Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 23

1

TOE sê Bíleam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.

2

En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het; en Balak en Bíleam het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

3

Daarop sê Bíleam vir Balak: Bly by jou brandoffer staan, 1en ek sal heengaan; miskien sal die HERE my 2tegemoetkom, en wat Hy my ook al laat sien, sal ek jou bekend maak. En hy het 3na ’n kaal heuwel gegaan.

4

En God het Bíleam tegemoetgekom, en hy het vir Hom gesê: Sewe altare het ek reggemaak en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

5

Toe lê die HERE ’n woord in Bíleam se mond en sê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.

6

En hy het na hom teruggegaan terwyl hy daar staan by sy brandoffer, hy en al die vorste van Moab.

7

En hy het sy spreuk 4aangehef en gesê: Uit 5Aram laat Balak my haal, die koning van Moab — uit die berge van die Ooste: Kom vervloek 6Jakob vir my, en kom, verwens Israel.

8

Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie die HERE nie verwens nie?

9

Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, a’n volk wat 7afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

10

Wie het die 8stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, 9die vierde deel van Israel? 10Laat my sterwe die dood 11van die opregtes, en laat my einde soos 12syne wees!

11

Toe sê Balak vir Bíleam: Wat het jy my aangedoen? Ek het jou laat haal om my vyande te vloek, en kyk, 13jy het net geseën!

12

En hy antwoord daarop dít: Moet ek dan nie sorgvuldig alles spreek wat die HERE in my mond lê nie?

13

Daarop sê Balak vir hom: Kom tog saam met my na ’n ander plek 14vanwaar jy hom kan sien — net sy kant sal jy sien, maar heeltemal kan jy hom nie sien nie — en vervloek hom daarvandaan vir my.

14

En hy het hom saamgeneem na die Veld van die Wagte, op die top van Pisga, en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

15

Toe sê hy vir Balak: Bly hier staan by jou brandoffer, en ek sal daar op 15’n ontmoeting wag.

16

En die HERE het Bíleam ontmoet ben ’n woord in sy mond gelê en gesê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.

17

En hy het by hom gekom terwyl hy daar staan by sy brandoffer, en die vorste van Moab by hom. En Balak sê vir hom: Wat het die HERE gespreek?

18

Toe hef hy sy spreuk aan en sê: 16Staan op, Balak, en hoor! Luister na my, seun van Sippor!

19

cGod is geen man dat Hy sou lieg nie; of ’n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hý iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie 17waar maak nie?

20

Kyk, ek het 18ontvang om te 19seën; en het 20Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.

21

21’n Mens d22aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen 23onheil in Israel nie. Die HERE sy God is met hom, en die 24gejubel tot eer 25van die Koning is by 26hom.

22

God wat hulle uit Egipte uitgelei het, eis vir hulle soos die horings van ’n 27buffel.

23

Want 28daar is geen towery teen Jakob of waarsêery teen Israel nie. 29Nou sal van Jakob en van Israel gesê word 30wat God gedoen het.

24

Kyk, ’n volk wat opstaan soos ’n leeuin, en soos ’n leeu verhef hy hom. Hy gaan nie lê voordat hy roof eet en die bloed van die wat verslaan is, drink nie.

25

Toe sê Balak vir Bíleam: 31Jy moet hulle glad nie vloek nie, en jy moet hulle glad nie seën nie.

26

Maar Bíleam antwoord en sê vir Balak: Het ek nie dit met jou gespreek nie: Alles wat die HERE spreek, dit sal ek doen?

27

Verder sê Balak vir Bíleam: Kom tog, ek sal jou na ’n ander plek saamneem; miskien sal dit reg wees in die oë van God dat jy 32hulle vir my daarvandaan vervloek.

28

Toe neem Balak Bíleam saam na die top van 33Peor wat oor die wildernis afkyk.

29

Daarop sê Bíleam vir Balak: Bou vir my hier sewe altare, en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme.

30

En Balak het gedoen soos Bíleam verlang het en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

1 Naamlik, om God te raadpleeg, maar hy het dit op ’n onbehoorlike manier gedoen, soos blyk uit Núm. 24:1.

2 Hebr. tegemoet ontmoet.

3 Anders: alleen.

4 Deur die woord aanhef word hier te kenne gegee dat Bíleam sy stem verhef en hardop gespreek het.

5 Naamlik uit Mesopotámië, wat in Aram geleë is, Deut. 23:4. Of: Sírië.

6 Dit is, die nageslag van Jakob. Hierna ook Israel, dit is, die Israeliete.

a Deut. 33:28. 7 Naamlik afgesonder van ander nasies, sowel in kerklike as in politieke sake. Vgl. Miga 7:14 met die kanttekening.
8 Dit is, die kinders of die nageslag. Sien Gén. 13:16; 28:14.

9 Anders: van ’n kwart. Dit wil voorkom of Bíleam afgekyk het op die laer van die Israeliete, wat in vier kwarte gedeel was rondom die tabernakel, Númeri 2.

10 Dit is, laat my sterwe die dood van die regverdiges; maar Bíleam het saam met die vyande van God omgekom, Núm. 31:8. Jos. 13:22. Sien ook 2 Kor. 11:15.

11 Of: van diegene wat regverdig is.

12 Naamlik Israel s’n.

13 Hebr. jy het hulle seënende geseën.
14 Asof hy sê: Miskien is jy deur die groot menigte verskrik en het daarom nie gedurf om hom te vervloek nie. Anders: vanwaar jy hom sal sien – jy het net sy kant gesien, maar jy het hom nie heeltemal gesien nie – en vervloek, ens.
15 Naamlik met die HERE, om raad te vra.
b Núm. 22:35.
16 Naamlik, om die woord van die HERE met eerbied aan te hoor. Sien Rig. 3:20.
c 1 Sam. 15:29. Jak. 1:17. 17 Hebr. laat staan.
18 Naamlik opdrag van die HERE. Die betekenis is: God het my beveel om Israel te seën, ek moet Hom gehoorsaam wees.

19 Naamlik hierdie volk van Israel.

20 Naamlik die HERE.

d Ps. 32:1, 2; 51:11. Jer. 50:20. Rom. 4:7. 21 Of: Hy, dit is, God die HERE is so goedertieren oor die Israeliete dat Hy hul sondes as ’t ware nie sien of toereken nie.

22 Anders: sien geen afgodery, ens., en geen moeite nie, ens. Dit is, die beroering wat die afgodedienaars veroorsaak.

23 Of: boosheid. Anders: moeite.

24 Of: geklank van die Koning, naamlik van die trompette. Hy verwys na die silwer trompette; sien daaroor Núm. 10:9. 2 Kron. 13:12. Die geklank kan ook verstaan word as die verkondiging van die Woord van God.

25 Dit is, van God, die Koning van alle konings.

26 Naamlik by Jakob, of by Israel.

e Núm. 24:8. 27 Die buffel word in die Heilige Skrif geroem vanweë sy krag, Núm. 24:8. Deut. 33:17. Job 39:12. Ps. 22:22; 92:11.
28 Dit is, towery vermag niks teen die Israeliete nie. Anders: in Jakob, ens.

29 Hy wil sê: Mense sal nie net in toekomende tye vertel van die wonderwerke wat God onder hierdie volk gedoen het nie, maar ook nou.

30 Anders: Wat is dit wat God gedoen het?

31 Hebr. vloekende nie vloek nie, en seënende nie seën nie.
32 Naamlik die volk van Israel.
33 Die naam van ’n berg, deur die Grieke Fogor genoem, waarop die Moabiete gewoonlik aan hul afgod, genaamd Baäl-Peor, offers gebring het, Núm. 25:3, 5, 18. Daar het hulle ’n tempel gehad, wat Bet-Peor genoem is, Deut. 3:29. Ook was daar ’n stad wat so genoem is, wat later aan die Rubeniete behoort het, Jos. 13:15, 20.