Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 22

Bíleam seën die Israeliete teen sy sin.

1

DAARNA het die kinders van Israel weggetrek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, oos van die 1Jordaan van Jérigo.

2

Toe 2Balak, die seun van Sippor, sien alles wat Israel die Amoriete aangedoen het,

3

3het Moab baie bang geword vir die volk, want hulle was talryk; en Moab het beangs geword vanweë die kinders van Israel.

4

Toe sê Moab vir 4die oudstes van Mídian: Nou sal hierdie menigte 5opeet 6alles wat rondom ons is, soos ’n bees die groenigheid van die veld opeet. En Balak, die seun van Sippor, was dié tyd koning van Moab.

5

Daarop het hy boodskappers gestuur na 7aBíleam, die seun van Beor, in 8Petor wat by die 9Eufraat is, 10in die land van die kinders van sy volk, om hom te roep en te sê: Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek; kyk, hulle het die 11oppervlakte van die land oordek en staan gelaer teenoor my.

6

Kom dan tog nou, vervloek hierdie volk vir my, want hulle is magtiger as ek. Miskien sal ek onder hulle ’n slag kan slaan en hulle uit die land verdrywe. Want ek weet, die een wat jy seën, is geseënd; en die een wat jy vervloek, is vervloek.

7

Toe het die oudstes van Moab en die oudstes van Mídian gegaan met 12waarsêersloon by hulle en by Bíleam gekom en hom die woorde van Balak meegedeel.

8

Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die HERE aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by Bíleam gebly.

9

En God het 13na Bíleam gekom en gesê: Wie is die manne daar by jou?

10

En Bíleam het God geantwoord: Balak, die seun van Sippor, die koning van Moab, laat my weet:

11

Kyk, daar het ’n volk uit Egipte getrek en hulle het die oppervlakte van die land oordek. Kom nou, vervloek hulle vir my; miskien sal ek hulle kan beveg en hulle verdrywe.

12

Toe sê God vir Bíleam: Jy mag nie saam met hulle trek nie, jy mag die volk nie vloek nie, want hulle is geseënd.

13

Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die HERE het geweier om my saam met julle te laat gaan.

14

En die vorste van Moab het klaargemaak en by Balak gekom en gesê: 14Bíleam het geweier om saam met ons te gaan.

15

Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as 15die ander;

16

en hulle het by Bíleam gekom en aan hom gesê: So spreek Balak, die seun van Sippor: Laat jou tog nie terughou om na my te kom nie.

17

Want ek sal jou 16baie hoog vereer en alles wat jy my sê, sal ek doen; daarom kom tog, vervloek hierdie volk vir my.

18

Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak: bAl gee Balak my 17sy huis vol silwer en goud, ek kan 18die bevel van die 19HERE my God nie oortree om klein of groot te doen nie.

19

Nou dan, bly julle tog 20ook vannag hier, 21dat ek mag weet wat die HERE verder aan my sal sê.

20

En God het in die nag na Bíleam gekom en aan hom gesê: As die manne gekom het om jou te roep, 22staan dan op, gaan met hulle saam; maar net wat Ek jou sê, dit moet jy doen.

21

Toe maak Bíleam die môre klaar en saal sy eselin op, en hy het weggetrek saam met die vorste van Moab.

22

Maar die toorn van God het ontvlam, 23omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy 24teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.

23

En die cesel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy 25ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel 26geslaan om haar na die pad te stuur.

24

Daarop gaan die Engel van die HERE in ’n hol pad tussen die wingerde staan — ’n muur duskant en ’n muur anderkant.

25

En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.

26

En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op ’n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.

27

Toe die esel die Engel van die HERE sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met ’n stok geslaan.

28

Maar die dHERE het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?

29

Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net ’n swaard in my hand — dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.

30

En die esel sê vir Bíleam: Is ek nie jou esel waar jy jou lewe lank op gery het tot vandag toe nie? 27Was dit ooit my gewoonte om so met jou te doen? En hy antwoord: Nee.

31

Toe open die HERE die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.

32

En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as ’n teëparty, 28want 29ejou weg loop gevaarlik steil 30in my oog!

33

Maar die esel het My gesien en nou al drie maal voor My uitgedraai. As sy nie voor My uitgedraai het nie — dan het Ek jou alte seker gedood en haar laat lewe.

34

Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, 31as dit verkeerd is in u oë, 32sal ek teruggaan.

35

En die Engel van die HERE sê vir Bíleam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan.

36

Toe Balak hoor dat Bíleam kom, het hy uitgetrek hom tegemoet na Ir-Moab wat by die grens van die Arnon lê, by die uiteinde van die grondgebied.

37

En Balak sê vir Bíleam: Het ek nie 33herhaaldelik na jou gestuur om jou te laat roep nie? Waarom het jy nie na my gekom nie? Is ek werklik nie in staat om jou te vereer nie?

38

En Bíleam het Balak geantwoord: Hier het ek na jou gekom. Is ek nou wel 34in staat om 35iets te spreek? Die woord wat God in my mond lê, dit sal ek spreek.

39

Bíleam het toe saam met Balak gegaan, en hulle het by 36Kirjat-Husot gekom.

40

En Balak het beeste en kleinvee 37geoffer en daarvan aan Bíleam gestuur en aan die vorste wat by hom was.

41

En 38in die môre het Balak Bíleam geneem en hom op die hoogtes van Baäl laat opklim vanwaar hy die kant 39van die volk kon sien.

1 Dit is, wat naby Jérigo verbygaan, of wat ’n drif by Jérigo gehad het.
2 Hierdie Balak was dié tyd koning van die Moabiete, vers 4. Sien meer oor hom in Rig. 11:25. Miga 6:5.
3 ’n Vervulling van wat in Ex. 15:15 vooruit aangekondig is.
4 Hulle word vorste genoem in vers 8.

5 Dit is, verteer.

6 Hebr. al ons rondomme of ons rondommighede.

a Jos. 24:9. 7 Hy word in Jos. 13:22 ’n waarsêer genoem. Sien Núm. 24:1. Die apostel Petrus noem hom ’n profeet, 2 Petr. 2:16.

8 ’n Stad in Mesopotámië, Núm. 23:7 se kanttekening. Deut. 23:4.

9 Hebr. rivier.

10 Dit is, in Bíleam se vaderland, wat Mesopotámië was, soos blyk uit Deut. 23:4.

11 Hebr. oog. Sien Ex. 10:5, 15. So ook hierna, vers 11.

12 In 2 Petr. 2:15 word dit die loon van ongeregtigheid genoem. Sien Jer. 22:13 se kanttekening.
13 Naamlik in die nag.
14 Soos Bíleam vir die Moabitiese vorste nie alles gesê het wat God vir hom gesê het nie, so sê hierdie boodskappers ook nie alles vir hul heer Balak nie, wat Bíleam vir hulle gesê het.
15 Naamlik as die wat hy die eerste keer gestuur het.
16 Hebr. erende sal ek jou eer.
b Núm. 24:13. 17 Hebr. die volheid van sy huis.

18 Hebr. die mond.

19 Hieruit blyk dat Bíleam in ’n sekere mate die ware God geken het ten opsigte van hierdie saak; egter nie volkome of opreg nie.

20 Ook, naamlik soos die vorige boodskappers gedoen het.

21 Bíleam het voorgegee dat hy in hierdie saak niks anders sou doen as dit wat God sou behaag nie, terwyl hy wel geweet het dat God hom alreeds verbied het om die Israeliete te vloek.

22 God die HERE laat Bíleam oplaas toe dat hy saam met die boodskappers van Balak sal gaan, nie omdat dit vir Hom aangenaam was nie, soos blyk uit vers 22, maar om die boosheid van Bíleam des te meer te ontbloot en God se heerlikheid daarin te openbaar, dat Hy Bíleam gedwing het om die volk te seën, wat hy voorgeneem het om te vloek.
23 Naamlik, met so ’n voorneme om die volk van God te vloek. Anders: toe.

24 Hebr. satan.

c 2 Petr. 2:16. Jud. vers 11. 25 Dit was ’n teken van die toorn en van die wraak, soos in 1 Kron. 21:16. Vgl. Jos. 5:13.

26 Naamlik met sy stok, vers 27.

d 2 Petr. 2:16. Jud. vers 11.
27 Hebr. Het ek die gewoonte hebbende die gewoonte gehad?
e 2 Petr. 2:15. 28 Dit is, want jy gaan nie op die weg waarop Ek wil hê jy moet gaan nie.

29 Naamlik, waarop jy wil gaan.

30 Hebr. teenoor My, dit is, in my teenwoordigheid.

31 Dit is, as dit U nie behaag nie.

32 Hebr. sal ek my omkeer.

33 Hebr. sturende gestuur.
34 Hebr. Sal ek in staat wesende in staat wees?

35 Naamlik, wat ek wil en wat God nie wil nie.

36 Anders: die stad van strate, of: in die stad wat buite geleë is.
37 Hebr. geslag. Dit is, tot ’n offer. Die stukke wat oorgebly het, het hulle as maaltyd geëet. Sien Núm. 25:2.
38 Naamlik die volgende dag, ná die fees van die offer.

39 Naamlik van die volk van Israel.