Statevertaling – Bybelstigting
Nehemía verlig die skuldelas van die armes. Sy belangeloosheid.
EN daar het ’n groot geroep van die volk en van hulle vroue ontstaan teen hulle 1broers, die Jode;
en sommige het gesê: Ons seuns en ons dogters, ons is baie; 2ons wil koring hê, dat ons kan eet en lewe!
En ander het gesê: Ons lande en ons wingerde en ons huise moes ons verpand, sodat ons koring kon koop in die 3hongersnood!
En ander weer het gesê: Ons het op ons lande en ons wingerde geld geleen 4vir die belasting aan die koning.
En nou, ons 5vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders soos hulle kinders, en tog moet ons nou ons seuns en ons dogters tot 6slawe verneder, en van ons dogters is al verneder 7sonder dat ons daar iets aan kan doen, en ons lande en ons wingerde behoort aan ander.
En ek was baie 8verontwaardig toe ek hulle geroep en hierdie woorde hoor.
En ek het by myself beraadslaag en met die 9edeles en die leiers getwis en aan hulle gesê: Julle 10leen uit op woeker, elkeen aan sy broer! En ek het ’n groot vergadering teen hulle 11belê
en aan hulle gesê: Óns het ons Joodse broers wat aan die heidene 12verkoop was, 13na ons vermoë 14losgekoop; en tog verkoop júlle jul broers, sodat hulle hul aan ons moet verkoop. En hulle het geswyg en geen antwoord gevind nie.
Verder het ek gesê: Dit is nie goed wat julle doen nie. Moet julle nie in die vrees van onse God wandel ter wille van 15die smaad van die heidene, ons vyande, nie?
Ek self, my broers en my mense 16het ook aan hulle geld en koring geleen; laat ons tog hierdie 17lening kwytskeld.
Gee dan vandag nog hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfbome en hulle huise aan hulle terug, en die 18honderdste deel van die geld en die koring, die mos en die olie 19wat julle aan hulle geleen het.
Daarop sê hulle: Ons sal dit teruggee en niks van hulle vorder nie; ons sal net so handel soos u gesê het. En ek het die 20priesters geroep en hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.
Ook het ek my 21boesem 22uitgeskud en gesê: Mag God so elke man uitskud wat hierdie woord nie bevestig nie, uit sy huis en uit sy 23besitting; en mag hy so uitgeskud en leeg wees! Toe sê die hele vergadering: 24Amen! en hulle het die HERE geprys. En die volk het volgens hierdie woord gehandel.
Ook van die dag af dat ek 25aangestel is om hulle goewerneur te wees in die land Juda, van die twintigste jaar af tot die twee-en-dertigste jaar van koning 26Artasásta, twaalf jaar lank, het ek en my broers die 27brood van goewerneurs nie geëet nie;
terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, 28daarna veertig 29sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.
En ook by die werk aan hierdie muur het ek 30volhard sonder dat ons grond aangeskaf het, terwyl tog al my mense daar by die werk 31versamel was.
En die Jode, die leiers, honderd-en-vyftig man, sowel as die wat uit die heidene rondom ons 32na ons toe gekom het, was aan my tafel.
En wat vir elke dag berei is — een bees, ses uitgesoekte 33stuks kleinvee en voëls — is berei op my koste, en elke tien dae allerhande soorte 34wyn in oorvloed; en 35daarby het ek tog die 36brood van goewerneurs nie begeer nie, omdat die diens swaar was op hierdie volk.
aDink, my God, my ten goede, 37aan alles wat ek aan hierdie volk gedoen het!
| 1 Verstaan hoofsaaklik die rykes en die magtiges, wat hul volksgenote met woekering en verpanding verarm en verdruk het, so ook verder. |
| 2 Hebr. ons wil koring opneem. Anders: laat ons tog koring opneem of koop, ens. |
| 3 Hierdie nood van die volk kan deels daaruit spruit dat hulle tydens hierdie bouwerk hul huislike sorg moes nalaat, deels omdat hulle uit vrees vir die vyande niks van buite in die stad kon inbring nie. |
| 4 Om dit te kan betaal. Sien hieroor Esra 4:13. Hiervan was net die priesters, Leviete en ander tempeldienaars vrygestel, Esra 7:24. |
| 5 Dit is, ons het net soveel waarde voor God as hulle, want ons is, net soos hulle, Abraham se nageslag en God se bondgenote.
6 Verstaan hierby: en slavinne. 7 Anders: sodat hulle nie in die mag van ons hande is nie om hulle vry te koop. |
| 8 Hebr. my het ontvlam, naamlik die woede. |
| 9 Hebr. wittes. Sien Neh. 2:16 se kanttekening.
10 Of: lê op, pers af, dring aan op die verpanding van goedere en mense. 11 Hebr. eintlik: ek het gegee; dit is, ek het ’n groot vergadering byeengeroep, of ’n groot byeenkoms gereël. |
| 12 Dit was vermoedelik deur die Babiloniërs gedoen.
13 Hebr. na die genoegsaamheid in of by of onder ons, dit is, soveel as wat vir ons moontlik was. 14 Sien Lev. 25:47-49. |
| 15 Dit is, om die heidene, wat vyande van God en van ons is, geen rede te gee om God se Naam te laster nie, en ons smadelik te verwyt dat ons aan mekaar doen wat ons in hulle afgekeur en gehaat het. |
| 16 Sien vers 7 se kanttekening. Nehemía wil sê dat hy aan sy volksgenote geleen het, sonder om rente te vra, en dat hulle net so behoort te doen.
17 Soos in vers 7. |
| 18 Dit het hulle van hul broers geneem, teen die wet, Ex. 22:25. Lev. 25:36. Deut. 23:19.
19 Anders: wat julle hulle opgelê het. |
| 20 Om van hulle die eed af te neem, of: om getuies daarvan te wees en deur hulle teenwoordigheid die gewetes des te meer voor God te bind. Sien Núm. 5:19. 1 Kon. 8:31, 32. |
| 21 Anders: my arm, dit is, my mou. Of: ek het my mantel uitgeskud terwyl ek terselfdertyd my arm uitgestrek het.
22 ’n Seremonie wat in die tyd by die eed en vervloeking gebruiklik was. 23 Hebr. arbeid. Dit is, wat hy deur sy arbeid kon verkry. 24 Sien Núm. 5:22 se kanttekening. |
| 25 Deur koning Artasásta, of: deur God, deur die koning.
26 Sien Esra 6:14 se kanttekening. 27 Dit is, die onderhoud wat die koning aan die landvoogde toegesê het, wat ek, sowel as my voorgangers, kon geniet. |
| 28 Of: benewens, asook. Verstaan hier veertig sikkels vir elke dag.
29 Sien oor sikkels Gén. 20:16 se kanttekening. |
| 30 Soos deurgaans in hfst. 4.
31 Die een helfte om te arbei, die ander helfte om die wapens te hou. Sien Neh. 4:16. |
| 32 Om die godsdiens by te woon, of die nodige advies te gee. |
| 33 Dit is, skape en bokke.
34 Verstaan hierby: is daar voorsien; of: elke tiende dag is daar wyn sonder maat geskink, terwyl daar gewoonlik by ’n sekere maat gehou is. 35 Dit is, dit het ek gedoen, nieteenstaande die feit dat ek sulke hoë kostes aangegaan het. 36 Soos in vers 14. |
| a Neh. 13:22. | 37 Nie omdat ek daarmee iets verdien het nie, maar omdat U genadiglik en baie mildelik beloof het om diegene wat aan u volk goed doen, te beloon. Vgl. Neh. 13:22. |