Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 110

Die Priesterkoning.

1

VAN Dawid. ’n Psalm.

1Die HERE het 2tot my Here 3gespreek: 4Sit aan my regterhand, 5totdat Ek u vyande maak ’n voetbank vir u voete.

2

6U 7magtige septer sal die HERE 8uitstrek 9uit Sion en sê: 10Heers te midde van 11u vyande.

3

12U volk sal baie gewillig wees 13op die dag van u krygsmag; 14in heilige feesgewade, 15uit die moederskoot van die dageraad sal vir U wees die dou van u 16jong manskappe.

4

Die 17HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: 18U is 19priester avir ewig 20volgens die orde van Melgisédek.

5

21Die Here aan u regterhand 22verbrysel 23konings 24op die dag van sy toorn.

6

25Hy sal ’n strafgerig hou onder die nasies; bHy maak dit 26vol dooie liggame; Hy verbrysel 27’n hoof oor ’n groot land.

7

28Uit die stroom sal Hy drink op die pad; daarom sal 29Hy die hoof ophef.

1 Naamlik God die Vader.

2 Dit is, tot Christus, wat Dawid hier sy Here noem, want Christus is die Seun van Dawid na die vlees, maar Dawid se Here, aangesien Hy ’n waaragtige God is saam met God die Vader en die Heilige Gees. Hy is ’n Here van alle mense, maar in die besonder van sy uitverkorenes. Sien Matt. 22:43, 45. Mark. 12:36. Luk. 20:42. Hand. 2:34. Hebr. 1:13.

3 Naamlik in sy ewige raad, wat Hy vir ons op sy bepaalde tyd geopenbaar en laat verkondig het.

4 Dit is, heers in heerlikheid en majesteit, in die hemel en op aarde, 1 Kor. 15:25. Ef. 1:20, ens. Hebr. 1:3, 13; 8:1; 10:12, 13. Hierdie manier van spreek is geneem van die konings, wat diegene wat hulle wou eer, aan hul regterhand laat sit het. Sien 1 Kon. 2:19. Ps. 45:10.

5 Dit beteken: Totdat Ek u vyande (naamlik die vervolgers van die kerk, ja, die dood self, 1 Kor. 15:25, 26) aan U onderwerp het. Hieruit kan ’n mens geensins tot die gevolgtrekking kom, dat Christus nie ’n ewige koninkryk sou besit nie, hoewel die manier van die bediening van die ryk van Christus, soos dit nou is, op die laaste dag met die eindoordeel sal ophou; want dan sal daar geen vyande meer wees wat die kerk van Christus skade kan berokken nie, 1 Kor. 15:24, 28. Sien Gén. 28:15 se kanttekening.

6 o Christus. In die eerste vers het Dawid die volk van God aangespreek, hier spreek hy Christus aan.

7 Of: die roede of die staf van u sterkte; naamlik die verkondiging van die heilige evangelie, waardeur die Heilige Gees kragtig in die harte van die uitverkorenes werk. Sien Rom. 1:16.

8 Of: stuur. Naamlik in die ganse wêreld.

9 Verstaan dit so, dat die evangelie eers in Jerusalem en in die Joodse land verkondig moes word, en van daar verder versprei word oor die ganse wêreld, Jes. 2:3. Miga 4:2. Hand. 1:8.

10 Naamlik deur u Woord en Gees in die harte van die uitverkorenes, en deur u alvermoë in die beskutting van u kerk en in die voltrekking van die straf oor die vervolgers daarvan. Anders: U sal heers.

11 Naamlik die vyande van u kerk, want wie die kerk vervolg, vervolg Christus self, Hand. 9:4.

12 Hebr. U volk van gewillighede, dit is, dit sal ’n volk wees wat baie gewillig is, of vol gewilligheid, naamlik om die evangelie aan te neem en om U, o Here Jesus Christus, te dien; ja, dit sal, by wyse van spreke, die gewilligheid self wees. Sien Ex. 25:2. Ps. 119:108. Hand. 2:41. Rom. 12:11. En verstaan hier deur u volk die uitverkorenes of gelowiges.

13 Dit is, wanneer U die kragtige verkondiging van die heilige evangelie, deur die apostels, asook baie ander verkondigers hiervan, sal uitstuur, om die wêreld en die duiwel te oorwin en baie skape in die ware skaapkraal te bring. Sien Rom. 1:16. 2 Kor. 10:4, 5. Openb. 6:2.

14 Hebr. in die skoonhede of versiersels van heiligheid, of: in heilige sieraad, dit is, in heiligheid van die lewe en allerlei Christelike deugde, wat uit die geloof voortkom. Dit is ’n beeld geneem van die priesters van die Ou Testament, wat sierlike en heilige klere aangetrek het wanneer hulle die Levitiese dienswerk sou verrig. Anders: in die heerlikhede van die heiligdom, of: in die sierlike heiligdom, dit is, in die skone tempel; met hierdie woorde word die kerk van God dikwels bedoel.

15 Dit is, u kinders sal vir U gebore word soos die dou uit die baarmoeder van die dageraad. Soos die dou in die dageraad as ’t ware uit ’n baarmoeder voortkom en gebore word, en die gras met ontelbare druppels begiet en lieflik bevogtig; net so sal die eerste lig van die verkondiging van die heilige evangelie soos ’n dou ontelbaar baie harte van die uitverkorenes begiet en bevogtig, en hulle op ’n geestelike wyse baar. Sien Joh. 3:5, waar die Here Christus die Heilige Gees vergelyk met water, waardeur die aarde bevogtig en vrugbaar gemaak word. Anders: dit sal vir U van die baarmoeder van die dageraad af ’n dou van u jeug wees. Sommige kerkvaders en latere gereformeerde teoloë, verstaan hierdie woorde as die ewige geboorte van die Seun van die Vader, gesproke deur middel van ’n beeld van die menslike geboorte, en vertaal dit as volg: uit die baarmoeder voor die dageraad is vir U die dou van u geboorte. Ander verstaan dit as die menswording van ons Here Christus en sy geboorte uit die maagd Maria.

16 Of: jeug.

a Hebr. 5:6; 6:20; 7:17. 17 Sien oor hierdie psalm, in die besonder oor hierdie vierde vers, Hebreërs 7.

18 Of: Wees priester, of: U sal priester wees.

19 Naamlik wat Homself sal offer, op die altaar van die kruis, tot versoening van almal wat in Hom glo, Hebr. 5:9; 9; 10.

20 Of: na die wyse of gelykheid van Melgisédek, wat nie begin van dae óf einde van lewe gehad het nie. Net so: soos Melgisédek ’n koning en ook ’n priester was, Gén. 14:18, net so ook Jesus Christus, van wie Melgisédek ’n voorbeeld was.

21 Naamlik die Here Jesus Christus, wat aan u regterhand sit; en so spreek Dawid hier God die Vader aan; of hy spreek die volk van God aan, aan wie beloof word dat Christus die Here hulle sal bystaan en verdedig, soos in Ps. 16:8; 109:31.

22 Of: sal verbrysel of deursteek. ’n Profetiese wyse van spreke.

23 Verstaan hier sulke konings en prinse wat hulle teen Christus verset en sy kerk vervolg, soos in Ps. 2:9, 12.

24 Dit is, op die tydstip wat God bestem het dat sy toorn sal uitbreek.

b Openb. 14:14, ens.; 16:14, ens.; 20:8, ens. 25 Dit is, Hy sal die vervolgers van sy volk straf.

26 Naamlik van sy vyande, wat in die slag sal omkom. Vgl. Ps. 45:5 se kanttekening.

27 Sommige verstaan deur hierdie woorde die Antichris, wat heers oor baie lande; ja, die duiwel self. Ander meen dat dit op bose regeerders oor die algemeen dui.

28 Dit is, Hy sal uit die drinkbeker van God se toorn drink en só in sy heerlikheid ingaan. So word hier die staat van sy vernedering en verhoging saamgevoeg. Of hy wil sê: Christus sal die oorwinning oor die vyande van sy kerk so lank laat volhou, totdat Hy hulle verslaan of tot niet gemaak het. Hy sal dit met so ’n erns en ywer doen, dat Hy nie die tyd sal neem om lank te rus en Hom met spys en drank te verkwik nie; maar Hy sal sy dors les met water uit die strome, wat Hy langs die pad, tydens die vervolging van sy vyande, sal vind. Dit is deur middel van beeldspraak, en die betekenis van hierdie woorde in kort is: Christus sal sy vyande volkome aan Hom onderwerp en sy volk uit hul hande verlos. Vgl. hiermee die geskiedenis van Gídeon, Rig. 7:4-7, ens.

29 Dit is, Hy, naamlik Christus, sal ná sy dood opstaan en tot die hoogste heerlikheid verhoog word. Sien Filip. 2:8, 9.