Statevertaling – Bybelstigting
Die getal stede wat aan die Leviete afgestaan moes word. Die ses vrystede.
EN die HERE het met Moses gespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
aGee bevel aan die kinders van Israel dat hulle aan die Leviete van hulle 1erflike besitting stede gee om te bewoon; ook moet julle 2weiveld rondom die stede aan die Leviete gee.
En die stede moet vir hulle dien om te bewoon; maar die weiveld wat daarby behoort, moet vir hulle diere en hulle besitting en al hulle lewende hawe wees.
En die weiveld van die stede wat julle aan die Leviete gee, moet van die stadsmuur af buitentoe duisend el rondom wees.
En julle moet buitekant die stad meet: aan die oostekant 3tweeduisend el en aan die suidekant tweeduisend el en aan die 4westekant tweeduisend el en aan die noordekant tweeduisend el, en die stad in die middel. Dit moet vir hulle as weiveld van die stede dien.
bEn die stede wat julle aan die Leviete gee, moet die ses 5vrystede wees wat julle moet gee, dat die een 6wat ’n doodslag begaan het, daarheen kan vlug; en daarby moet julle twee-en-veertig stede gee.
Al die stede wat julle aan die Leviete gee, moet wees agt-en-veertig stede, hulle saam met hul weiveld.
En wat die stede betref wat julle uit die besitting van die kinders van Israel gee — julle moet van die wat 7baie is, 8baie neem, en van die wat min is, min neem; elke stam moet van sy stede aan die Leviete gee volgens die erfdeel wat elkeen gaan kry.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: c9As julle deur die Jordaan na die land Kanaän trek,
10moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as vrystede moet hulle vir julle dien, dat die een wat ’n doodslag begaan het, een wat 11per ongeluk ’n 12mens doodgeslaan het, daarheen kan vlug.
En die stede moet vir julle as toevlug dien vanweë die 13bloedwreker, sodat hy wat ’n doodslag begaan het, nie 14sterwe voordat hy voor die vergadering gestaan het om geoordeel te word nie.
En die stede wat julle gee, moet vir julle, ses in getal, as vrystede dien.
dDrie van die stede moet julle oos van die Jordaan gee, en drie daarvan moet julle in die land 15Kanaän gee; vrystede moet hulle wees.
Vir die kinders van Israel en die vreemdeling en die bywoner onder hulle moet hierdie ses stede as toevlug dien, sodat elkeen daarheen kan vlug wat per ongeluk ’n mens doodgeslaan het.
Maar as hy hom 16slaan met ’n ystervoorwerp, sodat hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet 17sekerlik 18gedood word.
En as hy hom slaan met ’n 19klip in die hand — waardeur iemand kan sterwe — en hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
Of as hy hom slaan met ’n houtvoorwerp in die hand — waardeur iemand kan sterwe — en hy sterwe, dan is hy ’n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word.
Die bloedwreker, hy moet die moordenaar 20doodmaak; as hy hom kry, moet hy hom doodmaak.
eEn as hy hom uit haat stamp of met opset na hom gooi, sodat hy sterwe,
of hom uit vyandskap met sy hand slaan, sodat hy sterwe, dan moet hy wat geslaan het, sekerlik gedood word; hy is ’n moordenaar; die bloedwreker 21moet die moordenaar doodmaak as hy hom kry.
Maar as hy hom onvoorsiens, sonder vyandskap, stamp of enigiets sonder opset na hom gooi;
of as hy enige klip waardeur iemand kan sterwe — as hy, 22sonder om dit te sien, dit op hom laat val, sodat hy sterwe, terwyl hy geen vyand van hom was en sy 23onheil nie gesoek het nie,
dan moet die vergadering tussen hom wat doodgeslaan het, en die bloedwreker oordeel volgens hierdie voorskrifte.
En die vergadering moet hom 24wat ’n doodslag begaan het, red uit die hand van die bloedwreker, en die vergadering moet hom laat teruggaan na sy vrystad waarheen hy gevlug het; en hy moet daarin bly tot 25die dood van die hoëpriester wat met die 26heilige olie gesalf is.
Maar as hy wat ’n doodslag begaan het, 27ooit buitekant die grens van sy vrystad gaan waarheen hy moes vlug,
en die bloedwreker hom buitekant die grens van sy vrystad kry, en die bloedwreker hom doodslaan wat ’n doodslag begaan het, dan sal daar vir hom geen 28bloedskuld wees nie.
Want hy moet in sy vrystad bly tot die dood van die hoëpriester; maar ná die dood van die hoëpriester mag die een wat ’n doodslag begaan het, 29teruggaan na die land waar sy besitting lê.
En dit moet vir julle ’n regsinsetting wees in julle geslagte, in al julle woonplekke.
As iemand 30’n mens doodslaan, fmoet die moordenaar op verklaring van getuies 31gedood word; maar een getuie is nie genoegsaam om iemand 32tot die dood te veroordeel nie.
Maar julle mag 33geen losgeld aanneem vir die lewe van ’n moordenaar 34wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.
Ook mag julle geen geld aanneem om iemand vry te stel 35van die vlug na sy vrystad — sodat hy kan teruggaan om in die 36land te woon — tot op die dood van die hoëpriester nie.
En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.
En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want 37Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.
| a Jos. 21:2. | 1 Alhoewel God aan die Leviete geen erfdeel in Kanaän toegewys het, soos aan die ander stamme nie, was dit nogtans sy wil dat hulle oral in die land sou woon, sodat hulle die volk des te beter met God se Woord kon bedien, die godsdiens suiwer bewaar en daaroor toesig hou.
2 Naamlik, wat vir die Leviete nie net sou dien as skure en stalle vir koring en diere, ens., nie, maar ook, soos sommige meen, as landbougrond en weiding. Sien Jer. 32:7. |
| 3 Bo en behalwe die duisend el wat in die voorgaande vers vermeld word, is daar nog ’n duisend, of, soos ander meen, nog tweeduisend el, wat volgens sommige tot weiding en akkerbou dien. Ander verstaan dat in hierdie vers die manier verklaar word om die voorgaande duisend el rondom die stad te meet, van die een kwart na die ander, sowel reguit as in die omtrek. Óf dat hier die algemene burgerlike el verstaan word, waar tweeduisend burgerlike el slegs ’n duisend heilige el was; omdat die sikkel van die heiligdom dubbel soveel werd was as die algemene of burgerlike sikkel. Die oordeel daarvan word aan die verstandige leser oorgelaat.
4 Hebr. aan die kant van die see. |
| b Jos. 21:21. | 5 Of: stede van toevlug, toeloop. Sien Jos. 20:2 se kanttekening.
6 Verstaan wat onwetend en per ongeluk ’n doodslag begaan het, soos in verse 11, 15, 22, 23. |
| 7 Vgl. Núm. 33:54 en sien Jos. 21:9, 16.
8 Hebr. vermenigvuldig, dit is, baie stede neem, of aan die Leviete gee. |
| c Deut. 19:2. Jos. 20:2. | 9 Of: As julle deur die Jordaan gekom het, ens. |
| 10 Dit is, moet julle vrystede aanwys wat naby en nie verafgeleë is nie, sodat die onskuldige doodslaner so vinnig as moontlik daarheen kan vlug en nie in die hande van die bloedwreker val nie. Vgl. Deut. 19:3 en die kanttekening.
11 Hebr. deur ’n fout, dit is, sonder opset, soos in Deut. 19:4, 5. So ook in verse 15, 22, 23. 12 Hebr. siel. |
| 13 Sien verse 19, 21, 24, 27.
14 Deur die hand van die bloedwreker. Sien Deut. 19:6 en die kanttekening. |
| d Deut. 4:41. Jos. 20:8. | 15 Oorkant die Jordaan. Vgl. Deut. 19:8-10. |
| 16 Verstaan nie per ongeluk of sonder opset nie, maar willens en wetens.
17 Hebr. moet dodende of met die dood gedood word, en so ook in verse 17, 18, 21. 18 Selfs al het hy na ’n vrystad gevlug. Sien Deut. 19:11, 12. |
| 19 Hebr. klip van die hand, dit is, met die hand gegooi. |
| 20 Vgl. Deut. 19:12 en hier, verse 12, 30. |
| e Deut. 19:11. |
| 21 Anders: mag. |
| 22 Hebr. sonder te sien. Anders: sonder om hom te sien.
23 Dit is, ongeluk, skade, besering, des te minder sy dood. |
| 24 Verstaan wat per ongeluk en sonder opset sy naaste doodgeslaan het, soos in vers 23.
25 Of: die afsterwe, en so in dit wat volg. 26 Dit is altyd ’n voorbeeld van die Messías, ons Hoëpriester en Saligmaker Jesus Christus, wat deur sy dood die skuldbrief van ons sondes uitgewis en ons met God versoen het. Sien ook Lev. 21:10 en vgl. Ps. 45:8. Ef. 2:16, 17. Kol. 2:14. Hebr. 1:9. |
| 27 Hebr. uitgaande uitgaan. |
| 28 Hebr. bloed, dit is, bloedskuld of doodslag. Die betekenis is: Dit sal hom nie deur die regters as moord toegereken word nie. Sien Gén. 37:26 se kanttekening. |
| 29 Dit is, mag teruggaan na sy vorige eie woonplek. |
| f Deut. 17:6; 19:15. | 30 Dit is, ’n mens of persoon se lewe neem; wat deur sommige hier verstaan word as die straf van die moordenaar.
31 Dit verwys na die regter, of bloedwreker, wat die moordenaar nie mag doodmaak sonder voorgaande wettige regspraak nie. 32 Dit is, niemand sal gedood word op die getuienis van slegs een mens nie. |
| 33 Dit is, geen versoeningsgeld of enige omkoopgeskenk om die lewe van die moordenaar te verskoon of om hom (soos ’n mens sê) kwyt te skeld nie.
34 Dit is, wat die doodstraf moet kry. Die Hebreeuse woord beteken ’n onregverdige of een wat verkeerd is en skuld het. Vervolgens is dit ook ’n misdadiger; en word teenoor die regverdige of onskuldige in regsake gestel. Vgl. Deut. 25:1 se kanttekening. Andersins word dit ook in die algemeen gebruik vir ’n ongoddelike, goddelose, bose, wat gedurig onrustig is en kwaad bedryf, soos in Jes. 57:20 geskryf staan, sien ook die kanttekeninge daar. Vgl. Job 9:20. |
| 35 Anders: vir die vlug; om hom kwyt te skeld dat hy nie hoef te vlug na ’n vrystad nie, of, nadat hy na die vrystad gevlug het, vrylik mag terugkeer na sy woonplek, voor die dood van die hoëpriester.
36 Waar sy besitting lê, soos in vers 28, dit is, sy vorige eie woonplek. |
| 37 Of: Ek is die HERE, wat woon, ens. |