Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 3

Telling van die Leviete.

1

EN dit is die 1nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe die HERE met Moses op die berg Sinai gespreek het.

2

En dit is die name van die seuns van Aäron: adie eersgeborene Nadab, daarna Abíhu, Eleásar en Ítamar.

3

Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy 2aangestel het om die priesteramp te bedien.

4

bMaar Nadab en Abíhu het gesterwe 3voor die aangesig van die HERE toe hulle 4vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Ítamar het die priesteramp bedien 5voor die oë van hulle vader Aäron.

5

En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

6

cLaat die stam van Levi nader kom, en stel hulle voor die priester Aäron, dat hulle hom kan dien.

7

En hulle moet 6sy diens waarneem en die diens van die 7hele vergadering voor die tent van samekoms, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

8

En hulle moet sorg vir al die gereedskap van die tent van samekoms en vir die diens 8van die kinders van Israel, om die dienswerk van die tabernakel te verrig.

9

En jy moet die Leviete aan Aäron en sy seuns gee; hulle is heeltemal aan hom gegee uit die kinders van Israel.

10

Maar Aäron en sy seuns moet jy aanstel, dat hulle hul priesteramp kan waarneem; en die 9onbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

11

12

Kyk, Ek self het die Leviete geneem onder die kinders van Israel uit in die plek van al die eersgeborenes 10dwat die moederskoot open, uit die kinders van Israel, dat die Leviete myne kan wees.

13

Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, ehet Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.

14

En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai en gesê:

15

Tel die seuns van Levi volgens hulle families, volgens hulle geslagte; almal wat manlik is, van 11’n maand oud en daarbo — dié moet jy tel.

16

En Moses het hulle volgens die 12bevel van die HERE getel soos dit hom beveel is.

17

fEn dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.

18

En dit is die name van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte: Libni en Símeï.

19

En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ússiël.

20

En die seuns van Merári volgens hulle geslagte: Magli en Musi. Dit is die geslagte van die Leviete volgens hulle families.

21

Aan Gerson behoort die geslag van die Libniete en die geslag van die Simeïete. Dit is die geslagte van die Gersoniete.

22

Hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik was, van 13’n maand oud en daarbo — húlle geteldes was seweduisend-vyfhonderd.

23

Die geslagte van die Gersoniete moet laer opslaan agter die tabernakel aan die 14westekant.

24

En owerste oor die familie van die Gersoniete moet Éljasaf, die seun van Lael, wees.

25

En 15die seuns van Gerson moet by die tent van samekoms 16versorg: 17die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die bedekking vir die ingang van die tent van samekoms;

26

en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en sy lyne — alles wat by sy bediening behoort.

27

En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.

28

Volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was daar agtduisend-seshonderd wat die diens van die heiligdom 18waargeneem het.

29

Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die 19suidekant.

30

En owerste oor die familie vir die geslagte van die Kehatiete moet wees Elísafan, die seun van Ússiël.

31

En hulle moet versorg: die ark en die tafel en die kandelaar en die 20altare en die gereedskap van die heiligdom waarmee 21hulle diens doen, en die 22voorhangsel en alles wat by 23die bediening daarvan behoort.

32

En 24die hoof van 25die owerstes van Levi moet wees Eleásar, die seun van Aäron, die priester, 26die opsigter oor die 27wat die diens van die heiligdom waarneem.

33

Aan Merári het behoort die geslag van die Magliete en die geslag van die Musiete. Dit is die geslagte van Merári.

34

En hulle geteldes volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en daarbo, was sesduisend-tweehonderd.

35

En die owerste van die familie vir die geslagte van Merári moet wees Súriël, die seun van Abihail; hulle moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die noordekant.

36

En die toesig van die seuns van Merári — wat hulle te besorg het — moet wees oor 28die style van die tabernakel en sy dwarshoute en sy pilare en sy voetstukke en al die gereedskap sowel as die hele diens wat daarby behoort;

37

en die pilare van die voorhof rondom en hulle voetstukke en hulle penne en hulle lyne.

38

En die wat voor die tabernakel laer opslaan, aan die oostekant, voor die tent van samekoms, teen sonop, moet wees Moses en Aäron met sy seuns wat die diens van die heiligdom waarneem, naamlik 29die diens vir die kinders van Israel; 30en die gonbevoegde wat nader kom, moet gedood word.

39

Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van ’n maand oud en daarbo, was 31twee-en-twintigduisend.

40

En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van ’n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.

41

En jy moet vir My — Ek is die HERE — die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.

42

En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.

43

En al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ’n maand oud en daarbo, volgens hulle geteldes, was twee-en-twintigduisend-tweehonderd-drie-en-sewentig.

44

45

Neem die 32Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.

46

Wat aangaan die loskoping van die tweehonderd-drie-en-sewentig wat 33oor is bo die Leviete, uit die eersgeborenes van die kinders van Israel,

47

moet jy 34per hoof vyf sikkels neem; 35volgens die sikkel van die heiligdom moet jy dit neem; hdie sikkel is twintig 36gera.

48

En jy moet die geld as losprys van die wat onder hulle oor is, aan Aäron en sy seuns gee.

49

Daarop het Moses die loskoopgeld geneem van die 37wat oor was bo die wat deur die Leviete losgekoop was;

50

van 38die eersgeborenes van die kinders van Israel het hy die geld geneem, 39duisend-driehonderd-vyf-en-sestig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.

51

En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die 40bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.

1 Of: geboortes. Verstaan daardeur die beskrywing, nie net van enkele persone, soos van Moses en Aäron, asook sy seuns en die Leviete nie, maar ook van dit wat deur God se verordering onder hulle gebeur het. So is die woord ook gebruik in Gén. 6:9; 25:19. Sien ook Gén. 37:2 en die kanttekening.
a Ex. 6:22.
2 Of: wie se hande hy gevul het om, ens. Dit is, hulle wat geheilig was tot die bediening van die priesteramp. Sien oor die verklaring van hierdie manier van spreek Lev. 7:37 se kanttekening. Net so ook Ex. 28:41; 29:9.
b Lev. 10:1, 2, ens. Núm. 26:61. 1 Kron. 24:2. 3 Sien Lev. 10:2 se kanttekening.

4 Sien Lev. 10:1 se kanttekening.

5 Dit is, terwyl hulle vader nog gelewe het. Sien ’n soortgelyke manier van spreek in Gén. 11:28.

c Núm. 16:9; 18:2.
6 Of: sy bevel en opdrag onderhou. Hebr. onderhou sy onderhouding. Sien dieselfde manier van spreek in verse 8, 28, 32, 38. Núm. 9:19. Sien ook Lev. 8:35 se kanttekening.

7 Dit is, wat die hele vergadering moes waarneem, in wie se plek die eersgeborenes van die Israeliete tevore die diens moes waarneem, soos in Ex. 19:22 en die kanttekening te sien is. Maar nou word die amp voortaan die Leviete opgelê. Sien Núm. 1:53 en vgl. hierna, vers 38 en Núm. 16:9.

8 Dit is, wat aan die kinders van Israel tevore self toegekom het om te verrig, deur hul eersgeborenes.
9 Dit is, wat nie van die priesterlike huis is nie; vir wie dit ongeoorloof was om die priesteramp te bedien. Sien ook vers 38 en Núm. 16:40. Vgl. ook Lev. 22:10.
d Ex. 13:2. 10 Hebr. opening van die moederskoot; so word die mense en diere genoem wat eerste uit hul moeder gebore is, Ex. 13:2; 34:19. Núm. 18:15.
e Ex. 13:2; 22:29; 34:19. Lev. 27:26. Núm. 8:16. Luk. 2:23.
11 Hebr. ’n seun van ’n maand. Die telling van die Leviete was drieërlei: (1) Van ’n maand oud en daarbo, as hulle aan die HERE geheilig is, waarvan hier en in vers 40 gespreek word. (2) Van vyf-en-twintig jaar oud en daarbo, wanneer hulle aangestel is as nuwe aankomelinge om die gewone werk van die tabernakel te bedien; sien daaroor Núm. 8:24. (3) Van dertig jaar oud en daarbo, wat die vernaamstes was, nie net in die bediening van die tabernakel nie, maar ook in die vervoer daarvan en van sy gereedskap. As hulle die ouderdom van vyftig jaar bereik het, was hulle vrygestel van hul diens, Núm. 4:3, hoewel hulle die ander met hul outoriteit, opsig, beleid en raad bystand moes verleen, Núm. 8:25, 26.
12 Hebr. mond. Sien Gén. 41:40 se kanttekening. Ex. 17:1 en hierna, vers 39.
f Ex. 6:15-17. Núm. 26:57. 1 Kron. 6:1; 23:6.
13 Hebr. ’n seun van ’n maand, en so ook in die volgende verse.
14 Hebr. seewaarts. Sien Núm. 2:18 se kanttekening.
15 Die taak van hierdie en die ander Leviete word in hierdie hfst. kortliks aangewys, maar in die volgende hfst. breedvoeriger beskryf.

16 Hebr. bewaar, of waarneem.

17 Verstaan deur die name tabernakel en tent al die gordyne, behangsels en bedekkings, wat van onder tot bo daarby behoort het, wat deur die Gersoniete gedra moes word.

18 Sien vers 7 se kanttekening.
19 Die suide het by die Hebreërs sy naam van die regterhand, omdat diegene wat die aangesig na die ooste wend, die suide aan hulle regterhand het.
20 Verstaan die reukaltaar en brandofferaltaar, soos te sien is in Núm. 4:11, 13, waarvan die een in die Heilige en die ander in die voorhof gestaan het.

21 Naamlik die priesters.

22 Verstaan hiermee die voorhangsel wat die Heilige van die Allerheiligste geskei het, asook die bedekkings waarvan ons lees in Núm. 4:5-7, ens.

23 Hebr. sy diens, so ook in Núm. 4:26, dit is, sy gereedskap, voorwerpe en dit wat daarby hoort.

24 Hy was gestel oor die owerstes van die Leviete en was die vernaamste naas die hoëpriester, wat in tyd van nood in sy plek waargeneem het; sien 1 Kon. 4:4 se kanttekening. Daarom is hy die tweede priester genoem, 2 Kon. 25:18.

25 Hulle was drie, een uit elke geslag van Levi; naamlik Éljasaf uit die geslag van Gerson, vers 24, en Elísafan uit die geslag van Kehat, vers 30, en Súriël uit die geslag van Merári, vers 35.

26 Naamlik Eleásar, wat die hoof van die owerstes van die Leviete was. Ander vertaal: dit is die amp van diegene wat die diens van die heiligdom waarneem. Hierdie woorde word dan gesien as die slot van die beskrywing van die amp van die Kehatiete.

27 Dit is, wat in die godsdiens ’n amp of opdrag het.

28 Omdat die Merariete groter las moes dra as die Gersoniete, soos af te lei is uit die vergelyking van hierdie en die volgende vers met verse 25, 26, so is aan die Merariete tot uitvoering van hul diens vier waens en agt beeste gegee, maar aan die Gersoniete nie meer as twee waens met vier beeste nie. Sien Núm. 7:7, 8.
g vers 10. Núm. 16:40. 29 Dit is, in die plek van die diens wat die kinders van Israel anders moes waarneem. Sien vers 7 se kanttekening.

30 Sien vers 10 se kanttekening.

31 As ’n mens verse 22, 28, 34 beskou, sal die bevinding wees dat die getal van die Gersoniete 7500 was, van die Kehatiete 8600, van die Merariete 6200, wat in totaal 22300 is, 300 meer as wat in hierdie vers vermeld word. Volgens sommige manuskripte van die Septuagint was die getal van die Kehatiete 8300 en nie 8600 nie.
32 Naamlik die 22000 geteldes. Sien vers 39.
33 Want die getal van die Leviete was slegs 22000, vers 39, en van die eersgeborenes was 22273, vers 43.
h Ex. 30:13. Lev. 27:25. Núm. 18:16. Eség. 45:12. 34 Hebr. vyf vyf sikkels, volgens die kop of die harspan.

35 Sien Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge.

36 Sien Lev. 27:25 se kanttekening.

37 Wat in getal 273 was, soos in die voorgaande gemeld is; en gevolglik moes soveel eersgeborenes met geld gelos word. Vgl. vers 46 se kanttekening.
38 Naamlik, wat oor was bo die getal van die Leviete.

39 Elkeen van die 273 eersgeborenes wat meer was as die getal van die Leviete, moes tot sy lossing vyf sikkels gee, vers 47. Daarom gee die gemelde getal, met vyf vermenigvuldig, hierdie totaal.

40 Hebr. mond.