Statevertaling – Bybelstigting

Númeri 7

Offerandes van die twaalf stamowerstes ná die oprigting en heiliging van die tabernakel.

1

EN 1op die dag toe Moses adie tabernakel klaar opgerig en dit gesalf en geheilig het met al sy gereedskap, en die altaar met al sy gereedskap, en hy dit gesalf en geheilig het,

2

het die 2owerstes van Israel, die hoofde van hulle families, offers gebring — hulle was die owerstes van die stamme, hulle wat oor die geteldes gestaan het —

3

hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring: ses 3tentwaens en twaalf beeste; ’n wa vir twee owerstes en ’n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel 4gebring.

4

En die HERE het met Moses gespreek en gesê:

5

Neem dit van hulle aan, dat dit kan gebruik word om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig; en jy moet dit aan die Leviete gee, aan 5elkeen volgens sy dienswerk.

6

Toe het Moses die waens en die beeste geneem en dit aan die Leviete gegee:

7

twee waens en vier beeste het hy aan die seuns van Gerson gegee volgens hulle dienswerk;

8

en 6vier waens en agt beeste het hy aan die seuns van Merári gegee volgens hulle dienswerk, 7onder leiding van Ítamar, die seun van die priester Aäron.

9

Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens 8van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes 9dit op die skouers dra.

10

En die owerstes het die 10inwydingsgawe van die altaar gebring op die dag toe dit gesalf is, en die owerstes het hulle offer 11voor die altaar gebring.

11

En die HERE het aan Moses gesê: 12Elke owerste moet, elkeen op ’n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.

12

En hy wat op die eerste dag sy offer gebring het, was 13Nagson, die seun van Ammínadab, van die stam van Juda.

13

En sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die 14sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng 15as spysoffer;

14

een 16rookpan van tien 17sikkels goud, vol reukwerk;

15

18een jong bul, een ram, 19een jaaroud lam 20as brandoffer;

16

een bokram as 21sondoffer;

17

en 22as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf 23jaaroud lammers. Dit was die offer van Nagson, die seun van Ammínadab.

18

Op die tweede dag het Netáneël, die seun van 24Suar, die owerste van Íssaskar, aangebring —

19

hy het sy offer gebring: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

20

een 25rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

21

een jong bul, een ram, een jaaroud lam as brandoffer;

22

een bokram as sondoffer;

23

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Netáneël, die seun van Suar.

24

Op die derde dag 26die owerste van die kinders van Sébulon, Elíab, die seun van Helon.

25

Sy offer was: een silwerskottel, honderd-en-dertig sikkels in gewig; een silwerkom van sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; altwee vol fynmeel met olie gemeng as spysoffer;

26

een rookpan van tien sikkels goud, vol reukwerk;

27

28

een bokram as sondoffer;

29

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elíab, die seun van Helon.

30

Op die vierde dag die owerste van die kinders van Ruben, 27Elísur, die seun van Sedéür.

31

32

33

34

een bokram as sondoffer;

35

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elísur, die seun van Sedéür.

36

Op die vyfde dag die owerste van die kinders van Símeon, Selúmiël, die seun van 28Surísaddai.

37

38

39

40

een bokram as sondoffer;

41

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Selúmiël, die seun van Surísaddai.

42

Op die sesde dag die owerste van die kinders van Gad, Éljasaf, die seun van Réhuel.

43

44

45

46

een bokram as sondoffer;

47

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Éljasaf, die seun van Réhuel.

48

Op die sewende dag die owerste van die kinders van Efraim, Elisáma, die seun van Ammíhud.

49

50

51

52

een bokram as sondoffer;

53

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Elisáma, die seun van Ammíhud.

54

Op die agtste dag die owerste van die kinders van Manasse, Gámliël, die seun van 29Pedásur.

55

56

57

58

een bokram as sondoffer;

59

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Gámliël, die seun van Pedásur.

60

Op die negende dag die owerste van die kinders van Benjamin, Abídan, die seun van Gideóni.

61

62

63

64

een bokram as sondoffer;

65

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Abídan, die seun van Gideóni.

66

Op die tiende dag die owerste van die kinders van Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

67

68

69

70

een bokram as sondoffer;

71

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahiëser, die seun van Ammísaddai.

72

30Op die elfde dag die owerste van die kinders van Aser, Págiël, die seun van Ogran.

73

74

75

76

een bokram as sondoffer;

77

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Págiël, die seun van Ogran.

78

Op die 31twaalfde dag die owerste van die kinders van Náftali, Ahíra, die seun van Enan.

79

80

81

82

een bokram as sondoffer;

83

en as dankoffer: twee beeste, vyf ramme, vyf bokramme, vyf jaaroud lammers. Dit was die offer van Ahíra, die seun van Enan.

84

Dit was die inwydingsgawe van die altaar van die kant van Israel se owerstes op die dag toe dit gesalf is: twaalf silwerskottels, twaalf silwerkomme, twaalf goue rookpanne —

85

elke skottel honderd-en-dertig sikkels silwer, en elke kom sewentig; al die silwer van die goed was tweeduisend-vierhonderd volgens die sikkel van die heiligdom —

86

twaalf goue rookpanne, vol reukwerk; elke rookpan tien sikkels volgens die sikkel van die heiligdom; al die goud van die rookpanne was honderd-en-twintig sikkels.

87

Al die beeste vir die brandoffer was twaalf bulle; die ramme twaalf, die jaaroud lammers twaalf, met hulle spysoffer; en twaalf bokramme as sondoffer.

88

En al die beeste vir die dankoffer was vier-en-twintig bulle; die ramme sestig, die bokramme sestig, die jaaroud lammers sestig. Dit is die inwydingsgawe van die altaar nadat dit gesalf is.

89

En as Moses in die 32tent van samekoms gegaan het om 33met Hom te spreek, het hy die stem met hom hoor spreek van die versoendeksel af wat op die ark van die Getuienis is, 34tussen die twee gérubs uit. 35So het Hy dan met hom gespreek.

a Ex. 40:18. 1 Verstaan die eerste dag van die eerste maand van die tweede jaar nadat hulle uit Egipte weggetrek het. Sien Ex. 40:17, 18.
2 Sien Núm. 1:16 se kanttekening.
3 Dit is, waens met hoë, boogvormige oordekkings, om dit wat daarbinne was te beskerm.

4 Anders: geoffer.

5 Naamlik aan elke geslag van die Leviete, dit is, aan die Gersoniete, Kehatiete en Merariete, wie se ampte en take voorheen beskryf is in Númeri 3 en 4.
6 Sien oor die rede waarom hy aan die Merariete meer waens en beeste gegee het as vir die Gersoniete, Núm. 3:36 se kanttekening.

7 Dit is, onder die bestuur en toesig van Ítamar. Sien Gén. 41:35 se kanttekening.

8 Dit word genoem in Núm. 4:4, ens.

9 Sien Núm. 4:15 se kanttekening.

10 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die werk waardeur iets deur sekere seremonies tot ’n besondere gebruik aan die HERE geheilig word, 2 Kron. 7:9. Esra 6:16, en hier in dit wat volg.

11 Naamlik die brandofferaltaar.

12 Hebr. ’n Owerste op ’n dag, ’n owerste op ’n dag. Sien oor hierdie manier van spreek Gén. 7:2 se kanttekening.
13 Dit is, hy het nie vir homself geoffer nie, maar in die naam van en vanweë die hele stam van Juda. En so moet dit ook verstaan word ten opsigte van die owerstes wat hierna volg, dat hulle vir hul stam geoffer het.
14 Dit is dubbel soveel as ’n gewone of burgerlike sikkel. Sien Gén. 20:16 en 23:15 se kanttekeninge.

15 Sien oor die spysoffer Lev. 2:1 se kanttekening.

16 Anders: kookpan, koppie of lepel.

17 Sien oor die waarde van ’n goue sikkel Gén. 24:22 se kanttekening.

18 Hebr. die seun van ’n bees, en so ook in dit wat volg.

19 Hebr. seun van sy jaar, en so ook in dit wat volg.

20 Sien Gén. 8:20 en Lev. 6:9 se kanttekeninge.

21 Sien Lev. 4:3 se kanttekening.
22 Sien Lev. 3:1 se kanttekening.

23 Hebr. seuns van ’n jaar, en so ook in dit wat volg.

24 Hebr. Tsuar.
25 Naamlik van goud. Sien vers 84.
26 Naamlik, hy het sy offer gebring. Soos in vers 19, en so ook in dit wat volg.
27 Hebr. Elítsur.
28 Hebr. Tsurísjaddai.
29 Hebr. Pedátsur.
30 Hebr. Op die dag van elf dae.
31 Hebr. Op die dag van twaalf dae.
32 Verstaan toe dit ingewy en tot diens van die HERE geheilig was. Voor dit het God met Moses op die berg Sinai en andersins ook gespreek.

33 Naamlik met die HERE.

34 Daarom word van God gesê dat Hy op of bo-oor die gérubs troon, 1 Sam. 4:4. 2 Kon. 19:15. Ps. 80:2.

35 Naamlik, soos Hy belowe het, Ex. 25:22.