Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 6

Wet oor die nasireërsgelofte.

1

EN die HERE het met Moses gespreek en gesê:

2

Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As ’n man of ’n vrou ’n besondere gelofte aflê, die gelofte van ’n 1nasireër, om hom aan die HERE te wy,

3

moet hy hom van wyn en 2sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen 3druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.

4

Al die dae van sy nasireërskap mag hy niks eet van alles wat van die 4wynstok gemaak is nie, selfs nie van die pitte en 5doppe nie.

5

Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen askeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy 6heilig wees — hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.

6

Al die dae dat hy hom aan die HERE gewy het, mag hy nie by ’n 7dooie kom nie.

7

Aan sy vader of sy moeder, aan sy broer of sy suster — aan hulle mag hy hom nie verontreinig as hulle dood is nie; want die 8wyding van sy God is op sy hoof.

8

Al die dae van sy nasireërskap is hy heilig aan die HERE.

9

En as heeltemal onverwags iemand by hom sterwe, sodat hy 9sy gewyde hoof verontreinig, moet hy op die dag van sy reiniging sy hoof 10skeer; op 11die sewende dag moet hy dit skeer.

10

En op die agtste dag moet hy twee tortelduiwe of twee 12jong duiwe na die priester, na die ingang van die tent van samekoms, bring.

11

En die priester moet een as sondoffer en een as brandoffer berei en vir hom versoening doen vir wat hy 13uit oorsaak van die 14dooie 15gesondig het; so moet hy dan sy hoof op dieselfde dag 16heilig.

12

Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan die HERE 17wy en 18’n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet 19wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is.

13

En dit is die wet 20van die nasireër: Op die dag as die dae van sy nasireërskap om is, moet hulle 21hom na die ingang van die tent van samekoms bring;

14

en hy moet sy offer aan die HERE bring: 22een jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer en 23een jaaroud ooilam sonder gebrek as sondoffer en een ram sonder gebrek as dankoffer

15

en ’n mandjie ongesuurde koeke van fynmeel, koeke met olie gemeng en ongesuurde platkoeke met olie bestryk, en die 24spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort.

16

En die priester moet dit voor die aangesig van die HERE 25bring en die sondoffer en brandoffer vir hom berei.

17

Hy moet ook die ram as dankoffer aan die HERE gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet die spysoffer en 26drankoffer vir hom berei.

18

Dan moet die nasireër by die ingang van die tent van samekoms 27bsy gewyde hoof skeer en die hare van sy gewyde hoof neem en dit op die vuur gooi wat onder die dankoffer is.

19

Verder moet die priester die gekookte blad van die ram afneem en een ongesuurde koek uit die mandjie en een ongesuurde platkoek; en hy moet hulle op die hande van die nasireër sit nadat dié sy 28gewyde hare afgeskeer het.

20

En die priester moet dit cbeweeg as 29beweegoffer voor die aangesig van die HERE. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.

21

Dit is die wet vir die nasireër wat sy offer aan die HERE beloof op grond van sy nasireërskap, 30behalwe wat hy verder kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy afgelê het, só moet hy doen 31volgens die wet van sy nasireërskap.

Die priesterlike seën.

22

23

Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel 32seën deur vir hulle te sê:

24

Die HERE 33sal jou seën en jou behoed;

25

die HERE 34sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26

die HERE sal sy aangesig oor jou 35verhef en aan jou 36vrede 37gee.

27

So moet hulle dan 38my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.

1 Die Hebreeuse woord nazir, geskryf met die letter zajin, beteken ’n afgesonderde, naamlik van die wêreld, om hom heeltemal tot die bedenking van goddelike dinge en die waarneming van die heilige godsdiens oor te gee. Die nasireërs was ’n beeld wat in Christus nie letterlik nie, maar geestelik vervul is. Sien oor hulle ook Rig. 13:5. Klaagl. 4:7 en die kanttekening. Amos 2:11. Hulle moet onderskei word van diegene wat met die letter sade geskryf en Nasaréners genoem word, van die stad Násaret, soos die Here Christus ook ’n Nasaréner genoem word, Matt. 2:23, en die Christene Nasaréners, Hand. 24:5. Die nasireërs was tweërlei: (1) Die wat God uitdruklik daartoe verkies het, soos Simson, Rig. 13:5, en (volgens sommige) Johannes die Doper, Luk. 1:15. (2) Die wat deur vrywillige gelofte nasireërs geword het, waarvan hier gespreek word.
2 Sien Lev. 10:9 se kanttekening.

3 Of: vogtigheid van druiwe.

4 So ook in Rig. 13:14. Dit is, wat wyndruiwe dra en wyn voortbring. Die teendeel is ’n wynstok wat dit nie doen nie, Hag. 2:19.

5 Of: skilletjies.

a Rig. 13:5. 1 Sam. 1:11. 6 Dit is, aan die HERE geheilig en toegewy.
7 Hebr. siel. Sien vers 11. Lev. 19:28 se kanttekening.
8 Dit is, die teken van sy nasireërskap of wyding, naamlik sy lang hare, wat hy solank sy gelofte geduur het, ongeskeer moes laat. Vgl. verse 9, 19.
9 Sien vers 7 se kanttekening.

10 Dit is, sy hare tot op die vel met ’n skeermes afskeer.

11 So lank moes ’n mens wat ’n dooie aangeraak het, as onrein beskou word. Sien Núm. 19:11. Vgl. Núm. 12:14.

12 Hebr. seuns van die duif.
13 Of: by.

14 Hebr. siel.

15 Verstaan hierdie sonde van die seremoniële onreinheid, wat hy gekry het deur die dooie liggaam aan te raak, of daarby was, hoewel teen sy wete en wil.

16 Sien Lev. 8:10 se kanttekening.

17 Naamlik, hom opnuut onthou van die dinge wat genoem is in verse 3-7, en weer begin met sy nasireërskap, asof hy tevore niks gedoen het nie, om daarin soveel dae as wat hy beloof het, te volhard.

18 Hebr. ’n seun van sy jaar.

19 Dit is, verniet en tevergeefs wees en wat nie in aanmerking kom nie.

20 Dit is, van die offer van die nasireër.

21 Naamlik om hierdie offer, wat genoem word in verse 14, 15, te bring.

22 Hebr. ’n seun van sy jaar.

23 Hebr. ’n dogter van haar jaar.

24 Spysoffer en drankoffer word so onderskei dat die eerste van droë, die ander van vogtige dinge was. Sien oor die spysoffer Lev. 2:1 se kanttekening en oor die drankoffer Lev. 23:37, en van beide onderskeidelik genoem, soos hier, Joël 1:9, 13.
25 Of: offer.
26 Vgl. Gén. 35:14 se kanttekening.
b Hand. 21:24. 27 Sien vers 9 se kanttekening.
28 Dit is, die hare wat gedurende sy nasireërskap gegroei het.
c Ex. 29:27. 29 Hoe die beweegoffer van die hefoffer onderskei word, sien Lev. 7:30 se kanttekening.
30 Dit is, behalwe dit wat hy bo die genoemde offer nog vrywillig volgens sy vermoë wou belowe en offer. Hy mog wel meer doen, maar nie minder nie, omdat die offer wat in hierdie wet voorgeskryf word, sowel die arme as die ryke opgelê is.

31 Anders: bo, of behalwe.

32 Dit is, as priesters en dienaars van God in die algemene byeenkoms alle voorspoed, welvaart en saligheid aan die gemeente van God toewens.
33 Sien Gén. 12:2 se kanttekening.
34 Die aangesig van God beteken sy voorsienigheid en teenwoordigheid, om te straf of te seën. Sien oor die aangesig van straf of wraak Lev. 17:10. Ps. 34:17; 51:11. Hier word van die aangesig van guns en seëning gespreek, so ook in 2 Kron. 30:9. Ps. 13:2, ens. Van God word gesê dat Hy sy aangesig laat skyn, as Hy sy genade, seën en weldadigheid met die daad bewys, Ps. 31:17; 80:4, 8, 20; 119:135. Dan. 9:17.
35 Dit is, gedurig die oë van sy genadige voorsienigheid oor jou hou, om jou in- en uitgang te bewaar, tot jou beswil, wat God nie doen wanneer van Hom gesê word dat Hy sy aangesig verberg, of afwend nie, Deut. 32:20. Eség. 7:22.

36 Sien Gén. 37:14 se kanttekening.

37 Hebr. stel, dit is, jou vrede toevoeg, of aan jou vrede gee.

38 Dit het plaasgevind deels met aanroeping van die goddelike Naam, deels met uitstrekking van hul hande oor die gemeente, asof hulle die seën van die HERE, waarvoor hulle gebid het, die hele volk van Godsweë met die daad wou toebring en op hulle lê.