Statevertaling – Bybelstigting
Esra lees die wet voor. Die huttefees word gevier.
EN toe die 1sewende maand aankom, terwyl die kinders van Israel in hulle stede was,
het die hele volk soos 2een man op die plein voor die 3Waterpoort 4bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van 5Moses, wat die HERE Israel beveel het, te bring.
En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, 6manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.
En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die 7ore van die hele volk was op die wetboek gerig.
En Esra, die skrifgeleerde, het op ’n 8houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anánja en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en 9Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.
En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het 10bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.
En Esra het die HERE, die grote God, 11geloof, en die hele volk het geantwoord: 12Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE 13aanbid met die aangesig na die aarde toe.
En Jésua en Bani en Serébja, Jamin, Akkub, Sábbetai, Hodía, Maäséja, Kelíta, Asárja, Jósabad, Hanan, Pelája en die 14Leviete het die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.
En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit 15verklaar, sodat hulle verstaan het 16wat voorgelees is.
Daarop het Nehemía — hy was die 17goewerneur — en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die HERE julle God; 18treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween 19toe hulle die woorde van die wet hoor.
Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle 20vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse HERE. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE — dit is 21julle beskutting.
En die Leviete het die hele volk tot bedaring gebring en gesê: Wees stil! want hierdie dag is heilig; wees dus nie bedroef nie.
Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en 22porsies te stuur en groot vreugde te bedrywe; want hulle het ag gegee op die woorde wat aan hulle bekend gemaak is.
En op die tweede dag het die familiehoofde van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die skrifgeleerde, vergader 23om naamlik die woorde van die wet te ondersoek.
Toe vind hulle uit dat in die wet wat die HERE deur die 24diens van Moses beveel het, ageskrywe was dat die kinders van Israel op die fees in die sewende maand in hutte moes woon,
en dat hulle moes 25afkondig en 26rondstuur deur al hulle stede en in Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring 27olyftakke en 28oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van 29digte bome om hutte te maak soos geskrywe is.
En die volk het uitgetrek en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy 30dak en op hulle erwe en in die 31voorhowe van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die plein van die Efraimspoort.
En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van 32Jésua af, die seun van Nun, tot op daardie dag het die kinders van Israel 33nie só gedoen nie; en daar was baie groot blydskap.
En hy het dag vir dag, van die 34eerste dag af tot die laaste dag toe, voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag ’n 35feestyd volgens verordening.
| 1 Sien Esra 3:1 se kanttekening. |
| 2 Sien Rig. 20:1 se kanttekening.
3 Sien Neh. 3:26. 4 Sien Neh. 7:5. 5 Wat deur Moses op die bevel van God geskryf, oorgelewer en weggebêre is om op ’n sekere tyd aan die hele volk voorgelees te word. Sien Deut. 31:9, ens., 24, ens. |
| 6 Hebr. van die man aan tot die vrou toe. |
| 7 Dit is, hulle het die hele tyd aandagtig geluister, sonder dat dit hulle verveel het. |
| 8 Hebr. op ’n toring van hout, dit is, op ’n houttoring; so word die preekstoel genoem, omdat dit vanweë sy ronde vorm en sy hoogte ’n mate van ooreenkoms met ’n toring vertoon het.
9 Of: Hasbedana. |
| 10 Dit is, hy het hoër gestaan, sodat almal hom kon sien. |
| 11 Hebr. geseën.
12 Sien Núm. 5:22 se kanttekening. 13 Of: in aanbidding neergebuig voor die HERE, soos in Neh. 9:3. |
| 14 Terwyl hulle ook stoele of verhoogde plekke gehad het om die vergadering, wat in verskillende groepe verdeel was, te onderrig; soos afgelei word uit Neh. 9:4. |
| 15 Hebr. gestel, of: neergelê. Anders: die verstaan daarop gelê. Sommige verstaan dit van die leraars en sommige van die volk.
16 Anders: die Skrif. Aangesien die Hebreeuse woord mikra (wat van lees kom) ook die Heilige Skrif kan beteken, omdat dit gelees of voorgelees behoort te word. Sommige vertaal dit: in die vergadering; soos die Hebreeuse woord elders ook gebruik word. |
| 17 Hebr. Hattirsjáta. Sien Esra 2:63 se kanttekening.
18 Want die heilige feeste was deur God verordineer tot ’n heilige blydskap oor God se weldade. Sien Núm. 10:10. Deut. 16:11. 19 Terwyl hulle uit die wet verstaan hoe menigvuldig hulle dit oortree en God se regverdige toorn verwek het. |
| 20 Naamlik die armes, weduwees en wese; volgens die wet in Deut. 16:11, 14. Sien ook Est. 9:19. Openb. 11:10.
21 Of: julle sterkte. Dit is, die oorsaak wat God julle gee om bly te wees oor sy voorgaande en teenwoordige weldade, moet jul gewetens troos en julle goeie moed gee. |
| 22 Soos in vers 11. |
| 23 Of: sodat hy hulle kon onderrig of onderwys; naamlik, van hul verskuldigde plig ooreenkomstig die wet van God. |
| a Ex. 23:16. Lev. 23:34. Núm. 29:12, ens. Deut. 16:13-15. | 24 Hebr. hand. |
| 25 Hebr. hoorbaar maak. Sien oor die uitroep of afkondiging van die feeste God se bevel in Lev. 23:4.
26 Hebr. ’n stem laat rondgaan. Sien oor hierdie manier van spreek Ex. 36:6 en Esra 1:1 se kanttekeninge. 27 Hebr. blare van ’n olyfboom, dit is, takke met blare, en so in dit wat volg. Vgl. Lev. 23:40. 28 Hebr. blare van bome van olie. 29 Wat vol takke en blare is. |
| 30 Want die dakke daar was plat. Sien Deut. 22:8 se kanttekening.
31 Sien 2 Kron. 33:5 se kanttekening. |
| 32 Dit is Josua, wat Israel in die beloofde land ingelei het. Sien die boek Josua.
33 Met so ’n ywer en vreugde soos in die volgende vers verklaar word. |
| 34 Terwyl hulle só daagliks heilige byeenkomste gehou het, wat andersins hoofsaaklik net op die eerste en die laaste dag plaasgevind het. Dit was ’n teken van hul besondere ywer en vreugde oor God se besondere genade en weldadigheid. Sien Lev. 23:35, 36, en vgl. Deut. 31:10-13.
35 Sien Lev. 23:36 se kanttekening. |