Statevertaling – Bybelstigting
Telling van die Israeliete wat geskik was vir oorlog.
EN ná 1die plaag het die HERE met Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê:
2Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op, a3van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, 4almal wat op kommando moet uittrek in Israel.
En Moses en die priester Eleásar het hulle toegespreek in die 5vlaktes van Moab, 6by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
7Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, bsoos die HERE Moses beveel het. En die kinders van Israel 8wat uit Egipteland uitgetrek het, was:
Ruben, cdie eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was: 9van Henog die geslag van die Henogiete; van Pallu die geslag van die Palluïete;
van 10Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete.
Dit is die geslagte van die Rubeniete; en hulle geteldes was drie-en-veertigduisend-sewehonderd-en-dertig.
En die 11seuns van Pallu was: Elíab;
en die seuns van Elíab was: Némuel en Datan en Abíram. dDit is Datan en Abíram wat na die vergadering 12opgeroep was, wat getwis het teen Moses en Aäron 13in die bende van Korag toe daar teen die HERE getwis is.
En die aarde het sy mond 14oopgemaak en hulle verslind, 15saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die tweehonderd-en-vyftig man verteer het; en hulle het 16tot ’n teken geword.
Maar die seuns van Korag het 17nie gesterf nie.
Die seuns van Símeon volgens hulle geslagte: van 18Némuel die geslag van die Nemueliete; van Jamin die geslag van die Jaminiete; van Jagin die geslag van die Jaginiete;
van 19Serag die geslag van die Sargiete; van Saul die geslag van die Sauliete.
Dit is die geslagte van die Simeoniete, 20twee-en-twintigduisend-tweehonderd.
Die seuns van Gad volgens hulle geslagte: van 21Sefon die geslag van die Sefoniete; van Haggi die geslag van die Haggiete; van Suni die geslag van die Suniete;
van 22Osni die geslag van die Osniete; van Eri die geslag van die Eriete;
van 23Arod die geslag van die Arodiete; van Areëli die geslag van die Areëliete.
Dit is die geslagte van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertigduisend-vyfhonderd.
Die seuns van Juda was: Er en Onan; emaar Er en Onan 24het gesterwe in die land Kanaän.
En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van 25Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete.
En die seuns van fPeres: van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Hamul die geslag van die Hamuliete.
Dit is die geslagte van Juda volgens hulle geteldes, ses-en-sewentigduisend-vyfhonderd.
Die seuns van Íssaskar volgens hulle geslagte: 26van Tola die geslag van die Tolaïete; van Puwa die geslag van die Puniete;
van 27Jasub die geslag van die Jasubiete; van Simron die geslag van die Simroniete.
Dit is die geslagte van Íssaskar volgens hulle geteldes, vier-en-sestigduisend-driehonderd.
Die seuns van Sébulon volgens hulle geslagte: van Sered die geslag van die Sardiete; van Elon die geslag van die Eloniete; van Jágleël die geslag van die Jagleëliete.
Dit is die geslagte van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestigduisend-vyfhonderd.
Die seuns van Josef volgens hulle geslagte was: Manasse en Efraim.
Die seuns van Manasse: gvan Magir die geslag van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die geslag van die Gileadiete.
Dit is die seuns van Gílead: 28van 29Jeser die geslag van die Jesriete; van Helek die geslag van die Helkiete;
en van Ásriël die geslag van die Asriëliete; en van Segem die geslag van die Sigmiete;
en van Semída die geslag van die Semidaïete; en van Hefer die geslag van die Hefriete.
hMaar 30Selófhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selófhad was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa.
Dit is die geslagte van Manasse; en hulle geteldes was twee-en-vyftigduisend-sewehonderd.
Dit is die seuns van Efraim volgens hulle geslagte: van Sutélag die geslag van die Sutalgiete; van Beger die geslag van die Bagriete; van Tahan die geslag van die Tahaniete.
En dit is die seuns van Sutélag: van Eran die geslag van die Eraniete.
Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee-en-dertigduisend-vyfhonderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte.
Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van 31Ahíram die geslag van die Ahiramiete;
van Sefúfam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete.
En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; van Ard die geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete.
Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd.
Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van 32Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte.
Al die geslagte van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier-en-sestigduisend-vierhonderd.
Die seuns van Aser volgens hulle geslagte: van Jimna die geslag van die Jimnaïete; van Jiswi die geslag van die Jiswiete; van Bería die geslag van die Beriïete;
van die seuns van Bería: van 33Heber die geslag van die Hebriete; van Málkiël die geslag van die Malkiëliete.
En die naam van die dogter van Aser was Serag.
Dit is die geslagte van die seuns van Aser volgens hulle geteldes, drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
Die seuns van Náftali volgens hulle geslagte: van 34Jágseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete;
van Jeser die geslag van die Jisriete; van 35Sillem die geslag van die Sillemiete.
Dit is die geslagte van Náftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd.
Dit is 36die geteldes van die kinders van Israel: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Vir 37hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word 38volgens die getal name.
iVir die wat baie is, moet 39jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.
Nogtans moet die land kdeur die 40lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet 41hulle erwe.
Volgens 42die lot moet hulle 43erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is.
lEn dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.
Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die 44Libniete, die geslag van die 45Hebroniete, die geslag van die 46Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die 47Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.
mEn die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi 48wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster.
En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.
nEn Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het.
En hulle geteldes was drie-en-twintigduisend, almal wat 49manlik was van ’n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel 50onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie.
Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab 51getel het, by die Jordaan van Jérigo.
En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, 52toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het.
oWant die HERE het van hulle gesê: 53Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten 54Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
| 1 Verstaan die plaag vermeld in hfst. 25, waardeur vier-en-twintigduisend Israeliete omgekom het, weens hul hoerery met die Moabitiese vroue en die afgodery wat hulle met Baäl-Peor bedryf het. Ná hierdie plae was daar niemand meer oor (behalwe Josua en Kaleb) van diegene bo twintig jaar oud wat as gevolg van hul murmurering veroordeel was om in die woestyn te sterwe, voordat die kinders van Israel in die besit van die beloofde land sou kom nie. Sien Núm. 14:33-35. Net so ook hierna, verse 63-65. Deut. 2:14. |
| a Núm. 1:3. | 2 Hierdie telling van die kinders van Israel was die derde, vandat hulle uit Egipte getrek het. Die eerste was in dieselfde jaar as die uittog, Ex. 30:12, ens. Die tweede was in die begin van die tweede jaar, Núm. 1:2. Hier word van die derde telling gespreek.
3 Hebr. ’n seun van twintig jaar oud. So ook in dit wat volg. 4 Sien Núm. 1:3 se kanttekening. |
| 5 Sien vers 63 en Núm. 22:1; 33:48.
6 Waar hierdie rivier naby die stad Jérigo draai. So ook in Núm. 22:1 en hierna, vers 63. |
| b Núm. 1:1-3. | 7 Hierdie woorde is tot aanvulling hier ingevoeg uit vers 2. Dit kan egter uitgelaat word, dan is die vertaling aldus: Van twintig jaar oud en daarbo, ens., sodat dit die begin sou wees van die rol wat Moses gemaak en vir die volk voorgelees het.
8 Sien Núm. 1:2 en vgl. Ex. 30:12. |
| c Gén. 46:9. Ex. 6:13. 1 Kron. 5:1. | 9 Die woord van is hier ingevoeg as gevolg van die manier van spreek wat volg. So ook in vers 23, ens. Dit moet dikwels bygevoeg word om die betekenis volgens die Hebreeuse taal te verstaan. |
| 10 Hebr. Getsron. |
| 11 Die meervoud vir die enkelvoud. Sien Gén. 21:7 en 46:7 se kanttekeninge. |
| d Núm. 16:2. | 12 Sien Núm. 1:16 se kanttekening; Núm. 16:2.
13 Verstaan die opstandige en oproerige bende waarvan Korag die hoof was. Sien Núm. 16:1-3. |
| 14 Dit is, oopgesper, deur baie wye en diep klowe te maak.
15 Verstaan saam met Korag se huisgesin, wat toe by hom was, Núm. 16:32. Korag self was saam met die tweehonderd-en-vyftig man verbrand, Núm. 16:35. 16 Hebr. tot ’n banier, dit is, tot ’n opmerklike voorbeeld van ’n regverdige straf van God oor diegene wat oproer en skeuring veroorsaak teen die orde wat God in sy kerk en die gemeenskap gestel het. |
| 17 Naamlik, nie deur die vuur wat hul vader en sy bende verteer het, of deur die wegsinking in die aarde met die huisgesin van hul vader nie. Dit het gebeur, omdat hulle nie ingestem het tot die oproer nie, en hulle moontlik in die tabernakel diens gedoen het. |
| 18 Anders Jémuel genoem, Gén. 46:10. |
| 19 Wat ook Sohar genoem word, Gén. 46:10. |
| 20 Let daarop dat hul getal baie verminder het van dit wat beskryf word in Núm. 1:23, moontlik omdat hulle hul met Simri, die seun van Salu, wat ’n owerste van die Simeoniete was, se bose daad, vermeld in Núm. 25:14, vereenselwig het, ja, hom selfs daarin nagevolg het. |
| 21 Hebr. Tsefon, wat ook Sifjon genoem word in Gén. 46:16. Vgl. verder hierdie name met dit wat genoem word in Génesis 46; net so ook met 1 Kronieke 1-8; ens. |
| 22 Wat skynbaar ook Esbon genoem is, Gén. 46:16. |
| 23 Genaamd Aródi, Gén. 46:16. |
| e Gén. 38:7, 10; 46:12. | 24 Naamlik deur ’n regverdige oordeel van God, wat oor hul groot en growwe sondes gekom het. Sien Gén. 38:7 se kanttekening. |
| 25 Hebr. Perets. |
| f Gén. 46:12. |
| 26 Sien vers 5 se kanttekening. |
| 27 Ook Job genoem, Gén. 46:13. |
| g Jos. 17:1. |
| 28 Hierdie woord is hier en in die twee volgende verse bygevoeg uit die voorgaande en volgende manier van spreek van hierdie hfst. Sien vers 5 se kanttekening.
29 Anders Abiëser genoem, Jos. 17:2 en elders. |
| h Núm. 27:1. | 30 Hebr. Tselofgád. |
| 31 Wat skynbaar ook Egi genoem is, Gén. 46:21, en Agrag, 1 Kron. 8:1. |
| 32 Wat skynbaar ook Husim genoem is, Gén. 46:23. |
| 33 Hebr. Geber, met die Hebreeuse letter get. |
| 34 Hebr. Jágtseël. In 1 Kron. 7:13 Jágsiël. |
| 35 Wat ook Sallum genoem word, 1 Kron. 7:13. |
| 36 Let hier op die onfeilbare waarheid en vermoënde krag van God in die beloofde vermenigvuldiging van Abraham se nageslag. Want terwyl daar in 38 jaar meer as seshonderd-en-drieduisend Israeliete gesterf het, het God dit nogtans teweeggebring dat die getal wat genoem word in Núm. 1:46 dieselfde gebly het, behalwe duisend en ’n paar honderde. |
| 37 Naamlik die geslagte van die stamme.
38 Dit is, volgens dat ’n geslag klein of groot is; dit is, uit min of uit baie mense bestaan, wie se name in ’n register opgeteken was. Vgl. die volgende vers. |
| i Núm. 33:54. | 39 Wat deur Moses plaasgevind het aan die oostekant van die Jordaan onder die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse, Núm. 32:33. Maar ook deur Josua, volgens die bevel van Moses, onder die ander stamme en die ander halwe stam van Manasse, Josua 14, ens. |
| k Núm. 33:54. Jos. 11:23; 14:2. | 40 Die land was eers deur die lot in twaalf stamme verdeel, en die stamme daarna in huisgesinne, en dit volgens die oordeel van die owerste en die hoëpriester.
41 Naamlik, die huisgesinne van elke stam sal volgens die wyse wat in die voorgaande vers voorgeskryf is, hul erfdeel in besit neem. |
| 42 Hebr. Volgens die mond van die lot. Want die lot is van die HERE, aangesien dit sy wil verklaar.
43 Verstaan ten opsigte van die verdeling van die stamme. |
| l Ex. 6:16-19. |
| 44 Wat van Gerson afkomstig was. Sien Núm. 3:18.
45 Van Kehat afkomstig, Núm. 3:19. 46 Hulle en die Musiete was afkomstig van Merári, Núm. 3:20. 47 Die nakomelinge van Kehat, Núm. 16:1. |
| m Ex. 2:1, 2; 6:19. | 48 Hebr. wat sy vir Levi gebaar het. Die vrou van Levi was die moeder van Jogébed. Jogébed was die tante en die vrou van Amram. Levi was die grootvader van Amram. |
| n Lev. 10:2. Núm. 3:4. 1 Kron. 24:2. |
| 49 Hebr. seun van ’n maand.
50 Hebr. in die midde; so ook hierna in hierdie vers. |
| 51 Vgl. Núm. 1:1, 2, ens. |
| 52 Sien oor hierdie telling Ex. 30:12-14. |
| o Núm. 14:28, 29, 34, 35. 1 Kor. 10:5, 6. | 53 Hebr. Sterwende sterwe, dit is, sekerlik sterwe, naamlik óf deur plae, óf deur natuurlike dood, en dit vanweë hul opstandigheid. Sien Núm. 14:28-30; 27:3.
54 Hierdie twee het aan God getrou gebly en het die volk ook daartoe vermaan, Núm. 14:6, ens. |