Statevertaling – Bybelstigting
EN1 ek het a2’n dier uit die see sien opkom met 3sewe koppe en 4tien horings, en op sy horings tien 5krone en op sy koppe 6’n naam van godslastering.
En die dier wat ek gesien het, was soos ’n 7luiperd, en sy pote soos dié van ’n beer, en sy bek soos die bek van ’n leeu; en 8die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.
En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik 9gewond was, en 10sy dodelike wond is genees. En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.
En 11hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier bgelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
En ’n mond is aan hom gegee wat 12groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee 13om dit ctwee-en-veertig maande lank te doen.
En hy het sy mond oopgemaak 14om te laster teen God, om sy Naam en 15sy tabernakel en 16die wat in die hemel woon, te laster.
Dit is dook aan hom gegee om oorlog te voer teen 17die heiliges en 18hulle te oorwin, en 19aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.
En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, e20almal wie se name nie fvan die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam 21wat geslag is, geskrywe is nie.
As iemand ’n oor het, laat hom hoor.
22As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; gas iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word. hHier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges.
Die dier wat uit die aarde opkom.
23EN iuit die aarde het ek ’n ander dier sien opkom, en 24hy het twee horings gehad net soos ’n lam 25en het gepraat soos ’n draak.
En 26hy oefen al die mag van die eerste dier uit kvoor sy oë, en hy maak dat 27die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die ldodelike wond genees is.
Hy doen ook m28groot tekens, sodat hy selfs 29vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.
En hy nverlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 30’n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
En dit is hom gegee 31om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat odie dier se beeld nie aanbid nie.
En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe p32’n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word;
sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk q33of die naam van die dier of 34die getal van sy naam het.
Hier kom rdie wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is 35die getal van ’n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig.
a Dan. 7:20. Openb. 17:3. | 1 Hierdie gesig kom in baie opsigte ooreen met die gesig wat Daniël gesien het, Dan. 7:2, ens., waar die vier monargieë of grootste heerskappye in die wêreld, in dergelike voorkoms aan die profeet getoon word. Die rede waarom hulle met diere vergelyk word en met die wat uit die see opkom, is omdat hulle met groot gedruis uit die samevloeiing van baie volke (wat met waters vergelyk word, Openb. 17:15) opgerig word, en dikwels met baie wreedheid en geweld verbind en vergesel word.
2 Daar is verskeie menings oor die heerskappy wat hierdeur verstaan word. Sommige verklaarders verstaan daardeur die Romeinse monargie, wat onder die heidense keisers geheers het toe Johannes hierdie openbaring ontvang het, en kort ná hierdie tyd onder keiser Trajanus op haar sterkste en luisterrykste was. En omdat hulle die afgode en gevolglik ook die draak gedien het, so was hulle ook deur hom aangespoor om die Christelike godsdiens tot die uiterste te beveg. En hoewel Konstantyn, asook beide die Theodosiusse, Gratianus, en enkele goeie en Christelike keisers, omtrent tweehonderd-en-twintig jaar daarna die kerk vir ’n tyd voorgestaan het, was daar nogtans ook intussen sommige heidense en ketterse keisers en konings, wat hul mag aan die draak gegee het, en die kerke van Christus en die opregte leraars vervolg het, totdat hierdie dier uiteindelik onder hierdie keiserryk in die weste, ongeveer die jaar 400 en 500 ná Christus se geboorte, ’n dodelike wond ontvang het, toe die stad Rome deur die Noordse volke, die Longobarde, Gote, Hunne en Vandale, tot vyf maal toe ingeneem en uiteindelik verwoes is. Uit hierdie ondergang het die Antichris uiteindelik sy ryk voortgebring, toe keiser Justinianus, ongeveer die jaar 550, hierdie barbaarse nasies verdryf en ten gronde gebring het, en die biskop van Rome opnuut verhef het; en dat die wrede keiser Phokas, ongeveer die jaar 606, hom tot algemene biskop verklaar het. Daardeur is die wond aan die hoof van hierdie dier weer genees, en is hy onder alle volke en tale aanbid; waarvan deur die opkoms van die tweede dier, in die vervolg van die hoofstuk nader gespreek sal word. Hierdie mening is ’n mening van baie voortreflike leraars, en pas baie goed by byna alle dele van die beskrywing van die eienskappe van hierdie eerste dier. Hierin is egter die volgende swarighede: eerstens, dat hierdie Romeinse Ryk alreeds lank tevore in sy krag was, terwyl die dier in hierdie gesig vertoon word as nog opkomende. Tweedens, dat dit beswaarlik is, dat ’n mens die tyd ná Konstantyn se koms tot die keiserdom, en sommige godsalige keisers, ook hieronder moet verstaan; of dat die opkoms van die tweede dier, dit is, van die Antichris, onder hierdie vrome keisers gestel moet word. En allermeeste dat die twee-en-veertig maande, waarvan hier in vers 5 gespreek word, duidelik dui op die twee-en-veertig maande, of duisend-tweehonderd-en-sestig dae, waarvan in Openb. 11:2, 3 gespreek is, en op die duisend-tweehonderd-en-sestig dae, in Openb. 12:6; wat die tyd is toe die heilige stad deur die heidene vertrap is, en waarin die twee getuies verwek is, wat die gemeente in die woestyn onderhou het; en teen wie hierdie dier oorlog gevoer het, soos daar verklaar is. Daarom word dit ten beste op die nuwe Roomse heerskappy gedui, wat in daardie stad, ongeveer die tyd van die vertrapping van die heilige stad, en van die vlug van die kerk van Christus die woestyn in, opgerig is, en hom oor die hele Christendom vernaamlik in die weste uitgestrek het. Omdat hierdie heerskappy tweërlei is, naamlik ’n wêreldse, wat die Antichris bo alle konings, vorste en republieke, direk of indirek, uitstrek, en ’n geestelike, wat hy oor al die biskoppe, abte, prelate en priesters in die kerk aanneem, so word beide hierdie onregmatige magte, in hierdie gesig, onder die gedaante van hierdie twee diere, baie duidelik voorgestel; soos hierna ook deur die koninklike opgesmukte hoer, wat op hierdie dier sit, en deur die valse profeet, wat haar vergesel. Want dit is eie aan die apostel in hierdie geskrif, dat die verskillende eienskappe en werkinge van ’n persoon, of opvolging van persone, deur verskillende gesigte vertoon word; soos voorheen die kerk van Christus in Openbaring 11, deur die tempel en sy voorhof, en in Openbaring 12 deur ’n vrou met die son bekleed, vertoon word. Ja, soos Christus self in hierdie openbaring soms as ’n lam, soms as ’n engel, en priester van die hemel, soms as ’n oorwinnaar sittende op ’n wit perd, aangedui word. Dat die verklarings van al hierdie eienskappe, wat hier in hierdie hoofstuk volg, baie goed op beide heerskappye van toepassing is, sal in die vervolg blyk. 3 Hierdie sewe koppe word in Openb. 17:9 deur die engel self verklaar as die sewe berge, waarop die groot stad waar die vrou op sit, wat die heerskappy voer oor die konings van die aarde, gebou is; asook as die sewe konings, of regeringsvorme, waaraan die vrou onderworpe was, waarvan in daardie hoofstuk ’n nadere verklaring sal volg. 4 Dit word hierna in Openb. 17:12 verklaar as tien konings, wat nog nie die koninkryk ontvang het nie, maar hulle sou hul mag een uur saam met die dier ontvang; waaraan hulle hul mag vir ’n tyd sou oorgee, totdat hulle dit weer sou terugneem; sien ook daar ’n nadere verklaring daarvan. 5 Gr. diademata, wat ’n soort versierde kroon was, wat die konings ook toegekom het, wat hulle maklik van hul hoofde sou kon verwyder, om dit voor die troon van die draak en van die dier te kan afhaal en aan sy voete te lê, soos die vier-en-twintig ouderlinge en die vier lewende wesens hul krone voor die troon van God en van die Lam werp, Openb. 4:10. 6 Anders: name, naamlik soos daar is: die God op aarde, die stedehouer van Christus, die hoof en die bruidegom van die kerk, en dergelike meer, benewens die afgodediens, wat ook in God se Woord deur die woord lastering verstaan word; soos te sien is in Jes. 65:7. Eség. 20:27. Sien hieroor ook 2 Thess. 2:4. |
7 Die eerste drie monargieë word in Dan. 7:4, ens., vergelyk met hierdie drie wilde en verskeurende diere; die drie word hier tesame aan slegs hierdie dier toegeken, omdat die eienskappe van die drie tesame by hierdie dier pas; sien oor hierdie eienskappe ook Daniël 7 en die kanttekeninge.
8 Hierdie krag en troon en mag kom van die draak af, omdat hy die owerste van hierdie wêreld is, Joh. 12:31, die god van hierdie wêreld, 2 Kor. 4:4, en die owerste van die mag van die lug, wat kragtig werk in die kinders van ongehoorsaamheid, Ef. 2:2, wat ook self roem dat hy hierdie koninkryke kan gee aan wie hy wil, Luk. 4:6, en Paulus getuig dat die koms van die Antichris sal wees volgens die werking van die Satan met alle krag, 2 Thess. 2:9. |
9 Gr. geslag. Sien oor hierdie wond en die genesing daarvan, vers 1 se kanttekening. Want uit die vervolg van die teks, en die spreekwyse wat Johannes gebruik, blyk dat die dier hierdie wond tydens sy eerste opkoms ontvang het, wat wel enigsins genees is deur keiser Justinianus en sommige wat hom opgevolg het, maar ten volle genees is deur Pepyn en Karel die Grote, wat ongeveer die jaar 700 en 800 die biskop van Rome in volle besit van sy goedere gestel het, toe die tien konings wat saam met hom opgestaan het, hul mag by hom gevoeg het; waarop die verwondering en onderwerping van alle volke in die Christendom gevolg het, soos die teks verklaar.
10 Gr. die slag of wond van sy dood. |
b Openb. 18:18. | 11 Naamlik wel nie in sy gedaante, soos die heidense Romeinse Ryk met hul afgode gedoen het nie, maar in die nuwe beeldediens, en ander afgodiese handelinge, waartoe hulle in hierdie ryk verval het, soos voorheen in Openb. 9:20 getuig is; en die ervaring maar te dikwels bewys. |
c Openb. 11:2. | 12 Sien dergelike in Dan. 7:8. Dit word van die klein horinkie, wat tussen die ander opgekom het, gesê; wat letterlik verstaan word as koning Antiochus, oor wie se tirannie en afgodery onder die Jode baie te lees is in 1 Makkabeërs 1; 2, en wat deur baie verklaarders onder die Christene as ’n voorbeeld van die Antichris verstaan was, wat dergelike tirannie en afgodery onder die Christene sou aanrig en gebruik. Sien die verklaring van hierdie groot dinge in vers 1 se laaste kanttekening.
13 Anders: om twee-en-veertig maande lank oorlog te voer, dit is, duisend-tweehonderd-en-sestig dae, sien daaroor vers 1 en Openb. 12:6 se kanttekeninge. |
14 Naamlik om so inderdaad vir homself die mag en die name van God toe te eien. Want hy sit in die tempel van God, en verhef hom bo alles wat God genoem word, 2 Thess. 2:4.
15 Hierdeur verstaan sommige die ware kerk van God, wat hy as ketters beskou en verbanne verklaar en uitkryt voor die hele wêreld. Ander verstaan hierdeur die liggaam van Christus, wat ’n tabernakel van sy Godheid genoem word, Joh. 1:14. Hebr. 9:11, 12, en wat deur die mis lasterlik mishandel word. Albei is waar. 16 Dit is, die engele en salige siele, wat hy, met alle mag, in afgode verander, en met wie hy geestelike hoerery bedryf; waarmee hy die konings en volke van die aarde dronk maak, soos in Openbaring 17 verklaar sal word. Dit is die grootste verkleinering en lastering wat hy hulle sou kon aandoen; soos Paulus en Bárnabas, toe mense aan hulle goddelike eer wou bewys, daaroor hul klere geskeur het, Hand. 14:14, wat gewoonlik met die aanhoor van godslastering gebeur het, soos te sien is in 2 Kon. 18:37. Matt. 26:65. |
d Dan. 7:21. Openb. 11:7. | 17 Dit is, die ware gelowiges en belyers van Christus se Naam, soos voorheen in Openb. 11:7 van die twee getuies ook gesê is.
18 Naamlik deur die oorwinning oor die liggaam, sowel teen die gelowiges in die besonder, deur hulle dood te maak, as teenoor hul gemeentes, deur hulle te ontwrig en te verwoes; waarvan die boeke van die martelare vol voorbeelde is. Hoewel die gelowiges altyd die draak en die dier geestelik oorwin het, soos die gelowige siele roem en lofsing in Openb. 12:11, en soos van hulle getuig word in hierdie hoofstuk, vers 8. 19 Naamlik deur ’n regverdige oordeel van God, wat ’n krag van dwaling onder hierdie volke gestuur het, sodat hulle die leuen sou glo, en almal veroordeel word wat die waarheid nie glo nie, 2 Thess. 2:10, 11. |
e Ex. 32:33. Filip. 4:3. Openb. 3:5; 20:12; 21:27.
f Openb. 17:8. |
20 Dit is, wat nie deur God in Christus uitverkies is nie, soos Paulus spreek in Ef. 1:4. Sien dergelike in Luk. 10:20. Openb. 20:12.
21 Sommige voeg die woorde van die grondlegging van die wêreld af by die voorgaande woorde wie se name nie in die boek van die lewe geskrywe is nie, soos Paulus oor die uitverkiesing in Christus spreek, Ef. 1:4. Ander, by die laaste woorde wat geslag is. Want hoewel Christus nie letterlik geslag is nie, behalwe toe Hy vir ons aan die kruis gely het, so was sy dood en offer van die begin van die wêreld af kragtig tot verlossing van sy gelowiges, en Hy is van die begin af geslag in God se besluit, in God se beloftes, en in die geloof van die uitverkorenes, soos van Abraham gesê word, Joh. 8:56, en van Moses, Hebr. 11:26. |
g Gén. 9:6. Matt. 26:52.
h Openb. 14:12. |
22 Gr. As iemand die krygsgevangenes voortlei, dit is, ’n menigte gevangenes. Dit word tot slot hierby gevoeg, en tot troos van die gelowiges, naamlik dat die onregverdige mense, óf hier in hierdie wêreld regverdige vergelding sal ontvang, soos menigmaal gebeur; óf ten minste in die toekomende, wanneer hulle saam met die dier en die valse profeet in die poel van vuur gewerp sal word, en deur die geestelike swaard van Christus, wat uit sy mond kom, met die ewige dood gedood word, soos hierna in Openb. 19:20 gespreek word. |
i Openb. 11:7. | 23 Dat die opkoms van hierdie ander dier uit die aarde die Antichris voorstel, word sonder twyfel deur alle verklaarders verstaan. Hy gee hom voor in die gedaante van die eerste dier as ’n prins van die wêreld, en as ’n god op aarde, soos tot nou toe aangetoon is, maar nou kom hy na vore as ’n valse profeet, wat die hele wêreld verlei deur sy afgodery en valse leer, soos uit die vervolg sal blyk.
24 Dit is, hy gedra hom in die uiterlike en in sy belydenis, asof hy die stedehouer van Christus, van die Lam van God, is, en ’n dienaar van al die dienaars van Christus. 25 Dit is, voer leringe in wat die Skrif leringe van duiwels noem, 1 Tim. 4:1. Sien ook Matt. 7:15. 2 Kor. 11:14. Sommige verstaan egter hierdeur die mag wat hy hom aanmatig om die hemel te sluit en te open. |
k Openb. 19:20.
l vers 3. |
26 Dit is, vervolg en verdruk die kerk van Christus met sy geestelike mag, deur die instrumente van sy geestelike hiërargie, met sy inkwisisies, verordeninge, verbanning uit die gemeenskap van sy kerk, en dergelike; soos hy ook doen deur sy wêreldlike werktuie, deur bloedige verordeninge, en strawwe met swaard en vuur.
27 Dit is, die wêreldse en aardse mense, waarteenoor hiervoor diegene gestel is wat geskryf is in die hemel en in die boek van die Lam. |
m 2 Thess. 2:9. Openb. 16:14. | 28 Naamlik wat die apostel tekens van die leuen noem, 2 Thess. 2:9, omdat dit deels versin is en deels deur die Satan gebeur tot bevestiging van die leuens.
29 Hierdeur word gepas die weerlig van sy uitsluitings uit sy kerk en verbannings verstaan, waardeur hy nie net die gewone volk nie, maar ook konings en vorste en hele koninkryke en republieke verskrik, soos bekend is uit die geskiedenisse. Hoewel sommige dergelike wonders ook deur sommige Roomse biskoppe geroem is. |
n Deut. 13:1. Matt. 24:24. Openb. 16:14; 19:20. | 30 Dit word deur sommige as die beeldediens in die algemeen verstaan, wat almal wat onder die Antichris is, moet aanneem, soos die onderdane van die koning van Babel, op straf van vuur, die beeld van die koning moes aanbid, soos in Dan. 3:1. Dit word egter deur ander verstaan as sy geestelike heerskappy, wat hy deur al sy geestelikheid in alle geestelike howe, soos hulle dit noem, oral opgerig het; en wat alle volke as ’n beeld van hulle heerser, oral moet aanbid en hulle daaraan moet onderwerp. Waarop die volgende eienskappe van hierdie beeld die beste van toepassing is. |
o Openb. 19:20. | 31 Die wat dit verstaan as die beeldediens, verstaan dit as die beelde waardeur die Satan (soos tot Eva deur die slang) soms gespreek het; of waardeur hul geestelikes versin het dat die heiliges, wat hierdeur afgebeeld is, ook sou gespreek het, soos verskeie voorbeelde daarvan in hulle legendes voorkom, om hierdie afgodiese diens sodoende des te meer geloofwaardigheid en krag te gee. Ander verstaan dit as die bepalings van die genoemde geestelike howe, en hul inkwisisies, waardeur hulle skrikwekkend is vir klein en groot, en waardeur hulle baie wat hul mag nie wil erken en hul afgodery navolg nie, tot die dood toe vervolg en deur die hande van die owerhede laat sterf het. |
p Openb. 19:20. | 32 Dit word gepas verstaan as hul chrisma of oliesel, waardeur elkeen in sy sakrament van konfirmasie of bevestiging, wat hulle bo die doop van Christus verhef, op sy voorhoof geteken moet word. Soos ook hul geestelikes wanneer hulle hul ordeninge ontvang, op dergelike manier gesalf en gemerk word op hul hoofde, hande en vingers, hierdie merke noem hulle onuitwisbaar, en daarsonder mag hulle nie hul geestelike goedere uitdeel nie, of selfs ook nie onder ander mense in vrede handel of verkeer nie. |
q Openb. 14:11. | 33 Dit is, die belydenis dat hulle Rooms-Katoliek, of goeie pousgesindes is, wat hulle beskou as die hoof van die kerk, en wat in sy leer en insettinge nie kan dwaal nie.
34 Dit is, aan die Latynse of Roomse kerk verbind, wat haar vernaamste godsdienstige verrigtinge in Latyn doen, en haar gebede ook in Latyn, wat sy aan haar dienaars opdring, sonder dat diegene wat dit doen dit verstaan. Hierdie naam Rooms, of Latyns, lewer hierdie getal van sy naam op, soos volg. |
r Openb. 17:9. | 35 Dit is, ’n getal wat bereken word deur die letters van die naam van ’n mens, of van ’n orde van mense, volgens die Hebreeuse of Griekse wyse, wat die letters van hul alfabet gebruik om die getal uit te druk; en hoewel hieroor verskeie verklarings gegee word, is die oudste en waarskynlikste die verklaring van Irenaeus, wat kort ná die tyd van die apostel geleef het, al ’n duisend-vierhonderd-en-vyftig jaar gelede, wat dit pas op die woord lateinos, waarin die getal seshonderd-ses-en-sestig gevind word. Wat baie goed met die saak ooreenkom, omdat die pous hom uitgee as die hoof van die Latynse kerk, wat die godsdiens in die Latynse taal beoefen wil hê, en die ou Latynse vertaling van die Bybel as outentiek gehou wil hê. |