Statevertaling – Bybelstigting
Wees nie kleingelowig nie!
VIR die 1musiekleier. ’n Psalm van Dawid.
By die HERE skuil ek. Hoe kan 2julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos ’n 3voël!
4Want kyk, die goddelose span die boog; hulle het hul pyl op die snaar reggesit om in die 5donker te skiet na die opregtes van hart.
As die 6fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?
Die HERE is in sy 7heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede 8toets die mensekinders.
Die HERE 9toets die regverdige; maar sy 10siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet.
Hy sal op die goddelose 11vangnette, 12vuur en swawel laat reën; en ’n gloeiende wind sal die 13deel van hulle beker wees.
Want die HERE is regverdig; Hy het 14geregtighede lief; die 15opregtes sal sy aangesig 16sien.
| 1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.
2 Naamlik Saul en sy medestanders, wat Dawid met sulke redevoeringe beskimp, asof (so meen hulle) hy geen ander toevlug het nie, as om weg te kruip en rond te swerf in die gebergtes, terwyl hy van die een plek na die ander spring soos ’n voël; maar hulle het gemeen om hom tog te betrap, terwyl hulle nie aan God, wat Dawid se troos en toevlug was, gedink het nie. 3 Anders: o voël. |
| 4 Asof hy sê: Dit is geen wonder dat hulle so trots spreek nie, want hulle dink dat hulle dit so goed beplan het dat hulle nie sal mis nie, maar vir my en die wat aan my behoort, sonder twyfel sal tref.
5 Dit is, in die verborgenheid. Vgl. Ps. 10:8, 9. |
| 6 Dit is, as alle vrees van God, geregtigheid en billikheid (wat soos fondamente van Israel se staatsbestel is) omgekeer word; omdat mense my en ander vroom onskuldiges (wat ’n mens ook met reg as fondamente van die land mag beskou, Spr. 10:25) totaal probeer uitroei. Of soos volg: Maar die fondamente (dit is, planne, voornemens, vaste besluite) sal omgegooi word. Sien Ps. 8:3 se kanttekening. Jes. 19:10. Albei hierdie vertaalmoontlikhede pas goed by die voorgaande en dit wat volg. |
| 7 Hebr. paleis van sy heiligheid, naamlik in die hemel, soos die volgende woorde verklaar. Anders kan ’n mens dit ook verstaan as die tabernakel. Sien Ps. 5:8 se kanttekening. Háb. 2:20.
8 Sien Ps. 7:10 se kanttekening. |
| 9 Só dat Hy hom as goed ken.
10 Menslik van God gespreek, soos in Lev. 26:11. Die betekenis is: God haat hom met nadruk. |
| 11 Dit beteken onverwagte, streng en onvermydelike oordele van God. Sien Job 18:9, 10; 22:10. Jes. 8:14; 24:17, 18.
12 Soos Sodom, Gomorra, ens., oorgekom het, Génesis 19, en Gog gedreig word, Eség. 38:22, as afbeeldings van die ewige helse vuur, Jud. vers 7. Openb. 20:10. 13 Dit is, hulle beskeie of toebedeelde deel. Vgl. Job 20:29 en die kanttekening. ’n Manier van spreek geneem van die huisvaders, wat aan elke gesinslid sy drank uitgedeel en ingeskink het, volgens die gebruik van daardie tyd. Hier, asook in Openb. 14:10 en elders, word dit verstaan as die goddelose se straf; in Ps. 73:10 se kanttekening as die kruis van die kerk; in Ps. 75:9 se kanttekening in die algemeen as die lyding van die vromes en goddeloses; maar in ’n ander betekenis in Ps. 16:5; 23:5. Sien ook Job 21:20 se kanttekening. |
| 14 Vgl. Ps. 9:9. Dit is, alle regverdige sake, alles wat reg is.
15 Hebr. regte, regsinnige. 16 Naamlik sy vaderlike aangesig, wat aan hulle guns en voorsienende sorg bewys. |