Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 1

Die twee weë.

1

WELGELUKSALIG 1is die 2man awat nie wandel 3in die raad van die 4goddelose en nie staan op die 5weg van die 6sondaars en nie sit in die 7kring van die spotters nie;

2

bmaar sy behae is in die 8wet van die HERE, en hy 9oordink sy wet dag en 10nag.

3

En hy sal wees soos ’n cboom wat geplant is by 11waterstrome, wat sy vrugte gee op 12sy tyd en waarvan die 13blare nie verwelk nie; en alles wat 14hy doen, 15voer hy voorspoedig uit.

4

16So is die goddelose mense nie, maar soos dkaf wat die wind verstrooi.

5

Daarom sal die goddelose nie 17bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.

6

Want die HERE 18ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

a Ps. 26:4. Spr. 1:10, 15; 4:14, 15. 1 Kor. 15:33. Ef. 5:11. 1 Aangesien hy die belofte van die teenwoordige en toekomende lewe het, 1 Tim. 4:8.

2 Dit is, mens. Sien Job 12:10 se kanttekening.

3 Dit is, nie sy lewe inrig volgens hul raad of aanbevelings nie; of: nie opgaan in hul raad om bose planne saam met hulle te smee nie. Sien Job 21:16.

4 Of: ongoddelikes, onregverdiges, bose, onrustiges. Sien Núm. 35:31 se kanttekening.

5 Dit is, nie gemeenskap het met hul manier van lewe, bose handel en wandel nie. Sien Gén. 6:12 se kanttekening, en hierna, vers 6.

6 Vir wie sonde doen hul werk is, waarin die sonde ten ene male heersende is; so ook in vers 5; Ps. 26:9; 104:35. Pred. 2:26; 9:2. Jes. 65:20. Matt. 26:45. Rom. 5:8. Sien ook 1 Sam. 15:18 se kanttekening.

7 Of: setel, sitplek (soos in Ps. 107:32), waar hulle tesame is, om soos verharde en deur God oorgegewe booswigte met alles wat goddelik is die spot te dryf. Vgl. Rom. 1:24.

b Deut. 6:6, ens.; 17:19. Jos. 1:8. Ps. 119:1, ens. 8 Hebr. tora, dit is, leer; want deur hierdie woord word elders, en deurgaans in die Psalms, die ganse leer van God se geskrewe Woord of die Heilige Skrif verstaan.

9 Hebr. eintlik: sal oordink, sal betrag of sal spreek, naamlik met hart en mond; en so in dit wat volg. Om die tydsaanduiding so te verwissel is baie algemeen by die Hebreërs (soos in die voorgaande vers in die Hebreeus eintlik staan: het gewandel, gestaan, gesit). Ons gebruik ook wel in ons taal ’n soortgelyke manier van spreek: ’n vroom man sal so iets nie doen nie, die goddelose sal so en so doen; ’n goeie boom sal sy vrugte op sy tyd gee; dit is, ’n vroom man doen nie so iets nie, maak hom nie skuldig daaraan om so iets te doen nie, ’n goddelose daarenteen doen dit, maak hom skuldig daaraan, ens.

10 As hy ontwaak, of sy slaap daarvoor onderbreek. Vgl. Ps. 16:7; 17:3; 63:7; 77:7; 88:2; 119:55, 62. Die betekenis is: steeds, gedurig, deurgaans.

c Jer. 17:8. 11 Hebr. eintlik: waterskeidings, of verdelings van waters, dit is, strome, vertakkings, wat hier- en daarheen vloei. Vgl. Ps. 46:5. Spr. 5:16.

12 Dit is, op die regte tyd, in sy seisoen. So ook in Lev. 26:4. Ps. 104:27; 145:15. Jer. 5:24.

13 Of: lower. Die afval van blare word vereenselwig met verwelking. Vgl. Jes. 34:4.

14 Die regverdige, wat met daardie boom vergelyk word.

15 Of: gedy, floreer; of: daarin sal hy voorspoedig wees. Vgl. Gén. 39:2. 2 Kron. 31:21; 32:30, en sien Rom. 8:28. Volgens sommige dui dit op die boom, waarmee die regverdige vergelyk word, soos volg: alles wat hy voortbring (Hebr. maak of doen), sal floreer; omdat die Hebreeuse woord maak op ander plekke gebruik word om na die voortbring van vrugte te verwys. Sien Jes. 5:4, 10; Jer. 12:2 en 17:8 se kanttekeninge, en vgl. Matt. 3:8, 10.

d Job 21:18. Ps. 35:5. Jes. 17:13; 29:5. Hos. 13:3. 16 Naamlik soos so ’n boom, soos die regverdige.
17 Maar val, in die tyd wanneer God sy oordele in die wêreld oor die goddeloses uitvoer, maar in die besonder wanneer hulle deur die Seun van God verdoem en na die hel verwys sal word. Die vergadering van die regverdiges daarenteen sal voor God bestaan, en uiteindelik in die ewige heerlikheid ingaan. Sien Matt. 25:41, 46, ens.
18 Dit is, bemin, het ’n behae daarin, ken as goed, dra sorg daarvoor. Vgl. Gén. 18:19 se kanttekening. Deut. 2:7. Ps. 31:8; 101:4. Nah. 1:7. Matt. 7:23; 25:12. 1 Thess. 5:12.