 17 Of: onder die werk. 18 Anders: van hulle here; waardeur dan verstaan moet word die owerstes wat aangestel was om toesig te hou en alles ordelik te laat verloop. |
| 19 Lees oor Gíbeon Josua 10, en oor Mispa Rig. 10:17 se kanttekening.
20 Dit is, die huis waar die landvoog of goewerneur van die koning van Judéa sy hof gehad het, en waar Nehemía nou moontlik self sou intrek. Vgl. Neh. 2:8. 21 Hebr. rivier, in die Skrif ook Frat genoem. |
| 22 Hebr. ’n seun van die salfmengers; dit word deur sommige verstaan as ’n apteker.
23 Dit is, hulle het die volgende deel van die muur gelos soos dit was, aangesien dit nog goed en sterk genoeg was. Ander verstaan dat daar ’n binnemuur was, wat die bostad van die onderstad geskei het, wat hulle, omdat dit vir eers nie nodig was nie, oorgeslaan het om die nodigste werk te bevorder. Anders: hulle het opgerig. Vgl. Ex. 23:5 se kanttekening. |
| 24 Jerusalem was in verskeie distrikte of wyke opgedeel; Refája was die owerste van die helfte van die stad. Sommige meen dat daar benewens die vernaamste distrik, vanweë die uitnemendheid Jerusalem se distrik of wyk genoem, ander minder vername wyke was, soos Bet-Hakkérem, Mispa, Bet-Sur en Kehíla. Daar is egter ander wat meen dat hierdie distrikte of wyke, wat in die volgende deel vermeld word, buite Jerusalem geleë was, soos van Bet-Hakkérem, vermeld in vers 14, te sien is in Jer. 6:1. Anders: die helfte van ’n distrik. |
| 25 Dit is, ’n volgende deel, wat naas die deel van Hattus geleë was; of (volgens ander): ’n gelyke deel of grootte van die muur soos Hattus herstel het.
26 Sien Neh. 12:38. |
| 27 Of: Lóhes. |
| 28 Sien Neh. 2:13 se kanttekening. |
| 29 Sien oor hierdie wyk, asook die wyke wat in dit wat volg vermeld is, vers 9 se kanttekening, en vgl. Jer. 6:1. |
| 30 Hebr. Sjelach. Sommige meen dit verwys na Silóam, waarvan Joh. 9:7 melding maak. Vgl. Neh. 2:13 se kanttekening. Hier begin Nehemía om die verbouings van dit wat by die paleis en die tempel behoort het, te beskryf.
31 Sien Neh. 12:37. |
| 32 Sien 2 Kon. 18:17; 20:20. So genoem, volgens sommige, om dit van die ander te onderskei in vers 15, wat ’n natuurlike dam of poel was.
33 Waar die dapperste krygshelde, wat steeds rondom die koning was, gewoonlik hul losieshuis gehad het. |
| 34 Of: in, met sy distrik; dit is, met die inwoners van sy distrik. |
| 35 Sien vers 11 se kanttekening.
36 Sien 2 Kron. 26:9 se kanttekening. |
| 37 Anders: Sákkai.
38 Hebr. hy het ontvlam, hy het versterk; dit is, hy het sy deel met ’n besondere ywer verbeter of herstel en verbou. Sien Ps. 45:5 se eerste kanttekening. |
| 39 Of: Kos, soos tevore. |
| 40 Hebr. manne van die vlakte; dit is, wat in die vlaktes gewoon het wat tussen Jerusalem en Jérigo geleë was. Sien 2 Sam. 2:29, ens. |
| 41 Sommige verstaan dat dit hier in die meervoud verstaan moet word, ná hulle; en so ook in verse 24, 27, ens. |
| 42 Die uiteinde van die Winkelhaak. |
| 43 Verstaan: verbeter die muur teenoor die Winkelhaak.
44 Hebr. uitgaan; en so in vers 26. 45 Sien Neh. 12:39 en die kanttekening. Jer. 32:2. |
| 46 Sien Esra 2:43 se kanttekening.
47 Of: op die hoogte. Sien 2 Kron. 27:3; 33:14. 48 Hierby kan ’n mens verstaan: het herstel. |
| 49 Sien vers 5. |
| 50 Of: Vanaf die Perdepoort. Sien 2 Kon. 11:16. |
| 51 Vgl. Jer. 19:2 se kanttekening. |
| 52 Ander lees die Hebreeuse teks hier en in die volgende vers as na my of naas my, waaronder verstaan word dat Nehemía hier beskryf wie aan weerskante van hom gewerk het, sonder om uit te druk wat hy gedoen het, om vir ander ’n voorbeeld te stel; tonende daarmee sy nederigheid. Sien Neh. 4:16, 23; 5:16.
53 Sien vers 11 se kanttekening. |
| 54 Hebr. Mifkad. Dit is, bevel, bestuur, inspeksie of telling. Sommige meen dat die groot Raad hier byeengekom het om aan probleme aandag te gee en bevele uit te vaardig of te publiseer. |