Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 36

Verbod aan erfdogters om buite hulle vaderlike stam te trou.

1

EN die 1familiehoofde van die geslag van die kinders van Gílead, die seun van Magir, die seun van Manasse, uit die geslagte van Josef se kinders, het nader gekom en voor Moses en die owerstes, die 2familiehoofde van die kinders van Israel, gespreek

2

en gesê: aDie HERE het aan 3my heer 4bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; book het my heer van die HERE 5bevel ontvang om die erfdeel van ons 6broer 7Selófhad aan sy dogters te gee.

3

As hulle nou 8die vroue word van een van die seuns uit die ander stamme van die kinders van Israel, dan word hulle erfdeel van ons vaders se erfdeel weggeneem en gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan die erfdeel wat ons deur die lot aangewys is, ingekort word.

4

En as die 9jubeljaar vir die kinders van Israel aanbreek, dan word hulle erfdeel gevoeg by die erfdeel van die stam waarby hulle sal behoort; so sal dan hulle erfdeel van die erfdeel van ons vaders se stam weggeneem word.

5

Toe het Moses die kinders van Israel volgens die 10bevel van die HERE gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.

6

Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selófhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom 11wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in ’n geslag van die stam van hulle vader,

7

sodat die erfdeel van die kinders van Israel nie van stam tot stam oorgaan nie; want die kinders van Israel moet elkeen die erfdeel van die stam van sy vaders vashou.

8

12En elke dogter wat ’n erfdeel kry, uit die stamme van die kinders van Israel, moet die vrou word van een uit die geslag van die stam van haar vader, sodat die kinders van Israel elkeen die erfdeel van sy vaders kan erwe.

9

So sal dan ’n erfdeel nie van een stam na ’n ander stam oorgaan nie; want die stamme van die kinders van Israel moet elkeen sy erfdeel vashou.

10

Soos die HERE Moses beveel het, so het die dogters van Selófhad gedoen:

11

cMagla, Tirsa en Hogla en Milka en Noa, die dogters van Selófhad, het die vroue geword van die seuns van hulle ooms;

12

hulle het die vroue geword van manne uit die geslagte van die kinders van Manasse, die seun van Josef. So 13het dan hulle erfdeel gebly in die stam van die geslag van hulle vader.

13

Dit is die gebooie en die verordeninge wat die HERE deur die 14diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.

1 Wie se taak dit was om te let op die sake wat die algemene welvaart van die hele stam betref het.

2 Sien Númeri 11 oor die instelling van hierdie vergadering.

a Núm. 26:55, 56; 33:54.

b Núm. 27:7. Jos. 17:3, 4.

3 Dit is, u, Moses.

4 Sien Núm. 26:55, 56; 33:54.

5 Sien Núm. 27:7. Hulle wil sê dat die voorgaande gebod, om die erfdeel deur loting uit te deel, nie hiermee sou ooreenstem, indien die dogters deur die huwelik die erfdeel aan ander stamme sou oordra nie; soos blyk uit dit wat volg.

6 Dit is, bloedverwant, wat van ons stam is.

7 Hebr. Tselofgád.

8 Dit is, trou; so ook in dit wat volg.
9 Waarin elkeen teruggegaan het na sy besitting, sien Lev. 25:13, welke wet deur sulke huwelike tot niet gemaak sou word.
10 Hebr. mond, waarmee te kenne gegee word dat Moses eers die HERE hieroor raad gevra het.
11 Dit is, wat hulle sal behaag; wat hulle goedkeuring sal wegdra.
12 Dit is ’n algemene wet, wat God behaag het om by hierdie geleentheid vir die burgerlike regering van Israel te gee, aangaande die dogters wat in die afwesigheid van manlike erfgename, in hul vaderlike huis sou erf.
c Núm. 27:1.
13 Hebr. was. Sien Ps. 37:18 se kanttekening.
14 Hebr. hand.