Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 109

Woorde van vervloeking en verlossing.

1

VIR die musiekleier. Van Dawid. ’n 1Psalm.

o God 2van my lof, 3moenie swyg nie!

2

Want hulle het die mond van die goddelose en 4die mond van bedrog teen my oopgemaak; 5hulle het met my gespreek met ’n leuenagtige tong,

3

en my 6met woorde van haat omring; ja, ahulle het my sonder oorsaak beveg.

4

7Vir my liefde behandel hulle my vyandig, 8terwyl ek tog gedurig bid.

5

En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.

6

9Stel ’n goddelose oor hom en laat 10’n teëstander 11staan aan sy regterhand.

7

As hy geoordeel word, laat hom as 12skuldige uitgaan, en laat 13sy bgebed sonde word.

8

Laat 14sy dae min wees; laat ’n ander sy 15amp neem.

9

16Laat sy kinders wese word en sy vrou ’n weduwee;

10

en laat sy kinders 17oral rondswerwe en bedel en brood soek, 18weg van hulle puinhope af.

11

Laat 19die skuldeiser alles 20neem wat hy het, en laat vreemdes 21sy goed buitmaak.

12

Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.

13

Laat 22sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam 23uitgedelg word 24in die volgende geslag.

14

Laat die HERE gedagtig wees aan die 25ongeregtigheid van sy vaders, en laat 26die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.

15

Laat 27dié altyddeur voor die HERE wees,c dat 28Hy 29hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;

16

omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en 30die moedelose van hart, om hom dood te maak.

17

31Ja, hy het die vloek liefgehad en — dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad 32in die seën nie en — 33dit het ver van hom af gebly.

18

Hy het die vloek aangetrek soos ’n kleed en — dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.

19

Laat 34dit vir hom wees soos ’n kleed waarin hy hom toedraai, en ’n gordel wat hy altyddeur ombind.

20

Laat dit 35die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle 36wat kwaad spreek teen my.

21

Maar U, o HERE Here, 37maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.

22

Want ek is ellendig en behoeftig, en 38my hart is deurwond in my binneste.

23

Ek gaan heen soos ’n skaduwee 39as dit lank word; ek is 40afgeskud 41soos ’n sprinkaan.

24

My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, 42sonder vet.

25

43En ék het vir hulle ’n smaad geword; as hulle my sien, 44skud hulle hul hoof.

26

Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,

27

sodat hulle kan weet 45dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.

28

Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het 46opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.

29

Laat my teëstanders beklee word 47met smaad en hulle toedraai in 48hul skande soos in ’n mantel.

30

Ek sal die HERE 49hardop loof met my mond, en 50onder baie sal ek Hom prys;

31

want Hy staan 51aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.

1 Sien Ps. 4:1.

2 U wat die voorwerp en inhoud van my lofsange is, en vir my oorvloedige rede gee om U te prys, soos in Ex. 15:2.

3 Dit is, maar antwoord my, verhoor my gebed, en help my, sodat dit metterdaad blyk dat U my verhoor het. So ook in Ps. 28:1; 35:22; 39:13; 83:2.

4 Dit is, die bedrieglike mond, verstaan daarby die bedrieglike, onbetroubare mense.

5 Naamlik die bedrieërs in Saul se hof en dergelike ander; deur wie die vyande van die Here Christus, en in die besonder Judas, afgebeeld is.

a Ps. 69:5. 6 Dit is, met woorde wat uit enkel haat en afguns gespreek is.
7 Naamlik vir die liefde waarmee ek hulle bemin het.

8 Hebr. maar ek die gebed. Anders: maar ek was ’n man van gebed, dit is, ek begeef my tot gebed. Hierdie beknopte manier van spreek in Hebreeus vind ons ook in Ps. 120:7, ek vrede, en Obad. vers 7 jou brood, vir: manne wat jou brood eet. Dit is asof die profeet hier sê: Gebed tot God was my enigste teëweer en toevlug; ek het geen ongeoorloofde middele gebruik nie. Sien Ps. 69:14. Of: ek het nie opgehou om vir hulle wat my soveel leed aangedoen het, te bid nie. Sien Ps. 35:13.

9 Dit is, gee ’n harde, streng mens mag oor hom, sodat hy sy dwangmeester en kweller kan wees, soos hy met ander was.

10 Of: ’n satan. Sien Job 1:6 se kanttekening. Die psalmis wens dat sy teëparty ’n aanklaer het, wat hom voor die aangesig van die regter beskuldig; soos die duiwel Job aangedoen het.

11 Dit is, om hom te oorwin in die gerig, deur hom aanhoudend te dryf en te druk. Ander verstaan dit so: laat die Satan staan aan sy regterhand, naamlik om hom teen te staan, sodat hy sy regterhand nie kan gebruik nie, dit is, dat hy sy sake nie behoorlik kan uitvoer nie. Sien Sag. 3:1. In vers 31 word hierdie manier van spreek egter gebruik vir beskutting en beskerming.

b Spr. 15:8; 28:9. 12 Dit is, laat hy as goddeloos geken en geoordeel word. Sien Núm. 35:31 se kanttekening.

13 Ook al sou hy bid, laat hom nie ontslaan word deur die regter wat hom geoordeel het nie, maar laat dit juis sy saak vererger en laat hom daarom as onregverdig weggewys word. Of ’n mens kan hier die gebed wat hy tot God rig só verstaan, dat God dit wil afkeur, aangesien dit huigelagtig is.

14 Naamlik die dae van sy lewe. Sien Ps. 55:24.

15 Of: roeping, opsig, bediening. Hierdie woorde van Dawid word in Hand. 1:20 toegepas op Judas, wie se amp of bediening aan Matthías gegee was.

16 Dit is een van die vloeke van die wet, Ex. 22:24. Jer. 18:21.
17 Hebr. dwalende dwaal.

18 Anders: vanweë hulle verwoesting, dit is, omdat hulle eie land en huise verwoes is.

19 Dit is, aan wie hy iets verskuldig is. Of verstaan hier deur die skuldeiser die pandhouer of die balju.

20 Hebr. verstrik, dit is, in sy strikke en mag bring.

21 Dit is, wat hy met moeite en arbeid verdien het. Sien Job 20:18 se kanttekening.

22 Anders: sy laaste, of: sy einde. Sien Ps. 37:37 se kanttekening.

23 Of: uitgevee, uitgewis. Sien Ps. 37:28.

24 Dit is, in die geslag wat ná hierdie geslag sal kom.

25 Dit is, dat die HERE hom nie net straf vanweë sy eie sondes nie, maar ook vanweë die van sy voorvaders. Die psalmis wys hier op die dreigement van die tweede gebod, Ex. 20:5.

26 Dit is, dat God hom ook straf vanweë die sonde van sy moeder, soos hiervoor.

c Job 18:17. Ps. 34:17. 27 Naamlik die ongeregtigheid en sonde waarvan in vers 14 gespreek is.

28 Die teendeel word aan die godsalige belowe, Ps. 41:3; 112:6.

29 Naamlik van sy vader en sy moeder.

30 Of: die verslae van hart.
31 Dit is, hy het plesier daarin gevind om ander te vloek, maar deur sy goddeloosheid homself die vloek op die hals gehaal.

32 Dit is, ander die seën toe te wens, en godsalig te lewe om geseën te word. Vgl. Spr. 8:36.

33 Naamlik die seën.

34 Naamlik die vloek. Hy bid dat die vloek wat die goddelose ander toegewens het, steeds die goddelose self sal aanhang.
35 Hebr. die werk of die arbeid, dit is, arbeids- of werkloon; soos in Lev. 19:13. Job 7:2. Jes. 49:4. Eség. 29:20.

36 Dit is, wat my laster en smaad.

37 Of: doen goed. Vgl. Ps. 37:5; 119:65.
38 Asof hy sê: Ek is in dieselfde angs en benoudheid as hulle, wat dodelike wonde in hul hart gekry het.
39 Dit is, wanneer die son byna ondergaan. Sien Ps. 102:12 se kanttekening.

40 Hebr. uitgeskud.

41 Wat geen nes of blyplek het nie, maar hy hop en spring heeltyd van die een plek na ’n ander. Sien Job 39:23. Nah. 3:17. Of wat deur die wind weggevoer en verdryf word, Ex. 10:19.

42 Dit is, by gebrek aan vet. So staan dit ook in die grondtale, Klaagl. 4:9 van die vrugte, dit is, by gebrek aan vrugte; Gén. 18:28 om vyf, dit is, by gebrek aan vyf; 1 Kor. 7:2 om die hoerery, dit is, om hoerery te vermy.
43 Dit is, hulle bespot my, in plaas daarvan dat hulle oor my ellende medelye behoort te hê.

44 Tot ’n teken van veragting. Sien 2 Kon. 19:21 se kanttekening. Sien ook Job 16:4. Ps. 22:8. Matt. 27:39, 40. Mark. 15:29.

45 Dit is, dat die verlossing wat U aan my skenk, van U, o my God, kom.
46 Naamlik teen my.
47 Sien Job 8:22 se kanttekening.

48 Naamlik, wat hulle met hul boosheid op die hals gehaal het.

49 Dit is, openlik, met baie woorde, met groot geneentheid.

50 Of: onder die magtiges of grotes.

51 Dit is, beskerm, verdedig, bystand verleen. Sien vers 6. Ps. 16:8. Hand. 2:25.