Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 33

Trekke en staanplekke van Israel, van Egipte af tot in Kanaän.
1

DIT is die trekke van die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, 1onder leiding van Moses en Aäron.

2

Volgens die 2bevel van die HERE het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.

3

aHulle het van Raämses af opgebreek in die 3eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand; op die dag ná die pasga het die kinders van Israel 4deur ’n hoë hand voor die oë van al die Egiptenaars uitgetrek,

4

5terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die HERE onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het die HERE aan hulle gode 6strafgerigte voltrek.

5

Toe die kinders van Israel van 7Raämses af opgebreek het, het hulle laer opgeslaan in Sukkot.

6

bEn hulle het van Sukkot af opgebreek en laer opgeslaan in Etam wat aan die kant van die woestyn lê.

7

cEn hulle het van Etam af opgebreek en weggedraai na 8Pi-Hágirot wat oos van Baäl-Sefon lê; en hulle het laer opgeslaan voor Migdol.

8

En hulle het van Pi-Hágirot af opgebreek en dwarsdeur die see gegaan na die woestyn toe; en hulle het drie dagreise ver die woestyn van Etam ingetrek en laer opgeslaan in dMara.

9

En hulle het van Mara af opgebreek en by eElim gekom; en in Elim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome, en hulle het daar laer opgeslaan.

10

En hulle het van Elim af opgebreek en laer opgeslaan by die Skelfsee.

11

En hulle het van die Skelfsee af opgebreek en flaer opgeslaan in die woestyn 9Sin.

12

En hulle het uit die woestyn Sin opgebreek en laer opgeslaan in Dofka.

13

En hulle het van Dofka af opgebreek en laer opgeslaan in Alus.

14

En hulle het van Alus af opgebreek en laer opgeslaan in gRáfidim; maar daar was geen water vir die volk om te drink nie.

15

En hulle het van Ráfidim af opgebreek en hlaer opgeslaan in die woestyn Sinai.

16

En hulle het uit die woestyn Sinai opgebreek en ilaer opgeslaan in 10Kibrot-Hattáäwa.

17

En hulle het van Kibrot-Hattáäwa af opgebreek en laer opgeslaan in Háserot.

18

En hulle het van Háserot af opgebreek en laer opgeslaan in Ritma.

19

En hulle het van Ritma af opgebreek en laer opgeslaan in Rimmon-Peres.

20

En hulle het van Rimmon-Peres af opgebreek en laer opgeslaan in Libna.

21

En hulle het van Libna af opgebreek en laer opgeslaan in Rissa.

22

En hulle het van Rissa af opgebreek en laer opgeslaan in Keheláta.

23

En hulle het van Keheláta af opgebreek en laer opgeslaan by die berg Sefer.

24

En hulle het van die berg Sefer af opgebreek en laer opgeslaan in Hárada.

25

En hulle het van Hárada af opgebreek en laer opgeslaan in Mákhelot.

26

En hulle het van Mákhelot af opgebreek en laer opgeslaan in Tahat.

27

En hulle het van Tahat af opgebreek en laer opgeslaan in Terag.

28

En hulle het van Terag af opgebreek en laer opgeslaan in Mitka.

29

En hulle het van Mitka af opgebreek en laer opgeslaan in Hasmóna.

30

En hulle het kvan Hasmóna af opgebreek en laer opgeslaan in Móserot.

31

En hulle het van Móserot af opgebreek en laer opgeslaan in Bené-Jáäkan.

32

En hulle het van Bené-Jáäkan af opgebreek en laer opgeslaan in Hor-Hággidgad.

33

En hulle het van Hor-Hággidgad af opgebreek en laer opgeslaan in Jotbáta.

34

En hulle het van Jotbáta af opgebreek en laer opgeslaan in Abróna.

35

En hulle het van Abróna af opgebreek en laer opgeslaan in Éseon-Geber.

36

En hulle het van Éseon-Geber af opgebreek en llaer opgeslaan in die woestyn 11Sin, dit is Kades.

37

En hulle het van Kades af opgebreek en mlaer opgeslaan by die berg Hor, aan die kant van die land Edom.

38

nToe het die priester Aäron volgens die 12bevel van die HERE op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die 13vyfde maand, op die eerste van die maand.

39

En Aäron 14was honderd-drie-en-twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.

40

oEn die Kanaäniet, 15die koning van Arad, wat in die Suidland in die land Kanaän gewoon het, het gehoor dat die kinders van Israel aankom.

41

En hulle phet van die berg Hor af opgebreek en laer opgeslaan in Sálmona.

42

En hulle het van Sálmona af opgebreek en laer opgeslaan in Punon.

43

En hulle het van Punon af opgebreek en qlaer opgeslaan in Obot.

44

En hulle het van Obot af opgebreek en laer opgeslaan in 16Ijje-Haäbárim, by die grens van Moab.

45

En hulle het van Ijjim af opgebreek en laer opgeslaan in 17Dibon-Gad.

46

En hulle het van Dibon-Gad af opgebreek en laer opgeslaan in Almon-Diblataim.

47

En hulle het van Almon-Diblataim af opgebreek en laer opgeslaan in die gebergte 18Abárim, voor 19Nebo.

48

En hulle het van die gebergte Abárim af opgebreek en laer opgeslaan in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van 20Jérigo.

49

En hulle het laer opgeslaan by die Jordaan van Bet-Hajésimot af tot by r21Abel-Hassittim, in die vlaktes van Moab.

50

En die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:

51

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle deur die Jordaan in die land Kanaän intrek,

52

smoet julle al die bewoners van die land voor julle uit verdrywe en hulle beeldhouwerk verniel; ook moet julle al hulle 22gegote beelde verniel en al hulle 23hoogtes verwoes.

53

En julle moet die land in besit neem en daarin woon; want Ek het die land aan julle gegee om dit te besit.

54

En julle moet die land deur die lot as erfdeel verwerwe, volgens julle geslagte; vir tdie 24wat baie is, moet julle hulle erfdeel groot maak, en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak. Waar die lot vir 25iemand val, moet dit sy deel wees; volgens julle vaderlike stamme moet julle dit as erfdeel verwerwe.

55

Maar as julle die bewoners van die land nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, vsoos 26dorings in julle oë wees en soos angels in julle sye, en hulle sal julle 27beveg in die land waar julle in woon.

56

En soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.

1 Dit is, onder die leierskap.
2 Hebr. mond.
a Ex. 12:37. 3 Genaamd Abib, anders Nisan. Sien Ex. 12:2; 13:4. Deut. 1:3 se kanttekening.

4 Sien Ex. 14:8 se kanttekening.

5 Alhoewel die Egiptenaars deur hierdie begrafnisse van hul eersgeborenes baie kwaad en verbitterd kon geword het teen die Israeliete, wat hulle voor hul oë sien vertrek het, het God hulle nogtans só verslae en moedeloos gemaak dat hulle nie die moed gehad het om die kinders van Israel enige leed aan te doen of om hulle te verhinder om in vrede te vertrek nie.

6 Sien Ex. 12:12 se kanttekening en vgl. Jes. 19:1.

7 Sien Gén. 47:11 en die kanttekening.
b Ex. 13:20.
c Ex. 14:2. 8 Sien Ex. 14:2 se kanttekening.
d Ex. 15:22, 23.
e Ex. 15:27.
f Ex. 16:1. 9 Waar hulle, toe hulle teen die HERE gemurmureer het, vir die eerste keer manna ontvang het. Hierdie woestyn moet onderskei word van die ander woestyn Sin of Tsin, vers 36.
g Ex. 17:1.
h Ex. 19:1.
i Núm. 11:34, 35. 10 Dit is, grafte van lus. Sien Núm. 11:34 se kanttekening.
k Deut. 10:6.
l Núm. 20:1. 11 Sien Núm. 13:21 se kanttekening.
m Núm. 20:22.
n Núm. 20:25. Deut. 32:50. 12 Hebr. mond.

13 Deur die Jode Ab genoem, wat by ons ’n deel van Julie en ’n deel van Augustus is.

14 Hebr. was ’n seun van honderd-drie-en-twintig jaar.
o Núm. 21:1. 15 Of: koning Arad. Sien oor hierdie geskiedenis Núm. 21:1-3 en die kanttekeninge daar.
p Núm. 21:4.
q Núm. 21:10.
16 Dit is, die heuwels van Abárim, wat Moab van die land van die Ammoniete geskei het. Sien vers 47.
17 Dit moet onderskei word van ’n ander Dibon, wat die kinders van Ruben toebedeel is, Jos. 13:15, 17.
18 Dit strek van by die Dooie See of die suidelike deel van die Arnon af tot aan Nebo.

19 Sien Deut. 34:1.

20 Dit is, waar hierdie rivier teenoor Jérigo vloei; en so ook elders.
r Núm. 25:1. Jos. 2:1. 21 Sommige meen dat dit dieselfde plek is wat voorheen slegs Sittim genoem is, Núm. 25:1, en hier Abel-Hassittim ten opsigte van die verdriet en rou wat die kinders van Israel daar bedryf het oor die plaag van die HERE.
s Deut. 7:2, 3, ens. 22 Hebr. beelde van gieting of gegote dinge.

23 Sien Lev. 26:30 se kanttekening.

t Núm. 26:54, ens. 24 Sien Núm. 26:54 se kanttekening.

25 Hebr. hom.

v Jos. 23:13. Rig. 2:3. 26 Dit is, hulle sal vir julle ’n gedurige kwelling en verdriet wees, hulle sal julle van genot en rus ontneem; en julle ook verlei tot sondes, waardeur my (God se) toorn teen julle sal ontvlam. Sien Jos. 23:13. Rig. 2:3 en vgl. Ex. 23:33; 34:12. Deut. 7:16. Die Israeliete het die waarheid van hierdie goddelike dreigement deurgaans ervaar, tot in die tyd van Dawid.

27 Of: vyandig behandel.