Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 116

Danklied van ’n verloste.

1

EK 1het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge,

2

want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom 2in my dae aanroep.

3

3aBande 4van die dood het my omring, en 5angste van die 6doderyk het my 7getref; ek het benoudheid en kommer gevind.

4

Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red 8my siel.

5

Die HERE is genadig en 9regverdig, en onse God is ’n ontfermer.

6

Die HERE bewaar 10die eenvoudiges; ek het 11swak geword, maar Hy het my 12gehelp.

7

My siel, keer terug tot jou rus; want die bHERE het 13goed aan jou gedoen.

8

Want U het 14my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.

9

Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande 15van die lewendes.

10

16Ek chet geglo toe ek 17gespreek het: Ék is diep neergebuig.

11

Ék het 18in my angs gesê: 19Alle dmense is leuenaars.

12

20Wat sal ek die HERE 21vergeld vir al sy weldade aan my?

13

Ek sal die beker 22van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.

14

23My geloftes sal ek aan die HERE betaal 24in die teenwoordigheid van sy ganse volk.

15

25Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy 26gunsgenote.

16

Ag, HERE, 27sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, 28die seun van u diensmaagd; U het 29my bande 30losgemaak.

17

Ek sal U 31’n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.

18

32Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,

19

in 33die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!

1 Naamlik die HERE.
2 Dit is, omdat ek lewe; of: al die dae van my lewe of lyding. Vgl. Ps. 137:7.
a 2 Sam. 22:5, 6. 3 Anders: Smarte.

4 Dit is, wat so groot was soos die dood self; naamlik, toe Saul my met sy magtige leër genader het, 1 Sam. 23:26.

5 Dit is, wat so groot was dat dit gemaklik die oorsake van my dood kon gewees het, en my in die graf sou gebring het.

6 Hebr. sjeol, dit is hier: graf. Sien Gén. 37:35 se kanttekening.

7 Hebr. gevind.

8 Dit is, my lewe.
9 En derhalwe kan Hy nie verdra dat sy kinders onregverdiglik onderdruk word nie.
10 Wat hulle nie verlaat op hul eie wysheid nie, maar op die HERE, terwyl hulle opreg in sy weë wandel.

11 Of: uitgeteer, maer geword, dit is, my verderf was baie naby.

12 Of: verlos.

b Ps. 13:6. 13 Naamlik deur my te verlos uit die hand van Saul.
14 Dit is, my lewe.
15 Dit is, van diegene wat op die aarde lewe, of wat nog in hierdie wêreld lewe en wandel, soos in Psalm 27. Sien Ps. 27:13 en 56:14 se kanttekeninge.
c 2 Kor. 4:13. 16 Naamlik dat die HERE my sou verlos.

17 Naamlik die woorde wat deur geloof my ingegee is in my grootste bedruktheid. Anders: toe ek gespreek het, hoewel ek diep neergebuig was. Anders: ek het gespreek, nogtans was ek diep neergebuig.

d Rom. 3:4. 18 Of: in my haas. Bedoelende: Wanneer ek weens die sware lyding, haastig wou ontvlug; of (soos ander dit verstaan) ek het haastige woorde laat val. Sien Ps. 31:23 se kanttekening.

19 Naamlik alle mense saam en elkeen afsonderlik, sodat ’n mens niemand kan vertrou nie, maar die ware God alleen. Sommige meen dat Dawid uit menslike swakheid, vanweë die onwaarskynlikheid van die saak, getwyfel het of hy ooit die beloofde koninkryk sou verkry.

20 Anders: Hoe.

21 Anders: vergeld? Al sy weldade is bo my, dit is, bo my vermoë om te vergeld. Sien 1 Thess. 3:9. Anders: is op my, dit is, ek is oorlaai vanweë al die weldade wat God die HERE my vroeër menigmaal bewys het en nog daagliks bewys.

22 Of: van die menigvuldige heil. Asof die profeet sê: Ek sal die HERE openlik dank vanweë al die verlossings wat Hy aan my geskenk het. Daarmee bedoel Hy die gebruike en gewoontes by die dankoffers. Die mense het, nadat die offerande gebring is, ’n heilige maaltyd gehou, waartydens hulle hul in die HERE verheug en Hom gedank het, vanweë die weldade wat hulle van Hom ontvang het. As ’n teken van vreugde en dankbaarheid, asook van broederlike liefde en eenheid tussen diegene wat in hierdie maaltyd gedeel het, het hulle ’n beker met wyn geneem en almal het daaruit gedrink. Sien ook 1 Kron. 16:2, 3.
23 Wat ek gemaak het toe ek in doodsgevaar was, toe Saul en sy leërmagte my steeds vervolg het.

24 Sien 1 Kron. 16:1-3.

25 Dit is, God sal die dood van sy uitverkorenes nie geringag of ongestraf laat bly nie. Sien Ps. 72:14.

26 Sien Ps. 4:4 se kanttekening.

27 Asof hy sê: Omdat ek U so getrou dien, laat dit tog voortdurend blyk dat my lewe kosbaar is in u oë.

28 Sien Ps. 86:16 se kanttekening.

29 Toe ek deur Saul omring en nagenoeg in sy hande ingesluit was, en as ’t ware reeds gevang.

30 Deurdat U Saul laat terugkeer het, omdat die Filistyne die land ingeval het, 1 Sam. 23:27.

31 Of: ’n lofoffer, soos in Ps. 50:14.
32 Sien vers 14 en Ps. 61:6 se kanttekeninge.
33 Verstaan hier die tent waarin Dawid die verbondsark geplaas het. Sien 1 Kron. 16:1.