Statevertaling – Bybelstigting
Wette oor die geloftes wat deur vroue gedoen is.
EN Moses het met die 1stamhoofde 2van die kinders van Israel gespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:
aAs iemand aan die HERE ’n gelofte 3doen of 4’n eed sweer waardeur hy 5homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie 6breek nie; hy moet handel 7volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
Maar as ’n 8vrou aan die HERE ’n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
en haar vader van haar gelofte 9hoor of van die onthouding waartoe sy haarself verbind het, en haar vader swyg teenoor haar, dan sal 10al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
Maar as haar vader haar terughou 11op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en die HERE 12sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het.
Maar as sy 13trou terwyl 14haar geloftes op haar rus of iets wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het,
en haar man daarvan hoor, 15op watter dag ook al, en teenoor haar swyg, dan sal haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en die HERE sal haar dit vergewe.
Maar die gelofte van 16’n weduwee of van 17’n vrou wat verstoot is — alles waardeur sy haarself verbind het, sal vir haar van krag wees.
En as sy in die huis van haar man ’n gelofte doen of haarself met ’n eed verbind om haar te onthou,
en haar man daarvan hoor en teenoor haar swyg, haar nie terughou nie, dan sal al haar geloftes van krag wees, en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, sal van krag wees.
Maar as haar man die dinge 18uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en die HERE sal haar dit vergewe.
Elke gelofte en elke eed van onthouding om die siel te verootmoedig — haar man kan dit van krag maak, en haar man kan dit tot niet maak.
Maar as haar man van dag tot dag 19geheel en al teenoor haar swyg, dan maak hy al haar geloftes of elke onthouding waartoe sy verbind is, van krag; hy het dit van krag gemaak, want hy het teenoor haar geswyg op die dag dat hy daarvan gehoor het.
Maar as hy dit 20uitdruklik tot niet maak nadat hy al daarvan gehoor het, 21dan dra hy haar ongeregtigheid.
Dit is die insettinge wat die HERE Moses beveel het tussen ’n man en sy vrou, tussen ’n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is.
| 1 Daar was ’n owerste uit elke stam. Sien Núm. 1:4, 16 en die kanttekeninge.
2 Elke hoof moes aan sy stam die volgende instelling oordra. |
| a Deut. 23:21. | 3 Naamlik eenvoudig sonder eedswering, om iets vrywillig te gee of te doen tot eer van God. Sien wat ’n gelofte is in Lev. 7:16 se kanttekening.
4 Naamlik, om hom hierdeur te verplig en skuldig te maak om iets te wil doen of nie te doen nie. 5 Hebr. ’n band op sy siel bind, dit is, op homself of sy persoon; so ook in dit wat volg. Soos liggame gebind word met toue om in ’n sekere plek te bly, so word die siele van die mense ook gebind deur die belofte wat aan die HERE gemaak is, om vas te hou aan dit wat hulle belowe het. 6 Dit is, tot skande en oorsaak van lastering maak, deur sy belofte te verbreek. 7 Verstaan wat in sy vermoë en geoorloof is, wat nie in stryd is met die wet van die HERE nie. Die gelofte van diegene wat hulle voorgeneem het om Paulus te vermoor, het nie hieraan voldoen nie, Hand. 23:14. |
| 8 Verstaan hier nie ’n getroude vrou, soos in verse 6-8 nie, maar ’n vroulike persoon, soos ’n jongedogter, wat nog onder die gesag van haar vader is, soos uit hierdie en die laaste vers van hierdie hoofstuk afgelei kan word. So word Maria, die moeder van die HERE, onder die vroue en ’n vrou genoem, Luk. 1:42. Gal. 4:4. |
| 9 Dit is, óf openlik inwillig, óf deur stilswye toelaat, want (soos ’n mens sê) die wat swyg, keur dit skynbaar goed, of stem saam.
10 Dit is, sy sal alles wat sy die HERE beloof het, sonder om iets na te laat, moet volbring. |
| 11 Verstaan hieruit twee dinge: (1) Dat die vader, wat van sy dogter se gelofte verneem het, nie lank moet nadink om daartoe in te willig of dit te weier nie. (2) Dat die dogter, so vinnig as haar vader haar gelofte geweier het, noodsaaklik daarvan afstand moes doen. Vgl. verse 7, 8.
12 Naamlik: (1) Dat sy so onversigtig ’n gelofte gedoen het, sonder om haar vader daarin te ken. (2) Dat sy gedwing was om haar gelofte na te laat. So ook in vers 8. |
| 13 Hebr. van ’n man wesende sal wees, dit is, aan ’n man verloof of getroud en gevolglik onder sy gesag staan. Sien hierdie manier van spreek ook in Núm. 36:3.
14 Dit is, as sy haar deur ’n gelofte beswaar het wat sy belowe het om te volbring, óf eenvoudig met plegtige woorde, óf met die byvoeging van ’n eed; soos in vers 2. So ook in verse 8, 10. |
| 15 Of: op die dag dat hy daarvan hoor. Vgl. vers 5 se kanttekening en sien die volgende vers. |
| 16 Wie se man, toe sy haar gelofte gedoen het, oorlede was en sy dus nie meer onder daardie gesag was nie, daarom het sy self die mag gehad om die gelofte te doen sonder om iemand daarin te ken.
17 Verstaan ’n vrou wat ’n skeibrief ontvang het en deur haar man verlaat is. So ook in Lev. 21:7. Sy het ook self die mag gehad, omdat die man haar die reg en gesag wat hy oor haar gehad het, deur die egskeiding kwytgeskeld het. Daarom moes sulke geloftes van krag word. |
| 18 Hebr. tot niet makende tot niet maak. So ook in vers 15. |
| 19 Hebr. swygende swyg. |
| 20 Hebr. tot niet makende tot niet maak, naamlik, nie op dieselfde dag waarop hy dit gehoor het nie, maar een of meer dae daarna.
21 Dit is, dan is hy skuldig aan die straf wat verdien is deur die verbreking van die voorgemelde beloftes. Sien oor hierdie manier van spreek Lev. 5:1 se kanttekening. Ander vertaal hier die Hebreeuse woord met wegneem, naamlik die ongeregtigheid van die vrou, sodat sy deur die verbreking van haar gelofte nie skuldig of strafbaar sal wees nie. Soos in verse 5, 8, 12 vermeld word. |