Statevertaling – Bybelstigting
Die oog na bowe!
’N1 BEDEVAARTSLIED.
aEk 2slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.
Kyk, soos die oë van die knegte 3is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres — so is ons oë op die HERE onse God, 4totdat Hy ons genadig is.
Wees ons genadig, o HERE, wees ons genadig, want 5meer as versadig is ons van veragting;
meer as versadig is ons siel van die spot 6van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!
a Ps. 115:3. | 1 Sien Ps. 120:1 se kanttekening.
2 Hierdie woorde vind ons hier en elders, meer om ons harte op te wek tot die betragting van die hemelse heerlikheid van God, as om aan te dui dat God alleen in die hemel is of woon; die hoogste hemele kan die majesteit van God nie bevat nie. |
3 Naamlik wanneer mense hulle onreg aandoen of probeer om hulle te onderdruk.
4 ’n Voorbeeld wat ons aanspoor om gedurig te bid, totdat ons verhoor word. Sien Ps. 55:18. Luk. 18:1-7. |
5 Verstaan hiermee: Ons word deur die vermetele kinders van die wêreld so verag, dat ons groot verdriet daaroor het en dit amper nie meer kan verduur nie. Sien Job 7:4 se kanttekening. Ps. 88:4. |
6 Hebr. van die sorgeloses of van die gerustes, dit is, van diegene wat in rus en weelde in hierdie wêreld leef en van geen lyding of verdriet weet nie, en daarom hoogmoedig en moedswillig is. |