Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 100

’n Oproep om God te prys.

1

’N1 PSALM. By die lofoffer.

Juig voor die 2HERE, 3o ganse aarde!

2

Dien die HERE met blydskap; kom voor 4sy aangesig met gejubel.

3

Erken dat die HERE God is: Hy 5het ons gemaak, 6en ons is syne, sy volk en adie skape van sy weide.

4

Gaan 7sy poorte in met 8lof, 9sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

5

Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy 10trou van geslag tot geslag.

1 ’n Lofpsalm. Hierdie titel word vir geen ander psalm gegee as vir hierdie een nie. Sommige meen dat hierdie psalm gewoonlik gesing is by die lofoffer; sien Lev. 7:12.

2 Dit is, tot eer van God.

3 Dit is, alle bewoners van die aarde. Verstaan hieronder slegs die gelowige kinders van God.

4 Naamlik van God, wat sy teenwoordigheid bo die ark openbaar.
a Ps. 95:7. Eség. 34:30, 31. 5 Verstaan dit so, dat Hy ons geskape het in Christus Jesus tot goeie werke, waarin ons behoort te wandel, Ef. 2:10.

6 Anders: van Hom is ons en het nie onsself gemaak nie. Die Hebreeuse teks word op verskillende maniere gelees.

7 Naamlik die poorte van sy tempel.

8 So word die lofoffers genoem, 2 Kron. 29:31. Jer. 17:26.

9 Verstaan die voorhowe van die tempel. Sien 1 Kon. 6:36 se kanttekening.

10 Of: waarheid, naamlik in die vervulling van sy beloftes.