Statevertaling – Bybelstigting
Sameswering van die vyande. Nehemía wapen die volk.
MAAR 1toe Sanbállat hoor dat ons die muur bou, 2het hy kwaad geword en hom 3baie geërg, en hy het met die Jode gespot
en 4voor sy broers en die 5leër van Samaría gespreek en gesê: Wat maak die magtelose Jode? 6Sal ’n mens hulle laat begaan? Sal hulle offer? Sal hulle dit 7vandag nog voltooi? Sal hulle die klippe uit die grondhope 8lewendig maak, al is dit deur brand verniel?
En Tobía, die Ammoniet, het langs hom gestaan en gesê: Wat hulle ook al bou — as ’n jakkals daarteen opspring, sal hy 9hulle klipmuur omgooi!
Hoor, onse God, 10dat ons ’n veragting geword het; en bring 11hulle smaad op hulle hoof terug en gee hulle oor aan plundering in ’n 12land van gevangenskap.
En dek hulle ongeregtigheid nie toe nie, en laat hulle sonde nie uitgedelg word 13voor u aangesig nie; want hulle het 14U geterg teenoor die 15bouers.
Maar ons het die muur opgebou, en die hele muur is tot op sy 16helfte herstel; en die volk was met hulle hart in die werk.
Maar toe Sanbállat en Tobía en die Arabiere en die 17Ammoniete en die Asdodiete hoor dat die 18verbetering aan die mure van Jerusalem 19vorder, dat die skeure begin toeraak, het hulle baie kwaad geword.
En hulle het almal met mekaar ’n sameswering gesmee om teen Jerusalem te gaan veg en 20daar verwarring te stig.
Maar ons het tot onse God gebid en 21om hulle ontwil ’n wag 22teen hulle uitgesit, dag en nag.
Maar 23Juda het gesê: Die krag van die lasdraers 24beswyk, en die 25puinhoop is groot, sodat ons 26nie aan die muur kan bou nie.
En ons teëstanders het gesê: 27Hulle mag niks weet en sien nie totdat ons tussen hulle inkom en hulle doodslaan en ’n einde maak aan die werk.
En toe die Jode wat by hulle gewoon het, inkom en wel 28tien maal, 29uit al die plekke, aan ons sê: Julle moet na ons toe terugkom —
het ek 30op die laagste plekke agter die muur, op die 31kaal plekke, manskappe opgestel — ek het die volk opgestel volgens hulle geslagte met hul swaarde, hul spiese en hul boë.
En ek het dit gesien en my opgerig en aan die 32edeles en die leiers en die ander mense gesê: Julle amoet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte Here, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.
En toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het, en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.
En van dié dag af was die helfte van my 33mense besig met die werk, en die ander helfte het die spiese en die skilde en die boë en die pantsers gehou, terwyl die owerstes 34agter die hele huis van Juda gestaan het.
Van die bouers aan die muur het die 35lasdraers hulle werk so gedoen dat hulle met die 36een hand die werk verrig het, terwyl die ander hand die 37werpspies vashou,
en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.
En ek het aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Die werk is groot en uitgestrek, en ons is uitmekaar op die muur, 38die een ver van die ander af.
Op die plek waar julle die geluid van die basuin hoor, daar moet julle by ons bymekaarkom; bonse God sal vir ons stry.
En ons het die werk gedoen, terwyl die helfte van hulle die spiese vashou vandat die 39rooidag uitkom totdat die sterre verskyn.
Ook het ek in dié tyd aan die volk gesê: Elkeen moet met sy kneg 40binnekant Jerusalem vernag, sodat hulle vir ons in die nag ’n wag kan wees en oordag ’n werkkrag.
Maar ek self en my broers en my mense en die manne van die wag wat 41my gevolg het, het nooit ons klere uitgetrek nie — elkeen met sy 42wapen en 43water.
| 1 Sien Neh. 2:10 se kanttekening.
2 Hebr. het in hom ontvlam, naamlik woede. So ook in vers 7. 3 Hebr. grootliks, uitermate. |
| 4 Hebr. voor die aangesig van.
5 Om die soldate teen die Jode aan te hits. 6 Anders: Sal hulle dit oprig, of opbou? 7 Of: in die dag; asof hy sê: Is hulle van mening om die werk op dieselfde dag te voltooi waarop hulle begin het of besluit het? Hulle sal verkeerd wees. 8 Dit is, in oorspronklike toestand herstel. |
| 9 Hebr. die muur van hulle klippe. |
| 10 Of: want ons is verag.
11 Wat hulle ons aandoen. 12 Waarheen U hulle sou kan verstoot. Dit wens Nehemía vanuit ’n heilige ywer tot God se eer, en teen God en sy volk se geswore vyande. |
| 13 Dit is, sodat U nie daarop sou let om hulle te straf nie; soos in Jer. 18:23.
14 Hebr. hulle het geterg of toorn teenoor die bouers verwek. Anders: hulle het die bouers geterg, deur teenoor hulle te staan, naamlik soos vyande wat iemand in sy gesig staan en terg. 15 Wat op u bevel en deur u genade besig is om te bou. |
| 16 Verstaan die helfte van die hoogte, die halwe hoogte. |
| 17 Sien 2 Kron. 20:1 se kanttekening.
18 Hebr. gesondheid, heling, genesing, pleistering, pleister. Soos in 2 Kron. 24:13. Vgl. ook Jer. 8:22. 19 Hebr. opklim, opkom, opgaan; soos van die gesondheid gesê kan word dat dit verbeter, vermeerder, wanneer dit toeneem en die mens meer en meer gesond word; op dieselfde wyse van ’n pleister dat dit opgeplak of aangebring word, en dat daar ’n roof of litteken op die wond kom. |
| 20 Of: hom (naamlik Nehemía) te verwar. |
| 21 Naamlik om die vyande se ontwil.
22 Anders: oor of langs hulle, naamlik oor die werksmense. |
| 23 Dit is, die Jode, die volk van Juda.
24 Sodat hulle nie in staat sou wees om te veg nie. 25 Daar bly nog baie oor van die puin, steengruis en grond van die gebroke en vervalle muur om weg te dra. 26 Wanneer hulle te staan sou moet kom in ’n stryd teen die vyand. Sien vers 15. Anders: terwyl ons aan die muur bou, sal ons nie die oorhand kry nie; want ons kan nie albei na behore doen nie. |
| 27 Dit is, ons sal die aanslag so uitvoer dat hulle dit nie te wete sal kom nie, voordat, ens. |
| 28 Dit is, herhaaldelik, dikwels gewaarsku. Sien Gén. 31:7 se kanttekening.
29 Ander lees: uit al die plekke waardeur julle na ons toe terugkom. Die woord julle moet dan gelees word as ’n mens. Dit wys dan op al die plekke waar die mense gewoonlik heen en weer kon gaan. |
| 30 Hebr. van die laagste of onderste dele van die plek, van agter, ens.
31 Of: plekke wat uitsteek, spitse van rotse en klippe, wat so genoem kan word vanweë die witheid of gladheid daarvan. |
| a Núm. 14:9. Deut. 1:21; 20:3. | 32 Hebr. wittes. Sien Neh. 2:16 en die kanttekening. |
| 33 Dit is, knegte, hofdienaars, offisiere en so ook dikwels in dit wat volg.
34 Elkeen by die mense van sy huis, om met hul teenwoordigheid en sorg die volk moed te gee en die werk te bevorder. |
| 35 Dit is, draers en oplaaiers.
36 Met hierdie optrede word die toestand van die strydende kerk op aarde baie treffend uitgebeeld, wat steeds met die een hand moet bou aan die werk van die Here, en met die ander gereed moet wees om die geestelike en liggaamlike vyande af te weer. 37 Verstaan as wapentuig ter verdediging, soos ’n werpspies, kort lans, ens. |
| 38 Hebr. die man van sy broer. |
| b Ex. 14:25. Deut. 1:30; 28:7. |
| 39 Dit is, van vroegoggend tot laat in die aand. |
| 40 Hebr. in die middel van, ens. |
| 41 Dit is, wat agter my was.
42 Vanweë die gevaar. 43 Vir die dors, omdat dit in hierdie lande baie warm was. Sien 1 Sam. 26:11. Anders: elkeen van hulle het met sy wapen uitgegaan om water te kry, of: niemand het hom uitgetrek nie behalwe as hy gaan bad. |