Statevertaling – Bybelstigting

Psalm 120

Gebed om beskerming teen lastertonge.

1

’N 1BEDEVAARTSLIED.

Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en 2Hy verhoor my.

2

ao HERE, 3red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!

3

4Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?

4

b5Skerp pyle van ’n held saam met 6gloeiende kole van 7besembosse.

5

Wee my dat ek as vreemdeling vertoef 8in Meseg, dat ek by die tente van 9Kedar woon!

6

10Te lank al woon my siel 11by die wat die vrede haat.

7

12Ek is vredeliewend; maar 13as ek spreek, is hulle op oorlog uit.

1 Hebr. ’n Lied Hammaälot. Dit is, van die opgang of van die trappe. Waar die naam van hierdie en die veertien psalms wat volg vandaan kom, is daar verskeie menings. Sommige meen dat hulle so genoem is, omdat hul gesing is deur die Leviete, wat op die tempeltrappe gestaan het. Ander meen dat die liedere gesing is deur die volk wat opgetrek het na Jerusalem. Dit kan ook verstaan word as ’n stylfiguur, waarvolgens hierdie psalms trapsgewys ritmies opgebou word.

2 Dit is, Hy verlos my.

a 1 Sam. 24:10; 26:19. 3 Of: verlos my siel, dit is, my lewe, naamlik dat dit my nie ontneem word nie.
4 Anders: Wat sal die bedrieglike tong jou gee, of wat sal dit vir jou toevoeg? Dit is, die psalmdigter wend hom tot die leuensprekers, hy spreek hulle een vir een aan en hy verwyt hulle hul boosheid.
b Ps. 11:2; 59:8. 5 Dit is, pyle wat deur ’n sterk man geskiet word. Die kwade en lasterlike woorde van die kwade tonge word ook pyle genoem, Ps. 64:4. Spr. 25:18.

6 Wat naamlik vinnig aan die brand slaan, verskriklike hitte afgee en die hitte lank behou.

7 Sien 1 Kon. 19:4.

8 Dit is, onder ’n onheilige en goddelose volk, soos die nakomelinge van Meseg en Kedar was. Sien Gén. 10:2; 25:13.

9 Kedar was die seun van Ismael, Gén. 25:13, wie se kinders in Arabia Petraea gewoon en in tente gebly het, Jes. 21:13, 17.

10 Dit is, die digter kan dit nie meer uithou nie, soos in Ps. 123:4.

11 Met hierdie woorde gee die psalmis te kenne wie hy met die mense van Meseg en Kedar bedoel.

12 Hebr. Ek vrede. Sien dieselfde manier van spreek in Ps. 109:4, en sien die kanttekening daar, asook 2 Sam. 17:3 se kanttekening.

13 Dit is, as ek van vrede spreek of vermaan, gaan hulle dadelik oor tot oorlog. Of: hulle mag my nie hoor spreek nie.