Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Nehemía 6

Sameswering teen Nehemía; sy geloof en sy volharding.

1

EN toe Sanbállat en Tobía en Gesem, die Arabier, en 1ons ander vyande verneem dat ek die muur gebou het en dat daar geen skeur in oorgebly het nie, alhoewel ek tot dié tyd toe geen deure in die poorte 2gesit het nie,

2

laat Sanbállat en Gesem my weet: Kom laat ons bymekaarkom in 3een van die dorpe, in die laagte van 4Ono; maar hulle het gemeen om my 5kwaad aan te doen.

3

Toe stuur ek boodskappers na hulle om te sê: Ek doen ’n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie. Waarom moet die werk ophou sodra ek dit verlaat om na julle af te kom?

4

Nog vier keer het hulle 6op dieselfde manier na my gestuur, en ek hulle op dieselfde manier geantwoord.

5

Daarop stuur Sanbállat op dieselfde manier vir die vyfde keer sy dienaar na my met ’n ope brief in sy hand.

6

Daarin was geskrywe: Die gerug gaan rond onder die volke, en 7Gasmu sê: Jy en die Jode is van plan om te rebelleer; daarom bou jy die muur, en jy sal hulle koning word — 8dergelike dinge.

7

Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: 9Koning in Juda! En nou, 10sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam 11beraadslaag!

8

Maar ek het hom laat weet: Daar het nie sulke dinge gebeur as dié waar jy van spreek nie, maar jy het dit self versin.

9

Want hulle almal 12wou ons bang maak en het gedink: Hulle hande sal die werk laat lê, sodat dit nie gedoen word nie. 13Versterk dan nou my hande!

10

14En toe ek in die huis van Semája, die seun van 15Delája, die seun van Mehetábeël kom, terwyl hy 16verhinder was, sê hy: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toesluit; want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle sal in die nag kom om u dood te maak.

11

Maar ek het gesê: Sal ’n man 17soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en 18in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.

12

Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie 19oor my gespreek het, omdat Tobía en Sanbállat hom gehuur het.

13

Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en 20sonde doen, sodat dit hulle as 21slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.

14

Dink, my God, aan Tobía en aan Sanbállat volgens hierdie werke van 22hom, en ook aan Noádja, 23die profetes, en 24die ander profete wat my 25wou bang maak.

15

En die muur is voltooi op die vyf-en-twintigste van 26Elul, 27in twee-en-vyftig dae.

16

En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en 28neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.

17

Ook het in dié dae die 29edeles van Juda 30baie briewe geskrywe wat na Tobía gegaan het, en 31dié van Tobía het na hulle gekom.

18

Want baie in Juda was 32deur ’n eed aan hom verbonde, omdat hy die 33skoonseun was van Segánja, die seun van Arag, en sy seun Jóhanan die dogter van Mesúllam, die seun van Berégja, getrou het.

19

Ook het hulle voor my sy 34goeie bedoelings 35verhaal en my woorde na hom uitgebring. 36Tobía het briewe gestuur om my 37bang te maak.

1 Hebr. die oorblywende deel van ons vyande.

2 Vgl. Neh. 3:3 se kanttekening.

3 Sien die verklaring in Rig. 12:7 se kanttekening. Ander verstaan: Kefirim, verwysende na ’n pleknaam, Kefíra, Neh. 7:29.

4 Geleë in Benjamin, Neh. 11:35.

5 Dit is, om te bring.

6 Hebr. volgens hierdie selfde woord; soos in hierdie vers en dadelik weer in die volgende vers.
7 In vers 1 Gesem, die Arabier genoem.

8 Dit is, soos blyk uit hierdie dinge. Anders: volgens hierdie woorde, of: soos mense hieroor spreek. Hebr. volgens hierdie woorde, sake of dinge.

9 Hebr. ’n Koning in Juda; dit is, ons het nou ’n eie koning onder ons.

10 Dit is, soos hierdie dinge verloop het. Anders: volgens hierdie woorde.

11 Hoe ons kan voorkom dat die koning van Persië, wanneer hy dit hoor, kwaad word en ’n groot onheil vir jou en ons almal beplan.

12 Hebr. het ons bang gemaak; naamlik soveel as wat hulle kon, dit was hul oogmerk in al hierdie dinge om ons vreesbevange te maak. So ook in vers 14. Vgl. Ps. 56:2 en Jer. 2:3 se kanttekeninge.

13 Dit word deur baie verstaan as ’n gebed van Nehemía tot God, teen die aanslae van sy vyande. Sommige verstaan dit so: Maar nou, laat ek my hande versterk. Of: dit is om my hande sterk te maak; dit is, ek sal waaksamer en moediger daarteen wees.

14 Die vyande van buite af het die voorgaande gedoen; hier beskryf Nehemía wat hy van sy valse broeders onder eie geledere wedervaar het.

15 In 1 Kron. 24:18 word melding gemaak van ’n Delája, dat hy die vernaamste priester van die drie-en-twintigste afdeling was. Sommige meen dat hierdie Semája ’n nakomeling van hom was.

16 Naamlik, omdat hy voorgegee het dat hy hom in sy kamer by die tempel (soos te vermoed is, omdat die priesters hulle kamers daar gehad het) in eensaamheid afgesonder het om hom toe te wy of ’n gelofte na te kom, om só Nehemía onder die skyn van heiligheid met sy profesie (asof dit van God gekom het) des te beter te bedrieg, waarvan in die volgende verse melding gemaak word. Vgl. 1 Sam. 21:7.

17 Wat ’n rein gewete het, en ten volle verseker is dat my roeping en werk van God is. Hieruit kon Nehemía ook aflei dat die profesie van Semája nie van God was nie.

18 Soos misdadigers soms probeer het om hulleself te red in die huis van God. Sien Ex. 21:14. 1 Kon. 1:51; 2:28. Ook was die deure van die poorte nog nie gehang nie, Neh. 6:1; 7:1, sodat, omdat daar in die nag waarskynlik gevare vir Nehemía was, hierdie Semája veins asof hy uit goeie bedoelings Nehemía in die tempel wil wegsteek. Maar dit was bedrog. Anders: en lewe, of: lewend bly, asof hy sê: Ek sou juis die dood vrees of verwag, as ek teen God se bevel in die tempel ingaan.

19 Nie tot my voordeel nie, soos hy voorgee, maar deur ingewing van my vyande, om my vreesbevange te maak en in die skande te bring; soos hierna volg.
20 Teen God se wet en my roeping. Sien vers 11 se kanttekening.

21 Dit is, om my ’n slegte naam te gee; of ’n slegte gerug van my te versprei. Vgl. Pred. 7:1 se kanttekening.

22 Anders: hulle. Hebr. hom; dit kan dui op een of elk van hulle, of op Semája, wat hom vir hierdie bose dade laat huur het.

23 ’n Titel wat sy valslik aangeneem het.

24 Hebr. die oorblywende profete.

25 Soos in vers 9.

26 Die sesde maand van die Jode, wat ooreenkom met ’n gedeelte van Augustus, en ’n gedeelte van September.

27 Nadat hulle begin bou het. Hierdie omstandigheid dien tot vergroting van God se genade wat Hy aan sy volk bewys het, ten spyte van die teëstand van die vyande.

28 Hebr. neergeval in hulle eie oë. Dit is, hulle hoofde laat hang van mismoedigheid, of hulle het gedink dat hulle ná dese geen mag meer sou hê om die Jode te bestry nie. Vgl. Job 12:3 met die kanttekening.
29 Hebr. wittes. Sien Neh. 2:16 se kanttekening.

30 Hebr. vermenigvuldig hul briewe.

31 Naamlik die briewe wat Tobía teruggeskryf het.

32 Hebr. here of meesters van die eed; dit is, partye tot ’n eed, met ’n eed aan Tobía verbind. Dit wat hier beskryf word was die gevolge van die verbode huwelike.

33 Anders: swaer.

34 Hebr. goedhede.

35 Hebr. hulle was besig om te sê.

36 Anders: dat Tobía briewe gestuur het, ens., wat dan verwys na die woorde wat Nehemía tot hulle gespreek het.

37 Soos in vers 9.