Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 10

Teenoor hoogmoedige vyande word toevlug geneem tot God.

1

o HERE, 1waarom staan U so ver weg en hou U verborge 2in tye van benoudheid?

2

In sy trotsheid 3vervolg die 4goddelose die ellendige. aLaat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het!

3

Want die goddelose 5juig oor die begeerte van sy siel; en hy 6seën hom wat onregverdige wins maak, hy 7verag die HERE.

4

Die goddelose, 8met sy neus in die hoogte, sê: Hy 9ondersoek nie: bdaar is geen God nie — 10dit is al sy gedagtes!

5

Sy 11weë 12is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u 13gerigte, 14weg van hom af; al sy teëstanders — 15hy blaas op hulle.

6

Hy 16sê in sy hart: Ek sal nie 17wankel nie; 18van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die 19ongeluk sal wees nie.

7

cSy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; 20onder sy tong is moeite en onreg.

8

Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë 21loer op die ongelukkige.

9

Hy loer in die skuilhoek soos ’n leeu in sy lêplek; hy loer om die ellendige te vang; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;

10

22en verbryseld sink dié terneer, 23en die ongelukkiges val in sy mag.

11

dHy sê in sy hart: God 24vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie.

12

25Staan op, HERE! o God, 26hef u hand op; vergeet die 27ellendiges nie!

13

Die goddelose, 28waarom 29verag hy God en sê in sy hart: U 30soek dit nie?

14

U het dit gesien; want U aanskou die 31moeite en verdriet, 32sodat ’n mens dit in u hand sal gee. Aan U 33gee die ongelukkige dit oor; U 34was ’n helper van die 35wees.

15

Verbreek die 36arm van die goddelose en slegte; 37besoek sy goddeloosheid 38totdat U niks vind nie!

16

eDie HERE is Koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit 39sy land.

17

HERE, U het die begeerte van die 40ootmoediges gehoor; U sal hulle hart 41versterk, u oor sal luister

18

om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen 42mens 43uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.

1 Asof hy sê: Moet dit tog nie so doen nie; nader met u hulp en laat u genadige aangesig skyn. Menslikerwys van God gespreek, soos dikwels in hierdie boek. Vgl. Ps. 3:8 en 7:7, 8 se kanttekeninge.

2 Soos in Ps. 9:10.

a Ps. 7:16; 9:16. Spr. 5:22. 3 Hebr. vurig vervolg, soos in Gén. 31:36.

4 Dit is, die goddeloses; soos blyk uit dit wat volg.

5 Naamlik, terwyl hy vas oortuig is dat hy sy aanslag sal volbring en sy begeerte sal verkry. Anders: hy prys volgens die begeerte van sy siel, dit is, wie hy ook al wil; byvoorbeeld hom wat onregverdige wins maak, soos volg. Of: hy beroem hom oor die begeerte van sy siel, dit is, oor sy bose begeertes, as hy dit uitgevoer het.

6 Dit is, hy ag en reken die onregverdige, wat die armes verdruk deur onregverdige wins te maak, gelukkig. Sien Deut. 29:19 se kanttekening. Anders: hy wat onregverdige wins maak (hierna goddelose genoem) vloek en verag die HERE; soos seën soms vir vloek gebruik word. Sien 1 Kon. 21:10 se kanttekening. Of: hy wat onregverdige wins maak seën homself.

7 Of: tart.

b Ps. 14:1; 53:2. 8 Hebr. volgens die hoogheid, of opsteking, opheffing van sy aangesig, of van sy gelaat, sy neus, sy toorn, dit is, volgens die trotsheid en smadelike veragting van goeie onderwys, wat hy in sy hele gelaat en alle gebare toon; soos die hoogheid van die hart, Ps. 131:1, en van die gees, Spr. 16:18, inwendige trotsheid of hoogmoed beteken; soos ook die hoogheid van die oë, Ps. 18:28; 101:5, en hier van die aangesig of van die neus, uitwendige trotsheid of hoogmoed.

9 Naamlik, of hy goed of kwaad doen nie, terwyl hy na niks vra nie. Anders: hy vra nie na God nie, sien Ps. 14:2.

10 Anders: in al sy listige planne is God nie.

11 Dit is, sy voorneme, aanslae en handelinge.

12 Die Hebreeuse woord het die betekenis van barensnood, waarop blydskap volg as die kind gebore is, Joh. 16:21. Die betekenis is om sy werk te bevorder sodat dit vorendag kom, soos die vrug van die liggaam; so woel, arbei en werk die goddelose sy voorneme uit, dit is vir hom na sy sin; daarom vra hy nie na God nie. Anders: Sy weë veroorsaak altyd smart, naamlik vir diegene wat hy in sy hoogmoed verdruk.

13 Dit is, u regering en die strawwe, wat U, o HERE, vir die goddelose berei het.

14 Vgl. die manier van spreek met Rig. 9:17 en Hoogl. 6:5 se kanttekeninge. Hebr. van of van teenoor hom, dit is, hy werp hulle weg van sy aangesig en dink nie eers daaraan nie; of: hulle is hoër as wat hy hulle sou voorstel, hulle is vir hom verborge, bo sy verstand en gedagtes; omdat hy gelukkig is, dink hy nie aan die toekomstige strawwe nie. Sien die volgende vers.

15 Of: hy blaas teen hulle; dit is, hy meen om hulle soos kaf met ’n geblaas te verstuif; hy hou geen rekening met hulle nie, omdat alles na sy sin gaan. Vgl. Ps. 12:6.

16 Dit is, hy dink, soos in verse 11, 13; Ps. 14:1, ens.

17 Dit is, ek sal nie van my staat of welstand verroer word nie, dit sal altyd met my goed gaan, ek sal nie sneuwel en val of omgestoot word nie.

18 Hebr. in geslag en geslag, dit is, nooit nie.

19 Dit is, nooit sal my enige ongeluk of teëspoed oorkom nie.

c Rom. 3:14. 20 Vgl. Ps. 66:17. Rom. 3:13.
21 Dit is, hy loer in die verborgenheid op hom.
22 Ander vertaal: hy duik ineen, hy buig hom, naamlik om nie gesien te word nie, om die ellendige soos met ’n onvoorsiene sprong aan te val. Vgl. Ps. 17:11.

23 Of: sodat die ongelukkige mag val, ens. Anders: en hy oorval die ongelukkiges met sy sterk ledemate. Ongelukkiges, in die meervoud, is in die Hebreeus gevoeg by die woord val in die enkelvoud.

d Ps. 94:7. 24 Hebr. het vergeet, naamlik hierdie mense, of die saak van diegene wat ek beplan om te tref; dit is die ellendiges oor wie die profeet daarenteen in die volgende vers bid, dat God hulle nie wil vergeet nie.
25 Sien Ps. 3:8 se kanttekening.

26 Hierdie manier van spreek word op verskeie maniere in die Skrif gebruik, terwyl dit hier verwys na die openbare vertoning van God se mag in die hulp aan vromes en tot beskaming van die slegtes, wat met hul goddeloosheid in die voorgaande beskryf is.

27 Anders: sagmoediges.

28 Hy wil sê: Waarom laat U toe dat hy U so verag?

29 Of: terg.

30 Soos in Ps. 9:13, en hierna, vers 15.

31 Naamlik wat die ellendiges as gevolg van die goddelose ly.

32 Dit is, aan U die wraak sal gee, waarby die volgende woorde goed pas. Anders: sodat U dit in u hand lê, dit is, om hul saak of hul reg asof voor oë te hê en daarop te let, of: sodat U dit met u hand gee, dit is, vergeld.

33 Naamlik, hy laat dit in u hand, hy vertrou dit aan U toe, dat U vir sy saak sal sorg en op sy reg sal let. Vgl. die manier van spreek met Gén. 39:6. Job 39:14. Jes. 10:3. 2 Tim. 1:12. Of: gee die ongelukkige hom oor.

34 Naamlik altyd in die verlede. Vgl. Ps. 27:9.

35 Dit is, van my en almal wat soos weeskinders deur die mense verlaat en verdruk word. Vgl. Ps. 68:6. Joh. 14:18, en hierna, vers 18.

36 Dit is, die mag, die geweld, soos dikwels.

37 Of: soek. Vgl. Ps. 9:13.

38 Die betekenis is: Straf hom en roei hom uit, sodat die goddelose die vrome nie meer kan kwel nie. Vgl. Eség. 23:48. In ’n totaal ander betekenis sal die sondes van God se volk gesoek en nie gevind word nie, omdat dit uit genade deur God vergewe sal word, om die Messías se ontwil, Jer. 50:20. Anders: sal U hulle nie vind nie? Dit is, U sal hulle sekerlik vind.

e Ps. 29:10; 145:13; 146:10. Jer. 10:10. Klaagl. 5:19. Dan. 4:3; 6:27. 1 Tim. 1:17. 39 Naamlik Kanaän, wat God sy land noem, Lev. 25:23. Anders: uit of van sy aarde, soos die ganse aarde ook aan God behoort, Ps. 24:1.
40 Of: nederiges, wat deur God se hand en deur middel van lyding en beproewing verootmoedig is. Dit is ’n opmerklike titel van God se kinders, wat deur sy Heilige Gees wedergebore, nederig gemaak en onder sy juk en die gehoorsaamheid van sy gebooie gebring is. So ook in Ps. 22:27; 25:9; 34:3, ens.

41 Naamlik deur u Woord en u Heilige Gees.

42 Sien Ps. 8:5 se kanttekening, en vgl. Ps. 9:20, 21.

43 Dit is, wat uit die aarde gespruit of daaruit gemaak is en gevolglik geen oorsaak het om trots of hoogmoedig te wees nie. Anders: sodat ’n sterflike mens nie langer voortgaan om uit die land te verjaag nie.