Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 14

Omdat hulle na Egipte wil teruggaan, moet die Israeliete veertig jaar in die woestyn bly.

1

TOE 1het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween.

2

En al die kinders van Israel het gemurmureer 2teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!

3

En 3waarom bring die HERE ons na hierdie land om 4deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders 5sal ’n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?

4

En hulle sê 6vir mekaar: Laat ons ’n hoof 7aanstel en na Egipte teruggaan.

5

Toe het Moses en Aäron 8op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.

6

En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, 9het hulle klere geskeur

7

en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is ’n 10buitengewoon goeie land.

8

11As die HERE ’n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, ’n land wat oorloop van melk en heuning.

9

Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle anie bevrees vir die volk van die land nie, want 12hulle is ons spys. Hulle 13beskutting het van hulle gewyk, en 14die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

10

Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die 15heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.

11

Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle 16in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?

12

Ek sal hulle met die pes tref en hulle 17uitroei; en Ek sal jou ’n groter en sterker nasie maak as hulle.

13

Toe het Moses aan die HERE gesê: bMaar 18die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het

14

en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, 19duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en cU in ’n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in ’n vuurkolom by nag.

15

As U nou hierdie volk 20soos een man ombring, dan sal die nasies wat die 21tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:

16

dOmdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.

17

Laat dan nou tog die 22krag van die HERE groot word, soos U gespreek het deur te sê:

18

Die eHERE is 23lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit 24ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders 25fbesoek aan die kinders, aan die 26derde en aan die vierde geslag.

19

Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.

20

Toe sê die HERE: Ek vergewe, volgens jou woord.

21

Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die HERE se 27heerlikheid vol sal word,

22

al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al 28tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,

23

29hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met ’n eed beloof het nie, gja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.

24

Maar h30my kneg Kaleb, omdat ’n ander gees in hom was 31en hy volhard het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.

25

Die Amalekiete en die Kanaäniete woon 32in die laagte — draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad 33na die 34Skelfsee.

26

Daarna het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê:

27

35Hoe ilank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.

28

Sê vir hulle: kSo waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore 36gespreek het, 37so sal Ek aan julle doen.

29

Julle llyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle 38geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

30

Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek 39my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, mbehalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

31

En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal ’n buit word — dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het.

32

Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.

33

En julle kinders sal soos herders 40rondtrek in die woestyn, 41veertig jaar lank, en sal so 42die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.

34

Volgens die getal dae dat julle die land verken het, nveertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul 43ongeregtighede dra, 44veertig jaar lank, en 45my teëstand gewaar word.

35

Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, 46dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.

36

En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur ’n slegte gerug aangaande die land te versprei,

37

die manne wat ’n slegte gerug aangaande die land versprei het, o47het gesterwe deur ’n 48plaag 49voor die aangesig van die HERE.

38

Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.

39

En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur

40

en die môre vroeg klaargemaak en op 50die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want 51ons het gesondig.

41

Maar Moses het gesê: pWaarom oortree julle tog die 52bevel van die HERE, aangesien dit tog nie sal geluk nie?

42

Moenie optrek nie, want die HERE is nie in 53julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.

43

Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.

44

Nogtans 54het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die HERE en Moses het nie uit die laer gewyk nie.

45

Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by 55Horma.

1 Hebr. Toe het die hele vergadering uitgeroep, en hul stem gegee.
2 En gevolglik teen God self, wie se dienaars hulle was.
3 Dit wil voorkom of hulle God wil beskuldig van onbedagsaamheid, asof Hy nie oordink het wat Hy Hom voorgeneem het nie; of van ontrou, asof Hy nie wou doen wat Hy Hom voorgeneem het nie; of van onvermoë, asof Hy nie kon nie.

4 Sien Lev. 26:7 se kanttekening.

5 Naamlik van ons vyande, die Kanaäniete.

6 Hebr. die man tot sy broer.

7 Hebr. gee, stel, maak.

8 Naamlik, om die volk te smeek om afstand te doen van hul verkeerde voorneme, en nie na Egipte terug te keer nie; of om God aan te roep, sowel vir die volk, dat Hy hulle sou bekeer, as vir hulself, dat Hy hulle uit die teenwoordige gevaar sou verlos.
9 Sien oor die skeur van klere in tyd van groot droefheid en verslaenheid, Gén. 37:29 se kanttekening.
10 Hebr. uitermate uitermate. Sien die verdubbeling van die woord uitermate ook in Gén. 17:2, 6, 20. Eség. 16:13.
11 Dit is, as ons die guns van die HERE nie van ons afkeer deur goddeloos en opstandig te wees nie. Sien die begin van die volgende vers.
a Deut. 20:3. 12 Dit is, hulle sal so maklik deur ons vernietig word soos voedsel deur ’n gesonde mens in die mond gekou en in die maag verteer word. Vgl. Deut. 31:17 se kanttekening.

13 Of: skaduwee. So ook in Ps. 91:1. Jes. 25:4. Jer. 48:45, ens.

14 Naamlik met sy vaderlike guns, vlytige voorsienigheid en kragtige bystand. Sien Gén. 21:22 en 26:24 se kanttekeninge.

15 Naamlik deur die teken van die wolk, waarin God gewoonlik in groot heerlikheid aan die Israeliete verskyn het, Ex. 16:7, 10; 24:15, 16; 40:34. Lev. 9:6 se kanttekening. 2 Kron. 5:14.
16 Dit is, op My nie vertrou nie, deur geen ag te slaan op al die wonderwerke waarmee Ek my krag en weldadigheid oorvloediglik aan hulle bewys het nie.
17 Verstaan dit nie as ’n vas beslote vonnis nie, maar as ’n voorwaardelike dreigement, wat die HERE aan sy kneg Moses wou voorhou om sy ywer en voorbidding vir die welstand van die volk te ontsteek; sodat hierdie woorde nie beteken wat God in sy onveranderlike raad besluit het nie, maar die straf wat die Israeliete verdien het.
b Ex. 32:12. 18 Daar is drie redes wat Moses gebruik om vir die volk te bid. Die eerste is geneem van die vyande van God en van sy volk, wat die eer van God sou skend, indien Hy sy volk sou uitroei, in hierdie vers en in verse 14-16. Die tweede van die wese van God en die genadige verbond van God, verse 17, 18. Die derde van die voorgaande weldade en voorbeelde van goddelike genade wat baie dikwels aan die volk bewys is, vers 19.
c Ex. 13:21; 40:38. 19 Hebr. oog in oog. Dit is, sigbaar en baie gemeensaam. Vgl. Gén. 32:30, Ex. 33:11, Núm. 12:8, Deut. 5:4 en 1 Kon. 22:19 en die kanttekeninge.
20 Dit is, die hele volk asof dit slegs een mens was. So ook in Rig. 6:16.

21 Hebr. gehoor gehoor het.

d Deut. 9:28.
22 Om by sy geregtigheid ook sy barmhartigheid te voeg.
e Ex. 34:6. Ps. 86:15; 103:8; 145:8. Jona 4:2.

f Ex. 20:5; 34:7. Deut. 5:9.

23 Hebr. lank van toornighede. Sien Ex. 34:6 se kanttekening.

24 By die barmhartigheid van God word ook sy geregtigheid gevoeg, omdat beide in Hom onskeibaar is; daarom het Moses nie sonder meer genade begeer nie, maar só dat God se geregtigheid ook ’n plek sou hê, sodat Hy in die oordele en strawwe aan sy barmhartigheid gedagtig sou wees. Sien Ex. 34:7. Jer. 30:11. Nah. 1:3.

25 Sien Gén. 21:1 se kanttekening. Ex. 20:5.

26 Hebr. aan die derde, en aan die vierde, naamlik nageslag, gereken van die oortreder af.

27 Verstaan die geregtigheid en krag van die HERE, wat tot sy eer op die hele aarde aan alle mense bekendgemaak sou word.
28 Dit is, dikwels; ’n bepaalde getal vir ’n onbepaalde hoeveelheid. Sien Gén. 31:7 en Lev. 26:8 se kanttekeninge.
g Deut. 1:35, 36. 29 Hebr. As hulle die land sal sien, ens. Verstaan dan hierby, om die sin te voltooi: sal Ek nie lewe nie, of iets soortgelyks. Want hier word menslikerwys van God gespreek, omdat dit by die Hebreërs gebruiklik was om in die eedswering die uitkoms of die wens te verswyg, indien ’n mens valslik gesweer het. Vgl. Gén. 14:23 se kanttekening. Hierdie manier van eedswering word elders ook aan God toegeskryf, soos in verse 28, 35. Núm. 32:11, 12. Deut. 1:35. 2 Kon. 9:26. Ps. 89:36. Dit beteken dus: hulle sal die land nie sien nie, soos die laaste woorde van hierdie teks uitdruklik verklaar.
h Jos. 14:8, 9. 30 Josua word hier nie genoem nie, omdat God hierdie vonnis uitspreek oor die volk wat in die laer was, waar Kaleb teenwoordig was, maar Josua was by Moses en Aäron, by die tent van samekoms; daarom word hy ook nie gereken by, of veroordeel saam met die volk wat in die laer was nie (waarom hy ook uitdruklik in vers 30 genoem word). So is Moses en Aäron ook nie hier genoem nie, omdat hulle nie saam met die volk gesondig het nie, hoewel hulle as gevolg van ’n ander besondere rede, wat hierna verklaar word in Núm. 20:12, ook buite die land gesterwe het.

31 Hebr. en hy vervul het om agter My te gaan; dit is, My voortdurend, getrou en met ’n opregte hart gehoorsaamheid bewys het. So ook in Deut. 1:36. 1 Kon. 11:6.

32 Naamlik aan die ander kant van daardie gebergte in die laagte. Hiermee word die Israeliete gewaarsku vir die gevaar, wat vir hulle gewag het, indien hulle sou voorttrek, omdat hulle by die landsgrense van hul vyande gekom het, wat op hulle gewag het en vir wie hulle nie sou kon oorwin nie, omdat God nie met hulle was nie. Sien vers 43.

33 Hebr. van die Skelfsee.

34 Anders: Biesiesee of Rietsee. Verstaan die Rooi See, wat ook so genoem word vanweë die baie biesies wat daarin, en vernaamlik aan die oewer daarvan, gegroei het. Sien oor hierdie see ook Núm. 21:4. Ps. 106:7, 9, 22; 136:13.

i Ps. 106:26. 35 Anders: Hoe lank sal Ek hierdie bose vergadering verdra, of vergewe, wat teen My, ens., sien Matt. 17:17. Of: Hoe lank sal Ek hierdie bose vergadering, wat teen My murmureer en die murmurering van die kinders van Israel, waarmee, ens., aanhoor?
k Núm. 26:65; 32:11. 36 Wat hulle gespreek het, toe hulle gemurmureer het, sien vers 2.

37 Sien vers 23 se kanttekening.

l Deut. 1:35. Hebr. 3:17. 38 Sien oor hulle Núm. 1:1, 2, ens.
m Jos. 14:6. 39 Die manier van eedswering wat die mense gebruik, deur God as getuie te neem, na wie hulle die hand ophef, word menslikerwys aan God toegeskryf. Sien oor hierdie manier van eedswering Gén. 14:22 se kanttekening.
40 Hebr. sal weidende wees. Die Hebreeuse woord beteken om herders te wees, of soos herders met die kudde herwaarts en derwaarts rond te swerf, om goeie weiding te soek. Waarmee ’n onseker en onbestendige lewe op aarde verstaan word. Vgl. Jes. 38:12.

41 Naamlik, waarby die tyd van hul uittog uit Egipte ingereken is, soos blyk uit Núm. 33:38. Deut. 1:3; 2:14.

42 Dit is, die strawwe wat julle deur allerhande geestelike hoerery en afvalligheid verdien het. Die geestelike hoerery is afgodediens; sien daaroor Ex. 34:15, 16; en alhoewel hierdie kinders die straf van hul ouers gedra het, deur baie jare deur die woestyn te dwaal, nogtans was God nie onregverdig nie, omdat hulle ook hul eie menigvuldige sondes gehad het, wat straf verdien het.

n Ps. 95:10. 43 Dit is, die straf van jul ongeregtighede. Sien Gén. 4:13 se kanttekening.

44 Daaronder is die tyd ingereken wat nou verby was, sedert hulle uit Egipte getrek het. Sien vers 33 se kanttekening.

45 Of: my afbreking. Dit kan ’n mens verstaan ten opsigte van God, wat oor hul langdurige opstandigheid van hulle sou wyk, of ten opsigte van die volk, wat, omdat hulle van God afgewyk het, hierdie straf verdien het.

46 Sien vers 23 se kanttekening.
o 1 Kor. 10:10. Jud. vers 5. 47 Anders: sal sterwe.

48 Sommige verstaan hier die plaag van die pes, waarmee God gedreig het in vers 12. Ander van ’n haastige en vinnige dood, uit die teenstelling met Josua en Kaleb wat bly lewe het, vers 38.

49 Dit is, God die HERE het op ’n opmerklike manier sy oordeel oor hulle uitgevoer, asof Hy met dié doel openlik op die regterstoel gesit het.

50 Hebr. hoof.

51 Dit was geen opregte skuldbelydenis of berou nie, omdat diegene wat ophou met een kwaad en dan in ’n ander verval, hulle nie opreg bekeer nie, soos hierdie Israeliete gedoen het; want hulle het wel opgehou om te murmureer, maar wou daarna, teen die bevel van die HERE, die land Kanaän inneem.

p Deut. 1:41. 52 Hebr. mond. Verstaan die bevel van God, sien daaroor vers 25.
53 Naamlik met sy hulp en bystand.
54 Die Hebreeuse woord beteken om met ’n vermetelheid en groot onstuimigheid iets onbesonne aan te pak, en in die besonder in die strewe na hoogtes.
55 Die naam van ’n plek, later so genoem vanweë hierdie neerlaag. Sien Núm. 21:3 en die kanttekening.