Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 107

Danklied van die verlostes.

1

LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

2

1Dit moet 2die verlostes van die HERE sê, wat Hy 3uit die nood verlos het

3

en uit die lande versamel het, van die ooste en die weste, van die noorde en van 4die see af.

4

Hulle het gedwaal in die woestyn, op 5woeste paaie; 6’n stad om in te woon het hulle nie gevind nie.

5

Honger, ook dors was hulle; hulle siel het in hulle 7versmag.

6

8Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered.

7

En Hy het hulle gelei op ’n regte pad om te gaan 9na ’n stad om in te woon.

8

10Laat hulle 11die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade 12aan die mensekinders;

9

want Hy het 13die dorstige siel versadig en 14die hongerige siel met die goeie vervul.

10

Die wat in duisternis en 15doodskaduwee gesit het, gevang 16in ellende en ysters —

11

omdat hulle wederstrewig was teen die 17woorde van God en die raad van die Allerhoogste verwerp het,

12

het Hy hulle hart deur moeite verneder; hulle het gestruikel, en daar was geen helper nie.

13

18Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.

14

Hy het hulle 19uit duisternis en doodskaduwee laat uitgaan en hulle bande verbreek.

15

20Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

16

want Hy het 21koperdeure 22verbreek en ystergrendels 22stukkend geslaan.

17

23Die wat dwase was vanweë die weg van hulle oortreding en weens hulle ongeregtighede gepynig is —

18

hulle 24siel het ’n afsku gehad van elke soort voedsel, en 25hulle het tot by die poorte van die dood gekom.

19

26Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle verlos.

20

Hy het 27sy woord uitgestuur, dat Hy hulle kon 28gesond maak en hulle uit hul 29kuile 30red.

21

31Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;

22

aen laat hulle lofoffers bring en met gejubel sy werke vertel.

23

Die wat na die see toe 32afdaal in skepe, bwat handel drywe 33op die groot waters —

24

húlle het die werke van die HERE gesien en sy wonders 34in die diepte.

25

Want Hy het gespreek en ’n stormwind laat opsteek wat 35die golwe daarvan opgesweep het.

26

36Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal 37na die dieptes — 38hulle siel het vergaan 39van wee.

27

Hulle het getuimel en gewaggel soos ’n dronk man, en 40al hulle wysheid is verwar.

28

41Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei.

29

42Hy het die storm ’n gesuis gemaak, en 43hulle golwe het 44stil geword.

30

Toe was hulle bly, omdat 45dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.

31

46Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders.

32

En laat hulle Hom verhoog in die vergadering van die volk en Hom roem in die 47kring 48van die oudstes.

33

49Hy het riviere 50’n woestyn gemaak en 51waterfonteine ’n dorsland,

34

52vrugbare land 53’n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.

35

54Hy het cdie woestyn ’n waterplas gemaak en die dor land 55waterfonteine;

36

en Hy het 56hongeriges 57daar laat bly, en hulle het 58’n stad gestig om in te woon.

37

En hulle het lande gesaai en wingerde geplant 59wat vrugte as opbrings verskaf het.

38

En Hy het hulle geseën, sodat hulle sterk vermenigvuldig het, en hulle vee 60het Hy nie min gemaak nie.

39

Toe het hulle min geword en 61weggesink deur die druk van 62onheil en kommer —

40

63Hy wat 64veragting uitstort 65oor edeles en hulle laat dwaal in ’n woeste wêreld, sonder pad —

41

dHy het die behoeftige 66beskerm teen verdrukking en 67die geslagte soos kuddes gemaak.

42

eDie opregtes sien dit en is bly, maar f68alle ongeregtigheid hou sy mond toe.

43

69Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en 70laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.

1 Naamlik, dat die HERE goed is, ens., vers 1.

2 Of: bevrydes, naamlik uit baie gevare en swarighede, soos hierna volg.

3 Hebr. uit die hand van die vyand of nood.

4 Naamlik die Rooi See, wat aan die suidekant van die land Kanaän lê. Anders beteken hierdie manier van spreek die weste, naamlik in die rigting van die Middellandse See, wat weswaarts van die land Kanaän lê, Jos. 23:4.
5 Hebr. in ’n wildernis of eensaamheid van die weg. Sien Deut. 8:15 oor hierdie woestyn. Jer. 2:6.

6 Anders: geen bewoonbare stad. Hebr. geen stad van woning.

7 Of: was oorstelp, naamlik met angs en benoudheid, soos in Ps. 102:1.
8 Hierdie refrein word herhaal in verse 13, 19, 28.
9 Hebr. ’n stad van woning, soos in vers 4.
10 Hierdie refrein word herhaal in verse 15, 21, 31.

11 Of: voor of by die HERE sy goedertierenheid loof, en sy, ens. Dit is, sowel heimlik, in hul hart (wetende dat God ’n kenner van die hart en deurgronder van die niere is), as openlik voor God se gemeente.

12 Dit is, dat die mense dit hoor en sien.

13 Hebr. begerige, of: verlangende, naamlik ’n sluk om die dors te les, soos in Jes. 29:8. Sien Job 39:1 se kanttekening.

14 Sien Ps. 65:5. Luk. 1:53. Sien ook Job 18:12 se kanttekening.

15 Dit is, swaar duisternis, wat ’n mens verskrik; of sulke duisternis soos onder die aarde, waar die dooies begrawe lê. Sien Ps. 23:4.

16 Dit is, geboei met ysters, en uitermate terneergedruk. Sien Job 36:8, 9.

17 Dit is, gebooie, bevele.
18 Soos in vers 6.
19 Dit is, uit die benoudheid en angstigheid.
20 Soos in vers 8.
21 Waarmee die gevangenisse toegesluit was; verstaan hierdeur alle groot struikelblokke. Sien Jes. 45:2.

22 Naamlik om die ellendige en benoude mense te verlos.

23 Dit is, die kwaadwillige en onwyse mense; of: die wat God nie vrees nie, wat die grootste dwaasheid is, terwyl daarteenoor om God te vrees die grootste wysheid is. Sien Job 5:2 se kanttekening.
24 Dit is, begeerte; soos in Job 33:20.

25 Dit is, hulle het in merkbare gevaar van die dood gekom. Sien Job 33:22. Ps. 9:14.

26 Soos in vers 6.
27 Dit is, sy bevel, naamlik sodat hulle weer gesond sou word.

28 Sien Deut. 32:39. Job 33:19, 24. Hos. 6:1. Sien ’n voorbeeld in Hiskía, 2 Kon. 20: 1, 4, 5, 7.

29 Of: verderwing.

30 Dit is, Hy het hulle as ’t ware uit die graf weer laat opstaan en van uiterste doodsgevaar bewaar. Job 33:24, 28, 30. Ps. 7:16.

31 Soos in vers 8.
a Lev. 7:12. Ps. 50:14.
b Openb. 18:17. 32 Naamlik diep in die golwe van die see. Of: van die oewer afdaal, afvaar of neerdaal.

33 Anders: op baie waters.

34 Sien Job 41:22.
35 Naamlik van die see. Sien Job 26:12 se kanttekeninge.
36 Dit is ’n beeld van die gevare waarin die mense op die see is, wanneer die storms en stormwinde hulle verhef.

37 Dit is, tot op die bodem van die see. Sien Ps. 42:8 se kanttekening.

38 Dit is, hul moed verlaat hulle, en hulle is so bang, dit voel asof hulle hul lewens onmiddellik gaan verloor.

39 Hebr. van die kwaad.

40 Dit is, hulle weet geen raad hoe om uit die benoudheid te kom nie.
41 Soos in vers 6.
42 Hebr. Hy plaas die storm in stilte of sagte gesuis, dit is, Hy het die storm in kalmte verander. Sien Job 26:12 se kanttekening.

43 Naamlik die golwe wat hulle so erg gevrees het, toe dit hulle met die dood gedreig het. Sien Jona 1:15. Matt. 8:26. Mark. 4:37.

44 So ook in vers 30.

45 Naamlik die waters.
46 Soos in vers 8.
47 Hebr. sit- of verblyfplek, dit is, waar die oudstes sit.

48 Dit is, van die raadshere en owerstes van die volk.

49 Naamlik die HERE.

50 Dit is, Hy verander vrugbare waterryke lande in droë onvrugbare woestyne.

51 Hebr. uitgange van waters, dit is, vogtige vrugdraende lande. Die vers beteken dat God deur sy goddelike krag, voorsienigheid en regering, dikwels wonderbaarlike verandering in die wêreld bring, as Hy ’n land wil straf of seën, sodat sy heerlikheid en mag gesien kan word, sowel in sy toediening van straf as in sy beskikking van seëning.

52 Wat hier gesê word, was sigbaar in die land Israel, wat eers baie vrugbaar was, maar nou baie onvrugbaar, woes en dor is.

53 Hebr. tot soutigheid, dit is, tot ’n brak, onvrugbare land. So ook in Job 39:9. Jer. 17:6. Want soutigheid veroorsaak onvrugbaarheid. Sien Deut. 29:23. Rig. 9:45.

c Jes. 41:18. 54 Dit is, Hy maak die droë onvrugbare land vogtig, en derhalwe vrugbaar.

55 Hebr. uitgange van waters, soos in vers 33.

56 Sien vers 9.

57 Naamlik in daardie land wat Hy van ’n onvrugbare tot ’n vrugbare land gemaak het.

58 Hebr. ’n stad van woning.

59 Hebr. wat vrug van inkomste maak, dit is, vrugte wat jaarliks inkom. Of: hulle, naamlik die landbouers, gee vrugbare opbrengs.
60 Verstaan hierby: maar Hy het dit vermeerder.
61 Hebr. neergebuig of gekrom, naamlik wanneer God, omdat hulle weer teen Hom gesondig het, nogmaals agteruitgang bring in die land waarin hulle woon.

62 Dit is, ongeluk, allerlei ellende.

63 Naamlik die Here. Sien Job 12:21, 24.

64 Naamlik wanneer Hy hulle straf.

65 Dit is, oor of op die vernaamste en mees prominente persone van die land.

d 1 Sam. 2:8. Ps. 113:7, 8. 66 Naamlik, op ’n hoë plek gebring, waar hy buite gevaar is om vertrap en oorrompel te word.

67 Dit is, Hy maak hul geslagte sterk; of: Hy vermeerder hulle.

e Job 22:19.

f Job 5:16.

68 Dit is, alle ongeregtige mense, soos in Job 24:20 se kanttekening. So staan daar ook trotsheid vir trotsaards, Ps. 36:12, goddeloosheid vir goddeloses. Die profeet wil sê: Die bose en goddelose mense word, as hulle dit sien, gedwing om hul monde toe te hou, wat hulle teen God geopen het, en hulle durf voortaan nie God se voorsienigheid te weerspreek nie. Sien Job 5:16.
69 Of: Wie is wys en gee ag op hierdie dinge? Asof hy sê: Ag, hoe weinig van sulke wyses vind ’n mens! So ook in Jer. 9:12. Hos. 14:10.

70 Of: so sal ’n mens die goedertierenhede van die HERE verstaan.