Statevertaling – Bybelstigting
Die wonder van die uittog.
TOEa 1Israel uit Egipte getrek het, 2die huis van Jakob uit ’n volk met 3’n vreemde taal,
het 4Juda 5sy heiligdom geword, 6Israel sy 7ryksgebied.
Die 8see het dit gesien en gevlug; 9die Jordaan het agteruitgewyk.
Die 10berge het rondgespring soos ramme, die heuwels 11soos lammers.
Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o 9Jordaan, dat jy agteruitwyk?
10o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, 11soos lammers?
12Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,
13wat die rots verander het in ’n waterplas, die keisteen in ’n waterfontein!
a Ex. 13:3. | 1 Dit is, die volk van Israel, die Israeliete.
2 Dit is, die nageslag, die nakomelinge. 3 Of: onbekende, seldsame spraak; verstaan hiermee die taal van die Egiptenaars. Die woord wat hier in die Hebreeuse teks staan, word slegs hier gevind. Die apostel gebruik in 1 Kor. 14:11 die woord vreemdeling (Gr. barbaros), vir iemand wat ’n vreemde, onbekende taal gebruik. |
4 Verstaan onder Juda die hele volk van Israel.
5 Naamlik die Here se heiligdom; dit is, die Here het die volk van Israel vir Hom geheilig, om sy afgesonderde volk te wees, waaroor Hy Here en Koning is. Sien Ex. 6:6; 19:6. 6 Dit is, die volk van Israel. 7 Hebr. sy heerskappye. God was tevore wel Here oor Israel, as sy eie volk; maar deur hulle uit Egipte te lei het Hy dit uiters duidelik laat blyk. Daardeur het Hy die volk nog vaster aan Hom verbind. Sien Ex. 6:6; 20:2. |
8 Verstaan hier die Rooi See, waardeur die Israeliete droogvoets getrek het, Ex. 14:21, 22. Ps. 77:17; 78:13.
9 Sien Jos. 3:16. |
10 Verstaan hier die berge Sinai, Horeb en ander in die woestyn, wat gesidder, gebeef en beweeg het, vanweë die teenwoordigheid van God, toe Hy sy wet gegee het, Ex. 19:18. Ps. 68:9. Háb. 3:6, 10.
11 Hebr. soos seuns van skape of bokke, dit is lammers. Sien ook Ps. 29:6 se kanttekening. |
12 Hy wil sê: Soos jy destyds voor Hom gebewe het, so moet jy ook in die vervolg voor Hom bewe, want ’n mens is aan Hom vrees verskuldig, Mal. 1:6. |
13 Dit is, wat uit die rotssteen ’n watervloed laat vloei het. Sien Ex. 17:6. Núm. 20:11. |