Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 105

’n Dankbare terugblik.

1

LOOF1 die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend.

2

Sing, psalmsing tot sy eer, spreek van al sy wonders.

3

aBeroem julle 2in sy heilige Naam; laat die hart van die wat die HERE soek, bly wees.

4

Vra na die HERE en 3sy sterkte; soek 4sy aangesig altyddeur.

5

Dink aan sy wonders 5wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en 6die oordele van sy mond,

6

7o nageslag van Abraham, sy kneg, o kinders van Jakob, 8sy uitverkorenes!

7

Hy, die HERE, is onse God; oor die hele aarde is 9sy oordele.

8

Hy dink vir ewig aan 10sy verbond, aan die woord wat Hy 11ingestel het 12vir duisend geslagte —

9

die verbond 13wat Hy met Abraham gesluit het, en sy eed aan Isak;

10

bwat Hy ook vir Jakob as insetting bekragtig het, cvir Israel 14as ’n ewige verbond,

11

met die woorde: dEk sal aan jou die land Kanaän gee, 15julle aangewese erfdeel.

12

eToe hulle 16min mense was, min en vreemdelinge daarin,

13

en hulle getrek het 17van nasie tot nasie, van die een koninkryk na die ander volk,

14

het fHy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil 18gestraf en gesê:

15

19Raak 20my gesalfdes nie aan en doen my 21profete geen kwaad nie.

16

En 22Hy het ’n hongersnood oor die 23land geroep: 24elke staf van brood het Hy verbreek.

17

Hy het ’n man voor hulle uit gestuur: gJosef is as slaaf verkoop.

18

Hulle het sy voete 25in boeie geknel, 26hy self het in 27die ysters gekom,

19

tot op die tyd dat 28sy woord 29uitgekom het, 30die woord van die HERE hom 31beproef verklaar het.

20

32Die koning het gestuur en hom losgemaak, die heerser van die volke, en 33hom losgelaat.

21

Hy hhet hom aangestel as heer oor sy huis en as heerser oor al sy goed;

22

om 34sy vorste te bind 35na 36sy begeerte, en aan 37sy oudstes moes hy 38wysheid leer.

23

Toe het 39Israel na Egipte 40gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef 41in die land van Gam.

24

En iHy het sy volk baie vrugbaar gemaak en dit meer versterk as sy 42teëstanders.

25

Hy het 43hulle hart kverander, om sy volk te haat, 44om 45listig teen sy knegte te handel.

26

Hy lhet Moses, sy kneg, gestuur en Aäron 46wat Hy uitgekies het.

27

mDié het onder hulle sy 47aangekondigde tekens gedoen en wonders 48in die land van Gam.

28

49Hy het 50duisternis gestuur en dit donker gemaak; en 51hulle was teen 52sy woorde nie wederstrewig nie.

29

53Hy het hulle waters verander in bloed en hulle visse laat sterwe.

30

Hulle land het 54gewemel van paddas, in die kamers 55van hulle konings.

31

Hy het gespreek, en daar het 56steekvlieë gekom, 57muskiete in hulle hele grondgebied.

32

Hy 58het hulle reëns hael gemaak, 59vuurvlamme in hulle land.

33

En 60Hy het hulle wingerdstok en hulle vyeboom geslaan en die bome van hulle grondgebied verbreek.

34

Hy het gespreek, en daar het 61sprinkane 62gekom en voetgangers sonder getal,

35

wat al die plante in hulle land opgeëet het, ja, opgeëet het die vrugte van hulle grond.

36

Hy het ook 63al die eersgeborenes in hulle land 64getref, die 65eerstelinge van al hulle krag.

37

Toe het Hy hulle laat uitgaan 66met silwer en goud, en 67onder sy stamme was daar niemand 68wat struikel nie.

38

nEgipte was bly toe hulle uittrek, want 69vrees vir hulle het op hulle geval.

39

Hy het 70’n wolk uitgebrei as bedekking en 71vuur om die nag te verlig.

40

72Hulle het gebid: toe laat 73Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig 74met hemelbrood.

41

75Hy het ’n rots 76oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur 77die dor plekke — ’n rivier!

42

Want Hy het gedink 78aan sy heilige woord, 79aan oAbraham, sy kneg.

43

pEn Hy het sy volk laat uitgaan met vreugde, 80sy uitverkorenes met gejubel.

44

En 81Hy het aan hulle die lande van 82die heidene gegee, en wat 83deur volke met moeite verwerf is, het hulle in besit geneem,

45

qdat hulle sy insettinge kan onderhou en sy wette bewaar. 84Halleluja!

1 ’n Groot deel van hierdie psalm staan geskrywe in 1 Kron. 16 vanaf vers 8, wat gesing was voor die ark van die HERE.
a Ps. 34:3. 2 Of: van die Naam van sy heiligheid.
3 Waarvan ’n mens ’n sigbare getuienis in die ark gehad het. Sien 2 Kron. 6:41. Ps. 63:3 se kanttekening; 78:61.

4 Dit is, sy raad en gebooie, 2 Sam. 21:1.

5 Naamlik in Egipte, deur Moses en Aäron.

6 Verstaan hier die plae van Egipte, waarmee God hulle tevore gedreig het. Die woord oordele of gerigte word dikwels gebruik vir plae of strawwe, soos in Rom. 13:2. 1 Kor. 11:29.

7 Dieselfde woorde van hierdie vers staan ook in 1 Kron. 16:13. Behalwe dat daar staan: o nageslag van Israel, en hier staan: o nageslag van Abraham.

8 Naamlik God se uitverkorenes.

9 Dit is, Hy voer sy oordele uit oor die ganse aardbodem, dit is, oor alle nasies en volke, sodat die mens sy Naam verkondig oor die ganse aarde, Ex. 9:16.
10 Naamlik wat Hy met ons gemaak het.

11 Hebr. beveel, dit is, sy belofte, wat so vas en seker is asof dit ’n ingestelde en voorgeskrewe wet is. Sien oor die Hebreeuse woord 2 Sam. 6:21 se kanttekening.

12 Dit is, baie geslagte.

13 Sien wat hieroor geskryf staan in Gén. 15:18; 17:2; 22:16. Luk. 1:73. Hebr. 6:13.
b 1 Kron. 16:17.

c Gén. 28:13; 35:11.

14 Hebr. ’n verbond van die eeu.
d Gén. 13:15; 15:18. 15 Sien Deut. 32:9 se kanttekeninge. Ps. 16:6.
e 1 Kron. 16:19. 16 Hebr. mense van getal, dit is, maklik om te tel, telbaar. Sien Gén. 34:30 se kanttekening. Die teendeel is ’n volk sonder getal, dit is, ontelbaar.
17 Naamlik in die land Kanaän, waarin sewe magtige nasies was, Deut. 7:1. Hoe die aardsvaders daarin as vreemdelinge gewandel het, sien Gén. 12:8-10; 13:18; 20:1; 23:4; 26:1, 23; 33:19; 35:1, ens. Hebr. 11:9, 13.
f Gén. 35:5. 18 Naamlik met woorde en ook met dade, soos Farao, Gén. 12:17, Abiméleg, Gén. 20:3, en baie ander.
19 Die profeet voer met hierdie woorde vir God in, wat die konings en owerhede aanspreek, en hulle waarsku dat hulle behoorlik moet toesien om nie sy knegte leed aan te doen nie.

20 Dit is, wat tot my diens geheilig is. Hier word in die eerste plek gespreek van Abraham, Isak en Jakob, maar ook ander profete en dienaars van God moet hierby ingereken word.

21 Abraham word ’n profeet genoem, Gén. 20:7 se kanttekening.

22 Hierdie manier van spreek staan ook in 2 Kon. 8:1. Honger en swaar tye, soos alle ander plae, is boodskappers en uitvoerders van God se bevele oor die sondaars.

23 Naamlik oor Egipte, Kanaän en ander lande, Gén. 41:54, ens.; 42:1.

24 Sien Lev. 26:26. Soos ’n swak of ou mens met ’n stok of staf ondersteun word, so ondersteun en versterk die brood die mens se hart, Ps. 104:15.

g Gén. 37:28, 36; 45:5.
25 Sien Gén. 39:20; 40:15.

26 Hebr. sy siel, dit is, sy persoon. Sien Gén. 12:5 se kanttekening.

27 Dit is, in ysterboeie. Hebr. in die yster.

28 Naamlik die woord van die HERE. Dit beteken: Totdat die tyd in vervulling sou gaan oor wat God oor hom besluit en in die droom aan hom te kenne gegee het, Gén. 37:5, ens.; 42:9.

29 Dit is, vervul is. Uitkom beteken ook vervul word in 1 Sam. 9:6. Job 6:8. Jer. 17:15, en elders.

30 Naamlik die beloftes wat God aan hom deur drome gemaak het, Génesis 37.

31 Naamlik in swaar kruis en lyding. Sien Ps. 12:7 se kanttekening. 1 Petr. 1:7.

32 Naamlik Farao, Gén. 41:14; 45:8.

33 Hebr. het hom geopen, dit is, hy het die bande en boeie waarmee hy gebonde was oop- en losgemaak.

h Gén. 41:40.
34 Naamlik van koning Farao.

35 Hebr. na sy siel, dit is, na sy lus, wil, behae en goeddunke. Anders: verbind aan sy siel.

36 Naamlik van die koning; of van Josef.

37 Naamlik van koning Farao se raadsmanne en edeles aan sy hof.

38 Naamlik hoe hulle die koring in die vrugbare jare sou insamel en bewaar, sodat daar voorraad sou wees in die slegte jare, Gén. 41:47.

39 Naamlik met sy hele huisgesin.

40 Deur Farao en Josef geroep, en deur God daartoe aangespoor en versterk, Gén. 45:17, 20; 46:3, 4.

41 Dit is, in die land wat die nakomelinge van Gam besit het, naamlik in Egipte. Gam was Misráim se vader, Gén. 10:6, daarom word die land Egipte ook Misráim genoem. Sien Ps. 78:51 se kanttekening.

i Ex. 1:7, 9. 42 Of: verdrukkers.
k Ex. 1:9, 10, 12. 43 Naamlik die Egiptenaars. Anders: Hulle hart het omgekeer, of: is omgekeer.

44 Of: dat hulle liste bedink het teen sy knegte, naamlik die kinders van Israel.

45 Sien Gén. 37:18 se kanttekening.

l Ex. 3:10; 4:12. 46 Om Moses se mond te wees tot die volk en ’n profeet vir Farao, Ex. 4:12, 14, 16; 7:1-3.
m Ex. 7:9. 47 Hebr. die woorde van sy tekens, dit is, van die opdrag wat God hulle gegee het, om tekens te doen.

48 Sien vers 23.

49 Naamlik God.

50 Dit was die negende plaag wat God oor Egipte gestuur het, en hierdie duisternis het drie dae lank geduur, Ex. 10:22, 23.

51 Dit is, die wondertekens het terstond geskied die oomblik toe Hy die woord uitgespreek het. Of verstaan dit ook so, dat Moses en Aäron gedoen het wat hulle beveel was, hoewel dit met groot gevaar van hul lewens gepaardgegaan het.

52 Dit is, sy bevel.

53 Dit was die eerste van die tien plae van Egipte, Ex. 7:20. Ps. 78:44. Die profeet noem in hierdie psalm enkele swaar plae wat God in Egipte gedoen het, sonder om die volgorde soos dit in Exodus staan, te volg.
54 Dit was die tweede plaag, Ex. 8:3, 6. Ps. 78:45.

55 Verstaan hier Farao en sy vorste, Ex. 8:3.

56 Sien Ex. 8:21 se kanttekening. Ps. 78:45. Dit was die vierde plaag, Ex. 8:24.

57 Dit was die derde plaag, Ex. 8:17.

58 Dit was die sewende plaag, Ex. 9:23. Sien ook Ps. 78:47.

59 Hebr. vuur van vlam; dergelike was nog nooit in Egipte gesien nie, Ex. 9:24.

60 Naamlik deur die hael en vuur.
61 Hebr. die sprinkaan en die voetganger.

62 Dit was die agtste plaag, Ex. 10:13. Ps. 78:46.

63 In hierdie vers word een ding twee maal gesê, maar in ander woorde, wat by die Hebreërs baie gebruiklik is. Sien vers 20.

64 Dit was die tiende plaag. Sien Ex. 12:23, 29. Ps. 78:51.

65 Dit is ’n beskrywing van die eersgeborenes, soos in Gén. 49:3. Ps. 78:51.

66 Dit is, met silwer en goue voorwerpe, Ex. 12:35.

67 Seshonderdduisend man sterk, behalwe die vroue en kinders, Ex. 12:37; 13:18. Sodanige belofte word ook aan die kerk van God gemaak, Jes. 33:24.

68 Naamlik van swakheid.

n Ex. 12:33. 69 Dit is, hulle het ’n vrees vir die Israeliete gekry, sodat hulle hul voortgedryf en aan hulle hul beste juwele gegee het, Ex. 12:33, 35; terwyl hulle gevrees het dat hulle almal deur God gedood sou word, indien hulle hul nie laat trek nie. Sien Est. 8:17; 9:2 vir dergelike manier van spreek.
70 Naamlik om die Israeliete teen die hitte van die son te bedek en te beskerm.

71 Dit is, ’n vuurkolom.

72 Of: Hy het gebid, naamlik die volk van Israel. Sien Númeri 11. Ps. 78:27, 28.

73 Naamlik God die Here.

74 Dit is, met brood wat uit die hemel, dit is, uit die lug, geval het. Sien Ex. 16:1-14. Ps. 78:24, 25.

75 Naamlik God.

76 Naamlik by Ráfidim, Ex. 17:1, 6, en by Kades, Núm. 20:1, 11. Sien ook Ps. 78:15.

77 Waardeur die Israeliete gereis het. Waar hulle gegaan het, het die water hulle gevolg. Sien 1 Kor. 10:4.

o Gén. 15:14. 78 Hebr. aan die woord van sy heiligheid, dit is, aan sy heilige beloftes.

79 Dit is, aan die verbond met Abraham gesluit. Anders: tot Abraham gespreek.

p Ex. 14:8. Núm. 33:3. 80 Naamlik van God, soos in vers 6.
81 Sien die boek van Númeri, van Deuteronómium en van Josua.

82 Naamlik van die sewe nasies, waarvan gespreek word in Ps. 78:55.

83 Dit is, die goedere wat die heidense volke met moeite en arbeid verkry het, Deut. 6:10, 11.

q Ex. 19:4-6. Deut. 4:1, 40; 6:21-25. 84 Sien Ps. 104:35 se kanttekening.