Statevertaling – Bybelstigting
Loof die HERE, die genadige en barmhartige God!
’N PSALM van Dawid.
Loof die HERE, o my siel, en 1alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou 2krankhede genees,
wat jou lewe verlos 3van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
wat 4jou siel versadig met die goeie, sodat 5jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.
Die HERE 6doen geregtigheid 7en reg aan almal wat verdruk word.
Hy het aan Moses 8sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.
aBarmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
bHy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig 9die toorn behou nie.
Hy 10handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.
Want 11so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.
So ver as 12die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
Soos ’n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
Want Hy, 13Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig 14dat ons stof is.
Die mens — soos 15die gras is sy cdae; dsoos ’n blom van die veld, so bloei hy.
As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en 16sy plek ken hom nie meer nie.
Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en 17sy geregtigheid vir kindskinders,
vir edie wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.
Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.
Loof die HERE, sy engele, 18kragtige helde wat sy woord volbring, in 19gehoorsaamheid aan 20die stem van sy woord!
Loof die HERE, fal sy leërskare, 21sy dienaars wat sy welbehae doen!
Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!
1 Dit is, al my gedagtes en innerlike bewegings, luste, begeertes en alles wat in my vermoë is. |
2 Dit is, ellendes, aan die siel en aan die liggaam. So ook in Ex. 15:26. Deut. 28:59, 61. Ps. 41:5; 147:3. Jes. 33:24. Sien Ps. 30:3 se kanttekening. |
3 Dit is, van die dood en die graf, of van die uiterste nood en benoudheid. |
4 Of: jou mond. Dit is, wat jou met alle behoeftes ryklik versorg. Hebr. jou sieraad. So word die mond genoem; soos die tong elders die eer genoem word.
5 Dit is, God gee jou, selfs in jou ouderdom, dapperheid en krag, soos die arende wat ’n sterk liggaamsgestel het en ’n hoë ouderdom bereik (sien Jes. 40:31), en dan eindelik sterf, nie omdat hul krag vergaan het vanweë die hoë ouderdom nie, maar van honger, as die boonste deel van die snawel oor die onderste gegroei het, sodat hulle daardeur nie kan eet nie. |
6 Hebr. doen geregtighede.
7 Hebr. en gerigte of oordele; dit is, alle maniere van reg, of die hoogste geregtigheid. So word in Spr. 9:1 met die wysheid die meervoud wyshede bedoel. |
8 Naamlik waarin hy en die volk van Israel sou wandel, soos in Ex. 18:20. Ps. 25:4, 5. |
a Ex. 34:6. Núm. 14:18. Deut. 5:10. Neh. 9:17. Ps. 86:15; 145:8. Jer. 32:18. |
b Jes. 57:16. Jer. 3:5. | 9 In Hebreeus word die woord toorn geïmpliseer, sodanige onvolmaakte sinne is ook elders; soos in Ps. 109:21. Nah. 1:2. Sien 2 Sam. 8:4 se kanttekening. |
10 Dit is, Hy straf, of doen nie met ons na ons sondes nie. |
11 Hebr. soos die hoogte van die hemel is bo die aarde, so sterk is sy goedertierenheid. |
12 Hebr. die opgang van die ondergang, of van die aandtyd. |
13 Hebr. Hy ken ons formering. Die profeet wil sê: Die Here weet hoe swak ons is en hoe vinnig dit met ons gedaan is. Sien Ps. 78:39.
14 Dit is, uit stof gemaak. |
c Ps. 90:5.
d Job 14:1, 2. Ps. 90:5, 6. Jak. 1:10, 11. 1 Petr. 1:24. |
15 Of: hooi. |
16 Asof hy sê: nadat die blom afgesny en verwelk is, so herken hy nie meer die plek en kan nie aantoon waar hy opgegroei het nie; so bly daar ook niks van die mens oor nie; sodat ’n mens selfs nie weet dat hy ooit, of waar hy ooit, bestaan het nie, Job 7:10. |
17 Dit is, sy trou en waarheid. Hy betoon en doen wat Hy hulle uit genade beloof het. So ook in Ps. 31:2. |
e Deut. 7:9. |
18 Hebr. helde van krag.
19 Dit is, sodra jy hoor en verneem wat Hy sê en wat sy wil is. 20 Dit is, die bevel. |
f Gén. 32:2. 1 Kon. 22:19. Ef. 3:10. Kol. 1:16. | 21 Die engele word dienaars van God genoem, Ps. 104:4. Dan. 7:10. Hierdie titel word ook aan mense gegee, Jes. 61:6. |