Skip to main content

Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 12

Leuens heers onder die mense; God is waarheid.

1

VIR die 1musiekleier; met 2basstem. ’n Psalm van Dawid.

2

3Red, o HERE, want adaar is 4geen vrome meer nie; want die 5getroues het verdwyn onder die 6mensekinders.

3

Hulle praat 7leuens, 8die een met die ander; met 9vleiende lippe spreek hulle 10dubbelhartig.

4

Mag die HERE al die vleiende lippe 11uitroei, die tong wat grootpraat,

5

hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is 12met ons! Wie is heer oor ons?

6

Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; 13Ek sal hom in veiligheid stel 14wat daarna smag.

7

bDie 15woorde van die HERE is 16rein woorde, 17silwer wat 18gelouter is in ’n smeltkroes in die aarde, 19gesuiwer 20sewe maal.

8

U, o HERE, sal 21hulle bewaar; U 22sal ons bewaar van hierdie 23geslag vir ewig.

9

Die goddelose draf 24rond 25as 26laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

1 Sien Ps. 4:1 se kanttekening.

2 Sien Ps. 6:1 se kanttekening.

a Jes. 57:1. 3 Of: Verlos, naamlik ons, uit hierdie droewige toestand.

4 Dit is (soos ons sê), liefde en trou is weg. Sien oor die Hebreeuse woord 2 Kron. 6:41 en Ps. 4:4 se kanttekeninge.

5 Die Hebreeuse woord beteken waaragtiges, of getroues, gelowiges, 2 Sam. 20:19. Ps. 31:24, en ook waaragtighede of getrouhede, dit is, alle getrouheid of trou, soos in Spr. 14:5; 20:6. Jes. 26:2. Albei die betekenisse sou hier kon pas.

6 Of: adamskinders.

7 Of: ydelheid, nutteloosheid.

8 Hebr. die man met sy naaste of metgesel.

9 Hebr. ’n lip van vleiinge of gladdighede, dit is, wat goed kan vlei. So ook in die volgende vers.

10 Hebr. hart en hart; dit is, hul hart dink anders as wat die mond spreek. Vgl. Deut. 25:13, 14 se kanttekeninge.

11 Hebr. afsny. Of: Die HERE sal uitroei.
12 Of: by of van ons, dit is, in ons mag.
13 Of: Ek sal in veiligheid stel vir wie hy aanblaas. Dit is, vir wie die goddelose meen om sonder moeite, asof met ’n geblaas, te verstuif (naamlik die vrome); vir wie Ek teen die goddelose se wil, in vaste veiligheid sal stel. Sien Ps. 10:5 se kanttekening.

14 Anders: vir wie hy (die goddelose) strikke span.

b 2 Sam. 22:31. Ps. 18:31; 119:140. Spr. 30:5. 15 Sowel alle woorde in die algemeen, as sy genadige beloftes in die besonder, waaroor die profeet in die volgende vers spreek.

16 Sonder enige fout, besmetting, bedrog of valsheid; soos gelouterde silwer sonder skuim. Vgl. Ps. 19:10 se kanttekening.

17 Dit is, soos silwer wat, ens.

18 Dit is, gesuiwer, gekeur deur smelting in ’n smeltkroes of smeltoond. Vgl. Ps. 18:31; 119:140. Spr. 30:5.

19 Eintlik gesmelt, en só gesuiwer en van alle onreinheid en skuim gereinig.

20 Dit is, menigmaal, volkome. Sien Gén. 4:15 se kanttekening. 1 Sam. 2:5. Spr. 24:16; 26:25.

21 Verstaan die vromes en onskuldiges, teen die praktyke van die goddeloses wat om hulle gaan soos briesende leeus.

22 Hebr. sal hom bewaar, dit is, elkeen van hulle.

23 Dit is, van hierdie bose mense, wat in hierdie tyd saam lewe, soos in Deut. 1:35. Vgl. Matt. 11:16 met Luk. 7:31, en Matt. 12:42 met Luk. 11:31. Die Hebreeuse woordjie dor beteken tydsduur, ’n durende of lang tyd woon of bly (sien Ps. 84:11), en word verder verstaan as ’n mens se leeftyd op aarde, Pred. 1:4, en ook as ’n menigte mense wat op een tyd of saam lewe, sowel goddeloses, soos hier en elders, as vromes, Ps. 14:5; 73:15, ens.

24 Die profeet wil sê, as die goddelose (wat die laagste is onder die mense) voorgetrek word om leiersposisies te beklee en begin regeer, dan kry die goddelose, wat baie vermetel, bitter en wrewelig is, die oorhand oor die vromes. Vgl. Spr. 28:12, 28; 29:16.

25 Of: omdat.

26 Hebr. slegtheid, of waardeloosheid, dit is, die allerslegste, laagste, die skuim van mense, soos dronkaards en vrate, Deut. 21:20. Spr. 23:21, gestel teenoor die mense of dinge wat kosbaar en dierbaar is, Jer. 15:19. Sien verder Job 35:13 se kanttekening.