Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 5

Bevel om al die onreines buitekant die laer af te sonder.

1

EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2

Gee bevel aan die kinders van Israel dat hulle uit die laer awegstuur al die melaatse mense en almal wat ’n b1vloeiing het, en almal wat deur c’n 2lyk onrein is.

3

3Man sowel as vrou moet julle wegstuur; buitekant die laer moet julle hulle wegstuur, sodat 4hulle nie 5hul laer 6verontreinig 7waar Ek in hulle midde woon nie.

4

En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.

Wette oor die teruggawe van ontvreemde goed.

5

VERDER het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6

dSpreek met die kinders van Israel: As ’n man of vrou enige 8menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en dié 9siel skuldig word,

7

dan moet hulle hul sonde wat hulle gedoen het, 10bely; daarna moet 11hy wat hy 12skuldig is, eten volle teruggee en 13die vyfde deel daarvan byvoeg, en hy moet dit aan dié een gee teen wie hy hom skuldig gemaak het.

8

Maar as 14die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.

9

En elke 15heffing van al die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle na die priester bring, moet 16syne wees.

10

fEn elkeen se heilige gawes — dit moet syne wees: wat iemand aan die priester gee, moet syne wees.

Wet oor die jaloersheid.

11

12

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 17iemand se vrou 18afwyk en ’n troubreuk teen hom begaan,

13

en ’n man met haar 19vleeslike gemeenskap het, maar dit vir die oë van haar man verborge bly en sy nie uitgevind is nie — hoewel sy haar 20verontreinig het — terwyl daar geen getuie teen haar is en sy nie betrap is nie;

14

en daar kom 21’n gees van jaloersheid oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar inderdaad verontreinig het; of ’n gees van jaloersheid kom oor hom, sodat hy jaloers word op sy vrou terwyl sy haar nie verontreinig het nie;

15

dan moet die man sy vrou na die priester bring, en hy moet haar offer vir haar saambring: ’n tiende van 22’n efa garsmeel; hy moet daar 23geen olie op giet en geen wierook daar byvoeg nie, omdat dit ’n spysoffer van jaloersheid is, ’n gedenkoffer wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring.

16

En die priester moet haar laat nader kom en haar 24voor die aangesig van die HERE stel.

17

En die priester moet 25heilige water in ’n erdepot neem; en van die stof wat op die vloer van die tabernakel is, moet die priester neem en in die water gooi.

18

Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die HERE stel en 26die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit — ’n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die 27water van bitter smart wat 28die vloek bring.

19

En die priester moet haar 29besweer en aan die vrou sê: As geen man met jou gemeenskap gehad het nie, en jy, terwyl jy 30aan jou man toebehoort het, nie afgewyk het in onreinheid nie — wees dan 31vry van hierdie water van bitter smart wat die vloek bring.

20

Maar as jy, terwyl jy aan jou man toebehoort het, afgewyk en jou verontreinig het deurdat ’n man behalwe jou eie man 32met jou vleeslike gemeenskap gehad het —

21

so moet dan die priester die vrou met die eed 33van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die HERE jou 34tot ’n vervloeking en ’n verwensing maak onder jou volk deurdat die HERE jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;

22

en mag hierdie water wat die vloek bring, in jou ingewande ingaan om die skoot te laat opswel en die heup te laat inval. Dan moet die vrou sê: 35Amen, amen!

23

Daarna moet die priester hierdie vervloekinge op ’n 36blad skrywe en dit in die water van bitter smart 37uitwis;

24

en hy moet die vrou laat drink die water van bitter smart wat die vloek bring, sodat die water wat 38die vloek bring, in haar kan ingaan 39tot bitter smart.

25

En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring.

26

Die priester moet ook van die spysoffer 40’n handvol, as gedenkoffer daarvan, neem en dit op die altaar aan die brand steek; en daarna moet hy die vrou die water laat drink.

27

En as hy haar die water laat drink het, dan sal, as sy haar verontreinig en teen haar man troubreuk begaan het, 41die water wat die vloek bring, as bitter smart in haar ingaan, en haar skoot sal opswel en haar heup inval; en die vrou sal onder haar volk 42’n vervloeking wees.

28

Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en 43swanger word.

29

Dit is die wet oor die jaloersheid: As ’n vrou afwyk terwyl sy aan haar man toebehoort, en haar verontreinig;

30

of as oor ’n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word — dan moet hy die vrou 44voor die aangesig van die HERE stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.

31

En die man sal 45vry wees van ongeregtigheid, maar dié vrou sal haar 46ongeregtigheid dra.

a Lev. 13:3, 46.

b Lev. 15:2.

c Lev. 21:1.

1 Vgl. Lev. 15:2.

2 Hebr. siel. Sien Lev. 19:28 se kanttekening.

3 Hebr. van die man tot die vrou.

4 Naamlik die ander Israeliete.

5 Daar was (volgens die mening van sommige) drie laers: die laer van die HERE, wat die tabernakel was; die laer van die Leviete; en die laer van die Israeliete. Die melaatses was uitgesluit uit al drie die laers, die mense met vloeiing net uit die eerste twee.

6 Naamlik, deur enige sulke onreines tussen hulle te laat woon.

7 Dit is, by wie Ek deur my genade voortdurend bly, deur my spesiale voorsienigheid bewaar en beskerm, asook deur my Gees en Woord regeer en tot ewige saligheid lei. Vgl. Lev. 26:11, 12 met die kanttekeninge en Eség. 37:28. 2 Kor. 6:16.

d Lev. 6:1, 3. 8 Hebr. sonde van die mens. Verstaan die sonde wat die mense begaan uit menslike swakheid wat voortkom uit die aanklewende verdorwenheid van die natuur. Vgl. Lev. 5:2, 3. Hierdie vergrype word gestel teenoor die sonde wat uit moedswil plaasvind en met opgehewe hand, Núm. 15:30 se kanttekening. Of verstaan die sonde wat plaasvind volgens die wyse van die mense, wat van nature baie tot die sonde geneig is. Anders beteken sonde van die mens dit wat téén enige mens of naaste begaan is.

9 Dit is, persoon. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.

e Lev. 6:5. 10 Naamlik voor die priester, wat die offerande moes doen en die goedere vir hom mog neem, namens die HERE, indien daar geen losser was nie, vers 8 en vgl. Lev. 5:5, 6, 10-13.

11 Naamlik die skuldige.

12 Dit is, dit wat hy van sy naaste ontvreem het; waarmee hy hom skuldig gemaak het.

13 Naamlik, om daarmee die skade wat die eienaar gely het, te vergeld, omdat hy ontneem was van die gebruik van sy goed.

14 Naamlik, aan wie die onreg gedoen is, omdat hy dood is, of geen bloedverwant, erfgenaam of iemand anders gehad het wat op die goedere aanspraak sou kon maak nie en aan wie die goedere teruggegee sou kon word nie. In so ’n geval het die priester die goedere ontvang, wat die HERE toegekom het.
15 Die woord is hier nie spesifiek gestel nie, in teenstelling met beweegoffer, soos in Ex. 29:27, maar in die algemeen vir al die dinge wat deur iemand aan die priester gegee, en so aan God geheilig word, en wat daarna nie vir enige ander gebruik aangewend mag word as wat beveel is nie. So ook in Ex. 25:2. Núm. 15:19. Neh. 10:39.

16 Naamlik van die priester; so ook in die volgende vers. Sien Lev. 6:16 se kanttekening.

f Lev. 10:12.
17 Hebr. man man, soos in Núm. 4:19, ens.

18 Naamlik volgens die vermoede en verdenking deur haar man, wat haar daarvan beskuldig dat sy die band van die huwelik deur owerspel gebreek het en daaroor so oorweldig is deur jaloersheid dat hy nie in sy gemoed gerusgestel kan word nie.

19 Sien hierdie selfde manier van spreek in Lev. 15:18; 19:20.

20 Naamlik deur owerspel.

21 Verstaan die emosie van jaloesie van ’n man oor die eerbaarheid van sy vrou, wanneer hy haar van kwaad verdink. Die woordjie gees beteken dikwels die gevoelens en emosies waardeur mense óf tot sondes en swakhede óf tot deugde en goeie werke innerlik geneë is of ook uiterlik gedryf word. Sien Jes. 19:14. Hos. 4:12. 1 Kor. 4:21. Gal. 6:1. 2 Tim. 1:7.
22 Sien Ex. 16:36.

23 Die rede is, volgens die mening van sommige, dat die olie ’n teken was van die genade en geestelike gawes, en die wierook ’n teken van die aangename en lieflike geur, en beide was by so ’n geleentheid nie gepas nie.

24 Dit is, voor die tabernakel, waarin die ark was, as ’n teken van God se teenwoordigheid. Sien Lev. 1:3 se kanttekening.
25 Naamlik, wat uit die heilige waskom geneem is, wat by die brandofferaltaar staan, waarin die water was wat in die heilige godsdiens gebruik moes word. Sien Ex. 30:18; 40:30.
26 Dit het plaasgevind: (1) Om te verklaar dat die vrou vry en vir haarself verantwoordelik was, daarom het sy die mag gehad om ’n eed te doen, soos daarenteen die bedekking van haar hoof ’n teken is dat sy onder die mag van haar man staan, 1 Kor. 11:5, 10. (2) Sodat sy duidelik gesien en uitgeken kon word en dat haar woorde en gebare deur die hele vergadering só beter waargeneem kon word. (3) Sodat sy des te meer skaamte en vrees sou hê om iets anders as die waarheid te verklaar, omdat sy as ’t ware onbedek staan voor die aangesig van God en die hele vergadering.

27 Dit word so genoem omdat die vrou met ’n swaar vervloeking van haarself, baie bitter smarte oor haarself sou bring, indien sy skuldig sou wees. Sien verse 24, 27. Vgl. Ex. 32:20.

28 Dit is, die straf van God, gemeld in vers 22. Sien ook vers 24.

29 Dit is, hy sal haar onder eed laat verklaar, of sy owerspel gepleeg het of nie. Anders: beëdig.

30 Anders: in die plek van jou man, dit is, met hom in die plek van jou man gelê het; so ook in verse 20, 29.

31 Dit is, onskuldig en onstrafbaar, sodat hierdie water jou nie skade aandoen nie.

32 Hebr. by jou gelê het. Sien oor die Hebreeuse manier van spreek Lev. 18:20, 23; 20:15.
33 Die HERE wou hierdie wet op drie maniere bevestig hê: (1) Met ’n eed van vervloeking wat deur die beskuldigde vrou gedoen moes word, soos in hierdie vers en die volgende. (2) Met die beskrywing van hierdie handeling, wat deur die priester gedoen moes word, hoewel só dat die geskrif of blad in die water gedoop en afgespoel moes word, vers 23. (3) Met die bitter drink van die water van bitter smart (waarin die geskrewe vloek as ’t ware afgespoel was), wat die vroue ook moes doen, vers 24.

34 Dit is, tot ’n simbool van die vloek en van die valse eed, dat ander mense jou as ’n voorbeeld sal sien van ’n vervloekte persoon, wat nie net so ’n sonde begaan het nie, maar ook met ’n plegtige eed vermetel ontken het.

35 Amen is ’n woord wat die Hebreërs gebruik: (1) In die toestemming van ’n saak, Deut. 27:15, 16. Neh. 8:7. Openb. 5:14. (2) In die bevestiging en versekering van ’n verslag, Matt. 5:18; 6:2, ens. (3) In die toewensing van die goeie, Jer. 11:5; 28:6. Openb. 22:20. (4) In die aanneming en verwagting van ’n dreigende kwaad, soos hier. Dit word soms verdubbel, om die betekenis te vermeerder en te versterk, soos hier en in Ps. 89:53. Joh. 3:3, 11; 5:19, ens. Die woord beteken eintlik mag dit waar wees, of: dit is waar, of: so sal dit gebeur.
36 Of: geskrif.

37 Of: uitvee, afvee, afwas.

38 Sien vers 18 se kanttekening.

39 Dit is, sodat sy die bitter straf van God ontvang indien sy skuldig is.

40 Verstaan ’n deel van die offer, wat aangesteek moes word. Vgl. Lev. 2:2 en die kanttekening.
41 Die water het hierdie werking nie uit sy natuurlike krag gehad nie, maar uit die verordening van die HERE, wat daardeur as ’t ware deur ’n teken óf sy regverdige oordeel uitgevoer het teen die skuldige, óf sy belofte aan die onskuldige.

42 Sien vers 21 se kanttekening.

43 Dit is, vrugbaar wees.
44 Sien vers 16 se kanttekening.
45 Dit is, alhoewel die man sy vrou beskuldig het omdat hy haar van kwaad verdink het, so sal hy nogtans nie daarvoor gestraf word nie; óf omdat die man dit gedoen het sal hy onskuldig wees aan die owerspel van sy vrou, waar hy anders skuldig sou wees indien hy dit oorgesien het.

46 Sien Lev. 5:1 se kanttekening.