Statevertaling – Bybelstigting
Die Israeliete oorwin die Midianiete.
EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:
a1Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; 2bdaarna sal jy by jou volksgenote versamel word.
Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul 3vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig 4van die HERE aan Mídian te voltrek.
5Duisend vir elke stam van al die stamme van Israel moet julle na die oorlog stuur.
Toe is daar uit die duisende van Israel duisend vir elke stam gelewer, twaalfduisend wat vir die oorlog gewapen was.
En Moses het hulle na die oorlog gestuur, duisend vir elke stam, hulle en 6Pínehas, die seun van die priester Eleásar, na die oorlog, met die 7heilige voorwerpe en die trompette by hom om alarm te blaas.
En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos die HERE Moses beveel het, en al die manlike persone gedood.
Ook het hulle die 8konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het: cEwi en Rekem en 9Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulle 10Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood.
Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.
Verder, al hulle stede 11in hulle woonplekke en al hulle laers het hulle met vuur verbrand
den al die roof geneem en al die buit, mense en diere.
Daarna het hulle 12die gevangenes en die buit en die roof na Moses en die priester Eleásar en na die vergadering van die kinders van Israel gebring in die laer, in die vlaktes van Moab wat by die 13Jordaan van Jérigo is.
En toe Moses en die priester Eleásar en al die owerstes van die vergadering hulle buitekant die laer tegemoetgaan,
het Moses kwaad geword vir die aanvoerders van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd wat van die veldtog af gekom het.
En Moses het vir hulle gesê: 14Het julle al die vroue laat lewe?
Kyk, hulle was, deur die 15raad van eBíleam, vir die kinders van Israel ’n oorsaak van troubreuk teenoor die HERE in die saak van Peor, sodat 16die plaag in die vergadering van die HERE was.
fMaak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat 17gemeenskap met ’n man gehad het.
Maar laat al die kinders 18onder die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, vir julle in die lewe bly.
En julle, slaan 19sewe dae lank ’n kamp op buitekant die laer; elkeen wat 20’n mens gedood en elkeen wat aan ’n gesneuwelde geraak het — julle moet jul op die derde dag en op die sewende dag 21ontsondig, julle en jul gevangenes.
Ook moet julle al die klere en elke ding van leer en alles wat van bokhaar gemaak is, en elke ding van hout 22ontsondig.
En die priester Eleásar het aan die 23krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die HERE Moses beveel het.
Net 24die goud en die silwer, die koper, die yster, die tin en die lood —
elke ding 25wat in die vuur kan kom — moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel moet dit gdeur 26reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Julle moet ook jul klere op die sewende dag was; dan sal julle rein wees; en daarna mag julle in die laer kom.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Neem die volle getal op 27van wat as buit weggevoer is, van mense en van diere, jy en die priester Eleásar en die familiehoofde van die vergadering;
en hverdeel die buit 28tussen die wat met die oorlog te doen gehad het, wat op kommando uitgetrek het, én die hele vergadering.
En hef 29’n bydrae vir die HERE van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het —30een uit elke vyfhonderd — van die mense en van die beeste en van die esels en van die 31kleinvee.
Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar 32as ’n offergawe aan die HERE.
Maar uit die helfte 33van die kinders van Israel moet jy 34een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, 35uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee 36wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem.
En Moses en die priester Eleásar het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
En die buit, 37die oorskot van die roof wat die 38krygsmanne geneem het, was seshonderd-vyf-en-sewentigduisend stuks 39kleinvee;
en twee-en-sewentigduisend beeste;
en een-en-sestigduisend esels;
en mensesiele, uit die vroulike persone wat geen gemeenskap met ’n man gehad het nie, al die siele was twee-en-dertigduisend.
En die helfte, die deel van hulle wat na die oorlog uitgetrek het, was in getal driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd stuks kleinvee.
En 40die bydrae aan die HERE uit die kleinvee was seshonderd-vyf-en-sewentig.
En die beeste was ses-en-dertigduisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee-en-sewentig.
En die esels was dertigduisend-vyfhonderd, en die bydrae daarvan aan die HERE een-en-sestig.
En mensesiele was sestienduisend, en die bydrae daarvan aan die HERE twee-en-dertig siele.
iEn Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan die HERE bestem was, soos die HERE Moses beveel het.
En uit die 41helfte van die kinders van Israel wat Moses van die vegsmanne afgedeel het —
42die helfte van die vergadering uit die kleinvee was driehonderd-sewe-en-dertigduisend-vyfhonderd;
en die beeste was ses-en-dertigduisend;
en die esels dertigduisend-vyfhonderd;
en mensesiele sestienduisend —
uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem — van wat uitgehaal was, 43een uit elke vyftig, van mense en van diere — en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem, soos die HERE Moses beveel het.
Toe het die aanvoerders oor die duisende van die leër, die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd, nader gekom na Moses
n aan Moses gesê: U dienaars het die volle getal van die krygsmanne opgeneem wat onder ons 44bevel was, en 45daarvan word nie een vermis nie.
Daarom bring elkeen van ons as offer aan die HERE wat hy aan goue 46goed gevind het: 47armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en 48halssierade, om 49versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die HERE.
Toe het Moses en die priester Eleásar die goud, 50allerhande kunsvoorwerpe, van hulle aangeneem.
En al die goud van die offergawe wat hulle aan die HERE afgegee het, was sestienduisend-sewehonderd-en-vyftig 51sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
Die krygsmanne 52het elkeen na welgevalle kbuitgemaak.
So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring 53om die kinders van Israel voor die aangesig van die HERE in gedagtenis te bring.
| a Núm. 25:17.
b Núm. 27:13. |
1 Hebr. Wreek die wraak van die kinders van Israel op die Midianiete, naamlik oor die kwaad wat hulle listig onder die Israeliete veroorsaak het, toe hulle Israel tot liggaamlike en geestelike hoerery gebring het, soos vermeld in Núm. 25:1, 2, ens., en hierna, verse 15, 16.
2 Dit is, jy sal sterwe en uit hierdie wêreld verhuis. Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 15:15 en 25:8 se kanttekeninge. Núm. 20:24, 26. |
| 3 Of: vir die leër; en so in dit wat volg.
4 Naamlik, wat die HERE beveel het teen die Midianiete gedoen moes word, sien Núm. 25:17, 18, waarmee God verklaar het dat die vyandskap wat teen sy volk betoon is, Hom aangedoen is. Vgl. Sag. 2:8. Hand. 9:4. |
| 5 Hebr. Duisend vir ’n stam, duisend vir ’n stam. Sien hierdie manier van spreek ook in Lev. 24:8. Núm. 13:2, ens. |
| 6 Naamlik, nie eintlik om te veg of ’n krygsowerste te wees nie, maar om in naam van God as ’n goeie raadsman en leidsman die leër by te staan en tot dapperheid aan te spoor, volgens sy besondere ywer wat hy tevore bewys het, Núm. 25:13. Vgl. Deut. 20:2, 3, ens.
7 Dit was, volgens sommige se mening, die verbondsark met sy toebehore; aangesien dit soms in die leër saamgeneem is. ’n Mens kan dit aflei uit Núm. 14:44. Jos. 4:11. 1 Sam. 4:4. Ander verstaan daarmee slegs die trompette wat in hierdie vers vermeld word en in die oorlog gebruik moes word. |
| c Jos. 13:21, 22. | 8 Hulle was koning Sihon se ondergeskiktes of afhanklikes, voordat hy deur Moses verslaan is, Jos. 13:21, maar hulle het hul daarna as konings voorgedoen. Sien Núm. 25:15.
9 Hebr. Tsur. 10 Hebr. Bílam, naamlik, terwyl hy op pad was om na sy land Mesopotámië terug te keer. Sien Núm. 24:25. |
| 11 Anders: met of deur hulle woonplekke. |
| d Deut. 20:14. |
| 12 Hebr. die gevangenis, naamlik die Midianitiese vroue en kinders wat hulle gevang het. Sien vers 9. Die woord gevangenis is dikwels vir die gevangenes gebruik. Vgl. verse 19, 26. Net so ook Ex. 12:29. 2 Kron. 28:5. Ef. 4:8.
13 Dit is, wat vloei teenoor, of verby, of nie ver van Jérigo af nie, en ’n drif by daardie stad het. Vgl. Núm. 22:1. |
| 14 Vraende gee Moses aldus te verstaan dat hulle dit geensins moes gedoen het nie. Sien hierdie manier van vra wat baie sterk ontken en afwys in Gén. 18:17 met die kanttekening. |
| e Núm. 25:1, 2, 18. 2 Petr. 2:15. Openb. 2:14. | 15 Hebr. woord. Verstaan die valse lis en slinkse raad waardeur die Israeliete in hoerery en afgodery geval het. Sien Núm. 24:14 en die kanttekening.
16 Sien oor hierdie plaag Núm. 25:9. |
| f Rig. 21:11. | 17 Vgl. die volgende vers. Net so ook Lev. 18:22; 20:13. |
| 18 Of: van die vroulike geslag. |
| 19 Volgens die bevel en wet wat deur God gegee is ten opsigte van die onreines, Lev. 15:13. Núm. 19:11, ens., en wat in die onreinheid van Mirjam onderhou is, Núm. 12:14.
20 Hebr. ’n siel. 21 Sien Núm. 8:21 se kanttekening. |
| 22 Dit is, reinig volgens die seremoniële wet en sodoende geskik maak vir ’n goeie en eerbare gebruik. Vgl. Lev. 8:15; 14:49; 16:16 met die kanttekeninge. |
| 23 Hebr. manne van die kryg, of van die leër, dit is, wat hulle in die oorlog laat gebruik en wapens hanteer. |
| 24 Naamlik, wat hulle van die Midianiete afgeneem het. |
| g Núm. 19:9. | 25 Hebr. wat in die vuur sal gaan, dit is, wat, nadat dit deur die vuur getrek is, onbeskadig en onverteerd daaruit kom. So ook in dit wat volg.
26 Sien oor hierdie water Núm. 19:9 en die kanttekening. |
| 27 Hebr. van die buit van die gevangenis. Sien vers 12 se kanttekening. |
| h 1 Sam. 30:24. | 28 Hierdie verordening het Dawid gehandhaaf in die verdeling van die buit tussen diegene wat in die oorlog was, en ander wat by die pakgoed gebly het om dit te bewaar, 1 Sam. 30:24. |
| 29 Of: ’n vasgestelde deel, wat soos ’n bydrae was wat aan die HERE tot bewys van dankbaarheid gegee moes word, en die priesters wat die HERE in die tabernakel gedien het, toegekom het.
30 Die krygsmanne moes een uit elke vyfhonderd aan die HERE toewy. Die Israeliete wat nie in die leër uitgetrek het nie, moes uit hul helfte een uit vyftig vir die Leviete gee, dit is, tien maal meer as wat die krygsmanne aan die priesters gegee het. 31 Sien Gén. 26:14 en Lev. 1:2 en die kanttekeninge. |
| 32 Dit is, om dit aan die HERE te offer, en dit toe te wy as ’n bewys van dankbaarheid. So ook in verse 41, 52. Sien Núm. 5:9 se kanttekening. |
| 33 Dit is, wat die kinders van Israel toebehoort het, volgens die verdeling vermeld in vers 27. Sien oor hierdie helfte verse 42, 47.
34 Of: ’n deel wat vasgehou is, van die mense of van die diere. 35 Dit is, uit alle soorte diere. Vgl. Gén. 7:14. 36 Sien Núm. 3:7 se kanttekening. |
| 37 Verstaan wat oorgebly het nadat die vroue en seuns gedood is, vers 17, en dit wat die leër sewe dae lank geëet het, terwyl hulle buite die laer gebly het, vers 19.
38 Hebr. manne van die kryg, of van die leër. Sien vers 21 se kanttekening. 39 Sien vers 28 se kanttekening. |
| 40 Verstaan die vasgestelde deel wat die krygsmanne aan die HERE moes gee. Sien vers 28 en die kanttekening. |
| i Núm. 18:8, 19. |
| 41 Sien oor hierdie helfte verse 27, 30, 47. |
| 42 Dit is, die helfte wat die vergadering toegekom het. |
| 43 Sien vers 30 se kanttekening. |
| 44 Hebr. hand. Sien Gén. 16:6 se kanttekening.
45 Anders: uit ons. |
| 46 Of: gereedskap, of juweel.
47 Anders: arm- of beenversiersels, of voetringe. 48 Sien Ex. 35:22. 49 Vanweë hulle sondes, vermeld in verse 14-16. |
| 50 Hebr. elke voorwerp of gereedskap van werk. Verstaan hiermee allerlei goue voorwerpe of juwele, wat met groot arbeid baie mooi gemaak was. |
| 51 Verstaan goue sikkels, sien oor die waarde daarvan Gén. 24:22 en Núm. 7:14 se kanttekeninge. |
| k Deut. 20:14. | 52 Wat hulle nie hul owerstes meegedeel het nie, sodat hulle nog baie buit oorgehad het, bo en behalwe dit wat hulle aan die priesters, die Leviete en Israeliete gegee het. |
| 53 Ander vertaal: tot gedagtenis vir die kinders van Israel, ens., naamlik, sowel aan die weldaad van God waardeur hulle hul vyande oorwin het en met God versoen was, as aan hul verskuldigde plig om God daarvoor dankbaar te wees en aan Hom getrou te bly, ten einde dat Hy altyd met sy genade en seën by hulle sou woon. |