Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Nehemía 7

Nehemía stel wagte op in die stad. Geslagslys van die wat saam met Serubbábel uit die gevangenskap gekom het.

1

EN toe die muur gebou was, het ek die 1deure ingesit, en die poortwagters en die sangers en die Leviete is 2aangestel.

2

En ek het my broer Hanáni en Hanánja, die owerste van die vesting, oor Jerusalem aangestel — want hy was ’n 3getroue man en godvresend bo baie —

3

en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die 4son warm is nie; en terwyl 5hulle nog op wag staan, moet die deure 6toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.

4

En die stad was wyd 7uitgestrek en groot, maar die mense 8daarin was min, en die huise was 9nie opgebou nie.

5

Toe het my God in my hart gegee dat ek die 10edeles en die leiers en die volk 11bymekaar laat kom het om ’n 12geslagslys aan te lê; en ek het die 13geslagslys gekry van die wat 14eerste opgetrek het, en daarin geskrywe gevind:

6

a15Dit is die inwoners van die provinsie wat opgetrek het uit die gevangenskap van die ballinge, wat Nebukadnésar, die koning van Babel, weggevoer het, en teruggekom het na Jerusalem en Juda, elkeen na sy stad;

7

wat saam met Serubbábel, Jésua, Nehemía, Asárja, Raämja, Nahamáni, Mórdegai, Bilsan, Mispéret, Bigwai, Nehum, Baäna gekom het; die getal manne van die volk van Israel was:

8

die kinders van Parhos, tweeduisend-eenhonderd-twee-en-sewentig;

9

die kinders van Sefátja, driehonderd-twee-en-sewentig;

10

die kinders van Arag, seshonderd-twee-en-vyftig;

11

die kinders van Pahat-Moab, van die kinders van Jésua en Joab, tweeduisend-agthonderd-en-agttien;

12

die kinders van Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

13

kinders van Sattu, agthonderd-vyf-en-veertig;

14

die kinders van Sakkai, sewehonderd-en-sestig;

15

die kinders van Bínnuï, seshonderd-agt-en-veertig;

16

die kinders van Bébai, seshonderd-agt-en-twintig;

17

die kinders van Asgad, tweeduisend-driehonderd-twee-en-twintig;

18

die kinders van Adoníkam, seshonderd-sewen-en-sestig;

19

die kinders van Bigwai, tweeduisend-sewen-en-sestig;

20

die kinders van Adin, seshonderd-vyf-en-vyftig;

21

die kinders van Ater, van Hiskía, agt-en-negentig;

22

die kinders van Hasum, driehonderd-agt-en-twintig;

23

die kinders van Bésai, driehonderd-vier-en-twintig;

24

die kinders van Harif, honderd-en-twaalf;

25

die kinders van Gíbeon, vyf-en-negentig;

26

die manne van Betlehem en Netófa, honderd-agt-en-tagtig;

27

die manne van Ánatot, honderd-agt-en-twintig;

28

die manne van Bet-Asmáwet, twee-en-veertig;

29

die manne van Kirjat-Jeárim, Kefíra en Béërot, sewehonderd-drie-en-veertig;

30

die manne van Rama en Geba, seshonderd-een-en-twintig;

31

die manne van Migmas, honderd-twee-en-twintig;

32

die manne van Bet-el en Ai, honderd-drie-en-twintig;

33

die manne van die ander Nebo, twee-en-vyftig;

34

die kinders van die ander Elam, duisend-tweehonderd-vier-en-vyftig;

35

die kinders van Harim, driehonderd-en-twintig;

36

die kinders van Jérigo, driehonderd-vyf-en-veertig;

37

die kinders van Lod, Hadid en Ono, sewehonderd-een-en-twintig;

38

die kinders van Sénaä, drieduisend-negehonderd-en-dertig.

39

Die priesters: die kinders van Jedája, van die huis van Jésua, negehonderd-drie-en-sewentig;

40

die kinders van Immer, duisend-twee-en-vyftig;

41

die kinders van Pasgur, duisend-tweehonderd-sewen-en-veertig;

42

die kinders van Harim, duisend-en-sewentien.

43

Die Leviete: die kinders van Jésua, van Kádmiël, van die kinders van Hodéwa, vier-en-sewentig.

44

Die sangers: die kinders van Asaf, honderd-agt-en-veertig.

45

Die poortwagters: die kinders van Sallum, die kinders van Ater, die kinders van Talmon, die kinders van Akkub, die kinders van Hatíta, die kinders van Sobai, honderd-agt-en-dertig.

46

Die tempelbediendes: die kinders van Siha, die kinders van Hasúfa, die kinders van Tábbaot;

47

die kinders van Keros, die kinders van Sia, die kinders van Padon;

48

die kinders van Lebána, die kinders van Hágaba, die kinders van Salmai;

49

die kinders van Hanan, die kinders van Giddel, die kinders van Gahar;

50

die kinders van Reája, die kinders van Resin, die kinders van Nekóda;

51

die kinders van Gassam, die kinders van Ussa, die kinders van Paséag;

52

die kinders van Bésai, die kinders van die Meüniete, die kinders van die Nefisiete;

53

die kinders van Bakbuk, die kinders van Hakúfa, die kinders van Harhur;

54

die kinders van Baslut, die kinders van Mehída, die kinders van Harsa;

55

die kinders van Barkos, die kinders van Sísera, die kinders van Temag;

56

die kinders van Nesíag, die kinders van Hatífa.

57

Die kinders van die dienaars van Salomo: die kinders van Sotai, die kinders van Soféret, die kinders van Perída;

58

die kinders van Jáäla, die kinders van Darkon, die kinders van Giddel;

59

die kinders van Sefátja, die kinders van Hattil, die kinders van Pogéret-Hassebáim, die kinders van Amon —

60

al die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo: driehonderd-twee-en-negentig.

61

En dit is hulle wat opgetrek het uit Tel-Melag, Tel-Harsa, Kerub, Addon en Immer, maar wat nie hul familie en hul afkoms kon aanwys, of hulle uit Israel afkomstig was nie —

62

die kinders van Delája, die kinders van Tobía, die kinders van Nekóda: seshonderd-twee-en-veertig.

63

En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, ’n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.

64

Hulle het hul stamboom gesoek onder die wat in die register opgeneem is, maar dit was nie te vinde nie; daarom is 16hulle onbevoeg verklaar vir die priesterskap.

65

En die 17goewerneur het aan hulle gesê dat hulle nie mag eet van die 18hoogheilige gawes nie, totdat die priester sou optree met Urim en Tummim.

66

Die hele vergadering saam was twee-en-veertigduisend-driehonderd-en-sestig;

67

behalwe hulle slawe en hulle slavinne; dié was seweduisend-driehonderd-sewen-en-dertig. En hulle het tweehonderd-vyf-en-veertig sangers en sangeresse gehad.

68

Hulle perde was sewehonderd-ses-en-dertig; hulle muile tweehonderd-vyf-en-veertig;

69

kamele, vierhonderd-vyf-en-dertig; esels, sesduisend-sewehonderd-en-twintig.

70

19En ’n deel van die familiehoofde het bygedra vir die werk; die goewerneur se bydrae tot die fonds was: in goud duisend 20dragmes, vyftig komme, vyfhonderd-en-dertig priesterrokke.

71

En van die familiehoofde het gegee vir die boufonds: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend-tweehonderd mines.

72

En wat die res van die volk gegee het, was: in goud twintigduisend dragmes, en in silwer tweeduisend mines, en sewen-en-sestig priesterrokke.

73

So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van 21die volk en die tempelbediendes en die hele 22Israel in hulle stede gaan woon.

1 In die stadspoorte. Vgl. Neh. 3:3 se kanttekening en Neh. 6:1.

2 Om hul dienste te verrig.

3 Hebr. soos ’n getroue man. Sien oor die woordjie soos Gén. 27:12 se kanttekening.
4 Dit is, helder oordag.

5 Die poortwagters, of wie oor die oop- en toesluit van die poorte aangestel is, of aldus: wanneer hulle wat nog op wag staan, die deure toegesluit het, moet julle dit dig grendel; om te sien of dit goed gesluit is, en dit as gevolg van die veelheid van die vyande van buite en van binne. Anders: terwyl hulle nog op is, naamlik die volk.

6 Naamlik teen die aand.

7 Of: van omvang. Hebr. van hande. Dit beteken alkante toe wyd. Sien Gén. 34:21; Rig. 18:10; Jes. 22:18, en die kanttekeninge.

8 Hebr. in die midde van haar.

9 Naamlik, nie oral nie en nie ten volle nie.

10 Hebr. wittes. Sien Neh. 2:16 se kanttekening.

11 Dit is, uit al die plekke teen die eerste van die sewende maand laat kom, om te doen wat in die volgende vyf hoofstukke beskryf word.

12 Om daardeur te weet welke geslagte vanouds by Jerusalem gehoort het, sodat die getal van die inwoners moontlik vermeerder mog word, en ander desnoods bygevoeg mog word.

13 Hebr. die boek van die geslagsregister.

14 Die wat met die vors Serubbábel uit die gevangenskap opgekom het onder koning Kores of Cyrus.

a Esra 2:1, ens. 15 Sien oor hierdie register Esra 2:2 se kanttekening en die ander kanttekeninge van daardie hele hoofstuk.
16 Hebr. onrein gemaak vir die priesterskap.
17 Hebr. Hattirsjáta. Sien Esra 2:63 se kanttekening.

18 Hebr. heiligheid van heilighede.

19 Tot hiertoe is die register (waarvan Esra 2:2 se kanttekening melding maak) herhaal. Nou volg wat onder Nehemía gedoen is ter bevordering van die godsdiens, volgens die goeie voorbeeld in Esra 2:68, ens.

20 Sien oor dragmes en mines Esra 2:69 se kanttekeninge.

21 Sien Esra 2:70 se kanttekening.

22 Wat uit die Babiloniese gevangenskap teruggekeer het.