Statevertaling – Bybelstigting
Wette oor die daaglikse brandoffer met spys- en drankoffer.
VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my 1spys vir my 2vuuroffers as 3lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.
En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: atwee 4jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as ’n 5voortdurende 6brandoffer.
Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy 7teen die aand berei;
bmet ’n 8tiende van ’n efa fynmeel as c9spysoffer, gemeng met ’n d10kwart-hin uitgestampte olie.
Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai 11ingestel is as lieflike geur, ’n vuuroffer aan die HERE.
En die 12drankoffer wat daarby behoort, moet wees ’n kwart-hin vir elke lam. 13In die heiligdom moet jy die drankoffer van 14sterk drank aan die HERE 15uitgiet.
En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei — ’n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Wette oor die sabbat-offer en oor dié van die nuwemaan.
MAAR op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van ’n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.
Dit is die brandoffer van die sabbat 16op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
En by die 17begin van julle maande moet julle ’n brandoffer aan die HERE bring: twee 18jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
en drie-tiendes van ’n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee-tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;
en 19een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir 20elke lam. Dit is ’n brandoffer, ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan die HERE.
En hulle drankoffers moet wees ’n half-hin wyn vir ’n bul en ’n derde van ’n hin vir ’n ram en ’n kwart-hin vir ’n lam. Dit is die brandoffer by 21elke nuwemaan, 22vir die maande van die jaar.
Ook moet een bokram as 23sondoffer aan die HERE berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
Wette oor die groot feeste.
eEN in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die 24pasga 25van die HERE.
En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.
Op die feerste dag moet daar 26’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: 27twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.
En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle berei.
Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.
Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.
Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.
Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die HERE berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word — en die drankoffer wat daarby behoort.
En op die sewende dag moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
En op die dag van die eerstelinge, as julle ’n 28nuwe spysoffer 29by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
Dan moet julle 30’n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;
en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,
een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
een bokram om vir julle versoening te doen.
Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei — hulle moet vir julle sonder gebrek wees — en hulle drankoffers.
| 1 Hebr. brood. Sien Lev. 3:11 se kanttekening, en hierna, vers 24.
2 Sien Lev. 1:9 se kanttekening. 3 Sien Gén. 8:21 se kanttekening. |
| a Ex. 29:38. | 4 Hebr. seuns van ’n jaar. So ook hierna, in verse 9, 11, 19, 27.
5 Sien vers 6 en die kanttekening. 6 Sien Gén. 8:20 en Lev. 6:9 se kanttekeninge. |
| 7 Hebr. tussen die aande. Dit is, tussen die aand se begin en einde. Die aand het begin met die negende uur van die dag, dit is, drie ure voor sonsondergang, en het met daardie sonsondergang geëindig. Of: albei eindes van die aand, wat twee aande genoem word, omdat die eerste die einde van die afgelope dag en die ander die begin van die komende nag was. Sien ook Ex. 12:6 se kanttekening. |
| b Ex. 16:36.
c Lev. 2:1. d Ex. 29:40. |
8 In die Hebreeus gomer, homer of omer genoem. Sien Ex. 16:36 en Lev. 5:11 se kanttekeninge. Dit blyk uit hierdie vers dat waar op ander plekke in die Hebreeus van dele fynmeel gespreek word, dele van ’n efa bedoel word.
9 Sien Lev. 2:1 se kanttekening. 10 ’n Maat van nat ware, by die Hebreërs so genoem; sien daaroor Lev. 19:36 se kanttekening. |
| 11 Hebr. gemaak. Sien oor die voortdurende brandoffer Ex. 29:38, 39, ens., en oor die ander offers Levítikus 23. Omdat dit daarna negen-en-dertig jaar lank in die woestyn nie na behore onderhou is nie, het dit God behaag om die wette daarvan weer te bevestig, net voordat hulle in die land Kanaän sou ingaan. Deels sodat dit nie weer nagelaat sou word nie, deels sodat hieruit sou blyk dat Hy as ’n genadige Vader daardie volk, nieteenstaande hul veelvoudige afwykings, nog as sy eiendom gehou het, deur wie Hy begeer het om geken en gedien te word. |
| 12 Sien Lev. 23:13 en die kanttekening.
13 Dit is, in die voorhof van die tabernakel, op die brandofferaltaar; ook so genoem in 2 Kron. 29:7. Sien die kanttekening daar. 14 Hebr. sjegar. Sien Lev. 10:9 se kanttekening. Verstaan wyn, soos te sien is in vers 14 en Ex. 29:40. Lev. 23:13. 15 Die Hebreeuse woord beteken die offer van vloeistowwe, soos in Gén. 35:14. Ex. 30:9. |
| 16 Hebr. in sy sabbat. So ook in vers 14 en die kanttekening. |
| 17 Hebr. hoofde. So ook in Ex. 12:2. Núm. 10:10.
18 Hebr. seuns van ’n bees. So ook in verse 19, 27. Sien Lev. 1:14 se kanttekening. |
| 19 Hebr. ’n tiende, ’n tiende. Sien Gén. 7:2 se kanttekening, en hierna, verse 21, 29.
20 Hebr. een. So ook in Núm. 29:4. 1 Kon. 10:14 in een jaar, dit is, in elke jaar, ens. |
| 21 Hebr. nuwemaan in haar maand.
22 Of: deur die maande van die jaar, dit is, wat in die begin van elke maand van die jaar geoffer moes word. |
| 23 Sien Lev. 4:3 se kanttekening. |
| e Ex. 12:18; 23:15. Lev. 23:5. | 24 Sien Lev. 23:5 se kanttekening.
25 Anders: vir die HERE. |
| f Lev. 23:7. | 26 En gevolglik ’n heilige byeenkoms vir godsdiens. Hebr. ’n samekoms van heiligheid, so ook in verse 25, 26. Sien Lev. 23:2 se kanttekening. |
| 27 Hebr. twee seuns van ’n bees. |
| 28 Sien Lev. 23:16 se kanttekening.
29 Dit is, nadat die sewe weke waarvan ons lees in Lev. 23:15, 16, verby sal wees. |
| 30 Hierdie offer wat by hierdie dag behoort, moet onderskei word van ’n ander offer, waarvan te sien is in Lev. 23:18 en wat eintlik gedien het tot die onderhouding van die pinksterdag. Die offer in hierdie vers het bygekom, om die manier waarop die eerstelinge wat vir die HERE geoffer moes word, voor te skryf; sodat beide hierdie offers gebring moes word, en die een dus nie deur die ander vervang is nie. |