Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 12

Mirjam en Aäron word opstandig teen Moses. God besoek Mirjam met melaatsheid.

1

EN 1Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë 2die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ’n Kusitiese vrou geneem.

2

En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook 3met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.

3

Maar die man Moses was 4baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

4

Toe het die HERE dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, 5kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.

5

En die HERE het in ’n 6wolkkolom 7neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.

6

Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur ’n 8gesig My aan hom bekend maak, deur ’n 9droom sal Ek met hom spreek.

7

So is dit nie met my kneg Moses nie: ain my hele huis is hy getrou.

8

10Mond btot mond spreek Ek met hom, en 11deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?

9

En die toorn van die HERE het teen hulle ontvlam, en Hy het weggegaan.

10

En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam 12melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en — sy was melaats!

11

Daarop sê Aäron vir Moses: Ag, my heer, lê tog nie op ons die sonde wat ons in ons dwaasheid begaan het nie.

12

Laat sy tog nie wees soos ’n 13dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se skoot uitgaan, die helfte verteer is nie.

13

En Moses het die HERE aangeroep en gesê: o God, maak haar tog gesond!

14

Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader 14net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? cLaat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy 15opgeneem word.

15

En hulle het Mirjam sewe dae lank buitekant die laer opgesluit; en die volk het 16nie weggetrek voordat Mirjam opgeneem was nie.

16

Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn 17Paran laer opgeslaan.

1 Sy word vóór Aäron genoem, omdat sy skynbaar die eerste oorsprong van hierdie murmurering was; vir die rede is sy ook in die besonder gestraf, vers 10.

2 Haar eienaam was, volgens die mening van baie, Sippóra, Ex. 2:21. Sy word egter ’n Kusitiese vrou genoem as gevolg van die volk waaruit sy gespruit het, dit is egter nie die Kusiete wat nakomelinge van Gam was nie, Gén. 10:6, maar van die Midianiete. Dit wil voorkom of die Heilige Skrif onder die naam Kusiete ook die Egiptenaars, Arabiere, Midianiete en die volke wat suidwaarts gewoon het, verstaan. Sien Gén. 2:13 en 10:6 se kanttekeninge.

3 Mirjam word ’n profetes genoem in Ex. 15:20, en God het belowe om met Aäron se mond te wees, sodat hy sy broer Moses tot ’n mond sou wees, Ex. 4:15, 16.
4 Of: geduldig, traag om kwaad te word, goedertieren, dit wil sê: Hy het hierdie onreg geduldig verdra, wat sy suster en broer hom aangedoen het; soos hy anders ook baie geduldig was om die onreg wat almal hom aangedoen het te verdra.
5 Naamlik uit julle tente.
6 Sien Núm. 11:25 se kanttekening.

7 Sien Núm. 11:17 se kanttekening.

8 Sien oor die profetiese gesig Gén. 15:1 en 46:2 se kanttekeninge.

9 Sien oor die verskyning van God in ’n droom Gén. 20:3 en 28:12 se kanttekeninge.

a Hebr. 3:2.
b Ex. 33:11. Deut. 34:10. 10 Dit is, in teenwoordigheid, gemeensaam, sonder tussenspraak, baie duidelik, met hoorbare stem. Vgl. Jer. 32:4. 2 Joh. vers 12. In dieselfde betekenis word gesê: aangesig tot aangesig met iemand spreek. Sien Ex. 33:11 en Deut. 5:4 en die kanttekeninge.

11 Naamlik, nie deur die aanskouing van die goddelike wese nie (wat onsienlik is, Ex. 33:20, 23. Joh. 1:18. 1 Tim. 6:16), maar deur ’n besondere teken van sy heerlikheid. En hoewel Hy Hom ook aan die ander profete op verskillende maniere vertoon het, so was die manier waarop Hy aan Moses verskyn het nogtans duideliker as die ander; waarin Moses hier bo die ander profete verhef word. Vgl. Ex. 33:11, 20, 22, 23. Deut. 34:10. Ander aldus: En by aangesig, en nie deur duister woorde of gelykenis van die HERE nie, sien hy.

12 Dit was nie ’n gewone en bekende melaatsheid nie, maar ’n besondere, wat in Egipte geheers het en wat die Israeliete vanweë hul sondes aangekleef het, waarvan baie gelees kan word in Levítikus 13. Hulle wat daarmee besmet was, het geword asof hulle nie bloed het nie en so bleek soos dooies gelyk, omdat al die bloed aangetas was. Sien ook oor die manier van spreek wat hier gebruik word, Ex. 4:6. 2 Kon. 5:27.
13 Verstaan ’n misgeboorte, waarvan die vleis half ontbind is, as hy uit die liggaam van sy moeder voortkom. Hebr. wie by sy uitkom uit sy moeder se skoot die helfte van sy vleis al verteer is.
c Lev. 13:46. 14 Hebr. spuwende gespuug het. Die betekenis is: Soos ’n dogter wat vanweë ’n groot misdaad deur haar vader in haar gesig gespuug is, verdien om ten minste sewe dae uit sy teenwoordigheid weg te bly; so verdien ’n dogter wat as gevolg van ’n groot sonde, waaroor haar gesig deur My met melaatsheid beklad is, nog veel meer om deur My, wat haar hemelse Vader is, vir sewe dae uit die laer waarin Ek woon, afgesonder te word, tot ’n voorbeeld vir ander.

15 Hebr. versamel word, naamlik by die laer, waarvan sy, omrede haar melaatsheid, afgesonder moes word, Lev. 13:46. Núm. 5:2, en daarna, toe sy genees was, weer opgeneem is, Lev. 14:8. So ook in die volgende vers. Vgl. 2 Kon. 5:3 se kanttekening.

16 Hieruit kan verstaan word waarom die Israeliete by Háserot gebly het, soos in Núm. 11:35 gemeld word.
17 Naamlik in Ritma, wat in die woestyn Paran was. Sien Núm. 33:18, en sien oor Paran Gén. 14:6 se kanttekening.