Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 12

Leuens heers onder die mense; God is waarheid.

1

VIR die 1musiekleier; met 2basstem. ’n Psalm van Dawid.

2

3Red, o HERE, want adaar is 4geen vrome meer nie; want die 5getroues het verdwyn onder die 6mensekinders.

3

Hulle praat 7leuens, die 8een met die ander; met 9vleiende lippe spreek hulle 10dubbelhartig.

4

Mag die HERE al die vleiende lippe 11uitroei, die tong wat grootpraat,

5

hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is 12met ons! Wie is heer oor ons?

6

Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna 13smag.

7

bDie 14woorde van die HERE is 15rein woorde, 16silwer wat 17gelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, 18gesuiwer 19sewe maal.

8

U, o HERE, sal 20hulle bewaar; U 21sal ons bewaar van hierdie 22geslag vir ewig.

9

Die goddelose draf 23rond 24as 25laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Sien Ps. 6:1 se kanttekening.

a Jes. 57:1. 3 Of: Verlos, naamlik ons, uit hierdie droewige toestand.

4 Dit is (soos ons sou sê), liefde en trou is weg. Sien Ps. 4:4 se kanttekening oor die Hebreeuse woord.

5 Die Hebreeuse woord beteken waaragtiges, of getroues, gelowiges, 2 Sam. 20:19. Ps. 31:24, en ook waaragtighede, of getrouhede, dit is, alle getrouheid of trou, soos in Spr. 14:5; 20:6. Jes. 26:2. Albei die betekenisse sou hier kon pas.

6 Of: adamskinders.

7 Of: ydelheid, nutteloosheid.

8 Hebr. die man met sy naaste of metgesel.

9 Hebr. ’n lip wat vlei of ’n gladde tong, dit is, wat goed kan vlei. So ook in die volgende vers.

10 Hebr. hart en hart, dit is, hul hart dink anders as wat die mond spreek. Vgl. Deut. 25:13, 14 se kanttekeninge.

11 Hebr. sal afsny.
12 Hebr. met of by ons, dit is, in ons mag.
13 Dit is, die goddelose smag daarna om die vrome, sonder moeite, asof met ’n geblaas, soos stof te laat wegwaai; vir wie Ek teen die goddelose se wil, in vaste veiligheid sal stel. Sien Ps. 10:5 se kanttekening. Anders: vir wie hy (die goddelose) strikke lê.
b 2 Sam. 22:31. Ps. 18:31; 119:140. Spr. 30:5. 14 Sowel alle woorde in die algemeen, as sy genadige beloftes in die besonder, waaroor die profeet in die volgende vers spreek.

15 Sonder enige fout, besmetting, bedrog of valsheid; soos gelouterde silwer sonder skuim. Vgl. Ps. 19:10 se kanttekening.

16 Dit is, soos silwer wat, ens.

17 Gesuiwer, gekeur, deur smelting in ’n smeltkroes of smeltoond. Vgl. Ps. 18:31; 119:140. Spr. 30:5.

18 Eintlik gesmelt, en so gesuiwer en van alle onreinheid en skuim skoongemaak.

19 Dit is, menigmaal, volkome. Sien Gén. 4:15 se kanttekening. 1 Sam. 2:5. Spr. 24:16; 26:25.

20 Verstaan daarmee die vromes en onskuldiges, teenoor die praktyke van die goddeloses, wat om hulle sirkel soos briesende leeus.

21 Hebr. sal hom bewaar, dit is, elkeen van hulle.

22 Dit is, van hierdie bose mense, wat in hierdie tyd saam lewe, soos in Deut. 1:35. Vgl. Matt. 11:16 met Luk. 7:31, en Matt. 12:42 met Luk. 11:31. Die Hebreeuse woordjie dor beteken tydsduur, ’n durende of lang tyd woon of bly (sien Ps. 84:11), en word verder verstaan as ’n mens se leeftyd op aarde, Pred. 1:4, en ook as ’n menigte mense wat op een tyd of saam lewe, sowel goddeloses, soos hier en elders, as vromes, Ps. 14:5; 73:15, ens.

23 Die profeet wil sê, as goddeloses (wat die slegste is onder die mense) voorgetrek word om leiersposisies te beklee en begin regeer, dan kry die goddeloses, wat baie rebels, bitter en wrewelig is, die oorhand teenoor die vromes. Vgl. Spr. 28:12, 28; 29:16.

24 Of: wanneer.

25 Hebr. die slegtheid, of onwaardigheid, dit is, die allerslegste, laagste, die skuim van mense, soos dronkaards en vrate, Deut. 21:20. Spr. 23:21, gestel teenoor die mense of dinge wat kosbaar en dierbaar is, Jer. 15:19. Sien verder Job 35:13 se kanttekening.