Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 4

Die diens van die Leviete.

1

EN die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:

2

Neem die 1volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

3

van 2dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal 3wat 4dienspligtig is, om werk by die tent van samekoms te verrig.

4

Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlik die 5hoogheilige dinge.

5

By die opbreek van die laer moet Aäron en sy seuns kom en die 6voorhangsel tot bedekking afneem en daarmee die ark van die Getuienis bedek.

6

En hulle moet ’n dekkleed van 7robbevelle daarop sit en ’n doek, heeltemal van pers stof, daar bo-oor uitsprei en sy draaghoute 8insteek.

7

Hulle moet ook aoor die 9toonbroodtafel ’n pers doek uitsprei en daarop neersit die 10skottels en die 11rookpanne en die 12bekers en die 13drankofferkanne; ook moet die 14altyd-blywende brood daarop wees.

8

Daarna moet hulle ’n skarlaken doek daaroor uitsprei en dit met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.

9

Dan moet hulle ’n pers doek neem en bdie kandelaar tot verligting bedek, met sy lampe en sy snuiters en sy cbakkies en al sy oliekanne 15waarmee hulle 16daarby diens doen.

10

En hulle moet dit met al sy gereedskap op ’n dekkleed van robbevelle neerlê en dit 17op die draagbaar sit.

11

En oor die 18goue altaar moet hulle ’n pers doek uitsprei en dit met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en sy draaghoute insteek.

12

Hulle moet ook al die 19gereedskap neem waarmee hulle diens in die heiligdom doen, en dit op ’n pers doek neerlê en met ’n dekkleed van robbevelle toemaak en dit op die draagbaar sit.

13

En hulle moet die as 20van die altaar verwyder en daar ’n purper doek oor uitsprei.

14

En hulle moet al 21sy gereedskap daarop neersit waarmee hulle daarby diens doen: die vuurpanne, die vurke en die skoppe en die komme, al die gereedskap van die altaar; en hulle moet daar ’n dekkleed van robbevelle oor uitsprei en sy draaghoute insteek.

15

En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet 22die seuns van Kehat kom 23om te dra; maar hulle mag 24nie aan die heilige dinge raak nie, 25sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit 26wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.

16

En die toesig van Eleásar, die seun van die priester Aäron, gaan oor die olie vir die kandelaar en die dreukwerk van speserye en die 27voortdurende spysoffer en die esalfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die heiligdom en bybehorende gereedskap.

17

En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en gesê:

18

Sorg dat die stam van die geslagte van die Kehatiete nie 28onder die Leviete uitgeroei word nie.

19

Maar doen vir hulle dit, sodat hulle lewe en nie sterwe nie as hulle na die hoogheilige dinge aankom: Aäron en sy seuns moet ingaan en hulle 29aanstel 30elkeen oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra.

20

Maar hulle moet nie inkom om vir ’n oomblik die heiligdom te sien nie, 31sodat hulle nie sterwe nie.

21

En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

22

Neem die volle getal op ook van die seuns van Gerson volgens hulle families, volgens hulle geslagte.

23

Jy moet hulle tel van 32dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat verplig is 33om diens te doen, om dienswerk te verrig by die tent van samekoms.

24

Dit sal die dienswerk van die geslagte van die Gersoniete wees by die diens en by die 34vervoer:

25

hulle moet die tentdoeke van die tabernakel dra, ook die 35tent van samekoms, sy dekkleed en die 36dekkleed van robbevelle wat daar bo-oor is, en die 37bedekking vir die ingang van die tent van samekoms

26

en die behangsels van die voorhof en die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof wat rondom die tabernakel en die altaar is, en hulle lyne sowel as al die gereedskap wat by die bediening daarvan behoort; en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle verrig.

27

Die hele dienswerk van die seuns van die Gersoniete — alles wat hulle moet dra en hulle hele diens — moet wees volgens 38die bevel van Aäron en sy seuns; en julle moet hulle al hulle drawerk aanwys om dit waar te neem.

28

Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van die Gersoniete by die tent van samekoms; en wat hulle 39te besorg het, moet plaasvind 40onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

29

Wat aangaan die seuns van Merári — dié moet jy tel volgens hulle geslagte, volgens hulle families.

30

Jy moet hulle tel van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal 41wat dienspligtig is, om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.

31

En dit is wat by hulle drawerk besorg moet word, hulle hele dienswerk by die tent van samekoms: die fstyle van die tabernakel met sy dwarshoute en sy pilare en sy 42voetstukke

32

en die pilare van die voorhof rondom met hulle voetstukke en hulle penne en hulle 43lyne — al die gereedskap sowel as alles wat by die bediening daarvan behoort. En die gereedskap wat by hulle drawerk besorg moet word, moet julle 44met die naam aanwys.

33

Dit is die dienswerk vir die geslagte van die seuns van Merári, hulle hele diens by die tent van samekoms onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

34

En Moses en Aäron en die owerstes van die vergadering het die seuns van die Kehatiete getel volgens hulle geslagte en volgens hulle families;

35

van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms.

36

En hulle geteldes was volgens hulle geslagte tweeduisend-sewehonderd-en-vyftig.

37

Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE 45deur die diens van Moses getel het.

38

En die geteldes van die seuns van Gerson volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

39

van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was insake die dienswerk by die tent van samekoms —

40

hulle geteldes was volgens hulle geslagte, volgens hulle families, tweeduisend-seshonderd-en-dertig.

41

Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE getel het.

42

En die geteldes van die geslagte van Merári se seuns volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

43

44

hulle geteldes was volgens hulle geslagte 46drieduisend-tweehonderd.

45

Dit is die geteldes van die geslagte van Merári se seuns wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.

46

Al die getelde Leviete wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het, volgens hulle geslagte en volgens hulle families,

47

van dertig jaar oud en daarbo, tot vyftig jaar, almal wat dienspligtig was 47om dienswerk te verrig en die werk van vervoer by die tent van samekoms —

48

hulle geteldes was agtduisend-vyfhonderd-en-tagtig.

49

Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, 48soos die HERE Moses beveel het.

1 Hebr. hoof. Sien Núm. 1:2 se kanttekening.
2 Hebr. ’n seun van dertig jaar. So ook in dit wat volg. Sien Núm. 3:15 se kanttekening.

3 Of: wat tot hierdie stryd inkom, om, ens. Verstaan ’n heilige en kerklike stryd, waarin hulle die diens van die tabernakel volgens die vasgestelde orde moes waarneem. Soos die soldate in die krygsmag elk hul opdrag ordelik moet uitvoer. So word die kerkdiens ook ’n stryd of dienswerk genoem, hier en in verse 23, 30, 35 en Núm. 8:24, omdat die bedienaars die goeie orde daarvan moet hou om gedurig te werk, te waak en te stry teen die vyande van die mens se saligheid. Sien 1 Kor. 9:7. 2 Kor. 10:3. 1 Tim. 1:18. 2 Tim. 2:3, 4.

4 Anders: tot hierdie leër of leërskaar inkom. So ook in verse 30, 43.

5 Verstaan hierdeur die verbondsark, tafel met toonbrode, kandelaar, reukaltaar, voorwerpe en gereedskap van die heiligdom, en die brandofferaltaar. Hierdie dinge is vroeër in Núm. 3:31 bespreek, maar word nou breedvoeriger verklaar. Dit moes deur die Kehatiete gedra word wanneer gereis is. Sien vers 15.
6 Sien Ex. 26:31-33. Lev. 4:6 se kanttekening en Hebr. 9:3, waar dit die tweede voorhangsel genoem word.
7 Sien hieroor Ex. 25:5.

8 Dit is, regsit en pas, sodat dit behoorlik gedra kon word, want die draaghoute moes altyd in die ringe van die ark bly, Ex. 25:15. Vgl. 1 Kon. 8:8.

a Ex. 25:30. 9 Hebr. die tafel van die aangesigte, naamlik van die brode van die aangesigte, anders genoem: toonbrode, wat op hierdie tafel gelê het. Dit word so genoem, omdat dit altyd op hierdie tafel voor die aangesig van die HERE as ’t ware ten toon gestel was. Daarom die naam toonbroodtafel.

10 Waarin die toonbrode gesit was (sien hieroor Ex. 25:29) en die hele week daarin gebly het, totdat daar weer ander, nuwe brode gebak was en in die plek van die oues gesit was, Lev. 24:8.

11 Wat met reukwerk bo-op die toonbrode geplaas was, Lev. 24:7.

12 Waaruit besprinkel en gegiet was. Anders: besems, waarmee die tafel afgevee en gereinig was.

13 Hebr. die kanne van besprinkeling. Sommige vertaal die kanne van bedekking.

14 Verstaan die twaalf toonbrode wat elke sabbatdag met nuwes vervang moes word, Lev. 24:8.

b Ex. 25:31.

c Ex. 25:38.

15 Sien oor hierdie gereedskap vir die kandelaar en die lampe Ex. 25:38; 35:14.

16 Naamlik by die kandelaar.

17 Verstaan ’n struktuur van stokke, waaraan iets gehang was om van die een plek na die ander gedra te word. Vgl. vers 12 en Núm. 13:23. Anders: planke.
18 Verstaan die reukaltaar, wat in die Heilige gestaan het en met goud oorgetrek was. Sien Ex. 30:3, 4.
19 Verstaan hierdeur alle heilige klere waarmee die priesters hul diens moes doen. Sien hieroor Ex. 31:10; 35:19; 39:1, 41, waar dit ook klere van die diens genoem word. Sommige verstaan hieronder ook allerlei voorwerpe en gereedskap van die tabernakel. Sien daaroor Ex. 25:29; 27:3. 2 Kon. 25:14, 15.
20 Naamlik van die brandofferaltaar.
21 Sien hieroor Ex. 27:3, ens.
22 Namate die priesters meer geword het, het hulle ook hierdie dinge gedra. Sien Deut. 31:9. Jos. 3:6; 8:33. 1 Sam. 4:4. 1 Kron. 15:11, 12. Hoewel dit wil voorkom of die Leviete nie heeltemal uitgesluit was nie, 2 Kron. 5:4-7 en die kanttekeninge.

23 Naamlik op hul eie skouers, sien Núm. 7:9, en nie op waens nie; ’n bevel wat die Israeliete nie onderhou het nie, 2 Sam. 6:3, 6, 7. 1 Kron. 13:7; 15:12-15.

24 Sien vers 20.

25 Sien in 1 Sam. 6:19 watter straf die mense van Bet-Semes oorgekom het, omdat hulle die ark van die HERE bekyk het, en in 2 Sam. 6:6, 7 wat Ussa oorgekom het toe hy die ark van die HERE aangeraak het.

26 Dit is, wat hulle moes versorg en dra.

d Ex. 30:34, 35.

e Ex. 30:23, 24, ens.

27 Dit wat elke môre en aand geoffer was. Sien hieroor Ex. 29:38, 39.
28 Naamlik deur die HERE se regverdige straf, as die priesters deur onbedagsaamheid en sorgeloosheid oorsaak sou wees dat die heilige dinge onbedek gevind sou word deur die Kehatiete, wat deur die hand van die HERE sou sterwe as hulle dit so sou sien en aanraak.
29 Naamlik, deur elkeen van hulle aan te wys en te beveel wat hy moes dra.

30 Hebr. man man. So ook in vers 49. Sien Lev. 15:2 se kanttekening.

31 Soos in ’n ander geval twee seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, oorgekom het, Lev. 10:1, en in nog ’n ander Korag en sy bende, Núm. 16:32, 33, ens.
32 Hebr. ’n seun van dertig jaar. So ook in dit wat volg. Sien ook oor hierdie telling Núm. 3:15 se kanttekening.

33 Sien vers 3 se kanttekening. Anders: om in die leërskaar saam te kom. Vgl. Ex. 38:8.

34 Sien vers 15 se kanttekening.
35 Verstaan die gordyne wat van bokhaar gemaak was en die hele tent bedek het. Want die Merariete moes die style en pilare dra, vers 31.

36 Hebr. die dekkleed van die rob.

37 Verstaan die tapyt of behangsel wat by die deur van die tabernakel gehang het, tussen die voorhof en die Heilige.

38 Hebr. die mond. Sien Gén. 41:40 se kanttekening. So ook hier verse 37, 41, 45, 49.
39 Dit is, hul amp en bediening, waarop hulle goed moes ag gee, sodat hulle elke onderdeel daarvan getrou sou uitvoer.

40 Hebr. onder die hand. Dit is, onder die beleid, opsig en regering van Ítamar, wat moes toesien dat elkeen sy amp reg bedien. So ook in vers 33. Net so ook in Núm. 31:49. Lev. 8:36.

41 Sien vers 3 se kanttekening.
f Ex. 26:15. 42 Naamlik, waarop die pilare gestaan het, waarvan daar honderd was, elkeen van hulle ’n talent silwer. Sien Ex. 38:27.
43 Verstaan die koorde van die pilare van die voorhof. Soos die Gersoniete die lyne en toue van die behangsels van die voorhof en van die bedekking vir die ingang van die poort van die voorhof gedra het. Sien vers 26 en Núm. 3:26.

44 Dit is, julle moet dit stuk vir stuk tel en oorlewer met ’n register daarvan, sodat niks daarvan verlore raak nie.

45 Sien vers 28 se kanttekening, en so ook in dit wat volg.
46 As hierdie vers vergelyk word met verse 36 en 40, sien ’n mens dat onder die Leviete wat tot die diens van die tabernakel geskik was, die Merariete die meeste in getal was, hoewel hulle in totaal die minste was. Sien Núm. 3:39 se kanttekening. Dit het so gebeur deur die alwyse voorsienigheid van God, omdat die Merariete die swaarste laste moes dra en daarom meer sterk en middeljarige manne benodig het as die Kehatiete en Gersoniete. Vgl. Núm. 3:36 se kanttekening.
47 Dit is, om diens en hulp te bewys aan die priesters wat die diens van die tabernakel bedien het. Want die gewone Leviete moes die priesters in hul amp bystaan.
48 Of: wat die HERE Moses beveel het.