Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 104

Die lied van die skepping.

1

LOOFa die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed —

2

wat 1Uself omhul met die lig soos met ’n kleed, wat die hemel buitspan soos ’n tentdoek;

3

wat 2sy solders bou 3in die waters, 4wat van die wolke sy wa maak, 5cwat op die vleuels van die wind wandel,

4

dwat van die 6winde sy boodskappers 7maak, 8van vuurvlamme sy dienaars.

5

Hy 9ehet die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.

6

U het dit 10met die wêreldvloed soos met ’n kleed 11oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.

7

12Vir u dreiging het hulle gevlug, 13vir die stem van u donder het hulle weggeskrik —

8

14berge het opgerys, laagtes het weggesak — 15na die plek wat U vir hulle reggemaak het.

9

’n Grens het U gestel waar 16hulle nie oor mag gaan nie; 17hulle mag die aarde nie weer oordek nie.

10

Hy wat die 18fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge 19loop hulle deur.

11

Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels 20les hulle dors.

12

By hulle woon 21die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.

13

Hy 22laat die berge drink 23uit sy boonste kamers; die 24aarde word versadig 25uit die vrug van u werke.

14

Hy laat 26gras uitspruit vir die diere en 27die plante tot diens van die mens: om 28broodkoring uit die aarde te laat voortkom,

15

en dat 29wyn die mens se hart kan 30bly maak; om die aangesig te laat blink 31van olie, en dat 32brood die mens se hart kan 33versterk.

16

34Die bome van die HERE 35word versadig, 36die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;

17

waar 37die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis 38die sipresse is.

18

Die hoë berge is vir die steenbokke, 39die rotse is ’n skuilplek 40vir die dasse.

19

Hy het die maan gemaak 41vir die vaste tye; die son 42ken sy tyd om onder te gaan.

20

U 43beskik die duisternis, en dit word nag, 44waarin al die diere van die bos 45uitkruip.

21

46fDie jong leeus 47brul om roof en begeer hulle voedsel van God.

22

As die son opgaan, dan 48trek hulle hul terug en gaan lê in hul 49slaapplekke.

23

Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.

24

50Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van 51u skepsele!

25

Daar is die see, groot en alkante toe 52wyd — daar is ’n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.

26

Daar gaan die skepe en die 53Leviátan wat U geformeer het 54om daarin te speel.

27

55Hulle almal gwag op U, dat U 56hulle voedsel kan gee op 57die regte tyd.

28

U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met 58die goeie.

29

59U hverberg u aangesig, hulle word verskrik; 60U neem hulle 61asem weg, 62hulle sterwe en keer terug 63tot hul stof.

30

U stuur 64u Gees uit, hulle word geskape; en 65U maak die gelaat van die aarde nuut.

31

Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE 66bly wees oor sy werke,

32

Hy wat die aarde aankyk, en dit 67bewe; Hy raak die berge aan, en hulle 68rook.

33

iEk wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.

34

Mag 69my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!

35

70Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! 71Halleluja!

a Ps. 103:1; 146:1.
b Gén. 1:6. Job 26:7. 1 Of: Uself beklee of omhang of omwind. Sien Job 40:5 se kanttekening.
c Ps. 18:11. Jes. 19:1. Openb. 14:14. 2 Hierby word die verskeie gebiede wat in die lug of in die uitspansel is verstaan, waar ook die wolke is asof hulle hang, soos in vers 13.

3 Of: met die waters. Verstaan die waters wat bo in die wolke is, Gén. 1:7. Sien Job 26:8.

4 Hebr. wat die wolke tot sy wa stel.

5 Dit is, op die wind, wat vinnig voortvlieg asof dit vlerke het. Sien Jes. 19:1.

d Hebr. 1:7. 6 Die apostel wys in Hebr. 1:7 op hierdie woorde en stel vas dat die engele skepsele en diensbare geeste is. Daarom vertaal sommige hier: wat sy engele tot (diensbare) geeste maak. Of: winde, waarmee die spoed van die engele vergelyk kan word.

7 Dit is, Hy maak en gebruik hulle as boodskappers, om allerlei sake te verrig.

8 Dit is, Hy gee hulle groot mag om sy oordele uit te rig, sodat hulle voortvaar en deurdring soos vuur. Daarom word die engele serafs genoem, Jes. 6:2, wat brandende beteken. Sien 2 Kon. 2:11; 6:17.

e Job 26:7; 38:4-6. Ps. 24:2; 78:69. 9 Die profeet wil hier sê, dat die aarde so vas deur die HERE gegrond is, asof dit op ’n vaste en sterk bodem, fondament of ondersteuning staan. Sien Job 26:7 en Ps. 24:2 se kanttekeninge.
10 Dit is, met die diepe en grondelose waters, wat God op die eerste dag geskape het, Gén. 1:2.

11 Naamlik van die begin van die skepping tot op die derde dag, toe die aardbodem droog geword het, Gén. 1:9, 10. Die waters het ook die aarde ten tyde van die sondvloed oordek, Gén. 7:19.

12 Dit wil voorkom of hier deur die dreiging van God die sterk winde en storms verstaan moet word. Sien Ps. 18:16. Anders: Vir u dreiging, dit is, vir u ernstige bevel. Sien Job 26:12 se kanttekening.

13 Dit is, van u grote en kragtige stem, wat soos ’n donderslag is.

14 Of: hulle (naamlik die waters) het gerys op die berge en gedaal deur die valleie, na die plek wat U vir hulle (naamlik die waters) reggemaak het.

15 Dit is, in die laagtes van die aarde, Gén. 1:9, 10. Job 38:10, 11.

16 Naamlik die waters. Vgl. met die woorde van die teks Job 26:10; 38:8, 10, 11. Ps. 148:6. Jer. 5:22.

17 Hebr. hulle sal nie terugkeer om die aarde te bedek nie, of: die aarde bedek.

18 Verstaan die fonteine hier as die riviere en die rivierlope wat daaruit ontstaan, soos te sien is uit die daaropvolgende woorde.

19 So ook in Ps. 105:41.

20 Naamlik met die waters van die fonteine en riviere.
21 Dit is, die voëls, wat in die hemel, dit is, in die lug, vlieg.
22 Dit is, Hy bevogtig dit, naamlik met die reënwater.

23 Dit is, uit die wolke, soos in vers 3.

24 Asof hy sê: Die aarde se dors word met die reën geles, nadat dit vir lank dors gely het.

25 Dit is, van die reën, wat slegs God kan gee, Jer. 10:13; 14:22. Of: van die reën, wat uit u werke, o HERE, dit is, uit die wolke, soos ’n vrug voortkom. Deur die reën groei die koring en gras, asook alle plante en boomvrugte. Vgl. hiermee Deut. 11:14, 15. Job 38:26-28.

26 Sien 1 Kon. 18:5 se kanttekening.

27 Naamlik allerlei plante, tot voedsel en medisyne.

28 Naamlik die koring, waarvan brood gemaak word, soos in Job 28:5. Pred. 11:1. Jes. 28:28; 30:23. Die woord broodkoring beteken hier, soos op baie ander plekke, allerlei voedsel.

29 Naamlik, wat Hy laat voortkom uit die wynstok, waaraan die wyndruiwe groei.

30 Sien Rig. 9:13. Ps. 23:5.

31 Dit was vroeër baie gebruiklik in die Joodse land, dat die mense hulle liggaam, in die besonder hulle hoof en gesig, met olie bestryk het, om dit te verfris, Rig. 9:9. Ps. 23:5.

32 Dit is, die koring, waarvan ’n mens brood maak.

33 Of: ondersteun, stut. Sien 1 Kon. 13:7 se kanttekening.

34 Dit is, die baie hoë bome, wat sonder mensearbeid, slegs deur die regering van God, groei. Sien Ps. 80:11 se kanttekening.

35 Naamlik van die reën. Asof hy sê: Hoe groot en hoe hoog die bome ook is, hulle kry genoeg voedsel of lafenis van die reën om te groei.

36 Hierdie bome groei baie hoog en groot, in die besonder op die gebergte Líbanon.

37 Sien Gén. 7:14. Lev. 14:4.

38 Sien 1 Kon. 5:8.

39 Naamlik die gate en klowe wat in en tussen die rotsagtige gebergtes is.

40 Sien Spr. 30:24, 26.

41 Sien Gén. 1:14.

42 Naamlik waar en wanneer dit te alle tye van die jaar sal ondergaan. Hebr. sy ingang, naamlik wanneer hy in sy slaapkamer sal gaan. Sien Job 38:12. Ps. 19:6.

43 Naamlik deur die ondergang van die son.

44 Naamlik, in die nag.

45 Naamlik elkeen uit sy gat of skuilplek.

f Job 39:1, 2. Jes. 31:4. 46 Staan op van hulle slaapplek.

47 Hy wil sê, dat die gebrul van die leeus is soos hul gebed, waarmee hulle van God hul voedsel vra.

48 Naamlik na hulle slaapplekke. Hebr. hulle vergader hulself.

49 Hebr. wonings.

50 Of: Hoe groot.

51 Anders: goedere. Dit is, van rykdomme, wat eintlik aan U behoort.

52 Hebr. wyd aan beide hande, dit is, aan beide sye breed en ruim, soos in Gén. 34:21. Neh. 7:4.
53 Sien Ps. 74:14. Hierdie seemonster word breedvoerig beskryf in Job 40:20-28 en die kanttekeninge.

54 Net soos ander diere op die berge speel, Job 40:15.

g Ps. 145:15. 55 Naamlik al die diere waarvan hierbo gespreek is.

56 Dit is, die voedsel wat U vir hulle bestem het.

57 Dit is, die bestemde tyd.

58 Of: voorspoed. Sien Job 21:13 se kanttekening.
h Ps. 30:8. 59 Dit is, as U u seën van hulle onttrek.

60 Hebr. vergader U hulle asem.

61 Hebr. gees.

62 Of: hulle gaan uit, of: hulle gee die gees, of: hulle asem uit.

63 Dit is, tot dit waarvan hulle gemaak is.

64 Verstaan hier die Heilige Gees, deur wie alle dinge aanvanklik geskape is, nou nog onderhou en vernuwe word, soos in Job 33:4. Ps. 33:6.

65 Naamlik, nuwe skepsele voortbring in die plek van die wat gesterf en vergaan het, Pred. 1:4.

66 Dit is, dat Hy ’n welbehae in sy werke het, om dit te onderhou en nie te verderf nie; hiervan is die teendeel, dat van die HERE gesê word, dat Hy berou het dat Hy die mens of ander dinge geskape het, en dit wil verderwe. Vgl. Gén. 6:7.
67 Naamlik voor sy groot heerlikheid en majesteit. Sien Ex. 19:18.

68 Dit is ’n teken van skrik en angs, soos in Ps. 144:5.

i Ps. 63:5; 146:2.
69 Of: my aandagtige rede.
70 Anders: Die sondaars sal van die aarde omkom, ens., naamlik diegene wat hulle oorgegee het om sonde te doen, soos in Ps. 1:1. Joh. 9:31, en in hulle ondankbaarheid die HERE nie eer in die gebruik van sy skepsele nie, waarvan in hierdie psalm, tot God se lof, gespreek is.

71 Dit is, Loof die HERE. Die Hebreeuse woord Halleluja het die Christelike kerk in navolging van die Joodse kerk behou, met die doel om mekaar op te wek tot lof van God in die heilige vergaderings. Sien Openb. 19:1, 3.