Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Nehemía 9

Die volk hou ’n vas- en biddag.

1

EN op die vier-en-twintigste dag van 1hierdie maand het die kinders van Israel vergader en gevas in 2rouklere en met 3grond op hulle hoof.

2

En die afstammelinge van Israel het hulle afgesonder van al die 4uitlanders, en hulle het gaan staan en belydenis gedoen van hulle sondes en die ongeregtighede van hulle vaders.

3

En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende ’n 5vierde deel van die dag 6gelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende ’n vierde deel belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid.

4

En op die 7verhoog van die Leviete het Jésua en Bani, Kádmiël, Sebánja, Bunni, Serébja, Bani, Kenáni opgestaan en met ’n groot stem die HERE hulle God aangeroep.

5

En die Leviete Jésua en Kádmiël, Bani, Hasábneja, Serébja, Hodía, Sebánja, Petágja het gesê: Staan op, 8loof die HERE julle God van ewigheid tot in ewigheid! En 9laat hulle 10u heerlike Naam loof wat bo alle 11lof en prys verhewe is!

6

U is alleen die HERE, aÚ het die hemel, die 12hoogste hemel en al sy 13leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die 14lewe, en die 15leër van die hemel 16buig hulle voor U neer.

7

U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom buit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en csy naam tot Abraham gemaak het.

8

dEn U het sy hart getrou bevind voor u aangesig, en U het met hom die verbond gesluit eom die land te gee van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete en Feresiete en Jebusiete en Girgasiete, om dit aan sy nageslag te gee; en U het u woorde vervul, want U is 17regverdig.

9

fEn U het die ellende van ons vaders in Egipte aangesien en hulle geroep by die Skelfsee gehoor,

10

gen U het tekens en wonders 18gedoen aan Farao en aan al sy dienaars en aan die hele volk van sy land; want U het geweet dat hulle vermetel teen hulle gehandel het, en U het vir U ’n Naam gemaak soos dit vandag is.

11

hEn die see het U voor hulle geklowe, sodat hulle op droë grond dwarsdeur die see getrek het; maar hulle vervolgers het U in die kolke gewerp soos ’n klip in sterk waters.

12

iEn U het hulle gelei met ’n wolkkolom bedags en met ’n vuurkolom snags om die pad vir hulle te verlig waar hulle langs moes trek.

13

kEn op die berg Sinai het U neergedaal en met hulle gespreek 19uit die hemel, en U het aan hulle regte verordeninge en 20betroubare wette, goeie insettinge en gebooie gegee.

14

En u heilige sabbat het U aan hulle bekend gemaak, en gebooie en insettinge en ’n wet deur die 21diens van u kneg Moses hulle beveel.

15

lEn U het hulle brood gegee 22uit die hemel vir hulle honger en mwater vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U 23u hand opgehef het om hulle dit te gee.

16

Maar hulle, naamlik ons vaders, het vermetel gehandel en hulle 24nek verhard en nie na u gebooie geluister nie;

17

ja, hulle het geweier om te luister en nie gedink aan u wonders wat U by hulle gedoen het nie; maar hulle het hul nek verhard en in hul wederstrewigheid ’n nhoof aangestel om terug te gaan na hulle slawerny. Maar U is o’n God van 25vergewing, genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van 26goedertierenheid, en U het hulle nie verlaat nie.

18

pSelfs toe hulle ’n gegote kalf vir hulle gemaak en gesê het: Dit is jou gode wat jou uit Egipte laat optrek het! — en hulle groot, 27afskuwelike dinge gedoen het,

19

het U in u 28grote barmhartigheid hulle tog nie verlaat in die woestyn nie; die qwolkkolom het nie bedags van hulle gewyk om hulle op die pad te lei nie, en die vuurkolom ook nie snags om vir 29hulle die pad te verlig waar hulle langs moes trek nie.

20

rEn u goeie Gees het U gegee om hulle te onderrig, en su manna het U nie van hulle mond teruggehou nie en aan hulle water gegee vir hulle dors.

21

tEn veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie.

22

En U het aan hulle koninkryke en volke gegee en dié volgens bepaalde 30grense verdeel; en hulle het die land van vSihon, ja, die land van die koning van 31Hesbon, en die land van Og, die koning van Basan, in besit geneem.

23

En U het hulle kinders xvermenigvuldig soos die sterre aan die hemel en hulle in die land ingebring waarvan U aan hulle vaders gesê het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem.

24

En die kinders het yingegaan en die land in besit geneem, en U het die inwoners van die land, die Kanaäniete, voor hulle onderwerp en dié in hulle hand gegee, hulle konings sowel as die volke van die land, om met hulle te handel soos hulle dit goedvind.

25

En hulle het versterkte stede en ’n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en 32weelderig gelewe deur u grote goedheid.

26

Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet 33agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, zhet hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen.

27

aDaarom het U hulle oorgegee in die hand van hulle teëstanders, dat dié hulle in benoudheid sou bring. Maar wanneer hulle in die tyd van hulle benoudheid U aangeroep het, het Ú uit die hemel gehoor en na u grote barmhartigheid aan hulle verlossers gegee, dat dié hulle uit die hand van hul teëstanders kon verlos.

28

Maar sodra hulle rus gehad het, het hulle weer kwaad gedoen voor u aangesig, en U het hulle oorgelewer in die hand van hul vyande, dat dié oor hulle sou heers; as hulle U dan weer aanroep, het U uit die hemel gehoor en hulle na u barmhartigheid baiekeer gered.

29

En U het hulle gewaarsku om hulle na u wet terug te bring, maar hulle het vermetel gehandel en nie geluister na u gebooie nie, en teen u verordeninge, daarteen het hulle gesondig, bwaarvan geld dat ’n mens dit moet doen, dat hy daardeur kan lewe; en hulle het 34’n wederstrewige skouer gegee en hulle 35nek verhard en nie geluister nie.

30

En U was 36baie jare 37lankmoedig oor hulle, en U het hulle cgewaarsku deur u Gees, deur 38middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande.

31

Maar in u grote barmhartigheid 39het U hulle nie volkome vernietig en hulle nie verlaat nie, want U is ’n genadige en barmhartige God.

32

Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al die 40moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en ons vaders en u hele volk 41oorgekom het van die dae van die konings van 42Assur af tot vandag toe.

33

Maar U is dregverdig in alles wat oor ons gekom het; want U het 43getrou gehandel, maar ons het goddeloos gehandel;

34

en ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie.

35

En hulle het in hul koninkryk en by u groot seën wat U hulle geskenk het, en in die wye en vet land wat U 44aan hulle oorgegee het, U nie gedien nie en hulle nie van hul verkeerde handelinge bekeer nie.

36

Ons is vandag slawe, en die land wat U aan ons vaders gegee het om die vrug en die volle seën daarvan te geniet — daarin is ons slawe.

37

En 45dit vermeerder sy opbrings vir die konings wat U oor ons gestel het om ons sondes ontwil, en hulle heers oor ons liggame en oor ons vee na hulle willekeur, en ons is in ’n groot benoudheid.

Die volk sluit ’n verbond met God.

38

MAAR 46op grond van dit alles 47sluit ons 48’n vaste verbond en beskryf dit; en op die 49verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken.

1 Naamlik die sewende maand, soos in Neh. 8:1, toe die vreugdefees van die hutte op die twee-en-twintigste van dieselfde maand afgesluit was.

2 Sien Gén. 37:34 se kanttekening.

3 As teken van hul nietigheid en onwaardigheid, asook vernedering voor die HERE en berou oor hul sondes. Vgl. 2 Sam. 1:2 se kanttekening.

4 Dit is, buitelandse heidene, wat nie tot die heilige gemeenskap van Israel behoort het nie. Hebr. seuns van die vreemdes. Vgl. Neh. 13:3.
5 Dit is, drie ure lank; want die dag was in twaalf ure ingedeel, Joh. 11:9. Vermoedelik het hulle drie ure voor en drie ure ná die middel van die dag byeengekom. Anders: vier maal per dag, soos ook in dit wat volg.

6 Naamlik die Leviete. Vgl. Neh. 8:7, 8.

7 Hebr. hoogte, verhewe plek, hoë stoel; nie dat hulle almal op een verhoog of stellasie bymekaar gestaan en geroep het nie (wat baie onvanpas en verwarrend sou wees), maar elkeen van hulle op sy eie verhoog voor ’n spesifieke deel van die vergadering, om mekaar nie te hinder nie en om al die dele van die volk goed te bedien. Vgl. Neh. 8:8 se kanttekening.
8 Hebr. seën.

9 Hebr. laat hulle seën.

10 Of: Naam van u heerlikheid. Vgl. Hand. 7:2. 1 Kor. 2:8.

11 Hebr. seëning; dit is, die Naam wat so hoog en heerlik is dat ’n mens dit nie genoeg kan loof en prys nie.

a Génesis 1; ens. Ps. 146:6. Hand. 14:15; 17:24. Openb. 14:7. 12 Hebr. hemel van die hemele, dit is, die derde of allerhoogste hemel. Sien 1 Kon. 8:27. 2 Kor. 12:2.

13 Sien Gén. 2:1 se kanttekening.

14 Dit is, U onderhou hulle in hul wese, wat U aan hulle gegee het.

15 Sien Gén. 2:1.

16 Dit is, eer, gehoorsaam en dien U, elkeen na sy aard en volgens u heilige wil.

b Gén. 11:31, 32; 12:1.

c Gén. 17:5.

d Gén. 15:6.

e Gén. 12:7; 13:15; 15:18; 17:8; 26:4.

17 Terwyl U u beloftes aan u volk hou, en die goddelose regverdiglik straf.
f Ex. 3:7; 14:10.
g Exodus 7-12; 14. 18 Hebr. gegee, gestel.
h Ex. 14:22, ens.
i Ex. 13:21; 14:19; 40:38. Ps. 105:39.
k Ex. 19:20; 20:1, ens. 19 Dit is, uit die lug.

20 Hebr. wette van getrouheid of waarheid.

21 Hebr. hand.
l Ex. 16:14.

m Ex. 17:6. Núm. 20:9.

22 Dit is, uit die lug.

23 Dit is, wat U gesweer het om aan hulle te gee. Sien Gén. 14:22 se kanttekening.

24 Sien Ex. 32:9 se kanttekening.
n Núm. 14:4.

o Ex. 34:7. Núm. 14:18. Ps. 86:5.

25 Dit is, wat baie en groot sondes vergewe.

26 Of: weldadigheid, goedgunstigheid; so ook in vers 32.

p Ex. 32:1, ens. 27 Hebr. lasteringe.
q Ex. 13:22; 40:38. 28 Of: baie barmhartighede. So ook in verse 27, 31.

29 Of: hulle, en die pad, ens.

r Núm. 11:17.

s Jos. 5:12.

t Deut. 2:7; 8:4; 29:5.
v Núm. 21:21, 33. 30 Hebr. hoeke, of: kontreie. Sommige verstaan dit van die kinders van Israel, aan wie God die verowerde lande uitgedeel het, aan elkeen sy eie erfdeel. Ander verstaan dit van die oorwonne vyande, wat God hier en daar in hoeke verstoot het, sodat sy volk die land vrylik ingeneem en dit in hul besit gebly het.

31 Verstaan die land wat die koning van die Moabiete vroeër besit het en wat deur koning Sihon van hom afgeneem is. Sien Núm. 21:26, 27.

x Gén. 22:17.
y Josua 1-3; ens.
32 Of: het hulle verlustig oor u goeie gawes, dit is, die baie en groot gawes wat U hulle gegee het.
z 1 Kon. 18:4; 19:10. 2 Kron. 24:21. 33 Vgl. Ps. 50:17 se kanttekening. Eség. 23:35, ens.
a Rig. 2:14, ens.
b Lev. 18:5. Eség. 20:11. Rom. 10:5. Gal. 3:12. 34 Hebr. ’n afwykende skouer gegee. ’n Beeld geneem van las- of trekdiere, wat hulle nie aan die juk of las wil onderwerp nie.

35 Sien Ex. 32:9 se kanttekening.

c 2 Kon. 17:13. 2 Kron. 36:15. 36 Dit is, solank as wat die koninkryke van Israel en Juda bestaan het.

37 Dit is, U het geduld met hulle gehad en hulle verskoon, terwyl U die straf uitgestel het.

38 Hebr. die hand.

39 Hebr. het U hulle nie tot voleinding of vernietiging gemaak nie. Vgl. Jer. 4:27 met die kanttekening.
40 Dit is, al die strawwe en ellendes wat oor ons gekom het.

41 Hebr. gevind.

42 Dit is, Assirië.

d Deut. 32:4. Dan. 9:14. 43 Hebr. waarheid of trou betoon.
44 Hebr. voor hulle aangesig gegee het, dit is, aan hulle beskikbaar gestel het, om dit in te neem en te besit. So ook dikwels elders.
45 Naamlik die land. Anders: sy inkomste of opbrings is groot of menigvuldig; maar (wil hulle sê) dit is vir vreemde konings en nie vir ons nie.
46 Of: omrede dit alles, naamlik al hierdie kwaad wat oor ons gekom het en ons nog steeds kwel; of: van dit alles, dit is, om te betuig dat ons dit alles opreg bedoel en ons tot ware bekering verplig, om u regverdige toorn af te wend en u seën te ontvang. Sien Neh. 10:29.

47 Sien Gén. 15:17, 18 se kanttekeninge.

48 Hebr. ’n vastigheid.

49 Naamlik namens ons almal. Anders: tot of oor die verseëling was, ens. Dit moet verstaan word dat die belydenis met die voorgaande vers geëindig het en dat in hierdie vers verder beskryf word wat hulle ná die belydenis gedoen het tot die bekragtiging daarvan. Daarom heg sommige hierdie vers aan die volgende hoofstuk en vertaal dit soos volg: Op grond van dit alles het ons ’n vaste verbond gesluit en dit beskryf, ens.