Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 25

Die Israeliete bedryf hoerery en afgodery by Sittim.

1

TOE aIsrael in 1Sittim gebly het, het 2die volk begin hoereer met die dogters van die 3Moabiete —

2

b4dié het die volk na die offers 5van hulle gode uitgenooi; en 6die volk het 7geëet en hulle neergebuig voor hulle gode.

3

So het Israel hom dan gekoppel aan Baäl-Peor, cen die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam.

4

Toe sê die HERE vir Moses: dNeem 8al die hoofde van die volk en hang die oortreders op 9in die volle son 10vir die HERE, sodat die toorngloed van die HERE van Israel afgewend kan word.

5

Daarop het Moses aan die rigters in Israel gesê: Slaan elkeen 11sy manne dood wat hulle aan Baäl-Peor gekoppel het.

6

En daar het ’n man gekom, een uit die kinders van Israel, en ’n Midianitiese vrou na 12sy volksgenote gebring, voor die oë van Moses en voor die oë van die hele vergadering van die kinders van Israel, terwyl hulle ween by die ingang van die tent van samekoms.

7

Toe Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, dit sien, ehet hy uit die vergadering uit opgestaan en ’n spies in sy hand geneem

8

en agter die Israelitiese man aan gegaan in die tent en hulle twee deurboor, die Israelitiese man en die vrou, in haar onderlyf. Daarna het die plaag onder die kinders van Israel opgehou.

9

fEn die wat deur die plaag gesterf het, was 13vier-en-twintigduisend.

10

Toe het die HERE met Moses gespreek en gesê:

11

Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van die priester Aäron, het my grimmigheid van die kinders van Israel afgewend deurdat hy gmy ywer onder hulle geywer het, sodat Ek die kinders van Israel in my ywer nie verteer het nie.

12

Daarom spreek: Kyk, 14Ek hsluit met hom 15my vredeverbond,

13

en dit sal vir hom en sy nageslag ná hom die 16verbond van ewige priesterskap wees, omdat hy vir sy God geywer en versoening vir die kinders van Israel gedoen het.

14

En die naam van die Israelitiese man wat verslaan is, wat saam met die Midianitiese vrou verslaan is, was Simri, die seun van Salu, owerste van ’n familie van die Simeoniete.

15

En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was 17stamhoof van ’n familie in Mídian.

16

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

17

Behandel die Midianiete ias vyand en verslaan hulle,

18

want hulle het kjulle as vyand behandel deur hulle liste wat hulle teen julle bedink het in die saak van Peor en in die saak van Kosbi, die dogter van die vors van Mídian, hulle 18landgenoot, wat op die dag van die plaag weens Peor verslaan is.

a Núm. 31:16; 33:49. 1 ’n Plek in die woestyn, in die vlaktes van die Moabiete, by die Jordaan. In Núm. 33:48, 49 word hierdie plek Abel-Hassittim genoem. Israel het hier gebly tot ná die dood van Moses; daarna het Josua hulle van daar tot by die Jordaan gebring, wat hulle by Gilgal oorgesteek het, Jos. 2:1; 3:1.

2 Naamlik baie onder die Israeliete (1 Kor. 10:8), want almal wat hierdie sonde begaan het, het omgekom, maar die wat die HERE aangehang het, het bly lewe, Deut. 4:3, 4.

3 Verstaan hieronder ook van die Midianiete, soos blyk uit verse 6, 17, 18.

b Ps. 106:28. Hos. 9:10. 4 Naamlik die dogters van die Moabiete.

5 Anders: van hulle god, naamlik Baäl-Peor.

6 Naamlik ’n deel van die Israelitiese volk.

7 Hulle het daardeur gemeenskap gehad met hul afgodery, 1 Kor. 10:18. God die HERE het hulle hierteen gewaarsku, Ex. 34:14.

c Ps. 106:29.
d Deut. 4:3. Jos. 22:17. 8 Dit is, die hoofde van die volk is gekies as regters om die skuldiges te laat ophang. Anders, die hoofde wat aan hierdie sonde skuld gehad het, moes opgehang word. Sien ’n voorbeeld in vers 14.

9 Dit is, in die openbaar, voor almal se oë, solank as die son op hierdie dag sal skyn.

10 Anders: voor die HERE. Vir die HERE, dit is, tot eer van God die Regverdige, wat die sondes haat en straf.

11 Wat onder sy bevel is, volgens die orde wat in Ex. 18:25 daarvoor gegee is.
12 Naamlik, na die Israeliete wat in die laer was.
e Ps. 106:30.
f 1 Kor. 10:8. 13 Die apostel sê in 1 Kor. 10:8 drie-en-twintigduisend. Die vermoede is dat die rigters duisend gestraf het, vers 5, en dat God drie-en-twintigduisend omgebring het, of dat duisend gehang is en die res deur God se hand omgebring is.
g 2 Kor. 11:2.
h Ps. 106:31. 14 Dit is, Ek gee vir hom die priesterskap, dat hy dit in vrede en voorspoed beërf en besit, hy en sy nageslag, omdat hy My deur sy ywer tevrede gestel het.

15 Of: my verbond, naamlik die vrede.

16 Dit is, ’n ewige priesterskap, wat met ’n ewige verbond bevestig is. Ewig beteken hier: totdat die Messías kom. Sien Hebr. 7:11.
17 Ja, hy word onder die konings van die Midianiete gereken, Núm. 31:8.
i Núm. 31:2.
k Openb. 18:6. 18 Hebr. suster.