Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 29

1

EN in die 1sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; adit moet vir julle ’n dag 2van trompetgeklank wees.

2

Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: 3een jong bul, een ram, sewe 4jaaroud lammers sonder gebrek;

3

en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, 5drie-tiendes van ’n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,

4

en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

5

en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;

6

behalwe 6die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die 7voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers 8volgens die daarvoor geldende voorskrif — tot ’n lieflike geur, ’n vuuroffer aan die HERE.

7

En op die 9tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle ’n heilige samekoms wees, en bjulle moet 10julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.

8

Dan moet julle ’n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; csonder gebrek moet hulle vir julle wees;

9

en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,

10

11een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

11

een bokram as sondoffer, behalwe die 12sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort — en hulle drankoffers.

12

En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle ’n 13heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE ’n fees vier.

13

En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: 14dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;

14

en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,

15

en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;

16

en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

17

Daarna 15op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

18

en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, 16volgens die voorskrif;

19

en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.

20

En 17op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

21

en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

22

en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

23

Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

24

hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

25

26

En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

27

28

29

Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

30

31

32

En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;

33

en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;

34

35

Op die agtste dag dmoet daar vir julle ’n 18feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

36

En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

37

hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;

38

39

Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle 19geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.

40

En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.

a Lev. 23:24. 1 Sien oor hierdie maand Lev. 23:24 se kanttekening.

2 Hierdie fees word so genoem omdat dit vir die volk met die blaas van trompette of basuine aangekondig was. Sien Lev. 23:24 se kanttekening.

3 Hebr. ’n seun van ’n bees. So ook in verse 8, 13, 17, ens. Sien Lev. 1:14 se kanttekening.

4 Hebr. seuns van ’n jaar; dit is, ’n jaar oud. So ook in verse 8, 13, 17, ens. Sien Lev. 23:18 se kanttekening.

5 Sien Núm. 28:5 se kanttekening.
6 Wat geoffer moes word op die eerste dag van elke maand, Núm. 28:11, 12, ens. 2 Kron. 2:4. Sodat hierdie gewone offer van die nuwemane nie deur die voormelde offer nagelaat sou word nie.

7 Sien Núm. 28:6 se kanttekening en hierna, verse 11, 16, ens.

8 Dit is, volgens die wet wat God daaroor beveel en ingestel het. Sien Lev. 5:10 se kanttekening.

b Lev. 16:29, 31; 23:27. 9 Hierdie dag was die dag van versoening, waarvan ’n mens kan lees in Lev. 16:29, 30; 23:27.

10 Hebr. julle siele. Dit is, julle persoonlik verneder voor die HERE, deur julle sondes te beken en te bely met vas, met bid, en met ’n voorneme om julle lewe te verbeter. Sien Lev. 16:29 se kanttekening.

c Núm. 28:19.
11 Hebr. ’n tiende, ’n tiende vir ’n lam. So ook in vers 15 en Núm. 28:13.
12 Waarvan ’n mens kan lees in Lev. 16:11, 15; wat, nieteenstaande die ander offers wat hier op die versoendag beveel is, nogtans ook op dieselfde dag geoffer moes word. Soos telkens beskryf word dat die daaglikse offer moes voortgaan, hoewel op sommige dae nog ander offers bo en behalwe hierdie offers beveel was. Sien verse 16, 22, 25, 28, 31, 34, 38, 39.
13 Verstaan die huttefees; sien daaroor Lev. 23:34. Deut. 16:13.
14 Naamlik op die eerste dag van hierdie fees, want op die tweede dag moes slegs twaalf bulle geoffer word, op die derde slegs elf, en so ook deurgaans een bul minder as wat op die voorgaande dag geoffer was. Sien verse 17, 20, 23, 26, 29, 32.
15 Naamlik van die huttefees; en so ook in dit wat volg.
16 Sien vers 6 se kanttekening.
17 Naamlik van die voormelde fees, en so ook in dit wat volg.
d Lev. 23:36. 18 Hebr. verbod of ophouding. Omdat op hierdie dag alle beroepswerk verbied was. Sien Lev. 23:36 se kanttekening. Dit was die groot dag van die fees, die dag waarop Christus in die tempel gestaan het en die dorstige siele tot Hom geroep het, terwyl Hy aan hulle verkwikking belowe het, Joh. 7:37.
19 Hierdie geloftes en die offers wat hier in die teks beskryf word, was gewone godsdienstige handelinge, wat nie nagelaat moes word weens die buitengewone handelinge wat in hierdie hoofstuk beskryf word nie, wat op sekere dae van die jaar volgens God se bevel plaasgevind het. Sien vers 11 se kanttekening.