Statevertaling – Bybelstigting
Wette oor erfdogters en die erfgename van iemand wat kinderloos sterwe.
DAARNA het nader gekom adie dogters van Selófhad, die seun van Hefer, die seun van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, van die 1geslagte van Manasse, die seun van Josef — dit is die name van 2sy dogters: Magla, Noa en Hogla en Milka en Tirsa —
en hulle het gaan staan voor Moses en die priester Eleásar en voor die owerstes en die hele vergadering, by die ingang van die tent van samekoms, en gesê:
Ons vader bhet in die woestyn gesterwe, cen hy het 3nie behoort by die bende van die wat teen die HERE 4vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het 5om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie.
Waarom sou die naam van ons vader uit sy geslag 6weggeneem word, omdat hy geen seun gehad het nie? Gee ons ’n besitting onder die broers van ons vader.
Toe bring Moses hulle 7regsaak voor 8die aangesig van die HERE.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Die dogters van Selófhad praat reg. dJy moet hulle 9sekerlik ’n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.
En met die kinders van Israel moet jy spreek en sê: As iemand sterwe en geen seun het nie, moet julle sy erfdeel op sy dogter laat oorgaan.
En as hy geen dogter het nie, 10moet julle sy erfdeel aan sy broers gee.
En as hy geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan die broers van sy vader gee.
En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat naaste aan hom is uit 11sy geslag, en dié moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel 12’n regsinsetting wees, soos die HERE Moses beveel het.
Josua word aangewys as opvolger van Moses.
eDAARNA het die HERE aan Moses gesê: Klim op hierdie gebergte 13Abárim, en bekyk die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het.
En as jy dit gesien het, sal jy ook 14by jou volksgenote versamel word fsoos jou broer Aäron versamel is;
gomdat julle in die woestyn 15Sin, toe die vergadering getwis het, teen my bevel wederstrewig gewees het hom My by die water voor hulle oë te 16heilig. Dit is die water van 17Mériba by Kades, in die woestyn Sin.
Toe het Moses met die HERE gespreek en gesê:
Laat die HERE, i18die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel
19wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en 20wat hulle uitlei en wat hulle inlei; ksodat die vergadering van die HERE nie mag wees soos skape wat geen wagter het nie.
Toe sê die HERE aan Moses: lNeem vir jou Josua, die seun van Nun, ’n man min wie 21die Gees is; en 22lê hom die hand op,
en stel hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering, en gee hom 23’n opdrag voor hulle oë;
en 24lê op hom van jou 25hoogheid, sodat die hele vergadering van die kinders van Israel na hom kan 26luister.
En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing n27van die Urim kan vra voor die aangesig van die HERE; 28volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering gestel,
en 29hy het hom die hande opgelê en hom ’n opdrag gegee soos die HERE deur die 30diens van Moses gespreek het.
| a Núm. 26:33; 36:2. Jos. 17:3. | 1 Omdat hulle ook daarby behoort het, verskyn hulle as sodanig voor Moses, om die erfdeel van hul vader, wat gesterf het, te versoek.
2 Naamlik Selófhad. |
| b Núm. 14:35; 26:64.
c Núm. 16:1. |
3 Dit is, hy was nie deel van die opstand nie, en het geen gemeenskap gehad aan hul bose daad nie.
4 Naamlik deur die opstand en muitery waarvan ons lees in Núm. 16:1-3, ens. 5 Hoewel hy nie skuldig was aan die sameswering van Korag nie, was hy nogtans medeskuldig aan die algemene murmurering van die volk, waarom God hulle gedreig het dat hulle in die woestyn sou omkom. Sien Númeri 14. |
| 6 Hebr. verminder. |
| 7 Hebr. die oordeel of gerig, dit is, saak, meningsverskil of geskil, wat deur die uitspraak van God bepaal moes word. Want dit was nog onseker of die dogters, indien daar geen manlike erfgenaam was nie, ’n erfdeel mog ontvang, en of hulle, met ’n bruidskat, uit die erfenis sou moes tree.
8 Dit is, in die tent van samekoms, waar Moses die stem van die HERE van bo die versoendeksel van die ark, tussen die twee gérubs uit, tot hom hoor spreek het. Sien Ex. 25:22. Núm. 7:89. Of verstaan dat Moses deur middel van die tekens van Urim en Tummim, wat in die borstas van die hoëpriester was, die wil van God verneem het. Vgl. vers 21. |
| d Núm. 36:2. | 9 Hebr. gewende gee, naamlik die erfdeel wat hulle vader sou ontvang het, indien hy nog sou lewe. |
| 10 Naamlik, ná die dood van die man wat geen dogter het nie. So moet dit ook verstaan word aan die einde van die volgende vers. |
| 11 Naamlik van sy vader, na wie die seuns genoem is.
12 Dit is, waarvolgens die regters in die gerig oor sodanige sake sal moet oordeel en uitspraak doen. |
| e Deut. 32:48, 49. | 13 Die HERE wys vir hom ’n berg van die gebergte Abárim. By hierdie gebergte was die een-en-veertigste en die voorlaaste rusplek van die kinders van Israel, in hul reis na die beloofde land, asook die berg Nebo, waarop Moses gesterf het, Deut. 32:49, 50; 34:1, 5. |
| f Núm. 20:24. | 14 Sien Gén. 15:15 en 25:8 se kanttekeninge. |
| g Núm. 20:12.
h Núm. 20:12. |
15 Hebr. Tsin.
16 Ons heilig God as ons sy werke reg waarneem en sy heiligheid en al sy goddelike deugde reg ervaar, met eerbied spreek, en met ons werke aanleiding gee dat sy Naam geprys en grootgemaak word, Lev. 22:2. So ook in Núm. 20:12. Jes. 8:13; 29:23. 17 Dit is, twis, en dit word deur aanwysing van plekke onderskei van die twiswater by Ráfidim, waar hulle (naamlik Moses en Aäron) nie teen die HERE gesondig het deur ongeloof nie, Ex. 17:7. |
| i Núm. 16:22. Hebr. 12:9. | 18 Dit is, wat die siele van alle mense geskape het en daarin die gawes uitstort, sowel van natuur as van genade, wat vir hulle nodig is tot uitvoering van hul beroep. Sien Núm. 16:22 se kanttekening. |
| k 1 Kon. 22:17. Matt. 9:36. Mark. 6:34. | 19 Dit is, wat die werke van sy beroep binne en buite die huis, by elke geleentheid getrou waarneem en dapper uitvoer. Sien Deut. 28:6; 31:2 en die kanttekening.
20 Dit is, wat die gemeente deur sy outoriteit gebied, lei, getrou regeer en voorstaan, sodat elkeen volgens sy beroep sy behoorlike plig uitvoer en sowel in die geestelike as in die liggaamlike welvaart geniet. |
| l Deut. 3:21.
m Deut. 34:9. |
21 Naamlik, wat vir hom nodig is in sulke moeilike regering, soos die Gees van die vrees van die HERE, van wysheid, van sterkte, van geregtigheid, van geduld, van matigheid; welke gawes van my Gees voortkom.
22 Deur hierdie seremonie moes hy aan God toegewy en oorgegee word om sy amp getrou te bedien en daartoe die nodige gawes te ontvang. Sien oor die verskeie gebruike van hierdie seremonie Gén. 48:14, Lev. 1:4 en Núm. 8:10 se kanttekeninge. |
| 23 Naamlik, van dit wat hy in die uitvoering van sy amp moet doen of nie moet doen nie. |
| 24 Vgl. Núm. 11:17 en die kanttekening.
25 Verstaan hierdeur nie net die uiterlike glans van hoogheid en aansien nie, maar in die besonder die inwendige versiering en waardigheid van die amp. 26 Dit is, gehoorsaam wees. |
| n Ex. 28:30. Lev. 8:8. | 27 Sien hieroor Ex. 28:30 en Lev. 8:8 se kanttekeninge. Hierdeur is God op ’n buitengewone manier om raad gevra oor twyfelagtige en baie gewigtige sake. Sien vers 5 se kanttekening. Maar andersins moes die owerstes hulle normaalweg hou aan die geskrewe woord en die geopenbaarde wil van God, Deut. 17:19. Jos. 1:7, 8.
28 Dit is, volgens die bevel en voorskrif van die HERE sal hulle ook in hul beroep hul verskuldigde plig doen. Vgl. vers 17 se kanttekening. |
| 29 Sien vers 18 se kanttekening.
30 Hebr. hand. |