Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 111

Lofsang op die werke van die HERE.

1

HALLELUJA!

1Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. 2in die kring van die opregtes en in die vergadering.

2

Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. 3nagespeur word hulle 4deur almal wat daar ’n welbehae in het.

3

He. 5Sy dade 6is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

4

Sajin. Hy het vir sy wonders ’n gedagtenis gestig; Get. die HERE is genadig en barmhartig.

5

Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy 7spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig 8aan sy verbond.

6

Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle 9die erfdeel van die heidene te gee.

7

Mem. Die werke van sy hande 10is trou en reg; Noen. al 11sy bevele is betroubaar.

8

Samek. 12Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid.

9

Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond 13vir ewig 14ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.

10

Resj. Die vrees van die HERE is 15die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat 16dit beoefen, het ’n goeie verstand. Tau. 17Sy lof bestaan tot in ewigheid.

1 Aangaande die Hebreeuse alfabet in verskeie psalms, sien Psalm 25 se kanttekening by die inleiding van die psalm.

2 Hebr. in die verborgenheid, dit is, in die raad of versameling waarin mense spreek oor die geheimenisse of verborgenhede van die HERE.

3 Die Hebreeuse woord beteken soek met sorg, ondersoek, navraag doen.

4 Anders: vanweë al hul behaaglikheid of genoeglikheid, lieflikheid. Asof hy sê: Die lieflikhede en vreugdes van die werke van God is sodanig, dat ’n mens dit graag wil ondersoek.

5 Dit is, alles wat Hy doen.

6 Dit is, vol van majesteit en heerlikheid.

7 Dit is, voedsel, soos in Spr. 31:15. Mal. 3:10. Dit wil voorkom of die psalmis hier na die hemelse brood verwys, wat God in die woestyn aan sy volk gegee het, Ex. 16:35.

8 Wat Hy met Abraham, Isak en Jakob gesluit het.

9 Dit is, die land Kanaän, wat die Amoriete en ander heidense nasies tevore besit het.
10 Dit is, vol trou (of: waarheid) en reg, ja, die trou en die reg self.

11 Dit is, sy beloftes.

12 Of: Vasgemaak, of: Stewig ondersteun, gegrond op sy waarheid en geregtigheid.
13 Dit is, dat dit vir ewig bestendig sou bly.

14 Hebr. gebied. Dit is, verordineer.

15 Of: die hoofsaak, dit is, die eerste of vernaamste, of die fondament, hetsy ten opsigte van tyd, of van waarde. Hy wil sê: Wie begeer om die regte wysheid te verkry, moet heel eerste en bo alles God vrees.

16 Naamlik die wet of bevele, waarvan in vers 7 gespreek word; of: hierdie, naamlik hierdie dinge.

17 Naamlik van God, waarvan in die voorgaande verse gespreek is, of van elkeen wat sy gebooie nakom.