Statevertaling – Bybelstigting
Heerlikheid van die goddelike Woord.
Alef.
WELGELUKSALIG is 1die opregtes van weg, awat in die wet van die HERE wandel.
Welgeluksalig is die wat sy 2getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
ook 3geen ongeregtigheid doen nie, maar 4in sy weë wandel.
Ú het u bevele gegee 5om dit trou te onderhou.
Ag, was 6my weë maar vas om u insettinge te onderhou!
Dan sal ek 7nie beskaamd staan as ek op al u gebooie let nie.
Ek sal U loof in opregtheid van hart as ek 8u regverdige verordeninge leer.
Ek sal u insettinge onderhou; 9verlaat my nie geheel en al nie.
Bet.
10Waarmee sal 11die jongeling sy pad suiwer hou? 12Deur dit te hou na u woord.
Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie.
Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig nie.
13Lofwaardig is U, o HERE! Leer my u insettinge!
Ek het met my lippe vertel al die verordeninge 14van u mond.
Ek is vrolik 15in die weg van u getuienisse 16soos oor allerhande rykdom.
Ek wil 17u bevele oordink en op 18u paaie let.
Ek sal my verlustig in u insettinge, 19u woord sal ek nie vergeet nie.
Gimel.
bDoen goed aan 20u kneg, sodat ek kan lewe; dan wil ek u woord bewaar.
Open 21my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet.
22Ek is c’n vreemdeling op die aarde; verberg u gebooie nie vir my nie.
My siel vergaan van verlange na u verordeninge altyddeur.
U dreig die vermeteles as gevloektes wat van u gebooie 23afdwaal.
24Wentel smaad en veragting van my af, want u getuienisse het ek bewaar.
Al sit vorste en beraadslaag 25teen my — 26u kneg 27oordink u insettinge.
dJa, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne.
Dalet.
28My siel kleef aan die stof; 29maak my lewend na u woord.
30My weë het ek vertel, en U het my verhoor; eleer my u insettinge!
Laat my die weg van u bevele verstaan, dat ek u wonders kan oordink.
My siel drup weg van kommer; 31rig my op na u woord.
Verwyder van my 32die weg van leuens, en 33verleen my genadiglik u wet.
Ek het 34die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.
Ek kleef u getuienisse aan; o HERE, maak my nie beskaamd nie!
Ek sal op die weg van u gebooie wandel, 35want U verruim my hart.
He.
HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit 36tot die einde toe kan bewaar.
Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.
Laat my wandel op die pad van u gebooie, want daarin het ek ’n behae.
Neig my hart tot u getuienisse en nie tot 37winsbejag nie.
38Wend my oë af, dat hulle geen 39nietigheid sien nie; 40maak my lewend 41in u weë.
Vervul aan u kneg u belofte 42wat pas by u vrees.
43Wend my smaadheid af wat ek vrees, want u verordeninge is 44goed.
Gewis, 45ek het ’n begeerte tot u bevele; maak my lewend deur u geregtigheid.
Wau.
En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, 46u heil volgens u belofte,
47sodat ek my smader 48iets kan antwoord, want ek vertrou op u woord.
En onttrek 49die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.
Dan wil ek u wet altyddeur onderhou, vir ewig en altyd,
en 50in die ruimte wandel, want ek soek u bevele.
Ook wil ek 51voor konings van u getuienisse spreek en my nie skaam nie.
En ek wil my verlustig in u gebooie wat ek liefhet,
en my hande 52ophef na u gebooie wat ek liefhet, en 53u insettinge oordink.
Sajin.
Gedenk 54die woord aan u kneg, omdat U my laat hoop het.
Dit is my troos in my ellende, dat u belofte my lewend maak.
Vermeteles het baie met my gespot; van u wet het ek nie afgewyk nie.
Ek het gedink, o HERE, aan 55u oordele 56van ouds, en ek het my getroos.
57Toorngloed het my aangegryp 58vanweë die goddelose wat u wet verlaat.
U insettinge was 59gesange vir my 60in die huis van my vreemdelingskap.
fHERE, in die nag het ek gedink aan u Naam, en ek het u wet onderhou.
61Dit het my deel geword, omdat ek u bevele bewaar het.
Get.
Die HERE is 62my deel; ek het gesê dat ek u woorde sal bewaar.
Ek het U 63van ganser harte om genade gesmeek; wees my genadig volgens u 64belofte.
Ek het 65my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.
Ek het my gehaas, en nie getalm nie, om u gebooie te onderhou.
Die 66strikke van die goddelose het my omring; u wet het ek nie vergeet nie.
67Middernag staan ek op om U te loof vir u regverdige verordeninge.
Ek is ’n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.
HERE, die aarde is vol van u goedertierenheid; leer my u insettinge.
Tet.
U het goed gedoen aan u kneg, HERE, 68na u woord.
Leer my 69’n goeie insig en kennis, want ek glo aan u 70gebooie.
Voordat ek 71verdruk was, 72het ek gedwaal; maar nou onderhou ek 73u woord.
U is goed en doen goed; leer my u insettinge.
Vermeteles het my leuens toegedig; maar ék bewaar van ganser harte u bevele.
Hulle hart 74is ongevoelig soos vet; maar ék verlustig my in u wet.
Dit is goed vir my dat ek 75verdruk was, sodat ek u insettinge sou leer.
Die wet van u mond is vir my beter as 76gduisende stukke goud en silwer.
Jod.
hU 77hande het my gemaak en my toeberei; maak my verstandig, dat ek u gebooie kan leer.
Die wat U vrees, 78sien my, en hulle is bly; 79want op u woord wag ek.
Ek weet, HERE, dat u oordele 80regverdig is en dat U my uit getrouheid verdruk het.
Laat tog u goedertierenheid wees om my te troos volgens u belofte aan u kneg.
Laat u barmhartighede oor my kom, dat ek kan lewe; want u wet is 81my verlustiging.
Laat die vermeteles beskaamd staan, omdat hulle sonder oorsaak my onregverdig behandel het; maar ék oordink u bevele.
82Laat die wat U vrees, na my terugkeer, en die wat 83u getuienisse 84ken.
Laat my hart opreg wees in u insettinge, sodat ek nie beskaamd hoef te staan nie.
Kaf.
85My siel smag na u heil; 86op u woord wag ek.
My oë smag na u belofte en sê: Wanneer sal U 87my vertroos?
Want 88ek het geword soos ’n leersak in die rook; u insettinge het ek nie vergeet nie.
Hoeveel sal 89die dae van u kneg wees? Wanneer sal U 90gerig oefen onder my vervolgers?
Vermeteles 91het vir my kuile gegrawe, hulle 92wat nie lewe na u wet nie.
Al u gebooie 93is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!
Hulle het my amper vernietig 94op die aarde; maar ék het u bevele nie verlaat nie.
Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek 95die getuienis van u mond kan onderhou.
Lamed.
Vir ewig, o HERE, staan u woord vas in die hemele.
iU trou is van geslag tot geslag; U het die aarde bevestig, en dit bly staan.
96Volgens u verordeninge bly 97hulle vandag nog staan, want alle dinge 98is u knegte.
As u wet nie my verlustiging was nie, 99dan het ek omgekom in my ellende.
Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak.
Aan U behoort ek: verlos my, want ek soek u bevele.
Die goddelose lê en wag op my, om my om te bring; ek gee ag op u getuienisse.
Aan 100alle volmaaktheid het ek ’n einde gesien, maar u 101gebod is baie wyd.
Mem.
Hoe lief het ek u wet; dit is 102my bepeinsing die hele dag.
103U gebooie maak my wyser as my vyande, want 104hulle is myne vir ewig.
Ek is 105verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my 106bepeinsing.
Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.
Ek het my voete 107teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u woord kan bewaar.
Ek het van u verordeninge nie afgewyk nie, want Ú het my geleer.
Hoe ksoet is u 108beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.
Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek 109elke leuenpad.
Noen.
U woord is ’n 110lamp vir my 111voet en ’n lig vir my pad.
lEk het gesweer, en dit gehou, om 112u regverdige verordeninge te onderhou.
Ek is baie diep neergedruk; HERE, maak my lewend na u woord!
Laat tog die 113vrywillige offerandes van my mond U behaag, o HERE, en leer my u verordeninge.
114My lewe is altyddeur in my hand; nogtans vergeet ek u wet nie.
Die goddelose het vir my ’n vangnet 115gespan; nogtans het ek van u bevele nie afgedwaal nie.
Ek het u getuienisse vir ewig 116as erfdeel ontvang, want hulle is die vreugde van my hart.
Ek het my hart geneig, 117om u insettinge te betrag, vir ewig, 118tot die einde toe.
Samek.
119Twyfelaars haat ek, maar u wet het ek lief.
120U is my skuilplek en 121my skild; op u woord wag ek.
Gaan weg van my, kwaaddoeners, dat ek die gebooie van my God kan bewaar!
Ondersteun my 122volgens u belofte, dat ek kan lewe; en maak my nie beskaamd vanweë my hoop nie.
Steun my, dat ek verlos word; dan sal ek altyddeur op u insettinge 123let.
U verag almal wat van u insettinge afdwaal, want hulle bedrieëry is 124leuens.
125U ruim al die goddelose van die aarde weg soos 126skuim; daarom het ek u getuienisse lief.
127My vlees sidder 128van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.
Ajin.
Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.
129Wees borg vir u kneg ten goede; laat vermeteles my nie verdruk nie.
My oë smag na u heil en 130na die belofte van u geregtigheid.
Handel met u kneg na u goedertierenheid, en leer my u insettinge.
Ek is u kneg; maak my verstandig, dat ek u getuienisse kan ken.
Dit is tyd 131vir die HERE om te handel: 132hulle het u wet 133verbreek.
Daarom 134het ek u gebooie lief, meer as goud, ja, as baie fyn goud.
Daarom hou ek 135al die bevele aangaande alles vir reg; 136elke leuenpad haat ek.
Pe.
U getuienisse 137is wonderbaar; daarom bewaar my siel hulle.
mDie 138opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
139Ek maak my mond wyd oop en hyg, want na u gebooie 140verlang ek.
Wend U tot my en wees my genadig 141volgens die reg van die wat u Naam liefhet.
142Maak my voetstappe vas in u woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie.
Verlos my van die mens se 143verdrukking, sodat ek u bevele kan onderhou.
144nLaat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge.
My oë loop af in 145strome van water, omdat 146hulle u wet nie onderhou nie.
Sade.
HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge.
147In geregtigheid het U u getuienisse beveel en 148in louter trou.
My ywer 149verteer my, omdat my teëstanders u woorde vergeet het.
oU woord is 150deur en deur gelouter, en u kneg het dit lief.
Ek is klein en verag, maar u bevele vergeet ek nie.
U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en 151u wet is waarheid.U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en 151u wet is waarheid.
Benoudheid en angs 152het my getref, maar u gebooie is my verlustiging.
U getuienisse is geregtigheid tot in ewigheid; maak my verstandig, dat ek kan lewe.
Kof.
Ek het geroep van ganser harte; verhoor my, o HERE! Ek wil u insettinge bewaar.
Ek het U aangeroep; verlos my, dat ek u getuienisse kan onderhou.
p153Voor die môreskemering roep ek om hulp; op u woord wag ek.
qMy 154oë is die nagwake voor om u woord te oordink.
Hoor my stem na u goedertierenheid; o HERE, maak my lewend volgens u 155verordeninge.
Hulle 156kom nader wat 157skandelike dade najaag, hulle wat ver van u wet af is.
U, o HERE, is 158naby, en al u gebooie is waarheid.
Lankal het ek geweet uit u getuienisse dat 159U hulle vir ewig gegrond het.
Resj.
Sien my ellende aan en red my, want u wet vergeet ek nie.
160Verdedig my regsaak en verlos my; maak my lewend volgens u belofte.
Die heil 161is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.
HERE, u barmhartighede is 162menigvuldig; maak my lewend 163volgens u verordeninge.
My vervolgers en my teëstanders is talryk; van u getuienisse wyk ek nie af nie.
Ek het 164diegene gesien wat troueloos handel, en dit het my gewalg dat hulle u woord nie onderhou nie.
Aanskou dat ek u bevele liefhet; o HERE, maak my lewend na u goedertierenheid.
165Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
Sin, Sjin.
Vorste het my sonder oorsaak vervolg, maar 166my hart vrees vir u woord.
Ek is vrolik oor u belofte soos een wat ’n groot buit vind.
Leuens haat ek en het daar ’n afsku van; u wet het ek lief.
Ek loof u 167sewe maal elke dag oor u regverdige verordeninge.
Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir 168hulle is daar geen struikelblok nie.
o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.
My siel onderhou u getuienisse, en ek het hulle baie lief.
Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want 169al my weë is voor U.
Tau.
o HERE, laat my smeking nader kom voor u aangesig; maak my verstandig volgens u woord.
Laat my smeking voor u aangesig kom; 170red my volgens u belofte.
My lippe sal lofsange laat 171uitstroom, want U leer my u insettinge.
My tong sal 172u woord besing, want al u gebooie is geregtigheid.
Laat u hand 173my tot hulp wees, want ek het u bevele verkies.
o HERE, ek verlang 174na u heil, en 175u wet is my verlustiging.
Laat 176my siel lewe, dat dit U kan loof; en 177laat u gerigte my help.
rEk 178het gedwaal 179soos ’n verlore skaap; 180soek 181u kneg, want u gebooie vergeet ek nie.
a Ps. 1:1. | 1 Dit is, wie se weg opreg is, dit is, wat ’n opregte lewe lei. |
2 Deur die getuienisse van die HERE moet ’n mens hier sy wette verstaan, wat Hy aan sy volk gegee het tot ’n getuienis van sy guns en van sy verbond, wat Hy met hulle opgerig het. |
3 Dit is, geen verkeerde, onregverdige werke doen nie.
4 Dit is, in die weë wat Hy hulle beveel en voorgeskryf het. Sien 1 Kon. 11:33 se kanttekening. |
5 Dat elkeen hom toelê om sy lewe volgens u bevele in te rig. |
6 Dit is, my gedagtes, geneentheid, beraadslagings en uitwendige dade doelgerig of vasgemaak. |
7 Naamlik voor u aangesig staan of verskyn, o HERE. |
8 Dit is, die verordeninge wat ons die geregtigheid, wat vir U welbehaaglik is, aantoon. |
9 Dit is, onttrek u hand nie so ver van my, dat ek u gebooie sou verwerp nie. God laat sy kinders soms struikel, sodat hulle hul swakheid nog beter kan leer ken. |
10 Dit is, deur of met watter middel.
11 Dit is, sy weg so inrig dat hy reg en suiwer is. Hy spreek uitdruklik van ’n jongeling (hoewel dit alle mense aangaan), omdat die jongmense die meeste geneig is om hulle te laat weglei van die regte weg, deur die kwade bewegings van die vlees. 12 Of: Indien hy hom hou na u woord. Hebr. Om dit te hou na u woord. |
13 Hebr. Geseënd. |
14 Dit is, wat U met u mond uitgespreek het. |
15 Dit is, vanweë die weg wat u getuienisse of gebooie my aanwys.
16 Dit is, meer as wat ek al die goed of rykdom van die wêreld sou besit. |
17 Anders: van u bevele spreek.
18 Naamlik wat U in u wet aan u volk voorgeskryf het. |
19 Of: u woorde. |
b Ps. 103:2; 116:7. | 20 Dit is, aan my, wat u kneg is. |
21 Nie soseer die natuurlike oë nie, maar die oë van die verstand, waardeur hy sy eie aangebore blindheid en verdorwenheid erken. Sien 1 Kor. 2:14. |
c Gén. 47:9. 1 Kron. 29:15. Ps. 39:13. Hebr. 11:13. | 22 Asof hy sê: Ek is soos ’n arme pelgrim en wandelaar, wat nie weet of kennis het van die weg wat ek moet inslaan nie. Daarom bid ek tot U, o HERE, dat U my wil leer en lei deur u wette. Sien Ps. 39:13 se kanttekening. |
23 Naamlik moedswillig. |
24 Hebr. Rol van my af. |
25 Hulle beraadslaag saam hoe hulle my in die verderf kan bring.
26 Dit is, ek, wat u kneg is. 27 Dit is, betrag, bedink, bepeins. Sien vers 15. Ps. 1:2. So moet die woord verstaan word, deur hierdie hele psalm. |
d Ps. 43:4. |
28 Dit is, ek is amper dood en in die stof van die aarde begrawe. Hiermee gee die profeet ’n baie swaar en groot lyding te kenne. Sien Ps. 44:26 en die kanttekening.
29 Of: behou my in die lewe na u woord, dit is, na u belofte. |
e Ps. 25:4; 27:11; 86:11. | 30 Ek het aan U, o HERE, my handelinge en geleenthede geopenbaar, en my sake ten ene male aan U opgedra, biddende dat U dit alles wil rig en stuur volgens u heilige en goeie wil en tot my saligheid. |
31 Of: bevestig my. |
32 By die weg van leuens mag ’n mens hier valse leringe en insettinge verstaan, wat teen God se wet en verordeninge indruis. So kan hierna in vers 30, by die weg van waarheid, die ware leer en gebooie, wat ons getrou tot saligheid lei, verstaan word.
33 Dit is, gee aan my die genade sodat ek my steeds aan u wet hou. |
34 Hierdie weg is die gehoorsaamheid aan die gebooie van God. Sien 1 Kon. 8:36 se kanttekening. |
35 Dit is, aangesien U my met wysheid verryk en oorvloedig met seëninge oorlaai het, soos in 1 Kon. 4:29. Of: my met troos versterk het, soos in Jes. 60:5. Of: met liefde, soos in 2 Kor. 6:11. |
36 Die Hebreeuse woord beteken eintlik die hak of die voetsool, figuurlik die einde; en soms beloning of vergelding. Sien Ps. 19:12 se kanttekening. |
37 Onder winsbejag word alle ondeugde verstaan, waarvan gierigheid die wortel is. 1 Tim. 6:10. |
38 Hebr. Laat verbygaan of deurgaan; soos in vers 39.
39 Soos welluste, skoonheid, rykdom of eer in hierdie wêreld. Sien Job 15:31. 40 Anders: maak dat ek lewe in u weë. 41 Dit is, deur die leer van u woord. |
42 Anders: Vervul u belofte aan u kneg wat U vrees. |
43 Of: Laat my smaadheid verbygaan, of deurgaan.
44 Dit is, regverdig en billik; daarom, wil hy sê, sal U diegene wat U dien, soos ek ook doen, nie tot skande laat kom nie. |
45 Dit is, ek is begerig en beywer my om al u gebooie in al my handel en wandel te gehoorsaam. |
46 Naamlik waarmee U my bewaar en verlos, dat ek nie ondergaan nie. |
47 Dit is, sodat ek my teëparty kan laat sien dat my hoop en vertroue op U nie ydel of vergeefs was nie, soos hulle my verwyt het.
48 Of: ’n woord het om te antwoord. |
49 Dit is, die woord wat die waarheid leer, naamlik die ware leer van God en sy diens. |
50 Dit is, vry, sonder dwang of skrik, soos in Ps. 4:2; 18:20; 118:5. |
51 Dit is, in die teenwoordigheid van konings. |
52 Naamlik om na u gebooie te gryp, vanweë die groot begeerte wat ek daarna het. Of: ek sal my hande aan die werk slaan, om u gebooie metterdaad te doen en te gehoorsaam.
53 Of: ek sal van u insettinge spreek. |
54 Dit is, die belofte wat U aan u kneg gemaak het. |
55 Waardeur U die goddeloses gestraf en u kinders verlos en bewaar het.
56 Hebr. van ewigheid, dit is, van die begin van die wêreld af uitgevoer. |
57 Of: ’n Brandende storm, of: ’n Stormwind, dit is, ’n groot beroering van die hart.
58 Naamlik as ek daaraan dink hoe swaar hulle sondig, en watter swaar strawwe hulle te wagte is. |
59 Dit is, die inhoud van my psalms en gesange.
60 Of: by die huis, naamlik ter plaatse waar ek hier en daar as vreemdeling en balling moes dwaal. |
f Ps. 16:7; 42:9. |
61 Dit is, dat ek selfs my nagrus onderbreek het om aan U te dink, vers 55, dit het gespruit uit die ywer wat ek het om u gebooie te onderhou. Sien Ps. 1:2 se kanttekening. |
62 Dit is, dit sal vir my net so aangenaam wees soos ’n man se erfdeel vir hom is. Anders: HERE, ek het gesê: My deel sal wees om u woorde te bewaar. |
63 Sien Job 11:19 se kanttekening.
64 Of: toesegging. |
65 Dit is, my aanslae en dade, al my doen en late, al my gedagtes, woorde en werke, of ek my êrens aan u wette vergryp het; en indien wel, dat ek dadelik weer sal terugkeer na u onfeilbare weë. |
66 Die Hebreeuse woord kan ook groepe beteken. Soos in 1 Sam. 10:5, 10 se kanttekeninge. |
67 Hy wil sê, dat hy die tyd wat tot liggaamlike rus bestem is en wat ander met slaap deurbring, gebruik om tot eer van die Here te bestee, soos in Ps. 16:7. |
68 Dit is, na u belofte, soos in vers 25. |
69 Hebr. goedheid van verstand of sinne of denke.
70 Dit is, beloftes. |
71 Of: verneder.
72 Het ek die bose luste van my vlees gevolg. 73 Dit is, u gebooie. |
74 Naamlik omdat hulle na die liggaam soveel welvaart en groot voorspoed het, wat hulle misbruik en daardeur heeltemal ongevoelig en dom geword het, en daarom geen begeerte het tot die oordenking van God se wet nie, Job 15:27. Ps. 17:10; 73:7. Sien Deut. 32:15. |
75 Naamlik met drukweë en teëspoed. So ook in vers 67. |
g Ps. 19:11. | 76 In Ps. 68:31 staan daar stukke silwer. |
h Job 10:9. Ps. 139:13. | 77 Menslikerwys van God gesproke. Sien Job 14:15. |
78 Naamlik as ’n voorbeeld van die genadige hulp en verlossing wat U gee vir die wat op U hoop en u gebooie liefhet.
79 Dit is, omdat ek so lank, maar nie tevergeefs nie, op u woord van belofte gewag het. |
80 Verstaan hiermee: HERE, alhoewel U my met ’n swaar kruis getugtig het, het U daarmee nie gehandel teen u geregtigheid en waarheid nie, maar U het daardeur veel meer u guns teenoor my bewys. Ja, want sulke kastydinge het tot verbetering van my lewe gedien, en derhalwe was dit vir my goed en bevorderlik, 1 Kor. 10:13. |
81 Hebr. my verlustiginge. |
82 Dit is, dat hulle hul by my voeg en dat hulle in my geselskap sal verkeer en sodoende die bose se geselskap sal verlaat.
83 Dit is, u wette en woorde, waardeur U u wil bekendmaak en te kenne gee. 84 Dit is, hoogag, baie liefhet. |
85 Sien 2 Sam. 13:39 en Job 19:27 se kanttekeninge. Ps. 84:3.
86 Dit is, na die vervulling van u beloftewoord, soos in vers 25. |
87 Naamlik my gee wat ek van U bid en verwag. |
88 Verstaan hiermee: Vanweë my langdurige leed en teëspoed is ek verdroog, en my vel is verrimpel en het swart geword, soos leer wat lank in rook hang, Spr. 17:22. |
89 Naamlik die dae van my ellende.
90 Dit is, my vyande en vervolgers straf. |
91 Naamlik sodat ek daarin sou val en vergaan. Asof hy sê: Hulle wil my listig om die lewe bring. Sien Ps. 35:7.
92 Anders: wat nie na u wet is nie. |
93 Verstaan hiermee: U gebooie is die waarheid of getrouheid self. Hulle wys ons op die getrouste manier wat waar, goed, reg en heilig is. |
94 Maar nie in die hemel nie. Sien Matt. 10:28. Luk. 10:20. |
95 Dit is, die gebooie wat U met u mond uitgespreek en aan ons beveel het. |
i Pred. 1:4. |
96 Dit is, soos dit U eens behaag het om dit te verordineer en aan te toon, soos in Ps. 33:9.
97 Naamlik hemel en aarde. 98 Dit is, hemel en aarde en alles wat daarin is, moet in u diens staan. |
99 Hebr. toe. Bedoelende: op daardie tydstip. |
100 Dit is, alle geskape dinge, hoe volmaak dit ook mag wees, het hul einde of beperking.
101 Dit is, aangaande die wysheid wat U aan ons openbaar in u woord en gebooie, dit het geen einde of beperking nie. |
102 Dit is, die inhoud van my meditasies of oordenkings en van my gesprekke. |
103 Naamlik u wet.
104 Naamlik u gebooie. |
105 Of: skrander, versigtiger, vernuftiger.
106 Sien vers 97. |
107 Of: weggehou. |
k Ps. 19:11. Spr. 8:11. | 108 Of: woord, dit is, elkeen van u uitsprake. |
109 Hebr. elke pad van leuen, of van valsheid. |
110 Of: lantern, kers, Spr. 6:23.
111 Dit is, voete. |
l Neh. 10:29. | 112 Hebr. die verordeninge van u geregtigheid. |
113 Dit is, my gebed en danksegging, soos in Lev. 22:18. Núm. 29:39. 2 Kron. 31:14. Ps. 54:8. Amos 4:5. |
114 Vgl. Rig. 12:3 se kanttekening. 1 Sam. 19:5; 28:21. Job 13:14. |
115 Hebr. gegee. |
116 Dit is, as my beste en duursaamste goed. |
117 Dit is, om te doen wat u insettinge beveel.
118 Sien vers 33 se kanttekening. |
119 Of: Die dubbelhartige gepeins, of: Die ydele gedagtes, of: Die verwarde gedagtes, dit is, die manier van doen van diegene wat met alle winde waai en wat poog om met twee stringe hul boog te span. Die Hebreeuse woord beteken eintlik ranke of takke van ’n boom wat deurmekaar gevleg is en alkante toe groei. Sien 1 Kon. 18:21 se kanttekening. |
120 Dit is, U, o Here, onder wie se vleuels ek skuil ten tyde van gevaar en vervolging.
121 Dit is, wat my beskut en beskerm. |
122 Of: deur; in Hebreeus staan kaf of bet; die eerste beteken na of volgens, die ander deur. |
123 Of: dan sal ek steeds u insettinge aanskou. |
124 Dit is, bedrieglik. Hulle verkry nie deur hul bedrog dit waarop hulle gehoop het nie. |
125 U ruim weg. Hebr. U laat ophou of rus.
126 Naamlik, wat ’n mens wegwerp omdat dit vir niks meer deug nie. Dit is ’n manier van spreek geneem van diegene wat metale raffineer of suiwer. Sien Spr. 25:4, 5. Jes. 1:25. Eség. 22:18-22. Mal. 3:3. Anders: die skuim, naamlik al die goddeloses van die aarde, het U vernietig. |
127 Anders: My vlees bewe.
128 Hebr. van u verskrikking, naamlik as ek die groot strengheid wat U oor die goddeloses uitoefen, oordink. |
129 Naamlik dat geen kwaad oor hom sal kom nie, en handhaaf en beskerm hom teen al sy vyande. Of: Wees aangenaam of lieflik teenoor u kneg. |
130 Of: na u regverdige toesegging, naamlik wat U regverdig en getrou sal hou. |
131 Of: dat die HERE werk, dit is, dat Hy sy mag betoon en openbaar, of dat Hy doen wat Hy aan my beloof het.
132 Naamlik my hoogmoedige teëparty, van wie in verse 121, 122 gespreek is. 133 Dit is, hulle verwerp en beskou dit as waardeloos. |
134 Asof hy sê: Ek laat nie na om u gebooie lief te hê nie, al word dit deur die bose vertrap; maar ek het dit des te meer lief. |
135 Naamlik wat U gemaak het, van watter sake dit ook is, sonder onderskeid of weglating. Anders: Daarom het ek die bevele van alles of in alles verbeter. Anders: Ek het al die bevele van almal (naamlik van alle mense) verbeter, naamlik volgens die rigsnoer van u wet.
136 Of: alle weë van leuens. |
137 Hebr. is wonders. |
m Ps. 19:9. | 138 Of: ingang, dit is, wanneer ’n mens die eerste beginsels van u wet gesmaak het, sodra ’n mens die wet lees of ondersoek, gee dit ’n mens terstond groot kennis, deur die krag en werking van die Heilige Gees. |
139 Verstaan hiermee: Ek het u leer met so ’n begeerte aangeneem, soos die beste drank wat ’n mens my sou kon gee om my baie groot dors te les. Of dit is ’n beeld geneem van ’n mens wat baie haastig is, om daar te kom, waarna hy ’n baie groot verlange het, en terwyl hy loop, sy mond oopmaak om beter asem te haal.
140 Of: smag. Of: snak ek. Sien Ps. 56:2 se kanttekening. |
141 Of: volgens die gebruik, dit is, soos U gewoond is om te doen. Of: soos dit reg en betaamlik is. Sien Gén. 40:13 se kanttekening. |
142 Dit is, gee dat ek sonder struikeling mag wandel in u weë en handel volgens u woord. |
143 Of: onderdrukking. |
n Ps. 4:7. | 144 Dit is, aanskou my met ’n lieflike, rustige of vreugdevolle gelaat; toon aan my ’n teken van u goedertierenheid. Sien Núm. 6:25 se kanttekening. |
145 Dit is, oorvloedige trane.
146 Naamlik die goddeloses, soos in vers 158. |
147 Anders: U het u regverdige getuienisse beveel, of: die geregtigheid van u getuienisse het u beveel.
148 Anders: die waarheid kragtig beveel. |
149 Of: druk my neer. Sien Ps. 69:10. |
o 2 Sam. 22:31. Ps. 12:7; 18:31. Spr. 30:5. | 150 Naamlik soos goud en silwer deur vuur gesuiwer en gelouter word. |
151 Dit is, u wet is enkel waarheid, ja, so waaragtig as die waarheid self. Sien ’n soortgelyke spreuk in Joh. 17:17. |
152 Hebr. het my gevind, soos in Ps. 116:3. |
p Ps. 5:4; 88:14; 130:6. | 153 Hebr. Ek het voor die rooidag (naamlik die skemering van dagbreek) opgestaan. Sien 2 Kon. 7:5 se kanttekening. |
q Ps. 63:2, 7; 90:4. | 154 Dit is, ek was wakker voordat die verskeie nagwake of die môrewake aangebreek het. Vgl. Ps. 63:7. |
155 Wat vereis dat U ’n onskuldige verdedig teen sy bose verdrukkers. Anders: volgens u wyse; so ook in vers 156. |
156 Dit is, hulle is op my hakke, soos ’n mens gewoonlik sê, naamlik om my skade te berokken.
157 Dit is, wat lastering met ywer soek en najaag. |
158 Naamlik met u hulp, vir almal wat op U vertrou. |
159 Dit is, dat dit so vas en bestendig is, dat niemand dit sal omstoot of kan vernietig nie. Christus sê: Hemel en aarde sal vergaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Sien Matt. 24:35. |
160 Sien Ps. 35:1 se kanttekening. |
161 Of: Laat die heil ver wees van, ens. |
162 Of: groot.
163 Vgl. vers 149. |
164 Dit is, diegene wat van U afvallig geraak het, en by wie nie trou óf geloof te vinde is nie. |
165 Dit is, dit het uit die waarheid voortgekom en sal tot in ewigheid die waarheid bly. Hebr. Die hoof, of: Die begin, met ander woorde, u woord is van die begin af waarheid. |
166 Verstaan hiermee: Ek het nie die mense gevrees nie, maar het slegs gevrees om iets te doen wat teen u woord is. Sien Matt. 10:28. |
167 Dit is, dikwels, soos in Lev. 26:18. 1 Sam. 2:5. Spr. 24:16; 26:25. |
168 Sien 1 Joh. 2:10. |
169 Dit is, al my gedagtes, woorde en werke is aan U bekend; daarom wandel ek opreg voor U, as die Een wie se oë dit alles sien. |
170 Naamlik uit my lyding en verdriet. |
171 Of: uitborrel, uitgiet, uitstort, dit is, oorvloedig uitspreek, soos ’n fontein wat water laat uitborrel. Sien Ps. 19:3 se kanttekening. |
172 Dit is, u gebooie, soos hierna volg. |
173 Of: kom om my te help. |
174 Dit is, na u verlossing.
175 Soos in vers 77. |
176 Dit is, ek. Vgl. Rig. 16:30.
177 Hy wil sê: Laat dit tot my voordeel wees, dat ek u gebooie onderhou het, volgens u belofte. |
r Jes. 53:6. Luk. 15:4, ens. | 178 Asof hy sê: Ek het vir ’n tyd nie geweet waarheen ek my sou draai of wend nie, naamlik toe my vyande, en in die besonder Saul met sy manskappe, my so swaar vervolg het.
179 Of: soos ’n skaap wat verlore raak. Hebr. ’n skaap van verderwing. Sien Deut. 26:5 se kanttekening. 180 Naamlik soos ’n herder wat ’n dwalende skaap soek; bring my in die regte skaapstal en gee aan my rus, sodat ek U in vrede en stilheid mag dien. 181 Dit is, ek, wat u kneg is. |